navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 28 April 2024


1 Johannes 4:7-21

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Agenbag (4)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

MES-karwasdiens

Woensdag 1 Mei vanaf 08:00 tot 16:00

Laat was jou motor op Woensdag 1 Mei op die kerkterrein deur MES se karwasdiens.  Terwyl jy vir jou motor wag, kan jy ’n gratis koffie by Maria Eatery geniet.  Teen slegs R100 kan jy jou motor laat was én ’n koppie koffie geniet. Kaartfasiliteite is beskikbaar.


Gemeentebraai | Vrydag 3 Mei

Sluit op Vrydagaand 3 Mei by ons gesellige gemeentebraai in die markplein aan.  Die kole is vanaf 18:30 gereed.  Bring jou eie vleis, slaai drinkgoed, bord, eetgerei en glase. Ons voorsien die kole en die lekker saamkuier.
Ons nooi in besonder al ons nuwe lidmate na die geleentheid – kom maak gerus kennis met ander Stellenbergers.

Ons eet saam tydens Pinkster

Die gebruik het ontstaan om  na elke Aandpinksterdiens saam te eet en ons gemeentewaarde "nader aan mekaar" ook so te vier. Hiervoor maak ons  jaarliks op vrywilligers staat wat vir die vyf aande van Pinkster vir ons sop kook en by die markplein afgee.  Ons vier vanaf 12-16 Mei 2024 weer Pinkster en doen 'n beroep op lidmate om asseblief vir ons ’n pot sop vir een van die aande in die  week te kook.  Jy kan Sondae na afloop van die eredienste op die soplyste, beskikbaar in die voorportale van die kerk en kleinsaal,  aandui watter aand jy sop kan bring, of laat weet vir Charlotte   (021-9764519, ontvangs@stellenberg.co.za) by die kerkkantoor. Ons sal jou dan persoonlik kontak om fynere besonderhede te bespreek.

Hettie Brittz: Boekbekendstelling

5 Mei 19:00
Hettie Brittz kom gesels op Sondagaand 5 Mei om 19:00 oor haar bekende boek, Kweek kinders met karakter.  Die boek word heruitgegee en bied ’n nuwe aanslag en voorkoms. 
Kom luister gerus na haar praktiese raad rakende die opvoeding van kinders volgens hulle eie persoonlikhede en karaktereienskappe. Kaartjies @ R25 per persoon op Quicket te koop.

Ontmoet vir Lood Conradie . . .

Op die foto is van links is: Chris, Marlene, Erik en Lood. 


Hier in die begin van 2024 spog Stellenberg-gemeente met vyf nuwe kerkraadslede, waaronder Lood Conradie wat op Sondag 21 April as ouderling in die kerkraad bevestig is en by die geestelike sorg bediening sal inskakel.  Lees meer . . .

Ontmoet vir Louise Rheeder . . .

Die foto bo is ’n pragtige tentoonstelling van Louise se liefde vir die natuur.  Hier is sy op Dorstberg by Meerendal Wynlandgoed.


Louise Rheeder het waarskynlik min bekendstelling nodig.  Na ’n loopbaan van 43 jaar in die onderwys en dit boonoop by die Laerskool Eversdal, wat in die hart van die gemeente geleë is, is daar sekerlik min lidmate wat haar nie ken nie.  Louise is pas op 21 April as ouderling in die kerkraad bevestig en Stellenberg-weekliks wou meer te wete kom oor die mens agter die juffrou.  Lees meer . . .

Dit is volbring!

Deur: Ds. Schalk van Wyk
Ek het op Aardedag (goed, die internet praat Amerikaans en noem dit Earth Day – maar u weet wat ek bedoel) gaan sit om hieraan te begin skryf. Ons dink meestal nie daaraan dat dit nie net mense is wat belang het by wat Jesus aan die kruis kom doen het nie, want ons is van nature selfsugtig; totaal en al selfgesentreerd. Daar is selfs teoloë wat reken dat selfsug die wortel van alle sonde is. As jy op ʼn sonde afkom, en jy trek sy klere uit en sny sy vleis tot op die been af, lyk al wat ʼn sonde is se skelet presies eenders: suiwer selfsug – en hierdie einste selfsug hou baie van ons se geloofslewe ook orent.  Lees meer . . . 

Gebruikte of nuwe geskenksakke

Ons benodig gebruikte of nuwe A4-grootte- (of groter) geskenksakke vir kinderpinkster.  Gee asseblief bydraes by die kerkkantoor af, of kontak vir Brenda Visser by 021 976 4519.

Feesmark-aansoeke

Aansoeke vir 2024 se feesmark sluit op Dinsdag 30 April 2024.  Besoek www.stellenberg.co.za om aanlyn aansoek te doen.  Slegs aanlyn aansoeke word aanvaar.

.

Ondersteuning aan seniors

Deur: Ds. Marius Breytenbach
Ons is baie opgewonde om die bediening wat fokus op die ondersteuning van seniors in die gemeente op dreef te bring. Daar is twee diensgroepe waarby vrywillige helpers betrokke kan raak:

Nog helpers by die omgeestoor benodig

Ons het dringend nog helpers by die omgeestoor nodig.  Indien jy weekliks kan help om geskenkte klere en ander items uit te sorteer, kontak asseblief vir Charlotte by 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za.

