Lees deur internet, klik hier >>
14 Februarie 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Nelus Niemandt (links) is Woensdag as nuwe rektor van Hugenote Kollege ingehuldig. Hier verskyn hy saam met André Du Toit en Nelis Janse van Rensburg tydens die seremonie.

#imagine 2020:  27-29 Maart
Is jou gemeente se planne al agtermekaar vir #imagine?  Kyk sommer nou na die promosie video!
Kliek op hierdie skakel vir die toolkit wat alles bevat wat jy nodig het om jou groep vir #imagine 2020 gereed te kry, insluitend agtergrondinligting, bemarkingsmateriaal, registrasievorms en voorbereiding vir jou groep. 
Kontak maryke@imaginemovement.co.za of 021 808 9050 as jy enige vrae het.
#100DorpeDialoog: Waaroor gesels gemeenskapsforums?
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis was onlangs in Kleinmond vir die #100DorpeDialoog-projek. 
Hy noem 'n paar kwessies wat hierdie spesifieke forum bespreek het, onder andere herwinning, fondsinsameling vir die hoërskool, blootstelling aan klassieke musiek, kuns en drama, kinders wat tans uit die skoolstelsel val, sosiale kohesie, die begraafplaas en samewerking met die plaaslike regering.

Word deel van die dialoog en bring jou gemeenskap bymekaar om oor kwelpunte en aktuele sake te gesels. Kontak spg@kaapkerk.co.za.
VGK Robertson-Oos vuur en vlam vir die Here!
Dit is belangrik dat gemeentes moet weet dat hulle vanaf sinodale kant ondersteun kan word en dat daar kundige hulp tot hulle beskikking is. Op Donderdag 5 Februarie het Stephen Pedro (links op foto), PSD Gemeentegetuienis, die VGK Robertson-Oos Gemeente besoek as deel van sy program om juis dit onder die aandag van gemeentes te bring. Hy vertel: "Daar is met groot opwinding oor die beplande 1 000 sitplek veeldoelige kerkgebou gepraat. Ons het ook die ondersteuningsdienste vanaf sinodale kant bespreek en hoe ons tot diens van die gemeente kan wees.” Lees meer oor die besoek en die Cape Empowerment Trust.
MIV Fasiliteerdersopleiding deur Kerke, Kanale van Hoop
Diaconia en CABSA nooi kerkleiers van die NG Kerk, VGK en die Calvyns Protestante Kerk om in te skryf vir die Kerke, Kanale van Hoop MIV Fasiliteerdersopleiding. Die kursus strek oor 6 dae (2-4 Maart en 1-3 April) en fokus daarop om geloofsleiers toe te rus om die rol en verantwoordelikheid van die kerk te verstaan met betrekking tot die MIV epidemie. Meer as 7 miljoen mense in Suid-Afrika leef met MIV en ons as kerk het ‘n verantwoordelikheid om ons te bemagtig om deel te wees of deel te word van die oplossing. Die kursus word by Stillebosch Retreat, Anathoth Plaas, Stellenbosch aangebied. Vir meer inligting, kontak gerus Aneleh Fourie by management@cabsa.org.za of 083 292 5358.
Kliek op video onder om te sien wat ander predikante oor die kursus sê.
EKOLOGIE
Skryf in vir afvalplastiekkompetisie!
“Plastiek is gevaarliker as plofstof; daarom moet ons hierdie besoedeling bestry,” verduidelik Erwin Schwella.  Erwin en Lyzette Schwella van CiviNovus bied vanjaar weer in samewerking met Ligstad Bellville ’n afvalplastiekkompetisie aan. Lees meer oor die drie kategorieë hier. Skryf in voor 29 Mei; die wenners sal op 23 Junie tydens die Wintermark bekend gemaak word. Klik hier en vind meer uit oor hierdie opwindende kompetisie met kontantpryse op die spel.
Rus vir die hele aarde?
Waar vind mens en aarde rus om die 21ste eeu te oorleef? Dis die vraag wat Ernst Conradie, senior professor aan die Departement Godsdiens en Teologie by die Universiteit van Wes-Kaapland, tydens 'n gespreksessie by Pinelands-gemeente stel.  Conradie doseer in Sistematiese Teologie en Etiek en stel veral belang in Christelike eko-teologie.  Hy het oor die jare talle belangrike bydraes gelewer soos Rus vir die hele aarde, The church and climate change en mees onlangs vir 'n akademiese gehoor The Earth in God's Economy: Creation, Salvation and Consummation in Ecological Perspective. Die praatjie vind op Sondag 16 Februarie om 09:30 plaas.
Vir navrae, kontak gerus vir Helgard Pretorius  by helgard@ngkerkpinelands.org.
VAKATURES
Voltydse leraarspos: Durbanville
Durbanville-gemeente adverteer tans 'n voltydse leraarspos. Die ideale kandidaat is iemand met ‘n pastorale hart wat met gasvryheid mense kan intrek in die lewe van die gemeente, wat met deernis en aanvoeling mense kan bystaan in tye van nood en wat as brugbouer die onderlinge versorging onder diverse lidmate kan help fasiliteer. Sien meer inligting oor die pos hier.  Aansoeke sluit 15 Maart.
GEMEENTENUUS
Gaan Suid-Afrika oukei wees? 
Die Sonstraal-mannebediening bied op Sat. 22 Februarie 'n geselsontbyt met joernalis en skrywer Jan-Jan Joubert aan. Hy vertel stories wat ons help om te besef - dis eintlik lekker om hier te bly. Kaartjies kos R100 p.p. en sluit ontbyt in.  Bespreek teen 18 Februarie by Belinda by 021 967 1236 of e-pos kommunikasie@sonstraal.org.za. Die funksie vind by die Sonstraal Kerksentrum, h.v. Hebron- en Tulipstraat, Amanda Glen, Durbanville plaas.
UIT ONS RINGE
Worcester reik uit na Mosambiek
Die Ring van Worcester beplan weer vanjaar ‘n uitreik-aksie na Songo in Mosambiek.  Dit vind gedurende die winterskoolvakansie van 11 Junie - 30 Junie plaas.  Daar word beplan om onder andere bouwerk te doen en poppekas te hou. Volwasse lidmate, studente en senior hoërskoolleerlinge is baie welkom om saam te gaan. Belangstellendes kan Johan Blomerus by 082 829 7342 kontak of hulle kontakbesonderhede  by die kerkkantoor inhandig.
PREDIKANTENUUS
Van der Westhuizens groet
Jasper en Pollie van der Westhuizen neem hierdie naweek na 11 jaar afskeid van Moedergemeente Riversdal, nadat hy 'n beroep na Port Shepstone aanvaar het. "Hoe neem 'n mens afskeid van 'n gemeente wat jou hele menswees omarm het en saam met jou die wêreld 'n beter plek wou maak? Ons weet nie; maar dit wat ons hier beleef en geleer het, spoor ons aan om die nuwe geleenthede wat die Here oor ons pad bring, aan te gryp.  Ons is so dankbaar en trots dat ons in Riversdal Moedergemeente kon dien," skryf Jasper.  Sy afskeidspreek is Sondag om 09:30.

