Lees deur internet, klik hier >>
24 November 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Spesiale hoogtepunt in kerkjaar: legitimasie
Opregte seënwense aan die suksesvolle kandidate van die Fakulteit Teologie, US, wat op Wo. 22 November gelegitimeer is. Van harte geluk ook aan elke ouer, gemeente, geliefde en ondersteuner wat hulle oor jare gemotiveer het.
Hierdie spesiale geleentheid, vanjaar in die Groote Kerk in Kaapstad, het Reggie Nel as prediker en Frederick Marais as liturg ingesluit. Riaan de Villiers het die verwelkoming namens die gemeente behartig. Klik hier vir die program, meer foto's en ander tersaaklike inligting. 
Frederick Marais, Reggie Nel en Riaan de Villiers
Frederick Marais, Reggie Nel en Riaan de Villiers 
Groep in Groote Kerk
Legitimasie 2017 - Groote Kerk
Drie geslagte: Christo Alheit, Lourens en Peet Bester
Drie geslagte: Christo Alheit, Lourens Bester, Peet Bester
Blessing Num 6
Peet Bester se seënbede uit Num. 6: 22-27 ter afsluiting van die legitimasie
Scherlize Hayes
Dankwoord tydens legitimasie: Scherlize Hayes
"A big word of thanks to the God of justice, peace and love for all, that called us to serve the world through his gospel. You are always with us. In the words of Prof Nico Koopman, we became hybrids, because we believe that we are more than the church denomination we belong to, we are more than the colour of our skin, we are more than our sexual orientation, we are more than the language that we speak, we are children of God, and therefore, may osmosis take place so that we can work together in God's kingdom."
- Uittreksel uit Scherlize Hayes se woorde van dank tydens die legitimasie.
SINODENUUS
1. Sentrum vir Publieke Getuienis

Waagmoedige gesprekke in die Oos-Kaap

Die Sentrum vir Publieke Getuienis het in samewerking met die Call42-beweging die afgelope week drie "Courageous Conversations" gesprekke in Nelson Mandela-baai, Oos-Londen en Mthatha gefasiliteer. Kerkleiers, besigheidsleiers, akademici, leiers van plaaslike regering en nie-regeringsorganisasies het saam besin oor uitdagings en geleenthede vir die onderskeie streke.
Volgens Braam Hanekom is hulle oorweldig deur die konstruktiewe en eerlike insette wat vanuit die deelnemers gekom het. Verdere terugvoering oor die inhoud van die gesprekke sal eersdaags volg. Kontak die kantoor by spg@kaapkerk.co.za.
Gesprek
2.Taakspan Jeug- en Familiebegeleiding
'n Klomp jong koppe beter as een!

Verlede week het ’n groep leraars (foto onder) byeengekom vir die eerste Jong Volwassenes Learning Community dinkskrum. Die versoek aan hulle is: help die kerk met die uitdaging rondom Jong Volwassenes. Op hierdie eerste ronde is daar in diepte gekyk na navorsingtendense uit die VSA en SA en hoe dit vergelyk met hulle eie ervaring en plaaslike kontekste. 'n Artikel wat die denke van die drie dae se gesprek opsom - en belangstellendes help om saam te dink - is hier beskikbaar.
Kontak Anriëtte de Ridder met navrae.
Jongmense
Agter v.l.n.r.: Stephan Naudé (Riviersonderend), Bianca Botha (Groote Kerk), Friedrich Claassen (Swartland) en Etienne Snyman (Durbanville)
Voor v.l.n.r.: Ryno Els (Toringkerk), Elsché Eygelaar (Constantia), Nicola Alberts (Hottentots-Holland), Elzanne van der Westhuizen (Stellenberg), Marileen Steyn (Saldanha), Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie) en Francois Maritz (Ceres)
Biskop Malusi Mpumlwana
3. Nasionale konvensie vir heling
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het inisiatief geneem om 'n nasionale konvensie te hou om die krisisse in ons land aan te spreek. Die eerste van 'n reeks vergaderings het op Wo. 22 November in die Rhema Bible Church in Randburg begin. 
Die vyf pilare (sien grafika onder) van die SARK se "The South Africa We Pray For"-veldtog is die raamwerk vir die nasionale gesprek. "Die NG Kerk neem hartlik aan hierdie gesprek deel en bring noodsaaklike perspektiewe na die tafel," laat weet Nelis Janse van Rensburg, wat saam met Gustav Claassen en andere die NG Kerk daar verteenwoordig.
Lees hier verder. (Foto: Biskop Malusi Mpumlwana van die SARK.)
Five pillars of The SA we pray for
16 Dae
4. Vrouebediening
16 dae van aktivisme teen geweld: hier is liturgiese bronne!

