navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens: Sondag 28 Julie 2024


Matteus 14:13-21 | Gee julle vir hulle

 Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

Klouterkerk | Sondag 4 Augustus

Ds. Philipp Dietmann nooi alle ouers met kinders van drie jaar oud en jonger om op Sondag 4 Augustus vanaf 09:00 tot 09:30 by ons klouterkerkbyeenkoms in die kafeteria aan te sluit.  Dit is ’n informele byeenkoms waar kinders en ouers gemaklik en ontspanne saam kan wees en ons die geleentheid gebruik om met mekaar oor ons geloof te gesels.  Die kaggel sal aangesteek word en na die byeenkoms kuier ons saam oor ’n koppie tee en ligte versnaperinge.  Geen voorafbesprekings is nodig nie.

So lyk die gemeente na die pandemie


Deur: Ds. Marius Breytenbach

Tydens die Covid-19-pandemie het ons die gemeente se 50ste bestaansjaar gevier. Die pandemie het ons gemeente voor nuwe uitdagings en geleenthede te staan gebring. Hiermee saam het daar groot verwisseling in die predikantespan plaasgevind met die aftrede van twee predikante en die verwelkoming van twee nuwe kollegas. Die kerkraad is tans besig om oor dié afgelope paar jaar te besin, en om dit te onderskei van hoe die Here die gemeente in die afgelope jaar gevorm het en hoe ons huidige omstandighede ons roep en stuur om met ’n verskil in die wêreld te leef. Lees meer . . .

LIGREISIGERS! 'n Kamp vir graad 4's en 5's.  Kom hoor hoe jy jou lig helder in die wêreld kan laat skyn deur Jesus se voorbeeld te volg.

Wanneer:  Vrydag 2 Augustus, vanaf Vrydag 17:00 tot  21:30.

Waar:  Stellenberg-gemeente se salekompleks  Koste: R100 per kind vir pizzas, nagereg en kunsmateriaal.

Inskrywings sluit: Woensdag 31 Julie 2024 om 12:00, sodat ons betyds pizzas kan bestel.  Klik HIER om aanlyn in te skryf.

Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente | 30 Aug. 16:00


Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon.  Die fondsinsameling word ten bate van NG kerk Sutherland aangebied.

Te koop:

- Braaivleis, boereworsrolle, roosterkoeke met vulsels, pannekoek en poeding.

- ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produte, gebak en handwerkitems aanbied.  

 - Vars skaapvleis, maar ongelukkig geen bestellings nie.

Help asb. met die volgende:

- Lidmate wat pannekoek kan rol, behulpsaam kan wees met verkope en kasregisters kan beman, word benodig.  Kontak asb. vir Christine Ferreira 083 440 2086/ christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.

- Ons het ook mense nodig wat poedings sal maak en skenk.  Laat weet asseblief vir Christine Ferreira 083 440 2086/christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.


Stellenberg Bybelskool

Na afloop van die Paas- en Pinksterfeeste vier ons Koninkrykstyd waartydens ons fokus verskuif na die maniere waarop God in ons hede heers en regeer.  In die baie bekende Onse Vader-gebed leer Jesus ons bid: "laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel".  Dit is nie net ’n gebed waarin ons ons vertroue vir die hede en toekoms in die hande van God plaas nie, maar ook 'n gebed wat ons prakties tot gehoorsaamheid wil lei. In die volgende Bybelskoolkursus gaan ons hierdie gedagte verder verken. Wat sou dit beteken om ons vir die koninkryk van God te beywer soos wat Jesus ons in Matteus 6:33 versoek? 

Datum: Maandag 12,19, 26 Augustus asook 2 en 9 September 2024.

Inskrywings: Skakel die kerkkantoor by 021 976 4519 of e-pos Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za om plek te bespreek.

Tyd en plek: 19:00 tot 20:30 in die kerkgebou.

Koste: R40 donasie vir 'n gedrukte handleiding.

Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach.

Uitreik na Namibië

Ons gemeente is finansieel betrokke by Degnos in Namibië wat wonderlike werk onder die Khoisan-mense doen. Ons beplan ’n uitreik na Mangetti Duin, naby Tsumke in die noorde van Namibië om meer oor Degnos se werk te wete te kom.

Datums:  27 Junie tot 7 Julie 2025

’n Inligtingsaand word op 12 Augustus 2024 om 18:30 in die kafeteria aangebied vir belangstellendes, of kontak asb ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za.