Die gemeente bid God se rykste seën op hulle bediening af en glo hulle sal dieselfde impak daar hê as wat hulle in Riversdal gehad het om aan God se Koninkryk te bou. Ons beste wense vergesel Jasper en Pollie met hulle verhuising.
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Wellington verwelkom Nelus Niemandt
Nelus Niemandt is vandeesweek ingehuldig as die nuwe rektor van Hugenote Kollege in Wellington en volgens hom is dit heerlik om by die kollege aan te sluit op 'n stadium waar hulle op ’n geskiedkundige draaipunt staan. “Dit bied geweldige nuwe geleenthede om ’n nuwe toekomspad te loop.  In pas met die besluite wat geneem is by die Algemene Sinode en ander streeksinodes is daar ’n uitdaging om uitsette te lewer wat sterk gerig is op gemeenskapsontwikkeling. Ons spesialiseer op nisgebiede soos maatskaplike opleiding, vroeëkindontwikkeling en dan natuurlik die nuwe bane van teologiese opleiding.  Daar wag groot uitdagings wat ons net kan bereik met die ondersteuning van gemeentes en streeksinodes regoor die land.  Daar is opwindende planne om die kollege se lesingslokale en koshuise uit te brei en Hugenote Kollege die beste nisfasiliteit in die hele Afrika te maak.”

