Lees deur internet, klik hier >>
1 Maart 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Kapelmeester Elna Mouton saam met die 94-jarige Dawid Botha
1. AMSS geopen!
Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit is vandeesweek in Wellington geopen.  Die tweedag openingskonferensie met die tema Gewortel in Christus: Bly in  my soos Ek in julle het saamgeval met die bevestiging van Elna Mouton in die kapel asook die feestelike openingsdinee. 
Die projek, wat in Mei 2017 bekendgestel is, se visie is die ontwikkeling en bevordering van missionale spiritualiteit wat voortbou op die lewe en werk van Andrew Murray vanuit die Gereformeerde identiteit van die NG Kerk, maar ook in die breër gerefor-meerde tradisie en teologie.
Lees hier meer oor gaste Pieter van der Walt en Euodia Volanie se indrukke van die geleentheid. Dankie aan Wilma le Roux vir die foto's onder en op die webwerf wat geneem is tydens die opening. 
Refleksiepoel 
Die hoofgebou
AMSS
Sentrum met kapel regs
Kapel
Die kapel
Logo
 2. Tot volle oorgawe bemoedig
'n Getuienis oor Andrew Murray se invloed in Japan 
Stéphan van der Watt skryf: "Dit sal my bly maak as julle kennis neem van die getuienis: dat hier in die verre Japan, en selfs vele geslagte ná ds. Murray, daar 'n teologie student is wat deur middel van Andrew Murray se invloed só bepalend aangespoor is. Ek is dankbaar teenoor die Here wat so 'n geloofsreus soos hy opgerig het. Ek deel dit graag juis nou omdat dit saamval met die opening van Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit. Kom ons vier hierdie ryk erfenis en hoe God mense roep oor grense van taal en kultuur heen, op Sy geheimenisvolle manier." Lees hier Yoshikazu Nonoyama (foto onder) se verhaal
AMSS / Japan
Logo
 3. Sentrum vir Publieke Getuienis
Love George - Gesprek oor die toekoms van George
Die Sentrum vir Publieke Getuienis het verlede week gehelp om 'n gesprek oor die toekoms van George te fasiliteer. Hierdie geleentheid is bygewoon deur onder meer die burgermeerster, raadslid Melvin Naik, die distrikshoof van die polisie, genl. Reddy, en afgevaardigdes uit die onderwys-, besigheids- en NRO–sektore. Predikante van verskillende denominasies het deel van die groep van 80 afgevaardigdes uitgemaak. Floors Meyer, een van die mede-organiseerders, gee hier sy terugvoer. Die foto onder is geneem tydens die byeenkoms. 
Gesprek
4. Getuienisaksie 
Sokhanya Bible and Ministry-program
Jerry Sesoko, programkoördineerder van die Sokhanya Bible and Ministry-program by NBI (Nehemia Bybel Instituut) in Wellington, verduidelik in hierdie kort video onder hoe dié bemagtigende korrespondensiekursus in isiXhosa, Engels en Sesotho werk. Die kursus fokus veral op gemarginaliseerde kerkleiers sonder ‘n Nasionale Senior Sertifikaat.
 Sokhanya Bible and Ministry-program
GEMEENTENUUS
1. Gemeenteverjaarsdae
Gemeenteverjaarsdae
Klasmaats
V.l.n.r. Hans Steyn, Floors Avenant, Johan Rossouw en Mornay le Roux
2. Gansbaai-leraas byeen
Emeritusleraars Floors Avenant en Dirk van Dyk (lg. pas afgetree uit die NG Gemeente Gansbaai) het op Vrydag 22 Februarie al die leraars en emeriti wat lidmate van Gansbaai is - op een na - vir 'n hamburger-ete die aand op uitnodiging bymekaar gekry (groepfoto onder). Vanaf 2016 het emeriti op Gansbaai van drie na 11 aangegroei, waarvan vier klasmaats uit 1977 is (foto langsaan). Lisel Joubert en Barend Vos is boonop bekroonde skrywers. Floors beskryf die pad vorentoe: "Sekerlik is ons, soos alle ander in ons gemeenskap wat gekom het om te bly, verbind tot ons gemeenskap in al sy verbande. Die dienende leraars het hul taak. Ons as emeriti het 'n ondersteunende funksie. Dan het ons die ruimte om ons diverse passies uit te leef. Tot opbou van onsself en die gemeenskap."
Groepfoto
Voorste ry: Mornay le Roux, Hanri Joubert, Alithia Grobbelaar en Johan Rossouw
Tweede ry: Marie Avenant, Engela Basson en Magda Rossouw
Derde ry: Hennie Basson, Helene le Roux en Marina van Dyk
Vierde ry: Floors Avenant, Elisabeth Joubert, Dirk van Dyk, Lisel Joubert, Nico Grobbelaar en Pieter de Villiers
Agterste ry: Dries Auret, Barend Vos, Stoney Coetzee en Hans Steyn
Met verskoning afwesig: Willie en Fransil Kotze
UIT ONS RINGE
Ring van Swellendam hou bederf-oggend vir skribas
Gawie Gouws vertel dat hulle lekker kon gesels oor kerkwees, menswees en skriba-wees. Die skribas het advies gevra en uitgeruil oor hul spesifieke rol binne die onderskeie gemeentes. Barbara du Toit is die langste in diens en is al 43 jaar by die Swellendam gemeente waar sy in 1976 as skriba begin werk het! Die jongste skriba is McGregor se Geraldene van Deventer, wat in Desember 2018 begin het. Op Bonnievale maak Adri le Roux vanjaar na 15 jaar klaar met haar dienswerk.  Ida Kriel groet ook na 23 jaar by Robertson Moedergemeente en drie jaar in Robertson-Oos.
PREDIKANTENUUS
1. Outeniqualand word Jan en Karien Fourie se plek
Dit is lekker om in die vreugde van die NG Gemeente Outeniqualand te deel as hulle hierdie naweek vir Jan en Karien Fourie ontvang. Jan lewer sy intreepreek op Sondag 3 Maart om 09:30 en Anton Verwey, sy oudkollega van Vredendal, sal die bevestiging doen. Na tien jaar in die gemeente, het Jan op 27 Januarie sy afskeidspreek by Vredendal gelewer. Lees hier hoe hierdie gemeente hom groet en hoe Jan self skryf
Op die foto onder is v.l.n.r. Jan, Karien, Henk en Melani. Seënwense aan julle! 

