navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens Sondag 19 Oktober 2025

Genesis 37 | Josef en sy drome

Oggenddiens met graad 7-roetemerkergeleentheid
09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (2)

Familiediens skakel by die oggenddiens in.

Kleuterkerk 09:00 in die komiteekamer.

Meditatiewe diens
09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens
18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

Kategese
Annibrand Junior (alle graadgroepe): kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

Annibrand Senior: verdeel ná die aanddiens in kleingroepe.
Teetuin
Besoek gerus die teetuin met gratis tee en koffie in die tuin voor die kerkgebou na afloop van die oggenddiens. Cappuccinos sal in die Maria restaurant se tuin te koop wees.

Deuroffer

Stellenbergkosprojek: Is een van die gemeente se oudste projekte wat oor etlike jare heen die voedselnood van gesinne en individue in nood help verlig.

Yippie – dis feesmarktyd!

📅 Woensdag 22 Oktober – Saterdag 8 November 2025

🛍️ Inkopietye: 
  • Maandag tot Vrydag: 10:00 – 20:00
  • Saterdag: 09:00 – 18:00
  • Gesluit op Sondae

    🎟️ Toegang: Gratis

    🚗 Parkering: Gratis

    ♿ Rolstoelvriendelik

    🍽️ Restaurant en teetuin bedien heerlike etes met interessante nuwe toevoegings op die spyskaart. Koffie, tee en versnaperinge sal ook te koop wees.

    💳 Kaartfasiliteite.  Neem asseblief kennis dat kontantbetalings nie meer in die restauranttent aanvaar word nie – slegs kaartaankope word toegelaat.

    📩 Navrae: feesmark@stellenberg.co.za
     

Kerkraadbenoemings

Ons doen ’n beroep op lidmate om geskikte kandidate vir die kerkraad te nomineer.
Ons kort tans drie ouderlinge en een diaken.  Die diaken sal ook as voorsitter van die getuieniskommissie dien.

Stuur asseblief die naam en kontakbesonderhede van iemand wat jy graag vir een van bogenoemde rolle wil nomineer, na
anneke@stellenberg.co.za.

Op pad – my reis na dissipelskap


Deur: Fanie Buys

Ek is gebore in 'n Christenhuis met ouers wat gedoen het wat sou verwag word van die redelike Christenouer – ons saam kerk toe geneem, kinderkrans toe gestuur,  Sondagskool  laat bywoon en dan is ons ook aangeneem en voorgestel. Ek was onder andere by die CSV  by ons skool betrokke en het CSV-kampe bygewoon. So, die voetwerk was sekerlik voldoende, of hoe? Lees meer . . .

Stellenberg Bybelskool


Van Jerusalem tot Nicea – die merkwaardige storie van die vroeë kerk

Wat beteken dit wanneer ons saam bely: “Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk”?
Wat was die Here se bedoeling met die kerk — en met ons deelname daaraan saam met ’n diverse groep mense?

In hierdie vyfweke Bybelskoolkursus ontdek ons die merkwaardige verhaal van die eerste 300 jaar van die kerk. Ons reis begin by die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag in Jerusalem, en eindig by die geloofsbelydenis wat in 325 n.C. in Nicea geformuleer is.

Hierdie kursus sluit aan by ons laaste gemeentewaarde vir die jaar: Om voortdurend te vernuwe. Die geskiedenis van die kerk is die verhaal van hoe die Heilige Gees gelowiges, te midde van groot uitdagings en nuwe geleenthede, voortdurend van binne verander het om lewens van betekenis te leef.

📖 Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
📅 Datums: 4, 11, 18, 25 November en 2 Desember 2025
🕢 Tyd: 18:30 - 20:00
📍 Plek: Stellenberg-kerkgebou
💰 Koste: R30-donasie (handleiding)
📞 Inskrywings: Charlotte – ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519

Die kerk en kleinsaal kry nuwe dakke

Kerkgangers kan getuig dat rondstaande emmers wat onder daklekke in die kerk en saalkompleks geplaas is,  vir die afgelope tien tot vyftien jaar ’n baie bekende verskynsel tydens wintermaande geword het.  Lekplekke het oor die jare heen al meer geword, wat die eiendomskommissie genoodsaak het om met die hulp van Deon Maree, terreinbestuurder, dakkenners te kontrakteer wat die kerk en saalkompleks se dakke kon herstel.  


