Subscribe to our email list
 19 Augustus 2016

Beste Leser
"This much is certain, that we have no theological right to set any sort of limits to the loving-kindness of God which has appeared in Jesus Christ. Our theological duty is to see and understand it as being still greater than we had seen before."
― Karl Barth
SINODENUUS
1. Kerk en Armoede
Op 15 en 16 Augustus het verskeie van die land se top-ekonome in Sandton met lede van die NG Algemene Sinodale Moderamen (ASM) vergader om te help om perspektief te bied oor ongelykhede, armoede, ekonomiese groei en werk-skepping.
Die gesprek is gevoer binne die raamwerk van die Seisoen van Menswaardigheid, sowel as die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se dokument "The South Africa we Pray for" - en is daarom ook 'n ekumeniese inisiatief. Die blywende vraag is hoe die kerk instrumenteel kan wees om ongelykhede aan te spreek. Lees gerus meer hieroor in e-Kerkbode. (Foto's met dank aan Danie Mouton.)
Ekonome en teoloe
Vlnr om die tafel: Francis Wilson, Renier Koegelenberg, Dawie Klopper, Piet Naudé (gespreksleier), Moeletsi Mbeki, Stan du Plessis en Johan van Zyl.
Regs is Nelis Janse van Rensburg sigbaar.
2. Teologiese Opleiding
'n Missionale Kerk dink wyer oor Bediening en Teologiese Opleiding

'n Missionale kerk dink wyer oor bediening en teologiese opleiding. 'n Missionale kerk is anders en bring verandering.

'n Missionale kerk is 'n kerk wat wil uitreik na alle mense in gemeenskappe en oor landsgrense. Om dit te kan wees het die kerk 'n verskeidenheid van mense nodig om leiding te neem.

'n Missionale kerk het mense nodig wat opgelei word om as spesialisleiers dienswerk te doen in die kerk. Dit sluit jeugwerkers, gemeenskapswerkers, evangeliste, beraders en kerkplanters in. 

Deur die eeue het God mense geroep, en Hy doen dit nog vandag - moet dus nie huiwer om die eerste tree te neem nie.
Deel onderstaande video gerus met matrikulante, enige voornemende student of ander belangstellendes.
Missionale kerk dink wyer oor bediening en teologiese opleiding
3. Bewusmaking van Persone met Gestremdhede - 
Sondag 28 Augustus 2016

Van die kantoor van die NG Algemene Sinode ontvang ons inligting en hulpmiddele met die oog op Sondag 28 Augustus se bewusmaking van persone met gestremdhede.
Hierdie fokus is deel van die Seisoen van Menswaardigheid. Frederick Marais se preekskets wat deur predikante gebruik kan word vir dié geleentheid is hier beskikbaar. Nico Simpson, Bybel-Media se Publikasiehoof, het treffende sketse ontwerp wat gebruik kan word in afkondigings of PowerPoints. Kies enige van drie sketse hier.
Sondag vir Gestremdhede
4. Menswaardige Versorging en Beskerming in fokus
Die kerk kan nie oor die jongste beleidsrigting van die regering oor maatskaplike werk swyg nie. Die Seisoen van Menswaardigheid bring die versorging en beskerming van kinders, armes, bejaardes en gestremdes skerp in die fokus van die kerk. Geregtigheid is hier op die spel. Dit het tyd geword vir ernstige nasionale protes teen 'n beleid en personeel wat God se mense in die steek laat. Só skryf Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, in die jongste Kerkbode. Hiervan behoort ons ernstig kennis te neem. Lees hier.
Badisa-konferensie
Flam logo
6. Flam se Nuwe Baadjie!
Flam se webblad (www.flam.co.za) trek vanaf 1 September ’n nuwe baadjie aan.  Diegene wat solank wil kyk hoe dit gaan lyk,  kan gerus hier klik.  
Daar is ’n paar nuwe nuttige funksies wat selfs die musieklose dominee kan help, soos om aanlyn na die melodielyn van ’n lied te luister.  
Jy hoef glad nie ’n gebruikersnaam of wagwoord te hê nie; jy moet slegs gewapen wees met jou gemeente se MRL-lisensienommer. Jy hoef nie eers in te log nie. Volg bloot tien maklike stappe om steeds die beste Afrikaanse kontemporêre kerkmusiek gratis af te laai. Al die stappe is hier.

