navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Eredienste: Sondag 27 Oktober 2024
NAGMAAL en Hervormingsfees

Kolossense 3:10-15 | Om voortdurend te vernuwe

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. Visser  

Familiediens skakel by die oggenddiens in.

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (restauranttuin)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser

Annibrand Junior: kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

  Annibrand Senior: graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Tiendemaandinsameling

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 2 Kor. 9:10

Tiendemaandinsameling: Oorweeg asseblief om benewens jou maandelikse bydrae ook tydens Oktobermaand ’n finansiële bydrae te maak tot ons tiendemaanddankofferprojek. Die tiendemaandinsameling maak 16% van ons jaarlikse begroting uit.  Ons mikpunt vir vanjaar se insameling is R1 660 000.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing, QR-kode hier onder, om jou bydrae te maak.

- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.

- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die tiendemaandkoevert geplaas word en in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word, of plaas dit in die kollektebord.

- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.


Die feesmark is ’n lekker kuierplek

Die feesmark is volstoom aan die gang en die ideale plek om 'n vriend, vriendin of familielid vir ’n lekker saamkuier te ontmoet.  Onthou rolstoele en stootwaentjies word geakkommodeer. Die feesmarkrestaurant sowel as Maria Eatery voorsien ’n wye verskeidenheid eet- en drinkgoed.  Karen Visagie en Sheree-Lee Gildenhuys, organiseerders, sê afval en boerekos is die voorloperverkopers in die kostent. Lees meer . . .

Klouterkerk

Ds. Philipp Dietmann nooi gesinne met kinders drie jaar en jonger om op Sondag 3 November by ons aan te sluit vir ’n klouterkerkbyeenkoms.  Ons ontmoet 09:00 in die Maria-restaurant se tuin.  Dit is 'n kort informele diens met lekker kuiertyd, tee en verversings na die diens.  

Eksamentyd

Deur: Ds. Schalk van Wyk

Vir Abram, die matrieks en ons.

Ons is gemaak om te verander.

Sommige veranderings gebeur maar net. Ons voel en sien dit aan ons lyf. Geleidelik groei ons, en wanneer ons oud word, krimp ons weer ʼn bietjie. Ons hoef ons nie daarop in te stel nie, ja, dit gebeur sommer net – teen wil en dank gebeur dit. Lees meer . . .


Annibrand Senior-staptog in die Boesmankloof
Vanaf 20-22 September het Annibrand Senior saam met tieners van Klipheuwel die Boesmanskloofstaproete tussen Greyton en McGregor aangedurf. Die staptog is bedoel om ’n pelgrimstog te wees – ’n doelbewuste reis nader aan God en nader aan mekaar. Een van die stappers, Stefan Semmelink, getuig oor sy ervaring:

VatVyf-program

Woensdag 30 Oktober om 10:00:  Kuier by die feesmark. Ons ontmoet mekaar om 10:00 in die feesmark se kostent.  Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is en ons kuier heerlik saam.  Geen besprekings is nodig nie.

Woensdag 13 November:  Ons besoek die bekende aarbeiplaas op die Polkadraaipad en vertrek 09:00 vanaf die kerk.  Koste: R65 per persoon, by die ingang betaalbaar.  Bespreek jou plek by Charlotte, kerkkantoorontangs 021 976 4519.

Woensdag 4 Desember:  Kersete in die kleinsaal.  Koste: R150 per persoon.  Bespreek by Charlotte, kerkkantoorontvangs.    

Gemeentestap op 16 November

Ons nooi almal jonk en oud om op Saterdag 16 November saam met ons vanaf Majik Forest tot by die D’Aria-wynplaas te stap.  Dit is ongeveer ’n 8 km-staptog.  Ons ontmoet mekaar om 07:00 by die kerk.  Bespreek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Basaarpoeding te koop op 10 November

Jy kan op Sondag 10 November na die oggenddiens ‘n bakkie heerlike basaarpoeding in die kafeteria koop.  Die verkope is ter ondersteuning van die 2025-uitreik na Namibië.

Graad 8-kamp | 10 tot 12 Januarie 2025

Stellenberg-gemeente, in vennootskap met Hoërskool Stellenberg, bied aan: Into The Unknown, 'n kamp waar ons jou gaan help om ’n gemaklike oorgang na die onbekende van hoërskool te maak.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember - daar is plek!