Van die vrouegesprekgroep ontvang ons liturgiese bronne vir gemeentes en andere se gebruik ter ondersteuning van die "16 dae teen geweld teen vroue en kinders-veldtog" wat op 25 November afskop.
Dit sluit 'n verhaal van Annalise Wiid,’n volledige
verootmoediging en gebed vir gender-geweld deur Rethie van Niekerk, en ander voorstelle vir gebruik in ’n erediens in. Klik hier.
5. VBO-program vir 2018 nou hier
Spesiaal vir "leerbares" en "leergieriges", predikante en andere! Die VBO-program vir 2018 is nou op Communitas se webwerf beskikbaar.
Die eerste kursusse se inskrywingsvorms sal binne die volgende twee weke reeds beskikbaar gestel word. Gaan kyk gerus solank wat jy wil bywoon en kontak Wilma le Roux by wler@sun.ac.za. Klik hier om die boekie af te laai.
Kersvakansie
6. Kersvakansie 2017
Die Sinode van Wes-Kaapland se verskillende afdelings (diensgroepe en taakspanne, sowel as ander kantore in die sisteem) nader 'n welverdiende Kersvakansie.
Die meeste afdelings sluit op Vrydag 15 Desember om 12:00. Spesifieke datums vir die verskillende kantore is hier beskikbaar. Onthou gerus dat Maandag 25 sowel as Dinsdag 26 Desember (Welwillendheidsdag) openbare vakansiedae is. 
Senior personeel se kontakbesonderhede is op die verskillende webwerwe beskikbaar. Besoek www.kaapkerk.co.za vir meer inligting.
Baie dankie vir elke gemeente, individu en diensverskaffer se gebede, waardevolle raad en vriendelike hulp teenoor die sinode gedurende die afgelope jaar. Mag u 'n besonderse Kerstyd beleef.
Facebook-kursus
Slegs vir gemeentes - klik bo vir meer. Inskrywings sluit 30 Nov. 
Word art
ALGEMEEN
1. The South Africa we pray for ...

“This is a call to have a coherent and united witness of the Christian Church in South Africa. The commitment to ‘The SA we pray for’ is a commitment to act in a prayerful disposition – seeking to ‘Pray and Work’, to ‘Pray and Work’! As the Prophet Micah says: ‘What does the Lord require of you but to do justice, and to love kindness, and to walk humbly with your God?’” (Conclusion of “The South Africa we pray for”.)  Die volledige dokument is hier beskikbaar.
Kougomkamp 2018
NG Bloemfontein: Eerstejaarskamp - klik bo.
3. Gemeentes, 2018-kalenders asb!
Ons herhaal graag ons versoek aan gemeentes: stuur asb. julle gemeentekalender se voorblad aan ons as deel van die sinode se versameling.
Vir 2018 hoop ons dat ten minste 80 gemeentes hul voorblaaie sal stuur sodat ons ’n meer verteenwoordigende prentjie van ons 228 gemeentes kan gee.
Hier kan jy sien watter 25 gemeentes het reeds reageer. Hieronder is 'n deel van NG Onrusrivier se buiteblad, met hulle personeel teen die see.
NG Onrus - personeel op kalender 2018
Agter: Hanna de Jager, Christa Linertz, Edmore Shava, Chookie Naude, Rika Eveleigh,
Karin de Bruin, Clifford Heys, Michiel de Kock, Wilhelm Burger
Voor: Ella Herling, Mervian van der Merwe, Erika Oosthuysen,
Johan Symington, Anton Duvenage
Bootjie
4. Raakgelees
Vier gelykenisse oor ’n koninkrykslewe

