Lees deur internet, klik hier >>
20 November 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
16 Dae van Aktivisme
Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders begin op Woensdag 25 November.
Daaglikse plasings op ons Facebook-blad sal nie net bewusmaking rondom die veldtog verhoog nie, bewusmaking gedeel word nie, maar ook maniere deel hoe om op te staan en ‘n verskil te maak in jou eie gemeenskap.
Nuutste COVID-brandpunte en ontwikkelinge
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis en Nioma Venter van Diaconia het verlede Vrydag saam met 'n aantal geloofsleiers deelgeneem aan 'n Zoom-vergadering met premier Alan Winde, 'n paar ministers en senior amptenare in die provinsiale regering. Verskeie sake is aangeraak, maar ondermeer is die nuutste terugvoering oor die stand van sake rakende COVID-19 gegee. Die volledige voorlegging is beskikbaar op die sentrum se webblad
As daar verdere navrae is, kan Nioma Venter (nioma@kaapkerk.co.za) of Braam Hanekom (braam@kaapkerk.co.zamet vrymoedigheid gekontak word.
Compassion Fatigue
Amidst the experience of fragility and loss, there is an urgent need for spiritual advice.
Join a webinar on Compassion Fatigue facilitated by Cas Wepener with panelists Etienne van der Walt, Marileen Steyn en Pieter van der Walt.
The webinar will be hosted at 19:00 on Monday 23 November 2020.
Click here to register as soon as possible. 
Ekumeniese netwerk bespreek moontlike hulp en optrede in Brackenfell
Die Western Cape Ecumenical Network, ‘n ekumeniese liggaam wat uit verteenwoordigers van ongeveer 30 kerke en kerklike organisasies in die Wes-Kaap bestaan, het gister die situasie in Brackenfell op hul sosiale mediaplatform bespreek. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis het ook persoonlik die situasie met ‘n paar prominente rolspelers bespreek en gee hier sy indrukke en mening, na afloop van die gesprekke oor die situasie. Kyk gerus hier na 'n skyfiereeks oor die kwessie.
Randfigure - Stemme van toe not nou
Andrew Kok van die Argief stuur die volgende inligting rakende die bekendstelling van hierdie eerste publikasie in die NG Kerk in SA Argiefreeks. Vier bekendstellings word landswyd in Desember gehou. Christo Lombaard van UNISA skryf soos volg:
“As 'n mens op die rand staan, sien jy anderste raak hoe dinge lyk. En kan ons uit latere geslagte meer leer by jou... En dít het ons hier, met dié boek. Vroue van nou skryf oor verlede-vroue wie se lewensgrepe ons nou nog aangryp.”
Klik hier vir meer besonderhede oor die geleentheid in Wellington, Stellenbosch, Bloemfontein en Pretoria. Weens COVID-maatreëls is voorafbesprekings noodsaaklik. Vir navrae, kontak collette@kaapkerk.co.za.
Liturgiese riglyne ter voorbereiding van Wêreldvigsdag
1 Desember is Wêreldvigsdag en CABSA herinner gemeentes aan die Verenigde Nasies se tema vir die jaar: Globale Solidariteit. Gemeenskaplike verantwoordelikheid. Hulle beklemtoon dat die COVID-19-pandemie ook die foutlyne van ons gemeenskappe blootgelê het. Die tema vra geloofsgemeenskappe of ons werklik in solidariteit met ander leef en hoe ons gemeenskaplik verantwoordelikheid kan neem vir 'n wêreld wat gebuk staan onder die swaar las van talle pandemies. CABSA het liturgiese riglyne saamgestel wat in die erediens gebruik kan word. Lees die volledige liturgiese voorstel hier. Vir meer inligting, volg CABSA op Facebook.
Ekumeniese Dank- en Troosdiens
Hierdie diens van danksegging en troos te midde die COVID-19-pandemie het vandeesweek goed verloop. Dié geleentheid van verootmoediging was 'n besonderse ervaring vir diegene wat dit bygewoon het.