Aftrede
7. Merke ... Gereed ... AFTREDE!
Alexander Forbes bied jaarliks gratis aftreebeplanningseminare vir hul lede en gades in die groot sentra aan. Na aanleiding van 'n versoek vanuit die Suid-Kaap om so 'n seminaar in die George-omgewing aan te bied, is hier nou baie goeie nuus! 'n Spesiale aftreebeplanningseminaar word vir 8 September 2016 by Oubaai Hotel in George geskeduleer - kry die program hier. Gades word beslis verwelkom.
Vir navrae, kontak Karen Bezuidenhoud by bezuidenhoudk@aforbes.co.za.
Aneleh Fourie le Roux
8. VBO: Herbevestig Menswaardigheid
Baie mense beleef dat hulle op ʼn manier behandel word wat hulle waardeloos en vertrap laat voel. Hoe kan ons diesulkes help om hul menswaardigheid te herwin? En te voorkom dat mense uitgestoot word?
Kom woon die eendagwerkswinkel oor menswaardigheid by wat op 1 September deur Aneleh Fourie le Roux op Stellenbosch aangebied word, en praat saam oor dinge soos diskriminasie, stereotipering en stigma. Meer inligting hieroor is hier, en ʼn inskrywingsvorm is aangeheg.
9. Kix-skryfspan skryf Strand aan die Brand!
Die KIX skryfspan met verteenwoordigers uit beide die NG Kerk en die VG Kerk, was hierdie week hard aan die werk rondom 2017 se kinderontmoetings. Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie) vertel: “Ons skryf 24 lesse in drie dae by Zikomo in die Strand! Die lesse gaan oor chronologiese verhale in die Nuwe Testament. Elke ontmoeting het ook 'n handwerk aktiwiteit, speletjies en gebedsmoment."
Kix-ontmoetings 2017 kan bestel word by jeug@sun.ac.za en vorige jare se lesse kan gratis afgelaai word by www.kixkinders.co.za.
Kix-skryfspan
Elana Kellerman, Christine van Eyssen, Anriëtte de Ridder, Pauline Matthee, Annatjie Enslin, Frieda Onckers, Veronica Cloete, Elrika Esterhuizen, Sulet van der Bergh
10. Re-Imagine Matriekfees
"Die Jeugkantoor reël soos elke jaar (al vir meer as 40 jaar lank) weer vanjaar ’n skoolverlaterskamp, deesdae die Re-Imagine Matriekfees genoem. Daar sal vanjaar weer een wees op Heroldsbaai en by Noordhoek, en wel van 30 November tot 7 Desember.  Ons vra asb dat gemeentes hulle matrikulante sal aanmoedig om die Matriekfees by te woon en waar moontlik selfs ’n finansiële bydrae te maak om dit vir hulle moontlik te maak. Hulle kan die inskrywingsvorm sommer vir die matrikulante per WhatsApp of e-pos stuur!" So versoek Faani Engelbrecht.
Gemeentes kan gerus oorweeg om te belê in jongmense se oorgangfase na die grootmenswêreld wat na die eindeksamen vir ons kinders wag.
Andre Olivier
11. Namibië handhaaf verband met NG Kerk
Die NG Kerk in Namibië (NGKN) handhaaf voorlopig sy bestaande kerkordelike verband met die Algemene Sinode van die NG Kerk. Dít nadat die NGKN in Maart 'n taakspan aangewys het om te besin oor die toekomstige funksionering van die NGKN.
Die Namibiese kerk wil deel wees van gesprekke oor die toekoms van die verband in die NG Kerk, maar gaan ook voort om sy eie identiteit uit te bou. Lees gerus hoe e-Kerkbode verder hieroor berig.
12. Waardige dame van ons kerkseel
Die kerkseel van die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) wys 'n vrou wat in haar regterhand die Bybel en in haar linkerhand 'n kruis as teken van geloof hou. Sy verpersoonlik die Kerk en die seel in die geheel simboliseer 1 Kor 13 se deugde, nl geloof, hoop en liefde.
Hierdie kerseel het oor die jare klein veranderinge ondergaan, waarskynlik vanaf swak fotostatiese afdrukke en eerste pogings om die seel te skandeer. So het die vrouefiguur bv heelwat gewig verloor en haar rok se snit is ook dikwels gewysig! In opdrag van die moderamen het 'n professionele grafiese kunstenaar onlangs al die elemente in die kerkseel in harmonie gebring, oa die brandende hart, die anker, die seilskip, die dame se glimlag en oog.
Diegene w
at meer oor hierdie geskiedenis wil lees en die "nuwe" seel wil bekyk, kan hier klik. (Met dank aan die Argief.)
Klink of ons sinode hiermee in goeie geselskap is: Die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria (Affies) het ook hierdie week hulle opgeknapte nooientjie bekendgestel.
12.1 Kerkseel sonder die deelteken? 
"Seel is 'n skriftelike bewysstuk, soos 'n doopseel (of 'n kerkseel); seël is bv 'n posseël of 'n figuur/letter wat in was of lak afgedruk is om die egtheid van 'n dokument te waarborg." - Skryf Afrikaans van A tot Z, Pharos, 2011.
Johan de Waal
ALGEMEEN
1. Innige simpatie: ds Johan de Waal
Ons het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van ds Johan (JO) de Waal, wat op 6 Augustus 2016 oorlede is.
In ons sinodale streek was hy in drie gemeentes werksaam saam met sy vrou Betsie, naamlik Hermanus (1964), Laingsburg (1969) en Stellenbosch-Noord (1972-1977). Voor dit en daarna was hy lank in Vrystaatse gemeentes: Kroonheuwel (1956), Bothaville-Noord (1960) en toe weer in Bloemfontein-Wes (1977) en Aandbloem (1994) tot met sy emeritaat. Sy laaste gemeente was nogal 'n unieke opset, in die sin dat dit 'n gemeente uitsluitlik vir senior lidmate was. Die familie het op So 14 Augustus vir hom 'n gedenkdiens op Melkbosstrand gehou. Ds De Waal het sedert emeritaat in Melkbosstrand gewoon en word oorleef deur sy vrou Betsie, vier kinders, Gerhard, Eksteen, Oscar en Marguerite en vyf kleinkinders.
2. Kerkbode Kersfonds - vir ons Kinders!
Met staatsubsidies wat drasties verminder, het instansies soos kinderhuise elke bietjie ondersteuning nodig. In die gees van die Seisoen van Menswaardigheid verdien hierdie saak ons ondersteuning. So kan individue, maar ook gemeentes, bydra tot die versorging van ons mees weerlose kinders.
Om die werk wat die NG Kerk in sy kinderhuise doen, te ondersteun, is Kerkbode se Kersfonds in 1940, net meer as 'n driekwarteeu gelede, in die lewe geroep. Gemeentes kan asseblief oorweeg om iewers 'n geleentheid te skep om die Kerkbode Kersfonds met 'n spesiale kollekte of ander projek te ondersteun. 

