navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 17 Augustus 2025

Neem mekaar se hande | 1 Korintiërs 12:12-31

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie (4)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Blokdiens om 09:00 in die grootsaal | Ds. Breytenbach
Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter

Deuroffer: GIDEONS
Die bediening versprei Bybels in openbare plekke soos hospitale, gevangenisse, hotelle, skole, ens.

Blokdiens | Ds. Marius Breytenbach


Ds. Marius Breytenbach nooi alle lidmate wat in sy wyke woon na ’n blokdiens op Sondag 17 Augustus om 09:00 in die grootsaal.
Skrifgedeelte vir die oggend is in 1 Korintiërs 12:12-31 waarin Paulus verwys na ons eie deelwees van die kerk. In die liggaam van Christus maak elke lid saak – nie omdat ons dieselfde is nie, maar omdat ons verskillend is. Eenheid in die kerk lê nie in eendersheid nie, maar in elkeen wat sy/haar rol in liefde vervul.  Wat is my rol? 

Augustus is barmhartigheidsmaand


Raak betrokke by die spesiale fokus wat ons as gemeente dié maand op barmhartigheid plaas:

- Dra niebederfbare kosprodukte tot die kosprojek by.  Klik hier die vir vollgedige produktelys.

- Skep ’n maaltyd in ’n herwinbare houer, vries dit en skenk dit aan seniors in Klipheuwel. 

 - Skenk komberse en bruikbare klere aan die Omgeestoor.

 - Maak ’n geldelike bydrae.  Verwysing: Kosprojek of Noot-vir-Nood.

Gee bydraes asb. weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by die kerkkantoor af, of laat dit Sondae in die voorportaal van die kerk.


Ontmoet vir Lynette Burger – nuwe kerkraadslid


Lynette en haar gesin is reeds ongeveer sewe jaar lidmate van die gemeente.  Sy is ’n boorling van Vanderbijlpark waar sy in die Laerskool DF Malherbe en Hoërskool Driehoek skoolgegaan het. Lynette is ’n finansiële makelaar en baie geesdriftig oor haar loopbaan.
Sy is al 24 jaar met Tertius getroud.  Hulle het drie interessante en uitlopende kinders. Lees meer . . .

Bybelskool | September 2025


Sluit gerus vir vier Dinsdae vanaf 9 September om 18:30 by ons nuwe Bybelskoolkursus in die kerk aan.  Ds. Schalk van Wyk is die aanbieder.  Ons gaan nadink oor ons roeping in die wêreld, asook oor kultuur.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Tema: Die Skepper en sy skeppende skepsels

Week 1: Van Eden tot Babel (Genesis)

Week 2: Van Babel via Ur na ʼn stad van God (Jesaja 60)

Week 3: Die mensgeboude Godstad Jerusalem word soos sy tempel, ʼn rowerspelonk

Week 4: Die Nuwe Jerusalem  (Handelinge)

Dagkamp vir graad 1's tot 3's

n Opwindende byeenkoms vir alle graad 1’s tot 3’s.  Ons gaan kinders praktiese maniere leer oor hoe hulle hulself kan beskerm teen negatiewe invloede wat hulle op die internet teëkom, of by ander mense hoor of sien.

Wanneer: Vrydag 5 September 2025 vanaf 17:00 tot 20:30 by Stellenberg se salekompleks.

Jy kan jou kind Vrydagaand 20:30 weer by die kerk kom oplaai, maar daar is ook die aand ’n gemeentebraai waarby jy kan inskakel terwyl jy vir jou kind wag. 

Koste: R150 per kind

Inskrywings sluit: Donderdag 4 September 2025. 

Klik HIER om aanlyn in te skryf.

Dis weer tyd vir ’n heerlike Kontreikuier

Sluit op Vrydag 29 Augustus om 16:00 by ons aan vir die jaarlikse Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente.  Kom geniet heerlike tuisgemaakte kontreiprodukte asook klaar voorbereide kos soos roosterkoek, pannekoek, poeding, braaiborde en worsbroodjies.  Rou vleis sal ook te koop wees.  
Om Sutherland-gemeente met die fondsinsameling te ondersteun, benodig ons asseblief die volgende bydraes: 
- Gebakte en koue poedings asook vla.  Kontak Susan 072 942 1530 indien jy hiermee kan help. 

- Helpers om kasregisters te beman.  Kontakpersoon: Christine Ferreira by 083 440 2086.