Winterhulp – help asseblief

Baie dankie aan elkeen wat gereeld op verskeie maniere ons hande versterk om ander te help.  Danksy dié bydraes kon ons tydens die afgelope week se stormweer warm klere en komberse aan mense in geteisterde areas uitdeel, kos versprei en vir mense ’n koppie warm sop aanbied. Die nood is veral in die wintermaande baie groot en ons sal enige verdere bydraes van klere, komberse of bevrore sop baie waardeer.  Kontantbydraes vir ons Noot-vir-noodfonds is ook welkom.  EFT-bydraes na ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005. Gebruik “winterhulp” as verwysing.  Kontak gerus vir ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za met enige navrae.

’n Gedagte vir die dag . . .

Indien jy nog nie vertroud is met die daaglikse dagstukke wat ons gemeenteleraars met lidmate deel nie, besoek gerus ons webwerf en klik op die gedagte-vir-die-dag-blokkie.  Leraars deel elke dag ’n kort dagstukkie in die vorm van ’n stemboodskap waarna ’n mens kan luister, of ’n geskrewe deel wat gelees kan word.  Jy kan ook by ons WhatsApp-groep aansluit deur die onderstaande QR-kode te skandeer sodat jy die YouTube-skakel vir die stemboodskap daagliks op jou selfoon kan ontvang.  

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Gemeentebraai | 2 Aug 18:30

Op Vrydagaand 2 Augustus om 18:30 wy ons die derde kwartaal in met ons maandelikse gemeentebraai in die markplein.  Bring jou eie vleis, slaai, drinkgoed, bord, glas en eetgerei.  Ons voorsien die kole.

Stellenberg-Terapiesentrum | Omgee, hoop, leiding

By die Stellenberg Terapiesentrum, geleë op die terrein van die NG kerk Stellenberg, bied ons ’n omvattende benadering tot kinderontwikkeling en gesinsbegeleiding. Ons doel is om elke kind en hul gesin te ondersteun met ’n multidissiplinêre span wat spesialiseer in verskeie aspekte van terapie en opvoeding.

Ons multidissiplinêre span en dienste:

Maria Eatery

Maria Eatery spog met ’n splinternuwe spyskaart met sakpaspryse.  Die restaurant is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 16:00 oop en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00, maar is op Sondae gesluit.  Laai gerus die spyskaart HIER af met verskeie opsies vir ontbyt wat heeldag bedien word, asook ander ligte en bekostigbare etes. 

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 5 Augustus om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir Dolf du Pisani wat siek is.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Gebruik die skakel om aanlyn in te skryf:

https://forms.gle/eSWd9fYtCy6pPxpCA

Gebruik die skakel om aanlyn in te skryf:

https://forms.gle/itR8pawEYMz6bZj57
NG kerk Welgemoed bied aan ’n Kunskafee met praktiese werksessies. Geen voorafervaring is nodig nie.  Alle materiaal is by die koste ingesluit en jy kan jou kunswerk na afloop van die klas huis toe neem.
27 Aug. 09:00 - 12:00: Mosaïek (R700)

28 Aug. 09:00 - 12:00 Skilder (R450)

29 Aug. 09:00 - 12:00 Terapeutiese kuns (R400). 
Kaartjies beskikbaar by NG kerk Welgemoed se kerkkantoor.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Vakature vir ’n besigheidsanalis: Route management het ’n vakature vir ’n besigheidsanalis.  Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai.  Navrae: Pieter Vorster - pieterv@ctn.henred.co.za  (079 8700 151).

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Karringmelk- en All-Bran-karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies teen R65 elk.  Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby NG kerk Bellville Uitsig.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  
Vlieënier soek werk: Kontak Jaco by 079 607 7997.  Hy het Frozen ATPL-opleiding en voldoende vliegure.
Woonstel gesoek:  ’n Jong dame met ’n verlamde kat soek dringend 'n eenslaapkamerwoonstel om vanaf 1 Augustus te huur.  Kontak asseblief vir Elsabe Botha by 084 547 1134 indien u verblyf beskikbaar het.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.

Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand.  Lees meer . . .
Stuur 'n WhatsApp na Mishani Coetzee by 079 425 1711 om meer besonderhede rakende pryse en verskillende kategorieë te bekom.
Subscribe to our email list.