Die volledige bankbesonderhede van die fonds is hier. Lees ook hier meer. Oorweeg gerus om die onderstaande skets in kommunikasie hieroor te gebruik. (Dankie aan Nico Simpson van Bybel-Media.)
Kerkbode Kersfonds
3. Twintig Kwessies vir die Kerk?
Dit is soms goed om terug te staan en bestekopname te doen. Ook van die kerk, die gemeente en elkeen se rol daarin.  
In 2002 het die Ministry Today-tydskrif sy 20ste verjaardag gevier. In pas daarmee is ’n artikel deur Stephen Strang gepubliseer waarin hy 20 van die dringendste kwessies waarvoor die kerk te staan kom, aandui. Sommige hiervan is bekend – soos rassisme, leierskap en die rol van vroue in die kerk. Dalk is dit interessant om te sien watter van die sake wat hy noem, vandag in ons eie konteks steeds ons aandag vra. En hoe sal so ’n lys lyk as dit jy was wat dit in 2016 moes opstel?
Godsdienste
4. Teologiese verskille tussen Christene en Moslems
"Do Christians and Muslims serve a different God? Duane Liftin says it's not about a different God, it's about a different Jesus:
The decisive issue between Islam and Christianity is, quite simply, the gospel - the Bible’s account of what God has done, is doing, and will yet do through his Son to redeem his creation. It is this 'good news' story of the Creator’s eternal, Son-centered plan of redemption that reveals to us who our Creator truly is. This gospel story is the watershed issue that exposes the dramatic difference between Islam and Christianity. It is not until this difference is grasped that the question of what Christianity and Islam may or may not hold in common can even be addressed." Hieroor berig Danie Mouton in Oos-Kaapland se Grens.Pos. Belangstellendes kan hier verder lees. (Dankie, Danie.)
Parowvallei-Oos: dopelinge
GEMEENTENUUS
1. NG Parowvallei-Oos
1.1 2 Sondae, 2 dope, 2 seuntjies