Verteenwoordigers van verskeie denominasies, naamlik die Lutherse Kerk, Evangeliese Lutherse Kerk Kaapstreek, Calvyn Protestantse Kerk, Anglikaanse kerk, VGKSA, Presbiteriaanse Kerk, Metodiste Kerk, Gemeentelike Kerk en die NG Kerk was ook teenwoordig by die ekumeniese diens. 
Die diens is nog op YouTube beskikbaar (video onder) indien jy dit dalk misgeloop het.  
EKOLOGIE
Kies 'n Kersfees van eenvoud
Oral begin ons blinkers aan Kersfeesbome sien en in die winkels hoor ons “Jingle Bells”, maar hoe kan ons as Christene hierdie Kersseisoen sinvol maak? Die beste geskenk wat ons tydens Kerstyd vir die aarde kan gee, is om oor te skakel na 'n lewe van eenvoud. Dit was ook die kenmerk van die geboorte van Jesus van Nasaret. En alhoewel sy geboorte deur engele aangekondig is en deur wyse manne uit die ooste gevier is, was dit herders wat grootoog en verwonderd die ooggetuies was. En herders was nou nie eintlik gereken as vername mense nie. Kom ons hou ons Kersfees hierdie jaar eenvoudig. Lees hier meer.
GEMEENTENUUS
Eerste kalenders is hier!
Dankie aan Tamboerskloof, Paarlberg, Bellville-Wes en George Moedergemeente wat reeds hulle kalenders vir 2021 met ons gedeel het. Stuur gerus jou gemeente se kalender vir kommunikasie@kaapkerk.co.za, sodat ons inspirasie uit julle temas vir volgende jaar kan put.
Orreluitvoering by Vasco
Vasco-gemeente bied op Sondag 22 November om 09:30 'n orreluitvoering aan ter viering van hulle 60ste bestaansjaar. Almal word hartlik uitgenooi na hierdie besonderse geleentheid.
Kom luister gerus saam by Vasco NG Kerk, Vasco Boulevard, Vasco.
Omgee en sorg by Brackenfell-Wes
Die gemeente van Brackenfell-Wes vertel dat hulle Omgee-en-Sorg span tot dusver aan meer as 113 verskillende gesinne hierdie jaar hulp kon verleen het met hulle kospakkieprojek. Dié span laat weet dat die projek harde werk en opofferings geverg het, maar besef dat dit vir hulle elkeen 'n geseënde tyd was.
"Ons spanlede was meestal COVID hoë-risiko gevalle, maar ons is beskerm deur die Hoër Hand. Vir almal was dit 'n aangename tyd en ons kon 'n verskil maak! Behalwe vir die fisiese kosbydraes was dit ‘n inspuiting vir ons kerk se roeping."
Die Omgee-en-Sorg span wil ook graag erkenning gee aan die projek se fantastiese skenkers wat die projek moontlik gemaak het. Mense buite die gemeente se grense en buite Brackenfell het gehoor van die projek en het ook aktief betrokke geraak. 
"Ons sê dankie aan die Hemelse Vader, asook elke person wie se hand oop was om vrylik donasies te skenk. Dankie vir die persone wat gehelp het om die kospakkies te verpak, dit af te lewer en wat die kosprojek opgedra het in gebed. In ons daaglikse lewe moet ons besef dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, maar dankbaarheid wat ons gelukkig maak." 
Basaar in 'n boks
Die gemeente van Drieankerbaai laat weet dat hulle innoverende fondsinsamelingsprojek, basaar in ’n boks, amper afgehandel is. Die bokse is gepak, baie is reeds al afgelewer, sommige wag nog om gepak te word. En mense is opgewonde oor hulle bokse!
Hulle sê graag dankie vir elke bokspakker, voorvatter en almal wat gebak en gekook en geskenk het. "Mag julle bokse vol seën kry vir julle werk," skryf die gemeente in hulle nuusbrief. 
Loer gerus na die video hier vir meer inligting oor hierdie projek. 
Kerstyd by Welgemoed
Tydens hierdie feesseisoen aspireer die gemeente van Welgemoed om soveel lekkerpakkies as moontlik te maak vir die kinders in hulle omgewing, met spesifieke fokus op die kleuterskole in Fisantekraal, Kraaifontein en op Môresterretjies, Living Network en Badisa.
