GEMEENTEBULLETIN

3 tot 10 November 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 5 November 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie (4)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter


       Annibrand Junior en Senior
Kleuterkerk om 09:00 in die koffiewinkeltuin.           
Graad 1 tot 6 in die kerk
Graad 7 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.  
Deuroffer 
Badisa.  Die barmhartigheidsorganisasie van die NG kerk lewer maatskaplike dienste aan die breë gemeenskap.
In Novembermaand word lidmate aangemoedig om ’n spesiale dankofferbydrae te maak. Ons kan die 52ste bestaansjaar van Stellenberg-gemeente nie as vanselfsprekend aanvaar nie en ons erken ook die groot rol wat die meelewing van ons lidmate daarin speel. Ons vier gemeentewaardes rig ons gemeente se fokus om nader aan God en mekaar te leef, 'n verskil in die wêreld te maak en voortdurend te vernuwe. Lees meer . . .

Doop Sondag

Jacques en Heléne Pienaar laat doop vir Zellé Pienaar tydens die oggenddiens.

Jy en jou gesin word hartlik uitgenooi na die gemeente se jaarlikse Kerssangdiens om 19:00 in die kerk.

Feesmark | 23 Okt - 11 Nov 


Die feesmark is volstoom aan die gang. Met 450 uitstallers wat hulle ware te koop aanbied, is daar  'n reuseverskeidenheid produkte om van te kies.  Besoek gerus die mark op weeksdae vanaf 10:00 tot 20:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00. 


Die kosstalletjies in die restauranttent bied heerlike etes aan en is op dieselfde tye as die mark oop.  Ons stel vandag Annemarie Liebenberg se pannekoek- en wafelstalletjie bekend.  Ons ken Annemarie is 'n voorslagbakster en haar gevulde pannekoeke dien as ’n heerlike ligte ete teen 'n baie bekostigbare prys.  Vir die soettande is daar natuurlik lekker tradisionele pannekoeke met suiker en kaneel of ’n wafel met roomys. 

Maria, dogter van Evert

Die restaurant op die terrein, Maria, dogter van Evert, is nou oop.  Besoek hulle Maandag tot Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00 vir heerlike koffie, fyngebak en ligte etes. Die restaurant sluit op 11 November en heropen volwaardig op 15 Januarie 2024  onder dieselfde bestuur. 
Ons is opgewonde om  Willi en Ronèl Botha van die Evert Opstal-restaurant te verwelkom en wens hulle alle voorspoed met die nuwe onderneming toe.  

Lofprysingsaand | 29 November 19:00

Die mannebediening neem weer inisiatief om ’n lofprysingsaand aan te bied.  Alle gesinslede – vrouens, kinders en vriende word uitgenooi om die aand met lofprysing en aanbidding deur te bring. 
Iets te ete word vanaf 18:00 bedien.  Kontak asb. vir Charlotte by charlotte@stellenberg.co.za of  021 976 45 19 om aan te dui hoeveel mense die geleentheid gaan bywoon.  Toegang is gratis.

Graad 8-kamp | 12 tot 14 Jan. 2024

Ons nooi alle graad 8's van 2024, asook leiers, om in te skryf vir die gemeente se jaarlikse graad 8-kamp wat ons Gr8s help om ’n gemaklike oorgang na die onbekende van hoërskool te maak.  

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 by ons omgeegroep vir vroue aan.  Kontak vir ds. René Potgieter by 079 893 8104 om meer oor die groep te wete te kom.

VatVyf-byeenkomste in die vierde kwartaal

Ons nooi alle senior lidmate na die volgende byeenkomste:

15 November: ’n Bootrit in die Kaapse Waterfront op die Spirit of  Victoria.  Koste R150 per persoon.  Die bootrit is reeds vol bespreek.

29 November: Kersete om 12:00 in die kleinsaal teen R100 per persoon.   Bespreek by Charlotte, kerkkantoor.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom evaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste: R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,                             charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.


Jars of hope vir sopkombuise
Ons voorsien droësopmengsel aan verskeie sopkombuise deur middel van die Jars of hope-projek.   Ons benodig die volgende bestanddele om die flesse te vul: rys; droësopmengsel;  droëlensies;  pakkies soppoeier en aftrekselblokkies. 
Bestanddele kan by die kerkkantoor afgegee word.


 

Bybelskool | Opvolgkursus oor die Babiloniese ballingskap

In die vierde kwartaal word ’n opvolgkursus van die Babiloniese ballingskap aangebied.  In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie. Hoe herbou ons te midde van ’n wêreld wat baie verander het, tuistes wat vernietig is? Ons reis saam met gelowiges in Esra, Nehemia, Haggai, Sagaria en Maleagi.

Datums: Maandag 6, 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za.
Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek. 

Met leedwese

Ons neem afskeid van Cornelia (Connie) Thiart (30/01/1937 - 01/11/2023).  Sy was sedert 1998 ’n lidmaat van die gemeente en het vir jare lank die klavierbegeleiding in die kerk behartig.

Haar gedenkdiens is op 7 November by Edelweiss Dienssentrum.  Ons opregte meegevoel met haar seun en sy gesin wat sy agterlaat.

Vakature by Stellenberg-gemeente

Die pos vir ontvangsdame is beskikbaar. Die pos behels algemene ontvangs en kantooradministrasie.  Rekenaarvaardigheid is ’n vereiste.  Werksure is vanaf 08:00 tot 14:00 en die pos is vanaf 8 Januarie 2024 beskikbaar. Stuur aansoek met ’n volledige C.V. na  charlotte@stellenberg.co.za.  Aansoeke sluit 24 November 2023. 
Navrae:  Charlotte by 021 976 4519. 

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag  6 November om 09:30 by Edelweiss.  Tydens die feesmark kom die groep by Edelweiss byeen.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen.  ’n Biduurbyeenkoms om 09:15 in die gebedskamer langs die kapel word voor die  Bybelstudie aangebied.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasiedienste deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 

In die omgewing . . .

  • Edelweiss Dienssentrum se waglys vir opnames is oop.  Rig asb. aansoeke per e-pos aan mev. A. Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za.
  • Chrismar Villas het ’n vakature vir ‘n geregistreerde verpleegkundige.  Aansoeke kan gerig word aan die bestuurder by bestuur@bellvilleseniorcentre.co.za. Vir navrae kontak mev. Louw by 021 910 1250.  Sluitingsdatum: 8 November 2023.
Subscribe to our email list.