Vanuit die NG Gemeente Parowvallei-Oos (waar dope redelik skaars is) stuur kollega Theo Swart spesiale nuus. Parowvallei-Oos het twee besondere opeenvolgende Doopsondae gehad. Op die foto langsaan is Theo Swart saam met Marichen Faro met Jonah en Mari Smith en Johan.
Die foto is geneem tydens die tweede geleentheid op 14 Augustus met Johan se doop. K
lik hier om meer te lees oor hierdie op-en-wakker gemeente.
1.2 Care Coffee Corner
Parowvallei-Oos het op Maandag 15 Augustus saam met Wayde 'n wêreldrekord laat spat! Hulle het vroegoggend 145 koppies warm drinkgoed (143 koffie en 2 tee) aan verbygangers op pad werk toe uitgedeel - teenoor 85 die vorige keer. Die beskuit was hierdie keer te min en hulle was aangenaam verras dat daar op die Maandag soveel mense was. Dankie vir julle praktiese uitleef van missionaliteit!
Coffee Care Corner met skoliere
Theo Swart gesels met 2 skoliere
Coffee Care Corner Werker
'n Werker kry koffie by Theo
Coffee Care Corner Lidmate
Op-en-wakker koffiemakers van Parowvallei-Oos staan reg!
Manie Groenewald
2. NG Melkbosstrand: Kleingroepopleiding:
Moreleta se Manie  Groenewald 

Ds Manie Groenewald van NG Moreleta Park (Pretoria) besoek Melkbosstrand oor die naweek van 16 – 18 September om deur informele opleiding kleingroepleiers en lede toe te rus vir hulle taak in gemeentes.     
Almal word vriendelik uitgenooi om saam met Melkbosstrand se kleingroepleiers en lede hierdie gratis opleiding mee te maak. Dit vind plaas op Sa 17 Sep van 09:00 - 15:30 in Melkbosstrand se grootsaal (hoek van Otto du Plessis en 11 de Laan). 
Kontak Barbara Rheeder by 081 354 2914 of Christell Brand by 082 445 5668 om bywoning te bevestig.
3. Beeld van vernuwende missionale kerk vol diversiteit!
So lyk die aanbiddingspan van Parowvallei-gemeente! Riaan Britz (leraar, in die middel op die foto onderaan) saam met aanbiddingsleiers Beverlyn Martin (regs) en Chen Ssu-Wei (links). Chen Ssu-Wei, wat begeleier en voorsanger by die gemeente is, gaan vir die volgende ses maande 'n lofprysingskursus by die Christian Church in Taipei bywoon.
Die gemeente is in De Villiersstraat 39, Parowvallei, met dienste om 09:30 op Sondae en almal is baie welkom!
NG Parowvallei Aanbiddingsgroep
Durbanville-Bergsig: logo
4. NG Durbanville-Bergsig: Berading en Bevryding
Van Durbanville-Bergsig ontvang ons die versoek om inligting oor hierdie kursus oor berading, geestelike aanvalle en oorlogvoering bekend te maak.
Dit is van 26-28 Augustus en word by die kerk deur Pieter en Helene Theron aangebied. Lees hier meer.
 