Hulle het reeds genoeg sagte speelgoed ontvang wat aan die 45 neuraalgestremde kinders van Paarl Skool geskenk gaan word. Pakkies koekies gaan ook aan al die kinders van Durbanville Kinderhuis (144) uitgedeel word. 
Na ‘n moeilike jaar met COVID-19 en die gepaardgaande inperking het die gemeente besluit om nie hierdie jaar ‘n Kerspakkie-insameling te hou nie. Daar is egter deur die loop van die jaar goeie ondersteuning aan die gesinne van Springbok en omgewing, asook Pofadder verskaf deur middel van koepons vir kosaankope, klere, skoene, speelgoed, huishoudelike artikels, linne ensovoorts. 
Binnekort gaan al die gesinne (85 in totaal) weer ‘n koopbewys ontvang sowel as ‘n addisionele bedrag wat vir Kersaankope aangewend kan word. Indien jy egter graag ‘n Kerspakkie vir ‘n gesin wil skenk, is jy baie welkom om dit voor Sondag 22 November by die kerkkantoor in te handig. Skakel gerus die kantoor by 021 913 2320 of stuur 'n e-pos aan ontvangs@ngkwelgemoed.co.za vir meer inligting. 
'n Gemeentelid sal die pakkies per motor teen die einde van November na Springbok vervoer. Daar sal ook lekkers en koeldrank met die kerkwinkelfondse aangekoop word vir die plaaswerkers se gesinne. 
Bessie se Lessie
Proteahoogte-gemeente rig 'n ope uitnodiging na hulle kinderdiens wat 22 November om 09:00 plaasvind. Hulle belowe dat hierdie diens 'n bederf vir die kleinspan sal wees omdat 'n poppekas en ander prettige drama op die agenda is. 
COVID-protokol sal ten alle tye gehandhaaf word en persone sonder 'n masker sal ingang geweier word. 
Indien jy belangstel om hierdie diens by te woon, bespreek asseblief aanlyn hier of kontak die kerkkantoor by 021 982 1041.
GEBEDSVERSOEK
VAKATURES
Geregistreerde stafverpleegster, Sutherland
Die Johenco Tehuis vir Bejaardes in Sutherland adverteer 'n pos vir 'n geregistreerde stafverpleegster. Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging is noodsaaklik. Klik hier vir posvereistes en verantwoordelikhede. Sluitingsdatum vir aansoeke is 23 November.
Klik bo vir meer inligting.
PUBLIKASIES
Nuut van CLF
Die boek Miskien is daar hoop uit die pen van die bekende Johann Voges is ‘n baie tydige publikasie. In hierdie dae tydens en na die koronavirus, die ekonomiese insinking, werksverliese, politieke onstabiliteit en groeiende spanning op vele terreine asook die besef van ons eie broosheid, is die groot vraag: Is daar hoop? Egte hoop? Waar vind ek dié hoop? Johann nooi lesers op ‘n wandeling deur die Woord en help ons om die ontdekking te maak dat God met ons op pad is en ook in en deur die alledaagse ons lewensverhaal vol hoop skryf.  
Klik hier vir aanlynbestellings of stuur 'n e-pos na order@clf.co.za om te bestel.
Hoogtepunte uit Kerkbode
Skryf 29 November 2020 in hoofletters
"Min of meer twee weke gelede het ek die 2020-vertaling vir die eerste keer in my hande gehou. Skielik het ek meer verstaan van hoe Keurvors Frederik 500 jaar gelede moes voel toe hy met bewende hande die Bybel in Duits van Martin Luther ontvang het," skryf Johan van der Merwe in sy DINKSTOF-rubriek hier
Liefde in die tyd van Korona
"Die probleem is nie dát ons van mekaar verskil nie, maar hóé ons ons verskille hanteer: of ons nou doleer of nie doleer nie, ons behoort almal aan die Here," skryf André Bartlett in sy Kerkbode-rubriek hier.
