|
|
|
|
My enigste troos in lewe en in sterwe
Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal ...
(Heidelbergse Kategismus Sondag 1 Vraag en antwoord 1)
| |
| SINODENUUS
1. Finalejaars besoek Getuienisaksie
Die US se Fakulteit Teologie finalejaars verbonde aan die NG Kerk, was op Woensdag 16 Augustus op besoek aan die Diensgroep Getuienisaksie en is ontvang by die sinodale kantoor in Bellville. Hierdie diensgroepbesoeke vorm 'n belangrike deel van hulle studieprogram.
Met die besoek is aan hulle verduidelik waarop Getuienisaksie se vier taakspanne, Afrika Ekumene, Publieke Getuienis, Arbeidsbediening en Gemeentegetuienis, fokus en hoe dit die studente se werk in die toekoms kan ondersteun en verryk. Interessante gesprekke, vrae en besinning oor die betekenis en relevansie van kerk-wees het waardevolle betekenis aan die dag gegee. Meer foto's is hier.
| |
| Vlnr Kobus Odendaal (Diensgroepbestuurder), Danelle Jordaan (namens Publieke Getuienis),
Ruan Nieuwenhuizen, Lourens Bester, Madelein Geldenhuys, Luané McLachlan,
Scherlize Hayes, Robert-John de Kock, Jannie Booysen (Arbeidsbediening) en Jan Grobbelaar (Gemeentegetuienis en mede-voorsitter) | |
| | |
| 2. Gee jou kind 'n SmartStart!
Nicola Vermeulen is die SmartStart-fasiliteerder van ons sinode se Diensgroep Diaconia. Dis ’n vroeëkindontwikkelingsprogram wat fokus op kinders van drie tot vier jaar uit baie beperkte omstandighede en aan hulle 'n "kick start" gee wat hul hele lewe kan verander. Kyk gerus onder na die video waar Nicola meer vertel. Kontak Diaconia vir meer inligting by omgee@kaapkerk.co.za of klik hier.
Wat 'n wonderlike, kreatiewe storie van hoop wat lewens verander!
| |
| 3. Barmhartigheidsondag:
Hulppakket is hier!Diaconia en Badisa wil op Sondag 27 Aug saam met gemeentes fokus op persone wat leef met gestremdheid. Vir hierdie doel word verskillende dokumente vir moontlike gebruik deur gemeentes verskaf.
Hierdie materiaal word met die vergunning van RampUp beskikbaar gestel - meer inligting oor die bediening aan gestremdes is op hulle webwerf. Klik hier vir die pakket met materiaal.
| |
| 4. Ken jy vir Badisa? Badisa is die nie-winsgewende organisasie van die VGKSA Kaapland en NG Kerk se Sinode van Wes-Kaapland wat maatskaplike dienste lewer aan mense in nood, ongeag hul ras, geslag of geloof. Klik hier om meer oor hierdie spesiale organisasie te lees en raak betrokke: JY kan ’n verskil in iemand se lewe maak!
| |
| Badisa Algemene Jaarvergadering
E-pos info@badisa.org.za voor 24 Augustus om teenwoordigheid te bevestig. | |
| | |
| 7. Deurleefd en divers: vroue in die bediening!
"Deurleefd en divers. Baanbrekers en ongelegitimeerdes. Dis die vroue-in-die-bediening wat op 10 Augustus byeengekom het in Stellenbosch. Prof Elna Mouton, die gasspreker, het tereg opgemerk dat, as ons die begrip 'bediening' verskraal na iets wat slegs predikante kan doen, dan verstaan sy nie so lekker Afrikaans nie. Diversiteit is die beliggaming van missionaliteit." So berig Melanie Thirion, moderatuurslid. Lees hier meer.
| |
| |
Verwelkoming: Melanie Thirion | |
| | |
| 8. Sentrum Publieke Getuienis: Evangelisasiegesprek
Stel jy belang in 'n gesprek oor evangelisasie? Kan, mag en moet ons nog oor die Evangelie van Christus in 'n sekulêre staat praat? Ons herinner aan 'n rondetafelgesprek oor evangelisasie wat op Wo 23 Aug van 10:00 tot 12:00 plaasvind by die sinodale kantore (De Langestraat 5, Bellville). Bywoning is gratis.
As basis vir die gesprek sal die Lausanne Covenant en die verklaring van die Lausanne 2010-konferensie in Kaapstad gebruik word. Belangstellendes kan vir Danelle kontak by 021 957 7202 of spg@kaapkerk.co.za. Vir meer inligting klik hier.
| |
| 9. Skribas op besoek aan Argief
Drie skribas van die VGKSA Ring van Sarepta het die Argief op 8 Augustus besoek om registerafskrifte van gemeentes in die ring na die Argief te bring vir bewaring. Hulle wil graag 'n voorbeeld stel aan ander ringe en gemeentes om getrou hulle registerafskrifte vir die Argief te stuur. Hulle beplan om binnekort ook ander argivalia soos notuleboeke en oorspronklike registers van hulle gemeente na die Argief te bring. Sien foto onder.
| |
| Freddie Steenkamp (ringskriba en predikant: VGK Eersterivier-Suid; Willie Adams (hulpskriba: VGK Eersterivier-Suid en mnr JF (oom Robbie) Robertson (skriba: VGK Eersterivier-Suid) | |
| | |
| ALGEMEEN
1.1 Met medelye: Herbert (HJD) Brand
21-04-1941 - 14-08-2017
Ons bied graag ons innige simpatie aan die familie en naasbestaandes van Herbert (HJD) Brand, wat op 14 Augustus oorlede is.