Die kokke kook!
5. Worcester-Vallei Kook steeds!
In VrydagNuus van 17 Junie het ons berig van 65 kokke van vroeëkind-ontwikkeling
-crèches in die Worcester-distrik wat kook- en voedselopleiding ontvang het.
Die kursus is deur die Nasionale Instituut vir Dowes, die Grapevine Forum, die plaaslike Departement vir Maatskaplike werk en NG Gemeente Worcester-Vallei aangebied. Lg het ook die kursus befonds. Op 10 Augustus het nog 44 kokke opleiding by Worcester-Vallei ontvang. Dis goed om te hoor hoe gemeentes help om personeel wat 'n kernrol vervul om jong magies (en breintjies!) te voed, onderrig en verryk. 
Heidekoppie Huweliksverrykingkursus
Delmas-leraars (Kerkbode)
7. Delmas: onblusbare boodskap
"Elf gemeentes van sewe verskillende denominasies span vanjaar weer saam om Delmas se vierde vierjaarlikse musiekblyspel op die planke te bring.
Volgens Elna Schoeman, lidmaat van die NG Gemeente Delmas-Wes (Hoëveld Sinode) is daar 86 akteurs en nog sowat 40 mense agter die skerms wat werk om die produksie Onblusbaar van 18 tot 26 September by Delmas-Wes op te voer." Vier NG gemeentes neem vanjaar deel, nl Delmas Moedergemeente, Delmas-Wes, Sundra en Leandra. Lees meer in e-Kerkbode. (Foto met erkenning aan e-Kerkbode)

Twitter Facebook YouTube
PREDIKANTENUUS
NG Vredenburg-Akkerdyk ontvang Konette Louw
Ons is saam met Konette Louw dankbaar en opgewonde oor haar beroep na die NG Gemeente Vredenburg-Akkerdyk. Konette word op So 21 Augustus om 09:30 met handeoplegging in die bediening bevestig.
Haar aanstelling in 'n tweejaar kontrakpos vorm deel van die Kuratorium se internskapprogram. Meer inligting oor hierdie program is in hierdie video beskikbaar. Konette, ons wens jou (en Pierre) hope vreugde en seën in die nuwe fase toe!
Pierre en Konette Louw
Pierre en Konette Louw, met Rebecca die skaaphond en Asterix die jackrussell. Paulus, die golden retriever, is nie deel van die gesinsfoto nie
Kuratorium? Seminarium?
Die Kuratorium is die liggaam wat omsien na die teologiese opleiding van studente. Die Fakulteit Teologie - in samewerking met die Kuratorium - behartig die akademiese opleiding, terwyl die Seminarium, as subkommissie van die Kuratorium, verantwoordelikheid vir die bedieningsontwikkeling van studente aanvaar.
Groen September
EKOLOGIE
1. September: Bewus van die Skepping
Gedurende September word die Seisoen van die Skepping op allerlei maniere in geloofsgemeenskappe wêreldwyd gevier.
Die NG Gemeente Stellenberg vier die Seisoen van die Skepping met spesiale dienste en aktiwiteite. Dit sluit rommel-opruiming van die Kuilsrivier, natuuruitstappies, 'n tuinprojek, voëlkyk saam met 'n kundige gids en die plantetafel van die nou reeds bekende Kweek vir die Here-span in. As deel van hierdie fokus op die skepping, word groen houtharte aan gesinne uitgedeel om sigbaar voor lidmate se huise aan te bring.
Belangstellendes in die Durbanville-omgewing kan hier klik om deel te neem aan die Groen September-projek in die gemeente.
Kosmors
2. Franse Wetgewing teen Kosmors
Vroeër vanjaar het Frankryk die eerste land geword waar dit onwettig is vir supermarkte om kos weg te gooi in die mate wat dit in die verlede gedoen is. Volgens die nuwe wet word supermarkte gedwing om orige kos, of kos wat na aan die vervaldatum is, aan liefdadigheidsorganisasies of voedselbanke te skenk. Dit beteken dat honderdduisende meer maaltye uitgedeel kan word aan mense wat dit nodig het. Lees gerus wat The Guardian verder skryf ...
In Suid-Afrika is hongeriges 'n algemene gesig, met talle skole wat deur voedingskemas broodnodige maaltye voorsien. Alhoewel daar jaarliks wêreldwyd genoeg voedsel geproduseer word sodat almal genoeg behoort te hê om te eet, is daar talle faktore wat veroorsaak dat duisende mense sterf van honger. Sub-Sahara Afrika is die streek in die wêreld met die grootste voorkoms van hongersnood, met een uit elke vier mense wat ondervoed is.
Kan ons kerke ook in Suider-Afrika tov volhoubare voedselvoorsiening 'n rol speel?
CLF-nuwe logo
NUUSBRIEWE
CLF-nuus