Fouries
Uitstuurgeleentheid
Pinksterprediker
GEBEDSVERSOEKE
ALGEMEEN
Le Roux Schoeman gesels
Dink wéér oor Kerkbode... hier gesels Le Roux Schoeman. Klik bo vir die video.
Du Rands
2. Missie Japan: egpaar op pad!
VrydagNuus het vantevore berig oor die nuwe sendelingegpaar, Elmar en Nadine du Rand, wat gereed is om binnekort deur Missie Japan  uitgestuur te word. Die uitstuurdiens vind op Sondag 3 Maart om 09:00 vanuit George Moedergemeente plaas.
Tobie de Wet skryf: "Ons is dankbaar en opgewonde oor soveel Wes- en Suid-Kaap gemeentes en individue wat biddende betrokke is by die bediening in Japan en ons sendelinge ondersteun." Lees hier hoe Nadine kortliks skryf oor hul besluit om in Japan te gaan bedien. 

3. Faculty of Theology, Stellenbosch University
Invitation to public screening and book launch
Click on the images below for more information about the public screening of Kanarie as well as the book launch of Teaching for Change.
Book launch
Book launch 13 March
Kanarie: Invitation to public screening
Public screening 6 March
Vrywilligers benodig
Klik bo of kontak Anelle by 021 949 8736 of anelle@mes.org.za vir meer inligting 
Thabo Makgoba
Archbishop Thabo Makgoba signing the Charter
5. In the news... 
Bishops sign charter for a safe and inclusive church
The Anglican bishops of Southern Africa have signed a charter committing themselves to a range of steps to protect people from abuse in the church. Bishops attending the February session of the Synod of Bishops all signed the charter after a workshop arranged by the Church’s newly-established Safe and Inclusive Ministry group.
Safe and Inclusive Ministry has two Provincial Safe Church Officers and each Diocese has its own ministry team. Amendments to the church’s Canons will be proposed to Provincial Synod in September this year after deliberations by the Safe and Inclusive Ministry and the Canon Law Council. The charter, presented by Rosalie Manning of Safe and Inclusive Ministry, can be read here

NUUSBRIEWE
VGK nuusbrief
PUBLIKASIES
Drie maal God
Bybel-Media: Drie Maal God deur Tinus van Zyl - klik bo
Navigating Singleness
CLF: Navigating Singleness - klik bo
EKOLOGIE
Amper 00:00
1. Klimaatsverandering nie 'n verkoue nie
Klimaatsverandering is nie 'n verkoue nie; dis 'n hartaanval - 'n oproep tot onderskeiding. Die kerk fouteer meestal nie deur soms met onbelangrike dinge besig te wees nie, maar wel deur nie te kan onderskei wat op 'n spesifieke tyd (kairos) prioriteit is nie. Is dit nou weer so? Hier is 'n SOS aan ons kerklike leierskap. Lees meer hier
Foto onder: Met erkenning aan Netwerk 24 van Woensdag 27 Februarie 2019.
(Met dank ontvang van Projekspan Ekologie.)

Aarde se horlosie
2. Maak jou geleentheid groen
Die Kaapse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) poog voortdurend om hulle funksies so groen as moontlik te maak. Verlede jaar het die sentrum bykans 84% van hulle afval laat herwin. Tydens die onlangse Afrika Mynindaba het hulle herwinningsinisiatiewe voorkom dat meer as 24 ton hout op die stortingsterrein beland. Die hout wat gebruik is vir uitstalruimtes is geskenk aan verskeie instansies soos die Orion Skool vir Gestremdes in Atlantis, waar dit verwerk word in tafels en boekrakke vir die klaskamers asook in kunsvlytprodukte omskep word. Gedrukte materiaal is weer aan Sealand Gear geskenk en herbenut in sakke en kledingstukke.  Vir meer klik hier.
Rodent
3. First mammal driven to extinction by human-caused climate change
A small Australian rat (the Bramble Cay melomy) that lived on a 12 acre island in the Great Barrier Reef has become the first mammal  to go extinct primarily because of human-caused climate change. Available information about sea-level rise and the increased frequency and intensity of weather events producing extreme high water levels and damaging storm surges in the Torres Strait region over this period, point to human-induced climate change being the root cause of the loss of this animal. Read more here.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
TEN LAASTE
Lydenstyd begin met Aswoensdag op 6 Maart. In hierdie tyd van verootmoediging, belydenis en selfondersoek het baie van ons gemeentes spesiale geleenthede om hierdie spesiale tyd op die kerkkalender te herdenk. Deel gerus julle foto's en videogrepe met ons by kommunikasie@kaapkerk.co.za.
Breda Ludik se Here, ek vergeet so gou 'n vertaling van Lord have Mercy is 'n versugting om genade, wat gepas is vir hierdie tydperk.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.