Ons wens vir Nelus en sy vrou Marthinet seën toe op hierdie nuwe fase van hulle lewenspad.
Interessante VBO-kursusse
Die VBO-kalender is propvol interessante kursusse in Februarie en Maart.  Moenie Neil Büchner se Vertel Stories met Videos op 25 Februarie en 10 Maart misloop nie. Die Argief bied ook weer hulle baie gewilde kursus in argief- en rekordbestuur op 10 Maart aan. 
Kliek hier vir registrasievorm.
Kontak Bridget by bleibbrandt@sun.ac.za vir registrasievorms.
Book launch in Stellenbosch
Aslam Fataar, distinguished professor in Education Policy Studies at Stellenbosch University will be launching his book Searching for Islamic Ethical Agency on 26 February at 17:00.  The function will be hosted in the Hofmeyr lecture room, Faculty of Theology, 171 Dorp Street, Stellenbosch. Light refreshments will be served. RSVP to maritasnyman@sun.ac.za by 19 February 2020.
Registration open for Fourth Joint Conference
The Fourth Conference of Academic Societies in the fields of religion will be hosted at the University of the Western Cape from 29 June to 3 July 2020.  Colleagues, postgraduate students and research associates are invited to register for the conference now. The plenary session is themed “Religion and Theology in Africa: Trends, Theories and Trans-Disciplinarity.” Click here for more information and the conference programme.
New Advanced Certificate in Ministerial Renewal
Ekklesia and Communitas cordially invite all pastors from established denominations to enroll for the New Advanced Certificate in Ministerial Renewal.  This three-year programme consist of nine three-day-modules (3 modules per year).  This intensive ministry renewal course is shaped to promote a more profound, in-depth level of re-orientation toward ministry. It aims for inclusivity by promoting theology, skills, attitudes, vocational awareness and spirituality. The course will provide new insights, but is also very practical to enable participants to function innovatively. The structure of the MTh course is followed as a point of departure, but no thesis is required. Course attendants will be stimulated to start thinking and working at a more profound level by means of a journal. Cost: R600 per module (once-off payment of R1800 or pay R600 per module). Send your registration form together with proof of payment to dr@sun.ac.za or fax to 086 530 0839. For more information contact Divine Robertson or 021 808 2827. Click here for course overview and registration.
Stellenbosse besprekingsgroep
Piet Walters, sekretaris van die Stellenbosch Studie- en Gespreksgroep berig dat hulle volgende sessie op 18 Februarie van 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal plaasvind. Robert Vosloo van die Fakulteit Teologie gesels oor “Dietrich Bonhoeffer: ‘n Teoloog vir ons tyd?” Kontak Piet by pew@sun.ac.za vir verdere inligting.  
Raakgeluister: Daar is soveel om voor dankbaar te wees
Die gewilde aanbieder van RSG se Sondag-Joernaal Lizelle de Bruyn skryf dat dankbaarheid nie ‘n eenvoudige konsep is nie, maar dit is gratis en dit maak jou gelukkig. "Dis ‘n gewoonte wat gekweek moet word, dis werk en om een of ander rede kom dit nie natuurlik nie. Maar ek het ‘n metode gevind. Ek daag luisteraars uit om elke dag net een ding neer te skryf om voor dankbaar te wees. Na ’n paar maande sal jy ’n boek vol redes tot dankbaarheid hê en op die manier kom jy gou agter hoe geseënd jy is! Dankbaarheid genees. Sluit by ons koor van dankie-mense aan. Jy het veel om te wen." Skakel gerus Sondag van 07:00 - 08:00 in en gaan saam met Lizelle op 'n dankbaarheidsreis.
NUUSBRIEF
Klik bo om Badisa se Februarie nuusbrief te lees.

PUBLIKASIES
Kerkbode:  Geloof agter die tralies
Kerkbode stel ondersoek in na godsdienssorg in die maksimum-eenheid van die Drakenstein-gevangenis tussen Paarl en Franschhoek. Lees die storie hier of klik hier om na die webdokkie te kyk.
Die Drakenstein Korrektiewe Sentrum, voormalig bekend as die Victor Verster-gevangenis, was vandeesweek in die nuus toe die 30ste herdenking van Nelson Mandela se vrylating uit die fasiliteit gevier is.  Mandela het die laaste 14 maande van sy tronkstraf daar uitgedien.
Die gedrukte weergawe van Kerkbode sal volgende week in gemeentes beskikbaar te wees.

Maart se LiG nou op die rakke
Die Maart-uitgawe gaan op ‘n pelgrimsreis. Daar word gesels met mense wat onderskeie pelgrimsroetes onderneem het en ons ontdek dat God vir gelowiges ‘n pelgrimsperspektief gee.

Op die voorblad is Nadia Valvekens wat vertel hoe haar siel nou blom! Rugbyspeler Schalk Brits dink terug aan die Wêreldbeker en vertel dat liefde ‘n mens se grootste wapen is.

LiG gee raad oor hoe om weer met jou tiener te “connect”. Lees ook van ‘n ouma en kleinkind se spanpoging om disleksie te oorwin en hoe die klein dingetjies in jou huwelik die grootste is.
CLF se liefdesaanbod
Die Christelike Lektuurfonds nooi gemeentes om die maand van liefde te deel deur die evangelie te versprei. Seën 'n kind met hul eie Bybel in hul eie taal en leer hulle oor die liefde van Jesus.  As jy ‘n CLF Kinderbybel in die taal van jou keuse koop, kry jy die publikasie Die avonture van Maria en Braam in jou taalkeuse teen halfprys.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Kliek hier vir meer besonderhede.

TEN LAASTE
Deur die eeue heen word Februarie gevier as die maand van liefde en romanse, maar die legende van Sint Valentyn is grootliks in misterie gehul.  Al het die kommersialisering van Valentynsdag die bedoeling van die dag effe afgewater, is dit nogsteeds 'n ideale tyd om oor die liefde te reflekteer.  "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Mag ons die week die ware liefde van Jesus Christus ervaar en uitleef.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser 


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.