Daar was ’n paar kansellasies: dus het die gewilde gemeentekamp nou weer ’n paar staanplekke beskikbaar.  Ons kampeer weer by die pragtige Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  
 Bespreek jou staanplek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

’n Nuwe dissipelskapgroep

’n Nuwe kleingroep word vir 2025 beplan.  Die groep sal saam ’n spesifieke dissipelskaphandleiding bestudeer met die doel om elke groeplid se verhouding met God te verdiep.  Indien jy belangstel om  weekliks by die kleingroep betrokke te raak, kontak asseblief vir Charlotte by ontvang@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Stellenberg-sokkies te koop

Ons nooi alle drawwers, stappers, tuiniers en tekkieliefhebbers om ’n paar Versus-sokkies met die gemeente-embleem op, aan te skaf.  Sokkies in nommer 4 tot 7 en 8 tot 12 is teen slegs R150 per paar by die kerkkantoor te koop.  Kaartfasiliteite is beskikbaar.

Karwasdiens by die feesmark

Die deelnemers van die MES-program gaan weer beskikbaar wees tydens die feesmark om motors te was op die parkeerarea langs Edelweiss-dienssentrum. 

’n Motorwas beloop R120 vir ’n was aan die buitekant en bande poets, R120 vir veeldoelige voertuie en R130 vir groter voertuie soos bakkies en kombi’s.


Vierde kwartaal Bybelskool

Tema: Op pad na Kersfees!

Johannes en Jesus se geboorteverhale is vol vreugde en vrede. Wanneer ’n mens die verhale lees, voel dit kompleet of ’n mens in ’n pragtige tuin wandel, omring deur voëlgesang en natuurprag.  In die verhaal van Lukas 1 en 2 wat vol vrolikheid en afwagting is, is daar egter interessante kosbaarhede versteek – amper soos ’n soektog na versteekte paaseiers in ’n tuin.  Tydens die Bybelskool in November gaan ons die wonderlike en versteekte insig wat van toepassing is op ons moderne samelewing, binne die verhale ontdek. 

Datums: 5, 12, 19 en 26 November om 18:30 in die kerk

Aanbieder:
Ds. Schalk van Wyk  Handleidings: R30 (donasie)

Bespreek
by Charlotte 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za
 

Twee Kerssangdienste op 1 Desember

Maak nou reeds ’n aantekening in jou dagboek van die volgende geleenthede.  Dit verskil van die datum wat op die almanak aangedui word:

Op Sondag 1 Desember word twee Kerssangdienste aangebied:

Annibrand Junior bied ’n Kinderkerssangdiens om 09:00 in die kerk aan.

- Die tradisionele Kersangdiens om 19:00 in die kerk.

Annibrand Junior Kerssangdiens

Kyk asseblief na die uiteensetting van rolle in die onderstaande groepe om te weet waar jou kind gaan deelneem en watter kostuums hulle gaan benodig.

Kospakkies vir Ruyterwacht

Tydens Oktober en November samel Ruyterwacht se sentrum vir seniors bydraes vir Kerskospakkies in wat aan sentrumlede voorsien word vir wanneer die sentrum gedurende die feesgety gesluit is en nie maaltye bedien nie.  Bydraes van niebederfbare kosprodukte kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan elektronies met Kerskospakkies as verwysing oorbetaal word na ABSA, rekening 390169582, takkode 632005.

Skoene vir MES

Ons ondersteun vir MES wat dienste aan hawelose persone in die Bellville- en Durbanville-omgewing bied, met die insameling van skoene.  Indien jy bruikbare skoene het om vir die verdienstelike saak te  skenk, gee dit asseblief by die kerkkantoor af.

Breigroep

Ons ontmoet op 4 November om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Tikwerk: Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.
- Op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n meisiestudent wat by Eduvos Universiteit, naby die High Street-inkopiesentrum, gaan studeer. Kontak: Lidia Roux
082 704 3639 / vilroux@gmail.com indien jy ’n woonplek beskikbaar het.

- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Ons winkel se wins word ten bate van maatskaplike hulpverlening in plaaslike gemeenskappe aangewend.  Kom loer gerus in by ons openingsdag 25 Oktober 2024 by Durbanweg 176, Bellville.   Kontak Antoinette by 072 914 4676 / bellville@onswinkel.co.za.

Subscribe to our email list.