navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Eredienste: Sondag 15  September  2024

N a g m a a l
Romeine 8:22-25 |  Eerstelinge van hoop

  Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (1,2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach

Die Nagmaal

Deur: Ds. Johan Visser

Die nagmaal is ’n sakrament wat dien as ’n sigbare teken van God se genade. Dit herinner ons  aan Christus se lyding, sterwe en opstanding. Lees meer . . .

Gemeentevergadering | Dinsdag 15 Oktober

Stellenberg-gemeente het tydens die tweede kwartaal aan die NCLS-ondersoek deelgeneem deurdat lidmate tydens ’n erediens die vraelys voltooi het.  

Hierdie vraelys het ons gehelp om die stem van die gemeente te hoor. Julle deelname aan die vraelys word baie waardeer en het waardevolle inligting rakende tendense in die gemeente belig.  Om die terugvoer van die vraelyste  te sien, klik HIER.  
Die kerkraad en die strategiekommissie het die data wat uit die ondersoek bekom is, bespreek en wil graag saam met die res van die gemeente gereeld en onderskeidend na God se leiding luister.

In die lig hiervan nooi ons jou graag uit na ’n gemeentevergadering waartydens die  predikantespan kortliks terugvoer oor die vraelyste sal bied en ook vrae sal beantwoord.  Die vergadering is Dinsdag 15 Oktober 2024 om 18:30 in die kerk. Bevestig asb. jou teenwoordigheid teen 14 Oktober by Charlotte  ontvangs@stellenberg.co.za

Verkope deur Zerocrete


Johan Coetzee van Zerocrete, wat Woensdagaand met lidmate oor kreatiewe vorme van herwinning gesels het, is Sondagoggend na die eredienste in die markplein beskikbaar waar hy ook  items wat deur Zerocrete vervaardig word, sal verkoop.  Maak gerus ’n draaitjie.

Die raaisel!

Deur: Ds. Schalk van Wyk

Dis ʼn raaisel! Dit laat ons die kopkrap, frons, die onderlip kou. Niemand kan dit haarfyn uitpluis nie, maar die Bybel getuig daaroor en as ons skerp na ons eie paadjie met God kyk moet ons saam met die Bybel getuig: Dit is nie ons wat gekies het om met God te wandel nie, Dit is God wat gekies het. Ons paadjie met God het in die hart van God begin voor ons nog gebore is; om die waarheid te sê, laaaaank voor ons gebore is.  Lees meer . . .

Graad 7's word na ’n unieke roetemerker-geleentheid uitgenooi


Graad 7’s word uitgenooi na ’n besondere roetemerkergeleentheid op Sondag 13 Oktober om 09:00 en 18:00.  Die graadgroep word tydens die familiediens gegroet en by die aanddiens verwelkom. Registreer vir die byeenkomste deur die AANLYN VORM te voltooi.  Jy moet asseblief vooraf registreer om aan die geleentheid se verrigtinge te kan deelneen.    

V E R L I G


Dit is weer tyd vir ’n aand vol musiek, wyn, en lekker gesprekke oor geloof.  Bring 'n piekniekmandjie en goeie geselskap, ons voorsien die wyn.  Kom skep kuns saam met ons.
Almal bo 18 jaar oud is baie welkom.
Sien jou Vrydag 13 September om 18:30 in die kleinsaal.
Bespreek jou plek by ds. Marius Schoombie 083 635 1523 of schoombie@stellenberg.co.za.

Omgeetrustveiling

Die omgeetrust bied ’n veiling aan op Woensdag 18 September om 18:30 in die kleinsaal.  Koste: R250 per persoon wat ’n ete en wynproe insluit.

 Spreker: Danie Steytler van Kaapzicht Wynlandgoed.  Besprekings: ontvangs@stellenberg.co.za  
Die Stellenberg Omgeetrust is ‘n niewinsgewende trust, gestig deur lidmate van die Stellenberg-gemeente met die primêre doelwit om fondse vir liefdadigheidsprojekte waarby die gemeente ook betrokke is, in te samel. Die trust fokus spesifiek op dienste aan:

- Hawelose en weeskinders
- Arm en behoeftige senior burgers
- Voorskoolse kinders 
Lees meer . . .

VatVyf-byeenkomste in Oktober


Woensdag 2 Oktober 2024 om 10:00

Anneke Fourie, ’n fisioterapeut, kom gesels met ons oor die uitdagings wat die verlies van balans veroorsaak en wat ’n mens kan doen om te verhoed dat jy maklik val.  Die praatjie is gratis.

Bespreek asb. by Charlotte (kerkkantoor se ontvangs 021 976 4519).

Woensdag 30 Oktober om 10:00

Kuier by die feesmark. Ons ontmoet mekaar om 10:00 in die feesmark se kostent.  Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is en ons kuier heerlik saam.  Geen besprekings is nodig nie.

Kosprojekinsameling

Weens die langnaweek in September is die kosprojekinsameling dié maand op Dinsdag 17 September.  Let asseblief daarop dat die insameling vir September en Oktober sal wees, aangesien daar nie tydens die feesmark ruimte beskikbaar is om die kospakkies te verpak nie.  Gee asb. bydraes van niebederfbare kos soos hier onder gelys by die kerkkantoor af, of laat dit in die voorportaal van die kerk.

Nieberfbare produkte vir die kosprojek: suiker, bruismeel, hawermout, mieliemeel, spaghetti, macaroni, twee-minuut-noedels, soppoeier, rys, tee, langlewe-melk, olie, konfyt, grondboontjiebotter, sout, Ricoffy en soja maalvleis.  Blikkies geroomde mielies, baked beans, gemengde groente, tamatie-en-uie-mengsel,  Weense worsies, boeliebief, en "pilchards" word ook benodig.

Gesamentelike dienste tydens die vierde kwartaal

Neem asseblief kennis dat die familiediens vanaf 13 Oktober vir die duur van die hele vierde kwartaal by die oggenddiens inskakel.  Ons is opgewonde oor die geleentheid om almal saam as gemeenskap van gelowiges in die huis van die Here byeen te kom.  Die meditatiewe diens word steeds in die kapel aangebied.  Kategese gaan soos gewoonlik voort. 
Die gemeente-kafeteria gaan in die koffiewinkel se perseel aangebied word.  Die koffiewinkel sal gesluit wees.
Tydens die vierde kwartaal fokus ons op die gemeentewaarde Om voortdurend te venuwe.  Die gemeente se tiendemaandinsameling vind dan ook plaas. 

’n Vinnige rondte bingo sorg vir spangees

Die personeelgroep het Woensdagmiddag vinnig drie rondtes bingo saamgespeel.  Die gelukspel het vir groot vermaak, opwinding en samehorigheid gesorg.  Die gelukkige wenners was Cano Langhtrey, ’n terreinwerker (foto middel), Adele van Wyk, kassiere (foto regs) en Brenda Visser, kinderwerker.     

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember 

Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar, so bespreek jou plek so gou deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Familiediens benodig musikante

Die familiediens benodig kitaarspelers, instrumentaliste en volwasse sangers om in rotasie by die familiediens se musiekbediening betrokke te raak.  Kontak asseblief vir Riëtte 076 6379 671 indien jy belangstel.

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 7  Oktober om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .


- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Tikwerk: Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Verwer: James Bam is ’n ervare verwer.  Kontak hom by 084 995 9896/021 955 0366.  Kontak Fritz Olivier 021 913 7636 as verwysing.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.

Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand.  Lees meer . . .
Subscribe to our email list.