|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Erediens: Sondag 8 September 2024
Romeine 8:20-22 | God se Skeppergees
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (4)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
| |
Deur: Ds. Johan Visser
Van die begin af is verstaan dat die kruisiging van Christus en sy plaasvervangende dood vir die sondes van die wêreld die hart van die evangelie is. Paulus sê in 1 Korintiërs dat die boodskap van die kruis wel onsin is vir dié wat verlore gaan, maar vir dié wat gered word, is dit die krag van God. Dit is vir hulle die krag van God, omdat dit nie net die herstel van hul verhouding met God bewerk nie, maar omdat dit ook ’n veranderende krag in hulle lewens word. Lees meer . . .
| |
Inspirasie vir skeppende herwinning
| |
Kom luister Woensdagaand 11 September om 18:30 in die markplein na Johan Coetzee van Zerocrete se kreatiewe en skeppende idees rakende herwinning. Kyk gerus na die video hier bo vir meer agtergrond oor die entoesiastiese man met ’n passie vir herwinning. Hy is besig om ’n huis met ten volle herwinbare materiaal te bou. Kom luister gerus na die innoverende en skeppende spreker vir inspirasie. Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za. Toegang is gratis.
| |
Dankie Sutherland vir die lekker saamkuier
| |
Die kuier saam met Sutherland-gemeente was eersteklas en ons gaan beslis volgende jaar weer so maak. Die 37 Sutherlanders wat aan die kontreikuier deelgeneem het, kon nie uitgepraat raak oor die gasvryheid wat hulle hier in Stellenberg ervaar het nie. Die vars skaapvleis het binne die eerste 40 minute uitverkoop en voorraad vir volgende jaar se kuier sal beslis aangepas word.
| |
Graad 7's word na ’n unieke roetemerker-geleentheid uitgenooi
Graad 7’s word uitgenooi na ’n besondere roetemerkergeleentheid op Sondag 13 Oktober om 09:00 en 18:00. Die graadgoep word tydens die familiediens gegroet en by die aanddiens verwelkom. Registreer vir die byeenkomste deur die AANLYN VORM te voltooi. Jy moet asseblief vooraf registreer om aan die geleentheid se verrigtinge te kan deelneen.
| |
Seisoen van skepping – Ons plant ’n boom
| |
Op Sondag 1 September, die amptelike lentedag, het ds. Johan Visser en al die kerkgangers van die familiediens saam ’n boom op die kerkterrein geplant. Die boom simboliseer nuwe lewe wat ons juis tydens die seisoen van skepping vier. Die doop van twee babas tydens die oggenddienste was 'n verdere hoogtepunt om die aanvang van die nuwe seisoen en die koms van nuwe lewe te vier.
| |
Seniors vier die lente en die skepping
| |
Senior lidmate het die seniorweek en die lente sommer dubbel en dwars gevier deur die Weskus Nasionale Park op Maandag 2 September te besoek en op Dinsdag 3 September het hulle vir die pikkewynkolonie by Boulders-strand gaan kuier. Die heerlike verrigtinge is met 'n lekker koppie boeretroos in Simonstad afgesluit. Dit is ’n gawe van God om die skepping te geniet en te waardeer, maar as gelowiges is ons deesdae in besonder bewus van die verantwoordelikheid wat ons het om die skepping te bewaar en onderhou.
| |
V E R L I G
Dit is weer tyd vir ’n aand vol musiek, wyn, en lekker gesprekke oor geloof. Bring 'n piekniekmandjie en goeie geselskap, ons voorsien die wyn. Kom skep kuns saam met ons.
Almal bo 18 jaar oud, is baie welkom.
Sien jou Vrydag 13 September om 18:30 in die kleinsaal.
| |
Meer oor die gemeente se geldsake . . .
| |
Ons wil graag voortaan op ’n maandelikse basis terugvoer oor die gemeente se geldsake gee en is dankbaar dat ons die stand van die gemeente se geldsake met vrymoedigheid met lidmate kan deel. Jaco Potgieter, voorsitter van die finansiële kommissie, verskaf ’n opsomming van die gemeente se inkomste vanaf 1 Maart tot einde Julie 2024 met behulp van bostaande grafiek.
Kollekte tydens eredienste en dankoffers bly steeds die gemeente se grootste bron van inkomste. Ons is dankbaar dat die bankkollektes R60 000 bo die begrote bedrag beloop, maar wel bekommerd oor die maandelikse bydraes wat R150 000 onder die begrote bedrag beloop. In die lig daarvan doen ons ’n beroep op lidmate om ’n bydrae tot die gemeente se bedrywighede te oorweeg. Jy kan jou bydrae op enige van die volgende wyses gee:
| |
Die omgeetrust bied ’n veiling aan op Woensdag 18 September om 18:30 in die kleinsaal. Koste: R250 per persoon wat ’n ete en wynproe insluit.
Die Stellenberg Omgeetrust is ‘n niewinsgewende trust, gestig deur lidmate van die Stellenberg-gemeente met die primêre doelwit om fondse vir liefdadigheidsprojekte waarby die gemeente ook betrokke is, in te samel. Die trust fokus spesifiek op dienste aan:
- Hawelose en weeskinders
- Arm en behoeftige senior burgers
- Voorskoolse kinders Lees meer . . .
| |
Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson. Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar, so bespreek jou plek so gou deur die aanlyn vorm te voltooi. Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.
| |
Familiediens benodig musikanteDie familiediens benodig kitaarspelers, instrumentaliste en volwasse sangers om in rotasie by die familiediens se musiekbediening betrokke te raak. Kontak asseblief vir Riëtte 076 6379 671 indien jy belangstel.
| |
Annibrand
Senior-staptog
Ons stap die Boesmanskloof-tweedag-staproete vanaf 20-22 September.
Die roete word as "medium" op die fiksheidskaal beskou. Ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Die staptog is 'n pelgrimstog waartydens jy meer oor jouself sal leer en nader aan God en die natuur sal kom. Daar is beperkte plek, so skryf nou in! Ouers is welkom om saam met hul tieners te kom stap!
Inskrywings sluit 16 September. KLIK HIER vir aanlyn inskrywings.
| |
VoorbiddingIndien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, stuur die versoek asseblief aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons dink tans aan:
- Ben Feinauer (heupvervanging).
- Maryke Brand (voetoperasie).
| |
Stellenberg Terapiesentrum bied aan
| |
BreigroepDie breigroep ontmoet weer op Maandag 9 September om 09:30 in die markplein. Bring jou breiwerk saam. Nuwe lede is baie welkom.
| |
Finansiële bydraes
Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Verwer: James Bam is ’n ervare verwer. Kontak hom by 084 995 9896/021 955 0366. Kontak Fritz Olivier 021 913 7636 as verwysing.
| |
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig?
Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145
Ons dienste sluit die volgende in: Lees meer . . .
| |
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.
Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand. Lees meer . . .
| |
|
|
|
|
|