navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Alle eredienste is ook aanlyn beskikbaar.  Besoek die gemeente se webwerf  of die gemeente se YouTube-kanaal.

Donderdag 17 April 19:00 in die kerk                                              

’n Avondmaal met Nagmaal saam met di. Johan Visser en DJ Muller.

Goeie Vrydag 18 April 09:00 in die kerk                                      

’n Erediens saam met ds. Johan Visser.

Paassondag 20 April 06:30 en 09:00 in die kerk                            

06:30 ’n Opstandingsdiens met sonsopkoms saam met ds. Philipp Dietmann.

09:00 ’n Opstandingsdiens saam met ds. Johan Visser.  Bring asb. ’n klokkie saam na die erediens indien jy een het.


Annibrand Junior en Senior

Weens Paasnaweek en die skolevakansiedae sal kategese vir die junior en seniorgroepe weer op Sondag 11 Mei hervat.  Junior groepe ontmoet om 10:45 en seniors om 18:00.  Ons wens al ons kategete, kinders, tieners en ouers ’n baie aangename rustyd toe.

Onverwagse genade op die lewenspad

Ons dink na oor Sondag 13 April se preek, gelewer deur dr. Braam Hanekom.

Die lewe is vol verrassings – sommige vreugdevol en ander uitdagend. Terwyl ons ons paaie bewandel, kom ons dikwels oomblikke teë wat ons in verwondering laat oor God se misterieuse weë en grensoorgaanbare genade. Kom ons staan vandag stil en dink na oor hoe die aanhaling van die onsekerhede van die lewe ons kan lei na diep geestelike groei en 'n inniger verhouding met God. Lees meer . . .

Ons neem afskeid van Marlise du Toit

Marlise staan sedert 2021 aan die stuur van die gemeente se geldsake.  Sy het vier jaar gelede die konstruksiebedryf se geldsake vir die kerk s'n verruil.

Sy beaam dat die skuif na die kerk 'n groot aanpassing was, wat haar voor baie uitdagings te staan gebring het, maar dit het ook heelwat nuwe leergeleenthede gebied.

"My dienstydperk by Stellenberg-gemeente was vir my ’n groot voorreg," sê Marlise  "Ek sal beslis die mense wat my pad gekruis het en my positief aangeraak het, baie mis."
Dit is moeilik om afskeid te neem, maar Marlise is opgewonde oor die nuwe geleentheid by 'n eiendomsontwikkelaar in die Paarl, waar sy deeltyds kan werk sodat sy meer tyd aan haar gesin kan bestee.   
Sterkte Marlise, ons wens jou net die beste met jou nuwe betrekking toe en gun jou die geleentheid om meer gehaltetyd saam met jou gesin te geniet. Red.

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 in die markplein, by die byeenkomste van die omgeegroep vir vroue, aan.  Ons begin die kwartaal met ’n nuwe boek Vroue van die Bybel.  Kom skakel in en wees deel van ’n ondersteunende vrouegroep.

Navrae: Ds. René Potgieter 079 893 8104.


Maria-restaurant


Neem asseblief kennis dat die Maria-restaurant tydens Paasnaweek gesluit sal wees.

Burgeraand | Vrydag 9 Mei 18:30

Jy word hartlik uitgenooi om Vrydagaand 9 Mei ons burgeraand ten bate van die Namibië-uitreik te ondersteun.  Burgers teen R50 elk kan in die markplein geniet word, of as ’n wegneemete tuis. Indien jy saam met ons in die markplein gaan kuier, bring jou eie drinkgoed, glas, bord, eetgerei en slaai saam.

Bespreek asseblief jou burgers by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor, of op Maandag 5 Mei.  Dui asseblief aan of jy die burgers in die markplein gaan nuttig, of wil wegneem.

Vakature vir ’n finansiële bestuurder


Stellenberg-gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n finansiële bestuurder.  Dit is ’n voldag- en permanente pos.  Klik HIER om die  volledige posomskrywing en vereistes af te laai. 
Sluitingsdatum vir aansoek is 25 April.

VatVyf-kuiers


23 April:  Uitstappie na Vergelegenplaas naby Somerset-Wes. 

Ons vertrek 09:00 vanaf die kerk. Ons geniet koffie/tee in die plaas se pragtige roostuin en wandel saam deur die mooi tuine met hul reusagtige kurkbome. Die uitstappie is vol bespreek.

14 Mei:  Hoërskool Stellenberg bied vir ons ’n konsert aan.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek voor 12 Mei by Charlotte, 021 976 4519.

Uitreik na Namibië

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie Mangettiduin, waar ag verskillende groeperinge van die Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig:

 
  • Klere, asook hoede en musse – veral mediumgrootte tot klein.
  • Koekies en los lekkers.                                                                  
    Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 5 Mei 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar.  Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure.   Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 

ELM-Optemetrie bied aan alle Stellenberg-lidmate ’n gratis en omvattende oogtoets.  Klik HIER om die volledige besonderhede af te laai.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.