Van die Christelike Lektuurfonds (CLF) ontvang ons 'n terugblik op hulle viering van vrou-wees by die Grand Roche amfiteater in die Paarl, sowel as die prestige geleentheid waar hulle nuwe handelsmerk op 10 Augustus 2016 in Wellington bekendgestel het. Jy is Vrou! is ten bate van die "1 miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek" aangebied. Klik hier om verder te lees.
PUBLIKASIES
1. Bybel-Media: Twee Bybelkor-publikasies
Die Bybel praat vandag 4: God se droom vir die lewe
Hierdie bundel is die vierde publikasie in ʼn reeks preekhulpe. Die tema van die preke in hierdie bundel is die Tien Gebooie. 
Kleurgebede oor hoop ... Gebede uit Psalm 23
'n Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente.

Psalm 23 is die hoop-psalm. Met gebed en kleur nooi Kleurgebede oor hoop jou om ʼn oomblik stil te staan by die hoop wat God gee. 
Inligting, navrae en diens: skakel 0860 26 33 42 of bestel by bestel@bmedia.co.za.
God se droom vir die lewe Kleurgebede oor hoop
2. Kerkbode - Kerknuus sedert 1849
Lees in die Kerkbode van 19 Augustus:
• oor dramaprojekte in Bloemfontein en Delmas waarin dit oor veel meer as drama gaan, 
• oor ’n koffiewinkel in Port Elizabeth waar daar nou kerk gehou word, 
• oor die gemeenskap van Pniël wat vreemdelinge met gasvryheid ontvang, 

• oor ouerliefde wat ‘n kind met Down-sindroom laat blom en 
• oor ’n gangster en dwelmsmous wat ’n evangelis geword het.  
Teken in op e-Kerkbode by www.kerkbode.co.za en ontvang elke uitgawe, propvol aktuele kerknuus en verhale van hoop, gratis per e-pos of lees dit hier
KUIERKANS
Klik onder vir nuus oor markte en feeste! Hou ook die sinode se Facebook dop. 
1. NG Stellenbosch-Welgelegen Musiekkonsert
Stellenbosch-Welgelegen bied op Sondag 28 Augustus 2016 'n musiekkonsert aan ten bate van Jamestown Sounds, een van die gemeente se gemeenskapsprojekte.
Hierdie projek maak weeklikse musiekonderrig aan kinders uit 'n agtergeblewe gemeenskap moontlik. Die konsert begin 16:00 en word in samewerking met Cape Consort aangebied - lees die program hier.   Kaartjies is te koop by die deure.  Ondersteun gerus!
NG Wellington-Oos en Middelburg Wildsfees
Wellington-Oos
26-27 Augustus 2016
NG Wynberg Braaifees
Wynberg 187 Jaar!
24 September 2016
NG Philadelphia Basaar
Philadelphia
2 September 2016
Teekoppie
5. NG Gemeente Graafwater: Vroue-oggend
Graafwater hou op Saterdag 27 Augustus 2016 om 10:00 'n vroue-oggend. Die gasspreker is Otto Kingsley van die Vereniging van Melaatses.
Kaartjies is beskikbaar teen R50,00 per persoon, verversings ingesluit. Navrae: Sonja Huisamen by 027 422 1413.
NG George Wildsvleisfees
Moedergemeente George
27 Augustus 2016
Unashamedly Ethical Musiekkonsert Brackenfell-Wes
Brackenfell-Wes
16 September 2016
Jan de Wet
Toringkerk
21 Augustus - 09:30
9. VGKSA Gholfdag
Ons herinner alle gholfspelers aan die VGKSA se gholfdag op Donderdag, 15 September by Kuilsrivier Gholfklub.  Dié dag vind plaas ter ondersteuning van die beursfonds vir die opleiding van VGKSA teologiese studente. Kry die inskrywingsvorm hier, en meer inligting vanaf dr Natie Philander (van die VGKSA Kuratorium) in sy aangehegte brief.
 