Die koninkryk van God is ’n lewe waaraan ons reeds hier en nou deelneem deur die manier hoe ons dag-tot-dag leef. Karel van der Westhuizen (NG Gemeente Paarl-Vallei) illustreer iets hiervan in vier eietydse gelykenisse. Klik hier om meer te lees. 
Adventkerse
5. Bybelgenootskap tel dae tot Kersdag af 
In ons kerklike tradisie begin die kerkjaar met Advent, die tyd van aankoms. Advent begin jaarliks vier Sondae voor Kersdag, vanjaar dus van 3 tot 24 Desember.
Ter viering van hierdie baie spesiale tyd, het die Bybelgenootskap 'n reeks kort videosnitte met relevante Skrifgedeeltes vervaardig.
Hierdie gedeeltes sal op hulle Facebook en Twitter platforms beskikbaar wees, maar jy kan dit ook as 'n spesiale nuusbrief per e-pos te ontvang. Klik hier en teken in deur slegs jou e-posadres in te vul.
Tel saam met die Bybelgenootskap die dae tot Kersdag af, terwyl ons ons oë ferm op Jesus gerig hou. (Met dank aan "e-Saaier" van 14 November 2017.)
Logo
GEMEENTENUUS
1. Veels geluk, NG Stellenbosch-Wes! 65 jaar!

Die NG Gemeente Stellenbosch-Wes is op 24 November 1972 as derde gemeente op Stellenbosch gestig. Hulle vier dus vanjaar hul 65ste verjaarsdag! Kyk gerus hier saam met hulle terug oor ’n kort stukkie geskiedenis en sien saam met hulle met verwagting uit na die Here se pad vorentoe met hulle.
Seënwense aan predikante Almatine Leene en Daniël de Wet, Marais Roux (kantoorbestuurder), kerkraad en gemeente!
Koek
2. Mondigwording vir NG Gemeente Suidpunt
Franziska Andrag-Meyer deel die wonderlike nuus dat die NG Gemeente Suidpunt op 17 November hulle 21ste verjaardag met ’n spesiale aand van vers en klank kon gedenk.
Saam daarmee het hulle tydens 19 November se erediens gevier wat dit beteken om gemeente te wees. Belangstellendes kan hier verder lees en hul pragtige foto collage (onder) met hoogtepunte in meer detail bekyk. Baie seën vir die gemeente toegebid!
 
NG Suidpunt vier 21 jaar
Kerssangdienste Durbanville, Welgemoed, Tamboerskloof en Stellenbosch-Noord 26 November
Kerssangdienste: NG Durbanville, Stellenbosch-Noord, Tamboerskloof en Welgemoed
Sondag 26 November 2017 - klik bo vir meer inligting
Passiespel DVD
NG Suider-Strand Passiespel DVD's - 021 854 5076
6. NG Parowvallei-Oos: Bevestiging en geskiedenis!
Theo Swart van Parowvallei-Oos skryf: "Só het belydenisklas 2017 op So. 19 November gelyk. Ek is so trots op my vier Engelse en twee Afrikaanse kinders. Dink ons maak kerkgeskiedenis! Die hele diens was in Afrikaans en Engels (ook die nagmaal) en ek moes maar self uit al die materiaal wat beskikbaar is 'n tweetalige formulier bou vir openbare belydenis van geloof. Boonop was daar meer as 200 mense in die kerk gewees!"
Julle gemeente is in meer as een opsig vir ons 'n voorbeeld, Theo. Mag julle ook in en deur hierdie jong mense (foto onder) se lewens die Here se seën beleef.
NG Parowvallei-Oos belydenisklas
V.l.n.r. Melandie Behm, Devon Riekert, Amber Isaacs, Theo Swart, Armand Meyer,
Joey Carolissen, Anneke Human
 
Twitter Facebook
PREDIKANTENUUS
1. NG Kuilsrivier neem afskeid van Willie en Lizette Cilliers

