Lees deur internet, klik hier >>
12 Julie 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Koringberg kry biblioteek! 
Little Seeds het in Junie 1000 boeke aan die Koringberg gemeente in die Swartland oorhandig. Die projek is deur Diaconia by die sinode geloods met die titel "Laat wiel vir lees" en het oorweldigende reaksie ontvang. Sinodegangers is gevra om boeke te skenk vir kinders tot en met tien jaar en daar is tot op hede reeds 4000 boeke ingesamel. Lees meer hier oor die opwindende inisiatief in samewerking met Nal'ibali.
Jaco Nel van Koringberg gemeente en Lize-Maré le Roux van Koringberg Primêr.
Jana Hougaard (links) en  Tina-Marie Lotz (regs) saam met  Koringberg leerders Reese Fischer en Cahlen Josias.
2. Algemene Sinode oor teologiese opleiding
Gustav Claassen nooi gemeentes en predikante namens die Algemene Kuratorium om in gesprek te tree met die onderskeie kuratoria oor die uitdagings rondom teologiese opleiding. Gustav skryf: "Teologiese opleiding is ’n baie belangrike deel van ons kerk en dit is goed dat daar voortgaande gesprek in die kerk hieroor is." Die beleidstuk "Raamwerk vir missionale bedieningsontwikkeling van die NG Kerk" is 'n belangrike dokument wat die kwessie onderlig en kan hier gelees word. 

Logo
3. Sentrum vir Publieke Getuienis
Hoekom en hoe getuig ons?
Dit is die laaste tyd meermale gesê dat ons kerk ernstig sal moet kyk na ons getuienistaak. Ons weet ons moet missionaal wees en ons daadwerklike getuienis, as dit kom by konkrete aksies, het dramaties gegroei. Maar hoe getuig ons ook met die WOORD oor die evangelie van Jesus Christus? Het ons nog vrymoedigheid om dit te doen? Wat is die aard en inhoud van ons getuienis?
Die Sentrum vir Publieke Getuienis nooi almal uit om te kom saam gesels oor hierdie vrae op Dinsdag 16 Julie om 19:00 by die NG Kerk Stellenberg. Bywoning is gratis en almal is welkom - veral ook lidmate! Skryf in by Danelle of kontak haar by 021 957 7202.

4. AMSS hosts international guests
The Andrew Murray Centre for Spirituality in Wellington recently hosted the International Research Consortium. This esteemed group combines local and global perspectives and shares research. The focus is on sociological theology within the context of a learning community. Here is more about this event on the Facebook page of the Andrew Murray Centre for Spirituality. Pictured below: the imposing Jubilee Hall and exterior of the centre. 

GEMEENTENUUS
Verjaarsdae
2. Vishoek gemeente besoek Sutherland
Martin Barnard skryf hoe NG Vishoek gedurende die afgelope wintervakansie besoek afgelê het by Sutherland. Die uitreikspan van 62 is onderverdeel in kleiner spanne wat gefokus het op onderhoud, seniorbediening, ontwerp, volwassenes en die jeug. Te midde van talle aktiwiteite is daar opleiding gegee t.o.v. die gebruik van die IT-sentrums, gefokus op die hoër- en laerskool se voedingskema, 'n rolstoelvriendelike oprit gebou by die ouetehuis en die seniors bederf met voetmasserings. Lees hier verder en besoek die Facebook-blad vir nog foto's en video's. Onder is foto's wat tydens die uitreik geneem is.
Uitreik Uitreik
Span
Blanco
Breiers
Getuienisnaweek
Grafika
6. NG Gemeente Helderberg
Harmonie Uitreikprojek

Word jou familie geraak deur verlies van ’n geliefde, egskeiding of enkelouerskap?
