navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 9 Februarie 2025
Psalm 121:  Oor die grense van ons persoonlike uitdagings

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (2) 

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn  | Dr. Louw

Klouterkerk om 09:00 in die restauranttuin | Ds. Dietmann

Kleuterkerkbyeenkoms in die grootsaal om 09:00 | Brenda Visser

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn  | Ds. Schoombie

Kleuter- en Klouterkerk op 9 Feb. 09:00

KLEUTERKERK (kinders 4 tot 6 jaar oud): Gesinne met kinders tussen 4 tot 6 jaar oud word uitgenooi na die kleuterkerkbyeenkoms op Sondag 9 Februarie om 09:00 in die grootsaal.  Kom ontmoet ons kinderwerker, Brenda Visser en ander ouers met kinders in dieselfde ouderdomsgroep. Dit is 'n kort byeenkoms met genoeg tyd vir saamkuier.
KLOUTERKERK (babas tot 3-jariges): Gesinne met babas en kinders tot en met drie jaar oud word uitgenooi na die kwartaallikse klouterkerkbyeenkoms in die Maria- restaurant se tuin op Sondag 9 Februarie om 09:00. Bring 'n piekniekkombers saam. Dit is 'n kort byeenkoms geskik vir woelwaters en genoeg tyd vir saamkuier.
Sondagoggend se teetuin en kafeteria
Ons nooi jou hartlik om uit om na die oggenddienste in ons teetuin, op die grasperk voor die kerk, gratis tee en koffie te geniet en saam met ander lidmate te kuier.  In ons kafeteria is heerlike koek(R25) melktert (R20), vetkoekies (R25) en kolwyntjies (R15), asook cappuccino’s(R35), tee (R10), koffie (R15) en koeldranke te koop.

Groentetuine in Klipheuwel staan geil

Klipheuwel se groentetuinprojek, onder leiding van Shiloh, en waarby Stellenberg-gemeente tydens die tiendemaandinsameling betrokke geraak het, is goed op dreef.  “Die inwoners van Klipheuwel het nie grond om hulle huise nie, die meeste woon in plakkershutte met baie min ruimte om die strukture,” sê Schalk Burger, verteenwoordiger van Shiloh.  Lees meer . . .

Stellenberg Omgeetrust besef gebed alleen is nie genoeg nie

Derick van der Merwe, lid van Stellenberg se Omgeetrust, sê toe hy een oggend tydens ’n besoek aan die trust se huis in Ruyterwacht ’n gesprek met een van die  inwoners, ’n bejaarde vrou wat in daardie stadium in die Wendyhuis op die huis se erf gewoon het,  begin voer het, het sy hart met die aanhoor van haar verhaal in stukkies gebreek.  Lees meer . . .

’n Gebed | Rustig by God

(of bult-af soos DIE varkE)
Deur: Ds. Schalk van Wyk

Woorde van mense om ons:

Die navorsingsgroep graceandprayers.com het na ʼn meningspeiling berig dat die meeste Christene minder as ʼn minuut op ʼn keer bid. Die probleem is dat mense baie besig is, en ook nie eintlik weet wat om te sê as hulle bid nie.

Een van ons volk se grootste digters en denkers, NP van Wyk Louw, is op 18 Junie 1970 oorlede. Die Burger het destyds berig dat ʼn gebed in sy handskrif langs sy bed gevind is. Hier is ʼn sinnetjie uit die gebed wat ek toe neergeskryf en gebêre het:“. . . want selfs my bid kom uit U, déúr U; sonder U hulp sou ek nie eers wóú probeer bid nie, sou ek net soos 'n vark vorentoe gebeur het.” Lees meer . . . 

Halftyd: ’n Nuwe groep vir manne


Is jy ’n man tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar oud, wat moontlik voel dat die tweede helfte van jou lewe ’n nuwe betekenis en doel nodig het? Dan nooi ds. Johan Visser en Conrad Koorts jou om deel te word van hierdie groep wat gebaseer is op die insiggewende boek: Half Time – Moving from success to significance, deur Bob Buford.
AANBIEDER: Dr. Carel van Wyk

KOSTE: Gratis. ’n Donasie vir fotostate sal verwelkom word.


FORMAAT: 
- Alle ouderdomme is welkom. Die formaat is nie geskik vir laerskoolkinders nie, maar nooi gerus ook vriende.
- Die byeenkomste is geskik vir Bybelstudie- of omgeegroepe om dit as groep by te woon.
- Woon gerus byeenkomste by soos dit jou program pas.

WAT OM TE VERWAG?
- Bestudering van ses maniere waarop God vandag met mense praat.
- Stiltes met meditatiewe musiek.
- Die verduideliking, gebruik en inoefening van LECTIO DIVINA.
- Ons ondersoek die verskille tussen Oosterse en Westerse mistiek.

Bevestiging van kerkraadslid

Dit is vir ons ’n voorreg om Hilde Uys vanoggend, tydens die oggenddiens, as diaken te bevestig.  Ons bid haar die Here se seën op haar bediening in die gemeente toe.

Wolskenkings

Skenk asseblief enige bruikbare afvalwol aan ons breigroep.  Die groepie breiers werk hard aan musse en serpe wat tydens die uitreike in Juliemaand aan minderbevoorregte persone in Karoodorpe gekenk word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.


Vakature vir musiekleier

Die gemeente benodig die dienste van ’n musiekleier.  Die geskikte kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir die organisering en begeleiding van die musiekspan wat hoofsaaklik by die familiediens die lofprysingsgeleenthede waarneem.
Aanvangsdatum: 1 April 2025. 
Vergoeding volgens SAKOV-skale. ’n Jaarkontrak word aanvanklik gesluit, maar kan hernu word. 
Stuur asb. CV’s voor 21 Februarie na ontvangs@stellenberg.co.za. Enige navrae kan gerig word aan ds. Visser by johan@stellenberg.co.za.

