GEMEENTEBULLETIN

 27 Oktober tot 3 November 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 29 Oktober 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Matteus 13:24-30 | Reformasiesondag | Nagmaal

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (2/3)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

       Annibrand Junior en Senior
Kleuterkerk om 09:00 in die koffiewinkeltuin.           
Graad 1 tot 6 in die kerk
Graad 7 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.  
Deuroffer 
Stellenbergkosprojek.  Die gemeente se kosprojek ondersteun gesinne en individue wat voedselnood beleef.

Tiendemaandinsameling 2023

In Novembermaand word lidmate aangemoedig om ’n spesiale dankofferbydrae te maak. Ons kan die 52ste bestaansjaar van Stellenberg-gemeente nie as vanselfsprekend aanvaar nie en ons erken ook die groot rol wat die meelewing van ons lidmate daarin speel. Ons vier gemeentewaardes rig ons gemeente se fokus om nader aan God en mekaar te leef, 'n verskil in die wêreld te maak en voortdurend te vernuwe. Lees meer . . .

Interaktiewe pret by junior kategese

Ons nooi alle ouers en kinders (graad 1 tot 6) om na die oggenddiens deel te neem aan ons interaktiewe familieverrykingsessies in die kerk.  Dis groot pret vir almal en jy kan boonop iets leer.
Daar is ook 'n lekker verrassing – kom raai: What's in the box?

Feesmark | 23 Okt - 11 Nov 


Die feesmark is volstoom aan die gang.   Met 450 uitstallers wat hulle ware te koop aanbied, is daar  'n reuseverskeidenheid produkte om van te kies.  Besoek gerus die mark op weeksdae vanaf 10:00 tot 20:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00. 


Die kosstalletjies in die restauranttent bied heerlike etes aan en is op dieselfde tye as die mark oop.  Ons plaas vandag die fokus op een van die nuwe kosstalletjies wat vars lekkernye van die Weskus verkoop.

Maria, dogter van Evert

Die restaurant op die terrein, Maria, dogter van Evert, is nou oop.  Gaan loer gerus na die pragtige kunsuitstalling in die restaurant en geniet ’n lekker koppie koffie en iets te ete. 
Die restaurant sluit op 11 November en heropen volwaardig op 15 Januarie 2024  onder dieselfde bestuur. 
Ons is opgewonde om  Willi en Ronèl Botha van die Evert Opstal-restaurant te verwelkom en wens hulle alle voorspoed met die nuwe onderneming toe.  

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 by ons omgeegroep vir vroue aan.  Kontak vir ds. René Potgieter by 079 893 8104 om meer oor die groep te wete te kom.

VatVyf-byeenkomste in die vierde kwartaal

Ons nooi alle senior lidmate na die volgende byeenkomste:

15 November: ’n Bootrit in die Kaapse Waterfront op die Spirit of  Victoria.  Koste R150 per persoon.  Die bootrit is reeds vol bespreek.

29 November: Kersete in die ou kafeteria teen R100 per persoon.   Bespreek by Charlotte, kerkkantoor.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom evaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste: R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,                             charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.


Outeniekwa stapstog


Kyk gerus na die beeldmateriaal om meer te sien oor wat jongmense tydens die Outeniekwa-staptog beleef het.
On the mountains I will bow my life to the One who set me there
In the valley I will lift my eyes to the One who sees me there
When I am standing on the mountain, I didn't get there on my own
When I am walking through the valley I know I am not alone
You're God of the hills and valleys
Jars of hope vir sopkombuise
Ons voorsien droësopmengsel aan verskeie sopkombuise deur middel van die Jars of hope-projek.   Ons benodig die volgende bestanddele om die flesse te vul: rys; droësopmengsel;  droëlensies;  pakkies soppoeier en aftrekselblokkies. 
Bestanddele kan by die kerkkantoor afgegee word.


 

Bybelskool | Opvolgkursus oor die Babiloniese ballingskap

In die vierde kwartaal word ’n opvolgkursus van die Babiloniese ballingskap aangebied.  In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie. Hoe herbou ons te midde van ’n wêreld wat baie verander het, tuistes wat vernietig is? Ons reis saam met gelowiges in Esra, Nehemia, Haggai, Sagaria en Maleagi.

Datums: Maandag 6, 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za.
Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek. 

Helpers by die teetuin

Ons het dringend helpers nodig wat op Sondae bereid sal wees om by die teetuin behulpsaam te wees.  Dit behels slegs die skink van tee en wegpak van skottelgoed. Geen opwaswerk nie.
Kontak asb. vir Chartlotte by  021 976 4519 of charlotte@stellenberg.co.za indien jy kan help.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag  6 November om 09:30 by Edelweiss.  Tydens die feesmark kom die groep by Edelweiss byeen.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen.  ’n Biduurbyeenkoms om 09:15 in die gebedskamer langs die kapel word voor die  Bybelstudie aangebied.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasiedienste deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 

In die omgewing . . .

  • Edelweiss Dienssentrum se waglys vir opnames is oop.  Rig asb. aansoeke per e-pos aan mev. A. Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za.
  • Bellville-gemeente: Die NG kerke Bellville-Noord, La Belle en Bellville Moedergemeente, nou gesamentlik benoem as NG kerk Bellville, hou op 4 November 2023 ’n basaar en pretloop op die NG kerk Bellville-Noord en Laerskool Bellville-Noord se gronde. Dit is die eerste basaar en pretloop wat ons as een gemeente aanbied. Registrasie vir die pretloop is om 06:30 op die skoolgrond en die basaar begin om 09:00.
Subscribe to our email list.