- Helpers wat vanaf 13:00 kan help pannekoek bak, en ook bereid is om te help met die rol van pannekoeke.  Kontak Christine Fereira by 083 440 2086.
- Helpers wat vanaf 13:00 kan help om jaffles te bak. Kontak Christine Fereira by 083 440 2086.
- Skenkings van meel, suiker en olie sal ook waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Die omgeetrust se wynveiling is beslis een van die jaarlikse hoogtepunte op ons gemeentekalender.  Gebruik die geleentheid om saam met vriende te kuier, lekker wyn te geniet en boonop die geleentheid te kry om die goeie werk wat die omgeetrust in minderbevoorregte gemeenskappe doen, te ondersteun. 
Fairview-landgoed sal die aand meze-styl-disse saam met verskillende wyn bedien.  Charles Back van Fairview sal ons aan hulle heerlike wyne bekendstel.
Skenkings van produkte wat tydens die veiling opgeveil kan word, sal baie waardeer word.  Kontak asseblief vir Karin by feesmark@stellenberg.co.za in die verband.
Bespreek jou plek, of ’n tafel vir jou en jou vriende by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.  Koste: R300 per persoon.

Graad 11-kamp | 12 tot 14 September

Die graad 11-kamp is belangrike voorbereiding op jou reis na belydenisaflegging, waar jy jouself aan jou geloof verbind. In graad 12, net voor die eerste belydenisaflegging geleentheid, is daar nog 'n belydeniskamp waartoe jy ook genooi word. Hierdie twee kampe verskil egter van mekaar en daarom moedig ons almal aan wat  aan die roetemerker van verbintenis (belydenisaflegging) wil deelneem om beide kampe by te woon. Jy mis uit as jy een van die twee geleenthede mis! 

Meer inligting en inskrywings HIER of kontak Sunet by sunet@stellenberg.co.za.

Inskrywings sluit: Sondag 7 September

Annibrand Hike: 4-5 Oktober


Ons stap die Highlands tweedag-staproete in Kleinmond. Dit is 'n geleentheid om onsself vir 'n paar dae af te sonder, sodat ons nader aan mekaar en nader aan die Here kan kom. Tieners, families, studente en jong volwassenes of enige iemand wat wil saamstap is welkom!


Meer inligting en inskrywings HIER

Graad 8-kamp

Die kamp word vanaf 9 tot 11 Januarie in samewerking met Hoërskool Stellenberg aangebied vir alle graad 8’s wat in 2026 by Hoërskool Stellenberg gaan inskakel. 
Aanlyn inskrywings sal binnekort open.

Ons nooi besigheidseienaars, of plaaslike diensverskaffers om hul besighede tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer.  A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer.  Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae of besprekings. 

VatVyf-byeenkomste

Uitstappie op Woensdag 20 Augustus 2025

Lippizaner-vertoning (perdevertoning) in die Paarl.  Bussies vertrek 09:30.  Koste R75 per persoon.  Ons geniet iets te ete na die vertoning by The Kitchen. Elkeen betaal vir hom/haarself.

Bespreek en betaal by Charlotte 021 976 4519.

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 1 September  2025 om 09:30 in die markplein. 

Hoe werk SnapScan?

Indien jy oorweeg om jou maandelikse bydrae, of op Sondae jou bankkollekte, of aankope by die kafeteria met SnapScan te betaal, volg gerus die volgende riglyne.  Dit is ’n gerieflike en veilige wyse van betaling.  Jy moet eers die SnapScan-toep op jou slimfoon aflaai en dan daarop registreer.  Sodra jy geregistreer het en jou bankkaart aan die toep gekoppel het, kan jy by verskeie besighede, of instansies deur middel van SnapScan betaal.  Jy maak ’n betaling deur die toep oop te maak en die betrokke QR-kode (soos links bo) met die kameralens in die toep, te skandeer.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In ons omgewing . . .

Dis nie sommer elke dag dat Antjie Krog, Coenie de Villiers, Rocco de Villiers, Nataniël en Lynelle Kenned op jou voorstoep in Bellville kuier nie.

Vanaf 23 Augustus tot 20 September neem NG kerk Welgemoed jou weer op ’n reis deur die kunste met geleenthede wat jou siel gaan verkwik.

Daar is ook ’n feeskafee waar jy gesellig saam met vriende ’n verskeidenheid van heerlike eet- en drinkgoed in die kerksaal kan geniet. 

Die kaartjieverkope word vanjaar weer deur Webtickets gedoen. Let op dat Nataniël se vertoning, Mass for the good Princes, se bespreking by www.seatme.co.za gedoen moet word.


Jan Kriel Instituut se jaarlikse Tekkie Challenge is om die draai! Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid vind Saterdag 6 September 2025 by Jan Krielskool in Kuilsrivier plaas ten bate van leerders met leerhindernisse. Skryf in vir die familie-vriendelike 5 km pretdraf/-stap of een van die langer afstande. Besonderhede aanlyn by www.tekkiechallenge.co.za.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkel persoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.

Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025.  Verwysing: Hanna Theart  076 149 1684.

- Betroubare huishulp Unice is dringend opsoek na werk vir vier dae 'n week. Skakel gerus vir Marietjie de Graad 084 250 8016.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.