navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 14 April 2024


Johannes 15:1-8 | ’n  Vrugdraende gemeente

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Blokdiens om 09:00 in die grootsaal | Ds. Visser

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie    
 

Kospojekinsameling

Gee asb. bydraes van niebederfbare produkte voor 23 April by die kerkkantoor af, of laat in die voorportaal van die kerk.  Finansiële bydraes kan ook gemaak word d.m.v. die SnapScan-toepassing of elektroniese oorbetalings. Gebruik "kosprojek" as verwysing. Die gemeente se kosprojek ondersteun verskeie gesinne wat finansiële nood en gepaardgaande voedselnood beleef.

Feesmark-aansoeke

Aansoeke vir 2024 se feesmark is nou oop en sluit op Dinsdag 30 April 2024.  Besoek www.stellenberg.co.za om aanlyn aansoek te doen.  Slegs aanlyn aansoeke word aanvaar.

.

Dirmü verlaat die kerkraad na meer as twintig jaar

“Ek weet nie presies hoe lank ek op die kerkraad gedien het nie,” sê Dirmü Gouws.  “Ek kan wel onthou my kinders was nog klein toe ek bevestig is en Marius Breytenbach het vir my gesê ek was al op die kerkraad toe hy twintig jaar gelede by Stellenberg-gemeente begin het – so dit moet meer as twintig jaar wees.  

Ons groet vir Gideon en verwelkom vir Dean

Dit is met groot spyt dat ons vir Gideon Murray (foto links), baie talentvolle musikant en klankman, moet groet.  Diegene wat die oggenddiens gereeld bywoon, sou Sondagoggende vir Gideon op sy pos in die klankkamer voor 'n groot klankbord met baie liggies en knoppies gesien het.


Alhoewel Gideon nie meer die klankaanbieding op Sondae tydens die oggend- en aanddienste sal behartig nie, sal hy steeds indien sy program dit toelaat, by begrafnisse behulpsaam wees en in ’n adviserende hoedanigheid raad gee met die instandhouding van die gemeente se klank- en beeldtoerusting.
Ons sal Gideon se ervaring en talente baie mis, asook sy kalm en innemende persoonlikheid en wens hom baie seën en voorspoed met sy nuwe loopbaan toe.
Dean van Schoor (foto regs) sal voortaan die oggenddiens se klank- en beeldaanbiedings behartig.  Ons is baie dankbaar dat Dean bereid is om in dié spreekwoordelike warm stoel te sit.  Hy is boonop ’n voltydse student en besig met sy finale jaar in BCom. Ons wens hom baie sterkte met die groot taak toe.  

Opgewek want Hy is opgewek!

Deur: Ds. Schalk van Wyk
Ons het Paasfees gevier, maar die ou wêreld met sy ellendes, oorloë en korrupsie is nog hier. Dit is tog wel ʼn bietjie neerdrukkend, of hoe? Enige mens wat nie verward is oor ons wêreld nie, verstaan dalk net nie wat aangaan nie, of dalk is dit andersom: diegene wat nie verward is nie, is juis dié wat die beste verstaan omdat hulle die onsienlike gesien het.

Belydenisaflegging Sondagaand

Ons is verheug oor die groot groep jongmense wat Sondag tydens die oggend- en aanddienste hulle geloof voor die gemeente gaan bely.  Ons is opgewonde om hulle as belydende lidmate van Stellenberg-gemeente te verwelkom. 
Verlede naweek is ’n belydeniskamp vir die graad 12's wat beoog om vanjaar belydenis van geloof af te lê, aangebied en die groep het ook Dinsdagaand ’n spesiale nagmaalgeleentheid saam met hulle ouers in die kerk bygewoon.
Klik HIER om die volledige naamlys vir die belydenisaflegging te bekyk.

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark beoog om vanjaar nog meer stalletjies as in die verlede aan te bied.  Gebruik die geleentheid om klere, juwele, huisraad, dekor-items, speelgoed, gereedskap, ens. wat in onbruik verval het, in kontant om te skakel.
Die volgende uitstalruimtes is beskikbaar:
  • R250 per tafel (180x90))
  • R400 twee tafels (360x90)
  • R500 vloerspasie (300x300)
Kosstalletjies: Teen R500 per tafel kan jy enige etes, lekkernye, koffie, ens. verkoop.
Klik HIER om die aanlyn vorm te voltooi en jou uitstalruimte te bespreek.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

VatVyf-program

Piet Smit se optrede is weens onvoorsiene omstandighede geskuif na 24 Julie om 10:00.  Indien die nuwe datum jou nie pas nie en jy reeds ’n kaartjie gekoop het, kan jy Charlotte by die kerkkantoor kontak om jou geld te verhaal.  Rig navrae aan ds. René Potgieter. 