NG Monte Vista Basaar
NG Monte Vista
3 September 2016
NG Worcester-Noord Fees van Kleur
NG Worcester-Noord
15 Oktober 2016
Basaar
12. NG Gemeente Kraaifontein-Noord: Basaar
Kraaifontein-Noord hou op Saterdag 3 September basaar by Laerskool Fanie Theron in Bosmanstraat Kraaifontein. Die basaar open 09:00. Alles wat jy by 'n basaar soek, sal daar wees!! Daar gaan weer perdjies vir die kinders wees, asook 'n vertoning deur die trompoppies. Vir meer inligting kontak Alta 021 988 3384 of 021 988 1830.
NG Kenridge Vroueoggend
NG Laingsburg: kerkgebou
VAKATURES
NG Gemeente Laingsburg: Leraarspos

Onthou asseblief van die NG Gemeente Laingsburg se leraarspos. Laingsburg is in die Karoo geleë tussen Worcester en Beaufort-Wes met die N1-snelweg wat deur die dorp loop. Dis 'n plattelandse dorp met 'n uitgestrekte boerderygemeenskap.
Meer oor die leraarsprofiel, vergoeding en aansoekproses is hier. Aansoeke sluit 7 September.  
Kerkbode 19 Aug 2016
Vakatures op e-Kerkbode
Inligting oor vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Klik hier vir die jongste inligting.

Derick Lambrechts
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Derick Lambrechts
Dit bly 'n voorreg om in die platteland, na aan die aarde en intens bewus van natuurritmes, te woon en werk. Dit help my om iets van die lewe saam met God te verstaan. Met God stagneer my lewe nie net in een seisoen nie. 
Nou, wintertyd, is die stil appelboorde kaal. Barre takke - 'n tyd van rus en herstel. Die koue laat die boom juis goed rus. 
Dan breek lentebloeisels uit die ruwe take. Blare volg. Dié nuwe lewe raak 'n mens. Jaar na jaar is dit 'n verrassing, telkens 'n emosionele opgewondenheid. Fees van nuwe lewe en borrelende energie. 
Somertyd breek aan. Vrugtetyd. Oestyd. Tyd van ontvang en jubelende dankbaarheid vir die afgelope jaar. 
Dan kom herfs ... 'n Tyd waar kleure jou verras om elke draai. Tyd van afgooi en gereedmaak vir die winter. 
Bo alles weet jy: die een seisoen volg die ander. 
Dis goed om te weet dat ons lewe ook bestaan uit opeenvolgende seisoene. Ons sukkel soms om die lewe so te sien, dalk omdat ons die Onderhouer van die seisoene nie genoeg vertrou dat elke seisoen deel van sy lewensritme vir ons is nie? Matt 6: 25-24.  
* * *
Derick Lambrechts het sy bediening in 1989 in Caledon begin. Sedert 2011 is hy predikant in die NG Gemeente Grabouw. As voorsitter van die Sinodale Taakspan Diensverhoudinge lewer hy waardevolle insette. Kontak Derick per e-pos by derickl@telkomsa.net.
Stirring the stars - Arnold van der Westhuizen
"Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: 'Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.' Verder sê die Here vir hom: 'So baie sal jou nageslag wees.' Abram het toe in die Here geglo ..." (Gen 15:5-6)

(Met dank aan fotograaf Arnold van der Westhuizen)
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za