Gebedsversoeke

Ons dink aan die volgende lidmate wat siek is of chirurgie moet ondergaan:
Hennie van Wyk – rugoperasie
Ds. Why Duvenhage –  knievervanging

Dr. Braam Hanekom –  skoueroperasie
Dolf du Pisani – kanker

Stap jy saam?

Ons stap die keer vanaf Bloubergstrand tot by Big Bay en terug.  Dit is ’n heerlike 10 km-roete al langs die see. Ons kry mekaar op Saterdag 22 Februarie om 07:00 by die kerk en ry dan saam tot in Blouberg.  Na die stap koop ons ’n koffie en geniet die seelug.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za voor 19 Februarie 2025.
Die basaar is jaarliks een van ons gemeente se grootste saamkuiergeleenthede.  Ons het hulp nodig om van die geleentheid ’n sukses te maak – help ons asseblief met die volgende:

HELPERS by die hamburgers, boereworsrolle, hotdogs, kerrie-en-rys, roosterkoeke, teetuin, poeding, pannekoek, kroeg en braai. Kontak asb. vir Karen Visagie by 082 827 9383 indien jy kan help.

KONVENORS
 – Ons wil graag nuwe konvenors vir 2026 begin oplei.  Indien jy op dié wyse betrokke kan raak,  kontak asseblief vir Karen Visagie by 082 827 9383.

BESTANDDELE – Skenk asseblief kontant of bestanddele vir die basaar.  Skenkings help ons om die verkooppryse laag te hou.  Skenkings van suiker, fynkaneel,  gekleurde skroefnoedels, blatjang, tamatiesous, kaas, rys en uie
sal baie waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan met EFT of SnapScan betaal word.  Gebruik “basaar” as verwysing.

POEDING – WhatsApp asb. vir Karen Visagie by 082 827 9383 indien jy bereid is om ’n poeding te maak en dui aan hoeveel en watter soort.

GEBAK – Skenkings van enige tuisgebak of gekoopte items soos koek, kolwyntjies, brode, beskuit of  koekies kan op die oggend van die basaar in die markplein afgegee word.
WITOLIFANTTAFEL – Skenk asseblief enige huisraad, gereedskap, dekoritems, fiksheids- en sporttoerusting vir ons witolifanttafel. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
STALLETJIES – Verkoop jy juwele, speelgoed, of enige handwerk-artikels? Doen dan aansoek vir ’n stalletjie by die basaar. Slegs nuwe produkte sal aanvaar word, geen tweedehandse items of kosprodukte nie. Die stalletjies sal buite wees en geen kragpunte is beskikbaar nie. Klik op die SKAKEL om aanlyn aansoek te doen.
Die In-Christus Leierskapkonferensie word op 19 en 20 Maart by Stellenberg-gemeente aangebied.  Ervare sprekers met bewese ervaring as leiers gaan hulle kennis met ons kom deel.  Koste: R500 per persoon. 
Bespreek jou plek aanlyn deur op die SKAKEL te klik.

VatVyf-byeenkomste  


26 Februarie 10:00 in die kafeteria | Praatjie
Mike van Deventer kom gesels oor die seën van oud word. Bespreek by Charlotte ((021 976 4519 / WhatsApp 081 045 2428). Toegang is gratis.
 

Raak deel van die netwerk

Stellenberg Terapiesentrum nooi psigiaters, sielkundiges, arbeids-, spraak- en fisioterapeute om deel te raak van die sentrum se diensleweringsnetwerk om terapiedienste in die gemeenskap meer toeganglik te maak.  Kontak vir Rudolph van Schoor te kontak by 066 5466 375/therapy@stellenberg.co.za.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 3 Maart 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Vakansieverhuring vir ses persone: Eastford Country Estate, Knysna. Die huis het drie slaapkamers, drie badkamers, goed toegeruste kombuis met skottelgoedwasser en wasmasjien, sit- en eetkamer, stoep met braai, Wi-Fi, DSTV asook ’n inverter. Asemrowende uitsig oor Knysna lagoon en The Heads.  Alle linne en handdoeke word verskaf.  Vyf minute se ry van Simola-golfbaan. Huis word gediens.
Beskikbare datums : 4 - 7 Feb. 2025 teen R2 500 per dag;
13 Junie – 4 Julie 2025 teen R 1800/dag; asook 14 Nov.- 28 Nov. 2025 teen R1 800 per dag.  Kontak:  Mev. Nieuwoudt (082 887 7347).
- Betroubare tuinman beskikbaar: Hy werk tans op Saterdae, maar benodig werk deur die week. Vir verwysing kontak Irmgard Visser by 076 459 9658. 
- Oppasser vir kinders: ‘n Tweedejaarstudent by Eduvos, Tygervallei-kampus, is op  weeksaande en naweke beskikbaar om kinders op te pas.  Sy het ’n passie en liefde vir kinders; is baie betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd en het vorige ervaring as ’n au pair.  Kontak: Carla Roux by 066 219 1279/carlaroux606@gmail.com.
- Huishulp beskikbaar: ’n Betroubare en hardwerkende huishulp  wat die afgelope vier jaar by ’n gesin gewerk het, soek tans ander werk aangesien die gesin se omstandighede verander het.  Vir verdere inligting, kontak Lize-Marie Visagie by 084 711 8079. 
 
- Te koop: Ryobi-tafelsaag, gemonteer op houtboks met wiele teen R3 000, AEG- saag teen R500 in ’n goeie werkende toestand en ’n rol koperdraad vir sweiswerk teen R200.  Kontak: Ivan Marais 071 684 0028 of 082 336 7833. 
Subscribe to our email list.