Die volgende 13-weke program in Divorce-Care, DivorceCare4Kids, Single&Parenting en GriefShare begin op Donderdag 18 Julie om 17:30-20:00. Dit is internasionaal erkende en interkerklike programme gegrond op Bybelse waardes om gesinne te help met veranderinge in die familiestruktuur. Die programme is oop vir enigeen in die Helderberg area. HARMONY is 'n projek van Helderberg Uitreik. Hier vind jy herstel en ontmoet mense wat besig is met dieselfde lewensreis. Moenie alleen hierdie pynlike pad loop nie – daar is mense wat verstaan en jou kan ondersteun.
Plek: NG Gemeente Helderberg, Firmountstr. 82, Somerset Wes
Navrae: Annette Botha  0721 899360 of 021 8515582 of harmonyhelderberg@gmail.com
Huwelikskursus
Huwelikskursus NG Durbanville - klik bo vir meer.
8. St. Stephen's bring hulde aan 92-jarige lidmaat
"Uniek 92!" So beskryf St. Stephen's gemeente Helen Josephine Duarte, wat op 28 Junie haar 92ste verjaarsdag gevier het. "Sedert haar doop, toe haar ma haar die kerk ingedra het, tot vandag klim tannie Helen (soos sy beter by ons bekend is) getrou die 17 trappe op na die kerkgebou om die Here en haar gemeente te dien. 
Sy doen dit in vaste vertroue op die Here. Dat Hy haar elke dag die nuwe lig sal laat sien. En dan sê sy as sy aan die bo-punt kom: 'Ek het dit weer 'n keer gemaak'. En as ek vra 'Hoe gaan dit met my tannie?', is haar antwoord: 'Ek is hier. Dan gaan dit goed'," skryf Roelien Karsten van St Stephen's. 
Lees hier meer oor hierdie besondere lidmaat.
PREDIKANTENUUS
Burgers
1. Caledon-Wes groet Pierre en Natasha Burger
Pierre Burger het op Sondag 7 Julie sy afskeidspreek by Caledon-Wes gemeente gelewer. Ringsvoorsitter Marinus Theron van NG Caledon het die Akte van Demissie aan hom oorhandig. Pierre en Natasha was sedert 2016 in die gemeente, en voor dit het hy by NG Noordkus bedien. Die jong egpaar is op pad Nieu-Seeland toe - lees hier hoe Pierre skryf. Seënwense, Pierre en Natasha! 
2. Wellington-Oos verwelkom Bothas
Cornis Botha het van 1 Julie amptelik begin bedien by die NG Gemeente Wellington-Oos. Hy en Elsjé was vantevore op Klawer, waar Cornis sy afskeidspreek op 16 Junie gelewer het. Sy intreepreek en bevestiging by Wellington-Oos is op Sondag 14 Julie 2019 om 09:30. Cornis se eerste gemeente was NG Ventersburg in die Vrystaat. Ons bid alle seën aan die Bothas toe vir die nuwe pad wat hulle saam met Wellington-Oos as gemeente gaan stap. 
Scharnecks
3. Rudolph en Jean-Mari Scharneck verwelkom by Goudini gemeente
Rudolph Scharneck bedien sedert 1 Junie by NG Goudini op Rawsonville. Sy vorige gemeentes sluit in NG Blinkpan en Greytown in KwaZulu-Natal, waar Jean-Mari onder-wyseres was by St David's. Kollega WP du Plessis sal Rudolph se bevestiging hanteer as hy sy intreepreek lewer op Sondag 14 Julie om 09:00. Hartlik welkom in die Kaap aan Rudolph, Jean-Mari en klein Talitha!
Michiel
4. Groote Kerk ontvang Michiel Strauss
Michiel Strauss, voorheen van Parow-Welgelegen en Kuilsrivier gemeentes, word op Sondag 14 Julie om 10:00 in die Groote Kerk bevestig as leraar. Sy intreepreek vind tydens dieselfde erediens plaas. Michiel is na Groote Kerk beroep in 'n vastetermynpos vir een jaar met die opdrag om die gemeente te begelei op 'n pad van dieper luister na God se roeping vir Groote Kerk in die toekoms. Lees hier hoe Michiel in sy aanvaarding van die beroep vir die gemeente laat weet het asook Riaan de Villiers van Groote Kerk se spesiale verwelkoming aan Michiel en sy vrou Bettie. Seën op hierdie fase!
