navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 7 April 2024


Johannes 20: 11-18 | Die son kom elke dag op
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie    
 

Doop Sondag 7 April

Tydens die oggenddiens
- Heinrich en Daneel Badenhorst laat doop vir Leah Badenhorst.
- Greg en Monique Winzer laat doop vir Kristopher Jean-Luc Winzer.
- Claudia Swanepoel laat doop vir Blake Swanepoel.

Dit is nou Paastyd

Volgens die kerklike jaar is ons tans in die Paastyd wat deur Pinkster gevolg word.  Ons kwartaaltema is Nader aan mekaar en die leesroostertekste sal tydens eredienste gevolg word.
Ons is dankbaar vir ’n baie geseënde Paasnaweek wat met ’n verskeidenheid eredienste en nagmaalgeleenthede deur ds. René Potgieter en ds. Philipp Dietmann aangebied is.  Die voorportaal is met spesiale dekor in gebedstasies, waardeur Jesus se lyding en ook sy lydensweg uitgebeeld is, omskep.  Kerkgangers getuig dat dit vir hulle ’n geesvervullende ervaring was.
Pinkster volg na Paastyd en sal vanaf 12 tot 17 Mei aangebied word.  Die Pinksterreeks begin op Sondagaand 12 Mei om 18:00 met ’n Pinksterdiens in die kerk en Kinderpinkster in die kleinsaal.  Vanaf 13 tot 16 Mei word die Aandpinksterdienste, asook kinderpinkster om 18:30 in onderskeidelik die kerk en kleinsaal aangebied.  Oggendpinkster is vanaf 13 tot 17 Mei om 10:00 in die kerk.

Gemeentebraai:

Vrydag 5 April

Kom sluit op  Vrydagaand 5 April vanaf 18:30 by ons gesellige gemeentebraai in die markplein aan.  Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaai, bord, eetgerei en glas saam.  Ons voorsien die kole en lekker geselskap. 

Feesmark-aansoeke

Aansoeke vir 2024 se feesmark is nou oop en sluit op Dinsdag 30 April 2024.  Besoek www.stellenberg.co.za om aanlyn aansoek te doen.  Slegs aanlyn aansoeke word aanvaar.

.

Jong volwassenes waag hulle kwaste aan kruiskuns

Jong volwasse lidmate het die vorige kwartaal met ’n skoot kuns en musiek afgesluit.  Die groep het saam geskilder en tussen deur ’n glasie wyn en kitaarklanke geniet en mekaar beter leer ken.  Met behulp van kruiskuns kon die groep reflekteer oor Psalm 23 en ook op ’n skeppende wyse uiting gee oor wat die Psalm en Lydenstyd vir elkeen beteken.  Daar is verskeie omgeegroepe vir jong volwasse lidmate in die gemeente.  Indien jy graag meer daarvan wil weet, of selfs oorweeg om by so 'n groep in te skakel,  kontak gerus vir ds. Marius Schoombie (083 635 1523) of Mia van der Merwe (082 713 9999).

Baie geluk, Johan


Ons is trots op ds. Johan Visser wat onlangs tot die beheerliggaam van Laerskool Eversdal verkies is. 
Ons bid Johan seën toe op die nuwe rol en verantwoordelikheid en is seker dat hy sy  unieke leierskapstyl ook tot groot voordeel van die leerders, personeel en ouers betrokke by Laerskool Eversdal, sal aanwend.

Hulp aan senior lidmate

Indien jy bereid is om hulp aan seniors in die gemeente te verleen, woon asseblief die gesamentlike byeenkoms op Donderdag 11 April om 18:30 in die saalkompleks van die kerk by.  Ons sal die bediening en die praktiese funksionering van die ondersteuningsdienste daar bespreek.  Kontak asseblief vir ds. Marius Breytenbach (082 376 6053) indien jy betrokke wil raak, maar nie die geleentheid kan bywoon nie.