17 April om 10:00


Dr. Heini Brand, oudskoolhoof van Laerskool Eversdal, lewer op 17 April om 10:00 ’n praatjie in die kafeteria.
Onderwerp: Die wetenskap van geluk.
Bevestig asb. bywoning telefonies (021 976 4519) by Charlotte.

Hettie Brittz: Boekbekendstelling

5 Mei 19:00
Hettie Brittz kom gesels op Sondagaand 5 Mei om 19:00 oor haar bekende boek, Kweek kinders met karakter.  Die boek word heruitgegee en bied ’n nuwe aanslag en voorkoms. 
Kom luister gerus na haar praktiese raad rakende die opvoeding van kinders volgens hulle eie persoonlikhede en karaktereienskappe. Kaartjies @ R25 per persoon op Quicket te koop.

Spesiale hemelvaartdiens


Op Donderdagaand 9 Mei om 19:00 sal Neil Büchner die Hemelvaartdiens in die kerk met sang en Skrif lei.  Dié erediens is ’n inleiding tot die Pinksterreeks wat op Sondag 12 Mei om 18:00 in die kerk begin. 
Neem asb. kennis dat die Aandpinksterdienste asook Kinderpinkster vanjaar om 18:00 op Sondag 12 Mei begin en daarna vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in onderskeidelik die kerk en die kleinsaal aangebied word.  Oggendpinkster is vanaf 13 tot 17 Mei om 10:00 in die kerk.  



Pinksterreeks | 12 tot 17 Mei

  • Prediker: Ds. Marius Schoombie
  • Die Pinksterreeks begin Sondagaand 12 Mei om 18:00 in die kerk met Kinderpinkster om 18:00 in die kleinaal.
  • Aandpinkster en Kinderpinkster word vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in onderskeidelik die kerk en kleinsaal aangebied.  Sop word na die Aandpinksterdienste bedien.
  • Oggendpinkster is vanaf 13 tot 17 Mei in die kerk.  Die vorige aand se Pinksterdiens sal tydens Oggendpinkster vertoon word.  Tee word na die diens bedien.

Die wyn. Die vrou. Die lied 

26 Julie 2024

Dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep, sluit ook ’n ete en ’n wynproe saam met Beyers Truter in.  Teken die datum solank in jou dagboek aan.  Kaartjies sal eersdaags by die kerkkantoor te koop wees.

Met leedwese

Ons neem afskeid van Cornelius Johannes (Nelus) Kriek (27/12/1928 - 05/04/2024).   Hy was sedert 2013 ’n meelewende lidmaat van die gemeente en ook ’n inwoner van Edelweiss.  Ons opregte meegevoel met sy drie dogters en nege kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens:  Donderdag 18 April 14:30 by Edelweiss.

Rekenaaroperateurs benodig

Hoërskool leerders of studente wat teen vergoeding tydens eredienste as rekenaaroperateurs kan optree, word benodig.  Jy moet vanaf 08:00 tot 10:00 Sondagoggende die diensbeurt waarneem en vanaf 16:00 tot 19:00 by die aanddiens.  Stuur ’n WhatsApp met jou naam en nommer na 081 045 2428 indien jy belangstel.    

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.
- Kamer te huur in Eversdal. ’n Gemeubileerde kamer met badkamer en veilige parkering, geskik vir ’n enkelpersoon, is te huur teen R3 900 per maand.  Dit sluit water en elektrisiteit in.  Kontak Helene van Niekerk by 072 373 2539.
- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Sonstraal-gemeente bied ’n gesprek oor gender en seksualiteit aan

Hiermee ’n uitnodiging na ’n werkswinkel oor Gender & Sekualiteit - ’n oop gesprek met ouers, familie, onderwysers en leiers wat op  21 April om 18:00 tot 20:00 by Sonstraal-gemeente aangebied word. ’n Aanddiens word gelyklopend met die werkswinkel aangebied.
Die agtergrond vir die aanbieding van dié werkswinkel kan HIER afgelaai en gelees word.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.