Bybelstudie- en kleingroepe

’n Mannegebedsgroep kom tans weekliks op Donderdagoggende bymekaar en ’n Bybelstudiegroep vir vroue kom weekliks op Maandagoggende byeen.  Dan is daar ook verskeie kleiner Bybelstudie- en gebedsgroepe in die gemeente.  Indien jy by ’n groep ingeskakel is, of graag by ’n groep wil inskakel, of deel is van ’n groep wat ’n paar nuwe lede kort, kontak asseblief vir ds. Johan Visser by johan@stellenberg.co.za/072 603 3205.

Annibrand Senior kategesegroep na die oggenddienste

Op Sondag 21 April begin ’n gemengde hoërskool- kategesegroep na die oggenddienste. Indien daar tieners is wat in die koshuis is, of andersins nie by die aanddiens en -kategese kan inskakel nie, word hulle na dié oggendgroep uitgenooi. Kontak vir sunet@stellenberg.co.za vir meer inligting of om te registreer vir die senior kategese in die oggend.

Hemelvaart en Pinkster


Op Donderdagaand 9 Mei om 19:00 sal Neil Büchner die Hemelvaartdiens in die kerk met sang en Skrif lei.  Dié erediens is ’n inleiding tot die Pinksterreeks wat op Sondag 12 Mei om 18:00 in die kerk begin. 


Pinksterreeks | 12 tot 17 Mei

  • Prediker: Ds. Marius Schoombie
  • Die Pinksterreeks begin Sondagaand 12 Mei om 18:00 in die kerk met Kinderpinkster om 18:00 in die kleinsaal.
  • Aandpinkster en Kinderpinkster word vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in onderskeidelik die kerk en kleinsaal aangebied.  Sop word na die Aandpinksterdienste bedien.
  • Oggendpinkster is vanaf 13 tot 17 Mei om 10:00 in die kerk.  Die vorige aand se Pinksterdiens sal tydens Oggendpinkster vertoon word.  Tee word na die diens bedien.

Dis weer tyd vir uitreike!

Indien jy nog nie op ’n uitreik was nie, nooi ons jou in besonder om aan vanjaar se uitreike deel te neem.  Uitreike bied aan jou die geleentheid om nader aan God, maar ook nader aan jou medemens te groei.
Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
Indien jy op die Leeu-Gamka-uitreik wil gaan, klik asseblief op die skakel vir aanlyn inskrywings: https://forms.gle/UiPPDSXvbcfXWedW8
Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie
Indien jy op die Calitzdorp uitreik wil gaan, hier is die skakel vir die aanlyn inskrywings: https://forms.gle/3ruf8TbZv2RBZJtX7

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark beoog om vanjaar nog meer stalletjies as in die verlede aan te bied.  Gebruik die geleentheid om klere, juwele, huisraad, dekor-items, speelgoed, gereedskap, ens. wat in onbruik verval het, in kontant om te skakel.
Die volgende uitstalruimtes is beskikbaar:
  • R250 per tafel (180x90))
  • R400 twee tafels (360x90)
  • R500 vloerspasie (300x300)
Kosstalletjies: Teen R500 per tafel kan jy enige etes, lekkernye, koffie, ens. verkoop.
Klik HIER om die aanlyn vorm te voltooi en jou uitstalruimte te bespreek.

VatVyf-program


Woensdag 22 Mei 10:00: Interessante praatjie oor die opleiding en werk van polisiehonde.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 10 Julie 10:00: Ons speel saam bingo.  Koop ‘n kaartjie teen R10 om deel te neem.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 24 Julie 10:00: Optrede deur Piet Smit, bekende gospelsanger.  Kaartjies @ R100 per persoon te koop by Charlotte, kerkkantoor.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 6 Mei om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe breiers is altyd welkom.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Rekenaaroperateurs benodig

Hoërskoolleerders of studente wat teen vergoeding tydens eredienste as rekenaaroperateurs kan optree, word benodig.  Jy moet vanaf 08:00 tot 10:00 Sondagoggende die diensbeurt waarneem en vanaf 16:00 tot 19:00 by die aanddiens.  Stuur ’n WhatsApp met jou naam en nommer na 081 045 2428 indien jy belangstel.    

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.
- Huishulp: Anna Scholtz is op soek na ’n huishulp wat Dinsdae of Donderdae beskikbaar is.  Kontak haar asseblief per WhatsApp by 071 7120 015.
- Huishulp beskikbaar.  Yolanda Olyn wat by die gemeente se Bybelstudiegroep vir huiswerkers inskakel, is op soek na voltydse inslaapwerk.  Sy het verwysings beskikbaar en kan na kinders en bejaardes ook omsien.  Kontak haar by 082 085 4498.

- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Edelweiss hou ’n snoekbraai op 17 Mei: 
Vars gebraaide snoek, gebakte brood, makataankonfyt en patattert teen R80.  Bespreek jou kaartjie by edelweissontvangs@gmail.com .

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.