GEMEENTEBULLETIN

 10 tot 17 November 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 12 November 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Matteus 13:1-9 | Grondpadgeloof

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (1)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Mia van der Merwe

           
       Annibrand Junior en Senior
Kleuterkerk om 09:00 in die koffiewinkeltuin.           
Graad 1 tot 6 in die kerk
Graad 7 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.  
Deuroffer 
Christelike Polisievereniging
Tiendemaandinsameling 2023
Rakende ons tiendemaandinsameling deel ons graag inligting oor ons bronne van inkomste. Ons gemeente se werksaamhede word grootliks deur lidmate se maandelikse dankofferbydraes, Sondae se bankkollektes en die jaarlikse tiendemaandbydraes gefinansier. 
Oor die afgelope jare is alle kerke genoodsaak om hulle inkomste met markverwante bedrywighede aan te vul.  Voorheen kon ons uitsluitlik op bydraes van lidmate staatmaak.  Die verskuiwing is egter nie op sigself negatief nie, aangesien kerke daardeur op innoverende wyse die breë gemeenskap betrek en bedien.  In ons eie gemeente geskied dit deur die verhuring van ons lokale, die verhuring van spreekkamers aan terapeute by die terapiesentrum, asook die verhuring van die koffiewinkelperseel. Die feesmark, wat ’n inisiatief was om mense met klein besighede te ondersteun, dra ook tot ’n persentasie van dié inkomste by. In geheel maak dié inisiatiewe ’n derde van ons totale inkomste uit.
Ons is dus steeds van lidmate afhanklik om die res aan te vul en is dankbaar vir elke lidmaat in ons gemeente wat toegewyd daartoe bydra.
Neem asb. een van die tiendemaand koeverte in die voorportaal en plant gerus die saadjies van die Kaapse gousblom (binne-in die koevert) in jou tuin as herinnering van God se sorg in ons lewens.
Jy en jou gesin word hartlik uitgenooi na die gemeente se jaarlikse Kerssangdiens om 19:00 in die kerk.

Feesmark 2023

Ons is opreg dankbaar vir die oorweldigende ondersteuning wat die feesmark weer vanjaar geniet het.  Die mark se omset het met 17%  teenoor verlede jaar verbeter.  Die getal besoekers was soortgelyk aan vorige jare.  Die afdelings wat die beste gevaar het, was deli-produkte wat die eerste plek inneem met kinderspeelgoed en juwele wat ook goeie verkope getoon het.  Groot dank aan die feesmarkkomitee, die organiseerders en personeel wat lang ure gewerk het om die groot projek suksesvol aan te bied.

Lofprysingsaand | 29 November 19:00

Die mannebediening neem weer inisiatief om ’n lofprysingsaand aan te bied.  Alle gesinslede – vrouens, kinders en vriende – word uitgenooi om die aand met lofprysing en aanbidding deur te bring. 
Iets te ete word vanaf 18:00 bedien.  Kontak asb. vir Charlotte by charlotte@stellenberg.co.za of  021 976 45 19 om aan te dui hoeveel mense die geleentheid gaan bywoon.  Toegang is gratis.

’n Koepon vir haweloses

Ons wil graag MES se feestydprojek ondersteun.  Hulle streef daarna om hawelose mense van ’n ete en slaapplek in die feestyd te voorsien.

Koop asb. ’n MES-koepon teen R50 by die kerkkantoor of op Sondag 19 en 26 Nov. by die teetuin.  Kontant, EFT of SnapScan word aanvaar.


Graad 8-kamp | 12 tot 14 Jan. 2024

Ons nooi alle graad 8's van 2024, asook leiers, om in te skryf vir die gemeente se jaarlikse graad 8-kamp wat ons graad 8's help om ’n gemaklike oorgang na die onbekendheid van hoërskool te maak.  

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 by ons omgeegroep vir vroue aan.  Kontak vir ds. René Potgieter by 079 893 8104 om meer oor die groep te wete te kom.

VatVyf-byeenkomste in die vierde kwartaal

Ons nooi alle senior lidmate na die volgende byeenkomste:

15 November: ’n Bootrit in die Kaapse Waterfront op die Spirit of  Victoria.  Koste R150 per persoon.  Die bootrit is reeds vol bespreek.

29 November: Kersete om 12:00 in die kleinsaal teen R100 per persoon.   Bespreek by Charlotte, kerkkantoor.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom evaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste: R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,                             charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.


Bybelskool | Opvolgkursus oor die Babiloniese ballingskap


Die kursus is ook aanlyn op die gemeente se YouTube-kanaal of www.stellenberg.co.za.  In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie.  Die Bybelskool het verlede Maandag begin, maar jy kan steeds inskakel.
Datums: Maandag 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za.
Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek. 

Vakature by Stellenberg-gemeente

Die pos vir ’n ontvangsdame is beskikbaar. Die pos behels algemene ontvangs en kantooradministrasie.  Rekenaarvaardigheid is ’n vereiste.  Werksure is vanaf 08:00 tot 14:00 en die pos is vanaf 8 Januarie 2024 beskikbaar. Stuur aansoek met ’n volledige CV na  charlotte@stellenberg.co.za.  Aansoeke sluit 24 November 2023. 
Navrae:  Charlotte by 021 976 4519. 

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen.  ’n Biduurbyeenkoms om 09:15 in die gebedskamer langs die kapel word voor die  Bybelstudie aangebied.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasiedienste deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 

In die omgewing . . .

  • Edelweiss Dienssentrum se waglys vir opnames is oop.  Rig asb. aansoeke per e-pos aan mev. A. Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za.
Subscribe to our email list.