navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 28  September 2025

Psalm 139:7-12 | Op berge en in dale
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (3)
Geen familiediens en kleuterkerk

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Dr. Van Jaarsveld

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie



DEUROFFER

Heaven's Gate Kinderhuis, Kraaifontein

Sorg vir Mountain Viewpark

Ons nooi almal wat naby die park woon, gereeld in die park stap, of  besorg is oor die omgewing om by die Sorg vir Mountain Viewpark-projek betrokke te raak.  Sluit op Saterdag 27 September vanaf 08:30 tot 14:00 by ons aan. 
Bring die volgende saam:

- Tekkies, sonskerm en ’n hoed
- Tuinhandskoene
- Enige gereedskap soos 'n snoeiskêr, saag en onkruidgrafie.
- Peuselhappies en waterbottel.

Voltooi asseblief die aanlyn vorm op die SKAKEL om ons met beplanning te help.

Annibrand Junior-uitstappie Sondag 28 September

Ons sluit die kwartaal op Sondag 28 September op ’n hoogtepunt af met ’n heerlike familie-uitstappie na Giraffe House Wildlife Awareness Centre in Muldersvlei. Daar sal geen familiediens wees op 28 September nie, aangesien ons mekaar al om 09:30 by die sentrum ontmoet. Daar is om 11:00 en 13:00 Creepy crawly-ervarings waarvoor gesinne kan bespreek.  Pak gerus ’n pieniekmandjie en geniet die dag saam met ons in die natuur.

Indien jy nie plek bespreek het nie, kan jy steeds die uitstappie meemaak.  Julle sal ongelukkig net nie meer vir die afslag wat vir groepbesprekings geld, kwalifiseer nie.

Nagmaal vir ’n duif

Deur: Ds. Schalk van Wyk

(Ek het verder nagedink oor dr. Braam Hanekom se preek op 21 September 2025.)

Braam het Sondag gelowig nagedink oor God en ons verhouding tot sy wêreld. Dit was ʼn goeie preek. ʼn Goeie preek gee egter juis nie vir jou al die antwoorde nie. Ons sien immers almal deur ʼn spieël in ʼn raaisel. Gód sien helder – nét God sien helder. In ʼn goeie preek trek die dominee sy of haar oë op skrefies om God beter te kan sien, en help die res van ons só om iets wat ons kon miskyk het, na op te let. Ná so ʼn preek sien ons self bietjie helderder, maar daarmee is dit nie uit en gedaan nie, want as die dominee goed in die Bybel gelees het,maak die preek iets wat jou nie wil uitlos nie, in jou los. ʼn Goeie preek roep jou dus op tot repliek, omdat dit self ʼn repliek op God se Woord is. Lees meer . . .

Kontreikuier-terugvoer

Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan bekend maak dat ons danksy almal se ondersteuning van die Kontreikuier, die mooi bedrag van R225 000 aan Sutherland-gemeente kon oorbetaal.  Ons beoog om volgende jaar die verbintenis met Sutherland-gemeente voort te sit om ’n bydrae te lewer tot hierdie plattelandse gemeente se funksionering en voortbestaan. 

Lentetee vir seniors

Ons vier op Woensdag 1 Oktober Internasionale Bejaardedag met ’n gesellige lentetee.  Alle senior lidmate word uitgenooi om vanaf 10:00 in die kleinsaal aan te sluit by dié oggendbyeenkoms met lekker eetgoed, musiek en saamkuier.

Bespreek asb. jou plek by Charlotte by 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za voor 29 September.  Koste is R50 per persoon.

Gesamentlike diens in die vierde kwartaal

Vanaf Sondag 19 Oktober verskuif die familiediensvir die res van die vierde kwartaal na die kerkgebou en hou ons gesamentlike oggenddienste om 09:00 in die kerk.  Die verskuiwing maak dit vir ons moontlik om vir die feesmark voor te berei en dit ook aan te bied.  Die feesmark bly jaarliks die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek. 
Ons sien uit na die die gesamentlike dienste, want nuwe energie word geskep wanneer gesinne met jong kinders saam met die res van die gemeente in die kerk byeenkom en ons saam as gelowiges in die teenwoordigheid van God aanbid. 

September-sensus

Tydens Septembermaand wil ons graag lidmate se inligting in ons databasis opdateer.  Daar sal gemeentelyste by al die eredienste beskikbaar wees.  Jy kan voor of na ’n erediens seker maak jou naam is op ons gemeentelys,  asook al die toepaslike inligting daarop kontroleer en indien nodig sommer die veranderinge op die lys  aanbring.  Stuur gerus vir Anneke ’n e-pos in die verband by anneke@stellenberg.co.za.  Ons is dankbaar vir almal se samewerking in die verband.     