Middernagdiens is om die draai
Dana Snyman onthou middernagdienste: “Die mense wat jy deur die jaar byna nooit in 'n diens gesien het nie, het op Oujaarsdag­aand kerk toe gekom.” Klik hier om meer te lees.
Jongste LiG tydskrif nou op die rak
Die laaste LiG tydskrif van 2020 is volgende week op die rak. Die Desember/Januarie uitgawe is propvol puik artikels wat verryk en inspireer. Die uitgawe pronk met drie voorbladnooiens wat getuig oor God se vrede.
Daar is wenke oor hoe om goeie grense te stel, wat om te doen as die kinders baklei en hoe om 2021 jou hersteljaar te maak. Leer ook hoe om jou kinders meer te laat beweeg omdat dit gesond is vir die brein.
Lees ook wat om te doen as seerkry uit jou kinderdae bagasie in jou huwelik word. 
BEHOU DIE HUMOR
NUUSBRIEWE
Klik bo om meer te lees van Bybel-Media se Bybelboekboks-projek.
Lees CLF se November nuusbrief bo.
KUIERKANSE
Durbanville hou tuinmark
Durbanville-gemeente gaan 'n lekker tuinmark hou en nooi entrepreneurs om te kom uitstal.  Skenkings vir die kerk se wit olifant- of plantetafel, kan op 'n Dinsdag en Donderdag  tussen 08:00 en 15:00 by die kerkkantoor afgegee word.  Het jy dalk iets wat jy wil bemark of ken jy iemand wat lekker bak of kreatief is? Bespreek jou staanplek hier. Kontak ook die kerkkantoor by 021 975 6370/ 082 779 3356/ 079 249 0666 as jy op die dag kan handgee. 
Worcester-Noord se woekerpoging
Jy wil nie uitmis op hierdie laaste deurry-ete van die gemeente van Worcester-Noord nie! 'n Heerlike ete wat bestaan uit twee gebraaide hoendersosaties, 'n stuk wors, twee slaaie en 'n roosterkoek is beskikbaar teen R80 en dan is daar sommer nog pannekoek vir poeding!
Besighede is ook welkom om bestellings te maak vir middagete (aflewering sal plaasvind vanaf 11:30). Stuur 'n e-pos aan worcesternoord@gmail.com of WhatsApp na 064 911 5521 om te bestel. 
Kenridge geskenkmark
Kenridge-gemeente nooi jou uit om vanjaar geskenke by hulle Kersmark te koop. 'n Verskeidenheid stalletjies is beskikbaar wat onder andere koekies en beskuit, lekkers, konfyt, brandsouse, olywe en olyfolie, speelgoed, juweliersware, klere en wit-olifante verkoop. 
Hou gerus die geskenkmark se Facebook-blad gereeld dop vir die jongste inligting en verwikkelinge. 
Die opbrengs is ten bate van Sobambisana gemeenskapsontwikkeling.
ALGEMEEN
Wêreldkinderdag - 20 November
Om in ons toekoms te belê, beteken om in ons kinders te belê - daarom het die Verenigde Nasies 20 November as Wêreldkinderdag aangewys. Dit is 'n tyd om samesyn oor die hele wêreld te bevorder, bewustheid te skep van die probleme wat kinders in elke uithoek van die wêreld teëkom en die welstand vir alle kinders te verbeter.
20 November is 'n belangrike datum, want dit is op hierdie dag in 1959 wat die VN se Algemene Vergadering die Verklaring van die Regte van Kinders aangeneem het. Lees die verklaring hier
Vanjaar het die COVID-19-krisis 'n kinderregtekrisis tot gevolg gehad. Die koste van die pandemie vir kinders is dringend en as dit nie aangespreek word nie, kan dit 'n leeftyd duur.
UNICEF het besluit om hierdie Wêreldkinderdag te vier deur onderhoude met kinders regoor die wêreld te voer om uit te vind wat hulle oor sekere aktuele sake dink. In die video (onder) gesels alombekende sokkerster en ambassadeur van welwillenheid by UNICEF, David Beckham, met Sebabatso, 'n 18-jarige Suid-Afrikaanse leerder, oor wetenskap, geslagsgelykheid en die impak van COVID-19 op onderwys.