Willie Cilliers, wat meer as 34 jaar in Kuilsrivier en ongeveer vier jaar in Sydenham (Port Elizabeth) was, tree aan die einde van November af.
“Wat 'n voorreg om die afgelope vier en 'n half jaar my bediening saam met Willie te kon begin. As mentor, klankbord en die logiese stem en rede tussen 'n klomp stemme, het Willie my dikwels begelei om dinge baie eenvoudiger vir myself en die gemeente te maak.” Só skryf kollega Helené Fouché.
Willie self vertel dat hy beplan om na sy aftrede meer met sy hande as met sy kop te werk – daar is ’n plekkie by die see wat aandag verdien, ’n tuin om onder hande te neem, ’n marathon of twee om te draf ... 
Seënwense vir die afskeidspreek op Sondag 3 Desember, Willie. Mag daar vir jou en Lizette vele wonderlike paaie wag! (Sien foto onder).
Lizette en Willie Cilliers
Lizette en Willie Cilliers
2. NG Gemeente Oudtshoorn-Welgeluk
Adriaan en Sanelle van Tonder gegroet

In Oudtshoorn word hierdie naweek afskeid geneem van Adriaan en Sanelle van Tonder (foto onder). 
Adriaan, wat sedert April 2016 as predikant in Welgeluk gedien het, is beroep na die NG Gemeente Aliwal-Noord en lewer sy afskeidspreek op So. 26 November om 09:00. Lees gerus hoe Adriaan terugkyk oor sy reis in die gemeente. Baie seën vir jou en Sanelle in die nuwe omgewing en gemeente, Adriaan! 
Sanelle en Adriaan van Tonder
Sanelle en Adriaan van Tonder
3. Voltooide sirkel vir André van Wyk
André van Wyk van die NG Gemeente Durbanville het die benoeming as assistentdirekteur by Jan Kriel Instituut aanvaar.
Hy was ongeveer 15 ½ jaar in Durbanville en begin op 1 Januarie 2018 by Jan Kriel, in Kuilsrivier. Met sy oupa wat in die veertigerjare ’n adjunkhoof van Jan Krielskool was, is dit in ’n sekere sin ’n sirkel wat voltooi word. 
Lees aangeheg hoe Fanie Herholdt, direkteur, hieroor skryf. 
Ons seënwense aan André, Mathilda en gesin (foto onder), sowel as almal by Jan Kriel Instituut
Van Wyks
V.l.n.r. is Mathilda, Andel (7), André, Linda (9), agter haar Murdoch (11)
en Franko (13) van Wyk
Kallie
4. Kallie le Roux beskikbaar vir aflos
Kallie le Roux (voorheen van NG Darling) laat weet dat hy in Februarie en Maart 2018 beskikbaar is vir afloswerk in ’n gemeente. Hy noem dat hy graag in gemeentes wil help waar hy sy gawe om fondse te help genereer tot diens kan stel van daardie gemeente. Kontak hom by
kallieleroux@yahoo.com.
#WatershedWednesday
EKOLOGIE
1. #WatershedWednesday op 29 November

Die bewustheid onder verbruikers om water spaarsamig te gebruik  is tans baie hoog. Dit geld veral vir huishoudings, maar by kantore en werkplekke word nog heeltemal te veel water gebruik. 
WWF Suid-Afrika versoek almal om deel te neem aan #WatershedWednesday op 29 November om juis minder water by die werk te gebruik. Personeel bring dan hul eie water (maksimum 2 liter) werk toe en alle krane word toegedraai, behalwe tussen 12:00 en 13:00. Lees hier meer, en kyk ook wat die grootste sondebok t.o.v. waterverbuik by die werk is.

'n Geestelike tragedie
SAFCEI uitnodiging
Gesprek oor watergeregtigheid - RSVP 23 Nov. en klik bo vir meer.
 BEHOU DIE HUMOR
Humor
PUBLIKASIES
Jaarboek 2018