Jeugkamp | 26 tot 28 April

Die jeugkamp word een keer per jaar saam met die jongmense van Klipheuwel aangebied.
Dit is 'n geleentheid om nuwe vriende te maak, by mekaar te leer, saam te lag en saam in geloof te groei. Alle graad 8-12's word uitgenooi om in te skryf.
Klik HIER vir die aanlyn inskrywingsvorm. 

Kospojekinsameling

Gee asb. bydraes van niebederfbare produkte voor 23 April by die kerkkantoor af, of laat in die voorportaal van die kerk.  Finansiële bydraes kan ook gemaak word d.m.v. die SnapScan-toepassing of elektroniese oorbetalings. Gebruik "kosprojek" as verwysing. Die gemeente se kosprojek ondersteun verskeie gesinne wat finansiële nood en gepaardgaande voedselnood beleef.

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark beoog om vanjaar nog meer stalletjies as in die verlede aan te bied.  Gebruik die geleentheid om klere, juwele, huisraad, dekor-items, speelgoed, gereedskap, ens. wat in onbruik verval het, in kontant om te skakel.
Die volgende uitstalruimtes is beskikbaar:
  • R250 per tafel (180x90))
  • R400 twee tafels (360x90)
  • R500 vloerspasie (300x300)
Kosstalletjies: Teen R500 per tafel kan jy enige etes, lekkernye, koffie, ens. verkoop.
Klik HIER om die aanlyn vorm te voltooi en jou uitstalruimte te bespreek.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

VatVyf-program


17 April om 10:00: 
Optrede deur Piet Smit, bekende sanger.  Kaartjies teen R100 te koop voor 15 April by Charlotte (kerkkantoor-ontvangs).  

Bevestiging van kerkraadslede

Anneke Fourie (ouderling) en Jonathan Mitchell (diaken) word vanoggend tydens die familiediens as kerkraadslede bevestig. Baie geluk, ons bid julle elkeen seën toe op die nuwe rol wat julle in die gemeente gaan vertolk.

Hettie Brittz: Boekbekendstelling

5 Mei 19:00

Hettie Brittz kom gesels op Sondagaand 5 Mei om 19:00 oor haar bekende boek, Kweek kinders met karakter.  Die boek word heruitgegee en bied ’n nuwe aanslag en voorkoms. 
Kom luister gerus na haar praktiese raad rakende die opvoeding van kinders volgens hulle eie persoonlikhede en karaktereienskappe.

Spesiale hemelvaartdiens


Op Donderdagaand 9 Mei om 19:00 sal Neil Büchner die Hemelvaartdiens in die kerk met sang en Skrif lei.  Dié erediens is ’n inleiding tot die Pinksterreeks wat op Sondag 12 Mei om 18:00 in die kerk begin. 
Neem asb. kennis dat die Aandpinksterdienste asook Kinderpinkster vanjaar om 18:00 op Sondag 12 Mei begin en daarna vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in onderskeidelik die kerk en die kleinsaal aangebied word.  Oggendpinkster is vanaf 13 tot 17 Mei om 10:00 in die kerk.  



Die wyn. Die vrou. Die lied 

26 Julie 2024

Dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep, sluit ook ’n ete en ’n wynproe saam met Beyers Truter in.  Teken die datum solank in jou dagboek aan.  Kaartjies sal eersdaags by die kerkkantoor te koop wees.

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 8 April om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Verhuring van lokale


Die kerk se sale, markplein en kafeteria-area is te huur vir privaat funksies.  Kontak gerus vir Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za vir meer inligting rakende beskikbaarheid en tariewe.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.
- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projek toesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Sonstraal-gemeente bied ’n gesprek oor gender en seksualiteit aan

Hiermee ’n uitnodiging na ’n werkswinkel oor Gender & Sekualiteit - ’n oop gesprek met ouers, familie, onderwysers en leiers wat op  21 April om 18:00 tot 20:00 by Sonstraal-gemeente aangebied word. ’n Aanddiens word gelyklopend met die werkswinkel aangebied.
Die agtergrond vir die aanbieding van dié werkswinkel kan HIER afgelaai en gelees word.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.