GEBEDSVERSOEK
Gebed
ALGEMEEN
1. Mandela Day - 18 July 
Nelson Mandela International Day was launched in 2009 by the general assembly of the United Nations to recognise Nelson Mandela’s birthday. It was inspired by a call from the former South African president to the next generation to take on the burden of leadership in addressing the world’s social injustices. Mandela Day has since become a global movement to celebrate his life and legacy.
2. Wenke vir 67 minute op Mandela Dag
Jeug- en familiebediening gee hier 'n paar idees wat die jeug of gesinne in jou kerk prakties kan doen om vir 67 minute diensbaar te wees in die kerk, skool of gemeenskap. Daar is 'n magdom aktiwiteite waarby ons kan betrokke raak, van ondersteuning en bemoediging tot bewusmaking, insamelingaksies en hulpverlening.
Click here for more on MES Mandela Day initiatives.
Weltevrede Akkommodasie het verteenwoordigers van Huis Hannah Hopkins en Hospivision genooi nadat hul vroeër vanjaar aan hierdie twee
organisasies donasies gemaak het. Op die foto bo is Johan Vos
(voorsitter van Hannah Hopkins), Madelein van Ryneveld, Nioma
Venter, Christine Quickfall, Heerden van Niekerk, Hennie Heyman,
Alida Groenewald, Johan Booysen en Nelia Botes
.
6. Ramot art competition
Children between the ages of 6-13 can now enter Ramot's Art Against Addiction drawing competition. They are encouraged to draw or paint colourful pictures portraying healthy, happy families and communities. 
Entries are free and can be delivered to the Ramot Treatment Centre at 54 Toner Street, Parow East by Wednesday 17 July.  Great prizes are up for grabs and all the artwork will be displayed during Ramot's Open Day.  For competition rules, visit their Facebook page. 
7. Raakgelees
Gebooie vir sosiale media?

Die meeste mense was al by geleentheid stomgeslaan oor die opmerkings wat gebruikers van sosiale mediaplatforms sonder skaamte - of om oënskynlik hoegenaamd daaroor te dink - daarop kwytraak. Lees hier nege gebooie wat deur die Anglikaanse Kerk voorgestel word vir almal wat op hierdie platforms kommunikeer. Bron: Facebook. 'n Onderhoud met die Aartsbiskop van Canterbury kan hier gesien word. 

PUBLIKASIES
Gemeentekwartaalplan
LiG
2. In LiG se Augustus-uitgawe lees ons…
* hoe Rina Hugo sprankel op 70
* wat om te doen as jy meer as jou man verdien
* raad vir ouers wie se kinders oorsee bly
* tien wenke om dit rustig te vat soos op die platteland
* meer oor Jesus en die vroue in sy lewe
* hoe om jou kind speel-speel 'n taalvaardige voorsprong te gee.
Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za.
3. CLF-pamflette vir alkoholmisbruik
CLF het 'n wye verskeidenheid pamflette oor sosiale kwessies, onder andere ’n hele reeks oor alkoholmisbruik. Hierdie pamflette is beskikbaar in verskeie tale en ideaal vir uitreike in gemeenskappe, projekte in samewerking met ander NWO’s of selfs vir persoonlike kontak met individue. Klik hier vir die lys van pamflette wat oor alkohol handel asook die volledige pamfletkatalogus en bestelvorm. Bestellings kan gestuur word na order@clf.co.za.