Die dak bokant die saalgedeelte van die kerk, asook die galery s'n, word tans vervang en teen Saterdag sal die nuwe plate gelê wees.  Dan volg die waterdigtingsproses wat ongeveer twee weke sal duur.  Op 17 November word dieselfde proses op die  kleinsaal se dak herhaal.  Die markplein en grootsaal se dakke is reeds herstel. Ons het alle vertroue dat die belegging  vrugte sal afwerp en dat ons volgende winter nie ’n enkele daklek in die kerk of saalkompleks sal gewaar nie.

VatVyf-program


Woensdag 29 Oktober 2025 | 10:00
Kuier by die Feesmark
Kom kuier saam by die feesmark! Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is, en ons geniet ’n heerlike oggend saam.
’n Tafel sal vir VatVyf-groep bespreek word.  Geen besprekings nodig nie – kom kuier net!
Woensdag 26 November 2025 | 10:00 | Kleinsaal
Kersfeeskonsert met Elizabeth en Francois Fourie
Kom vier die feestelikheid van Kersfees saam met musiek, kos en geselligheid.
💰 Koste: R100 per persoon
📅 Bespreek en betaal teen 21 November 2025 by Charlotte by kerkkantoorontvangs.
📧 ontvangs@stellenberg.co.za | ☎️ 021 976 4519 | WhatsApp 081 045 2428                                      

Die gemeentekamp se datum is op versoek verskuif na 5 tot 7 Desember.  Daar is 11 staanplekke in die pragtige Goudmyn-kampeerterrein beskikbaar teen R1 450 per staanplek vir die naweek, met maksimum ses mense en twee voertuie.

Bespreek jou plek aanlyn met die onderstaande skakel of kontak Madeleine by maddyleine@gmail.com

Bespreek kampeerplek

Graad 8-kamp 2026


9 tot 11 Januarie 2026
Inskrywings is nou oop!  Leiers en graad 8's kan aanlyn inskryf deur op die onderstaande skakels te klik.
Inskrywings sluit op 26 November om 12:00.
Inskrywings vir graad 8's
Inskrywings vir leiers

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Vakature | Pastorale bediening by Edelweiss ACVV-dienssentrum


Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir pastorale bediening by Edelweiss ACVV-dienssentrum.  Die geskikte kandidaat moet ’n goeie slag met senior persone hê en hulle belange op die hart dra, oor ’n teologiese kwalifikasie beskik en ook bereid wees om op die gemeente se kerkraad te dien. Pligte behels die volgende:  Aanbied van eredienste en nagmaal vir die inwoners in Edelweiss, siekebesoeke, pastorale sorg, die lei van begrafnisse en skakeling met die personeel van Edelweiss. 

Stuur asseblief jou CV en aansoekbrief aan Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za voor 7 November 2025.                 
Navrae: ds. René Potgieter by 079 893 8104. 

Elektroniese afval

Die houer waarin elektroniese afval geplaas kon word, is verwyder.  Ons versoek dus dat lidmate nie meer elektroniese afval by die kerkkantoor afgee nie.  Dankie vir almal se samewerking in die verband.

Breigroep

Ons brei Maandag 3 November om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum, a.g.v. die feesmark wat in die markplein aangebied word.   

In ons omgewing . . .


EDELWEISS ACVV DIENSSENTRUM het ’n vakature vir ’n geregistreerde verpleegkundige.  Kontak assseblief vir Suzelle Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za om die volledige posbeskrywing te bekom.  Sluitingsdatum is 7 November en diensaanvaarding 1 Maart 2026.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

- Huis in Stellenberg/Eversdal:  Ons gesin is op soek na ’n drie-/vierslaapkamerhuis om in die Stellenberg-/Stellenridge-/Eversdal-area te koop. Kontak asseblief vir Maryke by 072 222 9233/maryke22@gmail.com indien jy 'n huis het om te verkoop.
- Stellenbeertjies-dagsorg: Vir babas tot tweejariges. Kontak Minette 069 179 5279.  
- Werksgeleentheid beskikbaar as ’n voertuigbestuurder:  Die geskikte kandidaat moet oor ’n PDP-rybewys beskik, of geskik wees om vir een aansoek te doen en moet naby of in Stellenberg woonagtig wees.  Stuur ’n WhatsApp met jou naam, van, adres en verkorte CV na 082 045 3019.
- Tuisversorgingsdiens:  Ek voorsien 'n inwonende diens aan eensame bejaardes wat ondersteuning benodig.  Dienste sluit die voorbereiding van maaltye, aankope, ligte skoonmaakdiens en vervoer na afsprake (indien die persoon 'n voertuig het).  Geen persone met demensie en Alzheimer se siekte nie.  WhatsApp gerus vir Helma Zeelie by 082 326 6660.

Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!

📍 51 Amandelweg, Eversdal  manager@eversdalortho.co.za

Subscribe to our email list.