Elektroniese afval

Gebruik die geleentheid om gedurende die Seisoen van Skepping van al die elektroniese afval in jou huis ontslae te raak.  Bring gerus elektroniese toerusting wat in onbruik verval het, of gebreek het en plaas dit in die aangeduide houers op die kerkterrein.  Klik HIER om voorbeelde te sien van items wat in die dromme geplaas mag word. Gloeilampe en batterye moet eerder by jou naaste winkelsentrum wat herwinningsdromme het, afgegee word.

Ruyterwacht verteenwoordiger

Stellenberg-gemeente is reeds etlike jare by die Ruyterwacht Senior-sentrum betrokke. Ons teenwoordigheid in die gemeenskap het onlangs uitgebrei met nog huise wat die Stellenberg-omgeetrust in die omgewing gekoop het om behuising aan meer bejaarde inwoners te kan bied.
Ons benodig tans die hulp van ’n vrywilliger met ’n passie vir senior mense, wat bereid sal wees om as skakelpersoon tussen die gemeente en die omgeehuise op te tree, sodat die gemeente op hoogte gehou kan word van inwoners se behoeftes.  Indien jy betrokke wil raak, kontak asb. vir ds. René Potgieter by 076 893 8104/rene@stellenberg.co.za.

Veranderinge op die terrein


Die Maria Eatery se huurkontrak verstryk teen die einde van November.  Ons nooi restaurateurs om aansoek te doen om die spasie voortaan as ’n koffiewinkel of restaurant te bedryf.  Rig asseblief aansoeke voor Maandag 20 Oktober aan ontvangs@stellenberg.co.za.

Ons is opgewonde om die Little Seeds-program, wat fokus op vroeëkinderontwikkeling en ’n gesamentlike projek van BADISA en die NG Kerk Wes-Kaap is, op die kerkterrein te verwelkom.  Die ses personeellede gaan vanaf einde Oktober hulle intrek in die jeuglokaal neem.  Kantoorspasie vir die projek is in ’n gedeelte van die jeugkantoor ingerig en word deur die Sinodale kantoor gehuur. 
Die gemeentekamp se datum is op versoek verskuif na 5 tot 7 Desember.  Daar is 11 staanplekke in die pragtige Goudmyn-kampeerterrein beskikbaar teen R1 450 per staanplek vir die naweek, met maksimum ses mense en twee voertuie.

Bespreek jou plek aanlyn met die onderstaande skakel of kontak Madeleine by maddyleine@gmail.com


Bespreek kampeerplek
Dis sommer binnekort weer feesmarktyd.  Die mark open op Woensdag 22 Oktober en duur tot Saterdag 9 November.  Die feesmark spog weer met meer as 300 uitstallers wat uitstekende produkte te koop sal aanbied.  Die restaurant-area word vergroot om meer sitplek te bied.  Daar is ook interessante nuwe toevoegings tot die restaurant se spyskaart soos lekker Meksikaanse etes en plankie-biefstuk wat die ou gunstelinge sal aanvul.

Ondersteun asseblief hierdie groot fondsinsamelingsprojek wat ons jaarliks aanbied.  Nooi vriende of familie om die mark te besoek of iets te ete in die restaurant te geniet.

Inkopietye:   Weeksdae 10:00 tot 20:00 en Saterdae 09:00 tot 18:00.


Ons nooi besigheidseienaars en plaaslike diensverskaffers om hul ondernemings tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer.  A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer.  Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae vir besprekings. 

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Breigroep

Ons brei Maandag 6 Oktober om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum, weens voorbereidings vir die feesmark wat reeds in die markplein begin.   

In ons omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkelpersoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.

Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025.  Verwysing: Hanna Theart  076 149 1684.
- Huishulp beskikbaar.  Agnes benodig werk as huishulp. Sy is baie betroubaar en ywerig om te werk.  Kontak Elize Roelofse by 082 839 1040 vir verdere besonderhede. 
- Huis in Stellenberg/Eversdal.  Ons gesin is op soek na ’n drie-/vierslaapkamerhuis om in die Stellenberg-/Stellenridge-/Eversdal-area te koop. Kontak asseblief vir Maryke by 072 222 9233/maryke22@gmail.com indien jy 'n huis het om te verkoop.  
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!

📍 51 Amandelweg, Eversdal  manager@eversdalortho.co.za

Subscribe to our email list.