GEMEENTEBULLETIN

29 Desember 2023 tot  5 Januarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 31 Desember 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Marius Schoombie (1)

Eredienste tydens die vakansie



7 Jan. 09:00 | Oggenddiens met doop in die kerk | Ds. Schoombie  (2)

14 Jan. 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Visser (3)


   

Maria, dogter van Evert

Ons is opgewonde oor die nuwe koffiewinkel wat eersdaags op die terrein open.  Maria, dogter van Evert se deure open amptelik op  Maandag 15 Januarie 2024.  Ons verwelkom graag vir  Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein.  Gaan loer gerus in en drink van hulle heerlike koffie en geniet die vars gebak en heerlike maaltye.  Die koffiewinkel sal weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00 oop wees en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae.  Gesluit op Sondae.

Kategese-registrasie 2024

Jy kan nou aanlyn vir kategese in 2024 registreer.  Almal moet asseblief registreer, al was jy voorheen by Stellenberg se kategese ingeskakel, sodat ons weet vir hoeveel kinders om in 2024 voorsiening te maak.  Besoek asseblief www.stellenberg.co.za.

Kerkkantoor sluit tydens die feesgety
Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor tot 5 Januarie 2024 gesluit sal wees.  Ds. Marius Schoombie (083 635 1523/schoombie@stellenberg.co.za) is aan diens.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en             mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en           lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Die sentrum is gesluit vanaf 18 Desember tot 3 Januarie 2024.  Vir noodgevalle of afsprake skakel               Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.