Pamflette
EKOLOGIE
1. Damvlakke styg
Goeie nuus vir die Wes-Kaap is dat damvlakke die afgelope week aansienlik gestyg het. Daar word vandeesweek berig dat die gemiddelde vlakke van damme wat water aan die Stad Kaapstad voorsien, tans op 59.6% staan in vergelyking met die 53% in 2018. Volgens ’n verklaring deur die Wes-Kaap Provinsie is die gemiddelde damvlakke vir die provinsie tans op 45.4%. Verbruikers word egter gemaan dat water steeds ’n skaars hulpbron is en waterbesparing ’n permanente oogmerk vir die publiek moet wees.
Klik hier vir meer.
2. Tandeborsels deel van plastiekkrisis
In 'n onlangse artikel in National Geographic word tandeborsels uitgewys as 'n groot sondebok wanneer dit kom by die plastiekkrisis.  Kahi Pacarro, stigter van Sustainable Coastlines Hawaii, het opgemerk dat hulle soms tot 100 tandeborsels tydens skoonmaak-sessies op die strande optel. Tandeborsels word beskou as een van die mees innoverende items van die 20ste eeu, maar word hoofsaaklik uit plastiek vervaardig. Die artikel raai verbruikers aan om te dink aan bamboestandeborsels of om tandeborsels met vervangbare koppe aan te skaf.  Lees meer oor die tandeborselverskynsel hier.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Huis Zonnekus: Gee jou hart-musiekaand 23 Aug
Huis Zonnekus: Gee jou hart-musiekaand 23 Aug. - klik bo
NG Durbanville: Tuinbasaar 14 September 2019
NG Durbanville: Tuinbasaar 14 Sep.
- klik bo
NG Buffeljagsrivier vleisfees 19 Julie 2019
NG Buffeljagsrivier: vleisfees 19 Julie - klik bo
VAKATURES
Kerkbode
1. NG Simondium Familiekerk: Leraarspos
Hierdie gemeente lê in die Paarlvallei, tussen Franschhoek en die Paarl, langs die R45. Die gemeente is 'n klein, maar groeiende geloofs-gemeenskap wat as familiekerk funksioneer. Die kerngroep van die huidige betrokke lidmate is tussen die ouderdom van 30 en 45 jaar. Hier is 'n twee jaar vastetermynleraarspos met die opsie om dit te verleng. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 21 Julie – lees hier verder.
Orrelklawers
2. VGK Malmesbury: Orrelis
Aansoeke word ingewag van toepaslike gekwalifiseerde persone vir die pos van orrelis. Orrelbegeleiding tydens eredienste en ander gemeentelike byeenkomste soos bidure, begrafnisse en troues, word van die betrokke persoon verwag. Stuur aansoeke vergesel van 'n CV aan: Die skriba, VGK Malmesbury, Posbus 1064, Malmesbury, 7299 of via e-pos. Aansoeke sluit 19 Julie. 
Grafika
3. Hugenote Kollege: Rektor
In die lig van die aftrede van die huidige rektor (Desember 2019) word aansoeke ingewag van dinamiese persone om hierdie posisie vanaf Januarie 2020 te vul. Stuur 'n volledige CV so spoedig moontlik aan Joep Joubert by info@hrsa.co.za. Aansoeke sluit 26 Julie 2019 - klik hier om meer te lees.
4. Badisa:  Bestuurder Maatskaplike Dienste
Badisa Bestuursprogram en Badisa Kuilsrivier wag aansoeke in van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone vir die betrekking as BMD.  Aansoeke sluit 24 Julie - sien posbeskrywing en vereistes hier.
TEN LAASTE
Welkom terug na die wintervakansie. Ons hoop julle het 'n lekker wegbreek- of ruskans geniet en is oorgehaal vir die derde kwartaal.
Ons sien nog steeds uit om videogrepe te ontvang oor die werk wat gemeentes in gemeenskappe doen. Die Wes-Kaap is uitgenooi om video's in te dien om tydens die Algemene Sinode se byeenkoms in Oktober vertoon te word en ons sal graag wil wys waarmee ons gemeentes besig is. 
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.