Call for papers - Practices of Faith in Times of National and Global Crises
The world is currently in the wake of a global health crisis, whilst there were already many other global and national crises such as poverty, inequality and corruption, immigration and xenophobia, gender-based violence, homophobia and more. This is, however, not the first time humanity had to deal with crises. On the contrary, through the ages nations and individuals responded in various ways to challenging times. Part of the responses have always been ritual in nature, in other words symbolic actions and practices of faith as reaction to crises on a national and global scale.
In light hereof, the Gender Unit of the Beyers Naudé Centre and Department of Practical Theology and Missiology of the Faculty of Theology, Stellenbosch University, are hosting a conference from 15 - 17 March 2021 at the Faculty of Theology, Stellenbosch University. The aim of this conference is to explore these practices as responses to national and global crises with a special emphasis on ritual, speech and song.
Academics and practitioners are invited to submit papers that reflect a variety of disciplinary perspectives on the following faith practices: ritual, liturgy and worship, religious speech, homilitics and preaching as well as music, hymnology and praise. Click here for more information.
If you want to join this conference and perhaps also do a paper, please submit a title and abstract (200 words max) to Cas Wepener by 1 December 2020 us by December 1st, 2020. 
For further inquiries and abstract submissions, please email Cas Wepener or Marileen SteynTo register, please email Marita Snyman at maritasnyman@sun.ac.za.
Jan Kriel se liggieboom skyn helder
Jan Kriel Instituut se jaarlikse liggieboom staan as 'n baken van hoop. Dit getuig van 'n plek waar liefde, omgee en geduld elke kind se karakter vorm en versterk. Lees die Ferreira-gesin se Storie van Hoop deur op die grafika (onder) te klik. Jy kan ook 'n bydrae maak deur 'n liggie te borg.
Raakgelees: grappies oor bekendes laat SA skaterlag
Kobus Galloway, die meesterbrein agter Idees Vol Vrees, ‘n komedieblad waarop unieke en oorspronklike Afrikaanse spotprente en humor gedeel word, het onlangs Suid-Afrikaners uitgedaag om gek te skeer met bekendes se name. Sy plasing op Facebook lees: “Gooi jou gunsteling-‘Celeb se [naam en] van’-grappie in die kommentaar. Byvoorbeeld: Hou Francois van Coke?” Hierdie versoek het soos ‘n veldbrand versprei en daar het tot dusver meer as   5 300 mense deelgeneem. Die plasing is ook byna meer as 1 000 keer op sosiale media gedeel. 
Suid-Afrikaners het onder andere grappies gemaak oor plaaslike bekendes soos Armand Aucamp, Ray Dylan, Lianie May en Elvis Blue, maar die internasionale bekendes het nie ons land se vlymskerp humor vrygespring nie. 
Hier is ‘n paar van die gewildste grappies: 
Het julle al gesien hoe vinnig pak Adam Tas? 
Hoekom voel Elvis Blue? 

Ray Dylan of loop hy? 
Weet jy waar Lianie May sleutels gesit het? 
Ek slaan tennisballe ver, maar toe slaan Roger Federer. 
Weet iemand dalk hoe Justin Timberlake?
Ek het vir Freddie gevra watter planeet die naaste aan die son is, toe sê Freddie Mercury.
Ek oefen nie baie nie, maar elke keer wat ek doen moet hulle my uit die Jim Carrey.
Besoek gerus Idees Vol Vrees se Facebook-blad hier om al die kommentare te lees. 
TEN LAASTE
Hierdie naweek vier ons die einde van Koninkrykstyd met die Sondag van Christus die Koning. Volgens Woord en Fees is ons hoogste, belangrikste doel en bestaansrede om God te verheerlik.  Psalm 100 vervat die eenvoud van die evangelie - dat die deur na God se hart oopstaan, omdat Hy dit oopgemaak het. 
Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. Gaan sy poorte binne met dankliedere,sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
Luister gerus hier na die aangrypende weergawe van Majesteit wat deur 'n 1600-sterk mannekoor in Katwijk, Nederland opgevoer is. Kopiereg Mannenzang Katwijk.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.