'n Herinnering: gemeentes kan bestellings vir Jaarboek 2018 direk by Bybel-Media plaas.
Die bestelvorm en alle ander inligting is hier beskikbaar. Navrae of bestellings - stuur 'n e-pos aan bestel@bmedia.co.za of skakel 0860 26 33 42. 
 KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 1 Desember 2017.
Logo
1. Missie Japan: sendelinge gesoek
Missie Japan nooi kandidate uit tot deelname aan 'n proses om as sendeling na Japan gestuur te word. Sendingwerk in Japan verg ‘n lewenslange roeping, spesiale gawes en 'n langdurige leerproses (teologie, taal en kultuur); die werf, voorbereiding en uitstuur van sendelinge is daarom 'n proses in biddende afhanklikheid. Lees hier en reageer voor 31 Januarie 2018.
Logo
2. Dosent in Teologie: Justo Mwale Universiteit, Zambië
Die NG Kerk Vrystaat Vennote in Getuienis, in vennootskap met die UV Fakulteit Teologie en Religie en die Reformed Church in Zambia, maak inligting oor hierdie vakature bekend. Kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir 'n kontraktuele pos van drie jaar as dosent in Teologie (verkieslik Praktiese Teologie en Missiologie), aan Justo Mwale Universiteit. Rig aansoeke asseblief vóór Maandag 15 Januarie 2018. Meer inligting is aangeheg.
Logo
3.1 Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum: vakatures
Huis Andrew Murray in Wellington het drie vakatures: vir 'n maatskaplike werker, vir 'n kinder- en jeugsorgwerker en een vir 'n verpleegkundige. Aangeheg is inligting oor die verantwoordelikhede en vereistes vir die onderskeie posisies. Reageer voor 8 Desember.

3.2 Bestuurder maatskaplike dienste (Weskus)

Badisa beskik tans oor bg. vakature in die Weskus-area. Vir meer oor die verantwoordelikhede en vereistes, klik hier. Reageer voor 28 November.
3.3  Programkoördineerder: Joey's Babies, George
Aansoeke van entoesiastiese persone met ’n deeglike kennis van voorskoolse versorging word vir hierdie betrekking ingewag. Aansoeke sluit 7 Des. Lees meer hier.
3.4 Badisa Huis Zenobia du Toit: Geregistreerde verpleegkundige
Huis Zenobia du Toit in Heidelberg (Wes-Kaap) het ’n vakature vir ’n geregistreerde verpleegkundige. Inligting oor die vaardighede en verantwoordelikhede is hier. Reageer voor 1 Desember.
Lyn van Rooyen
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Lyn van Rooyen
Op die 1ste Desember herdenk ons Wêreldvigsdag in 'n tyd waar baie mense dink dat MIV irrelevant geword het.
Die werklikheid is egter:
• Suid-Afrika het die grootste anti-retrovirale program in die wêreld. Van die 7 100 000 mense in ons land wat met MIV lewe, ontvang 56% behandeling – wat vir die res van hulle lewe nodig sal wees!
• Die aantal mense met MIV groei steeds. Daar was 270 000 nuwe infeksies in SA in 2016 – 2 000 per week in jong vroue tussen 15 en 24. 
• CABSA ontwikkel hierdie jaar erediens materiaal in samewerking met die Wêreldraad van Kerke (WRK) se "Ecumenical Advocacy Alliance". Die fokus is op kinders en jongmense – 'n kritiese, maar afgeskeepte groep binne die epidemie. 
Kerke is noodsaaklik om die epidemie om te keer – in toegang tot toetsing, medikasie en ondersteuning vir almal, maar veral ook by kinders en jong mense.

                                                                     * * *
Lyn van Rooyen is die uitvoerende direkteur van CABSA, die Christen Vigsburo en is op verskeie plekke betrokke in die NPO-veld.
Kontak haar by management@cabsa.org.za.

Ons erken die menswaardigheid van alle mense 
omdat ons Glo in Jesus Christus. 
Die Een wat die pyn en lyding van hierdie wêreld op homself geneem het. 
Die God wat die lyding ken van hulle wat leef in situasies van geweld en oorlog.
Ons praat en leef profeties
omdat ons glo in die Heilige Gees.
Die Een wat ons roep vanuit ons magteloosheid.
Die God wat aan ons ’n stem gee en wat ons roep tot handelinge van medelye. 
Hoop, vrede, vreugde en liefde is moontlik
omdat ons God ken as Vader, Seun en Gees. 
Amen.
- Charlene van der Walt

Vriendelike groete tot die laaste uitgawe van 2017 volgende week verskyn.
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.