Na sy legitimasie het hy en sy vrou, Madeleine, in Kamieskroon (1972-1977) en St Stephen’s (1977-2001) bedien. Voordat hy sy teologiese studie op Stellenbosch voltooi het, was hy joernalistieke assistent by Die Kerkbode, waar hy ’n eie rubriek, "Van kerklike kant", behartig het. Lees gerus die huldeblyk oor hierdie legendariese predikant, soos ontvang van Frits Gaum, klasmaat.
| |
| 1.2 Met innige simpatie:
Jan (JH) Mostert 27-01-1950 - 27-07-2017
Ons het ook kennis ontvang van die dood van ds Jan Mostert, wat in sy laaste jare in die bediening (2007 -2012) in die NG Gemeente Amersfoort in Mpumalanga was. Kaapse kollegas sal hom onthou vir sy werk in die gemeentes van onder meer die NGSK Riebeek-Kasteel (1983-1986) en Philadelphia (1993-2006). Hy is in 1978 as die eerste Nama-sendeling bevestig.
Ons innige simpatie aan sy vrou, Willa, sowel as die vier kinders (Willa [Deysel], Julian, Gerhardus en Hendrik Mostert). 'n Roudiens het reeds op 4 Augustus 2017 in Amersfoort plaasgevind.
| |
| 1.3 Van huldeblyke gepraat: hoe sal hulle JOU onthou?
Die bekende Eric Wiese se nalatenskap word soos volg beskryf: "In sy tyd as finansiële stuurman het Naspers van 'n nasionale persgroep begin beweeg in die rigting van die internasionale mediareus wat dit vandag is. Maar Eric Wiese was ook 'n kerkman wat aanvanklik in Johannesburg en later in Kaapstad sy kant gebring het om kerkrade finansieel op die spoor te help hou, en wie se plek in die kerk veral na sy aftrede selde Sondae leeg was. Maar meer as dit."
Aan die woord is Frits Gaum, wat ook vertel van die sleutelrol wat Eric Wiese eens in die Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk gespeel het. Lees hier.
Wat sal van jou gesê word? Sal hulle jou ook met groot waardering onthou?
| |
| 2. Vir kerkkantore: Hulp met kalender 2018Charl van Rensburg (NG Gemeente Montagu) stuur vir ons 'n 2018-kalender waarop sekere basiese fees- en vakansiedae reeds ingevul is. Dit is in Word-formaat, sodat dit met gemak aangepas en as basis vir gemeentes se beplanning vir 2018 gebruik kan word. Dankie, Charl!
Gemeentes moet egter asb self die inligting nagaan, vergelyk en aanpas. Ons kan geen aanspreeklikheid aanvaar vir die volledigheid daarvan nie. Kry die kalender hier.
Onthou: die lys van vakansie- en kerklike fees- en biddae (soos jaarliks deur Bybel-Media beskikbaar gestel) is ook op die sinode se webwerf - klik hier.
| |
| 3. Brugbediening: NIMSA-konferensie
Die brugbediening raak al meer gewild. Howard du Toit, sekretaris van die Network for Interim Ministry in Southern Africa (NIMSA) stuur ’n uitnodiging na die negende NIMSA-konferensie en jaarvergadering in Kemptonpark op 13 en 14 September. Enigeen is welkom, nie net (brug)predikante nie. Kundiges bespreek aktuele temas rondom die brugbediening in Suidelike Afrika en VBO-punte kan verdien word. Kry meer inligting hier.
| |
| 4. Die Bybel genees!
Hier is nuus van ’n lekker projek waaraan gemeentes, jeug- of ander groepe dalk wil deelneem. Die Bybelgenootskap van SA (BSA) se pillehouerprojek wil dit vir mense maklik maak om 'n Bybel te borg. Om een Bybel te borg, kos R50. Die botteltjie neem R90 se muntstukke, dus amper twee Bybels met een pillehouertjie!
“Wanneer die houertjie vol is, kan mense die geld asb by hulle kerkkantoor inbetaal, wat dit weer vir die Bybelgenootskap sal stuur,” vertel Quintus Heine, hul Wes-Kaapse streekhoof. Kontak Malana Heyns om te bestel by bibafr@biblesociety.co.za.
| |
| 5. Raakgelees
5.1 Nagedink oor die erediens
Jaco Thom (Toringkerk, Paarl) verskaf in ’n reeks kort artikels ’n blik op die inkleding en verloop van die erediens, "die hart van die gemeentelike lewe op Sondae", soos hy dit beskryf.
"Daarom is die eredienste oor eeue heen en in die verskillende kerklike tradisies só ontwerp dat dit ons help om van God se teenwoordigheid bewus te word: die inkleding van die gebou self, die atmosfeer, en veral ook wat in die erediens gebeur (die liturgie). Dit skep ruimte om God te ontmoet, om Hom aan die woord te laat kom."
Jaco herinner ook baie gepas aan die seën van die erediens deur ons interaksie en verbondenheid met broers en susters van God se groot familie.
Enigeen wat op 'n Sondag 'n erediens moet lei, kan gerus oorweeg om hieraan herinner te word/meer te lees. Klik op elk van die onderstaande vir die vier artikels.
| |
| 5.2 Raakgelees
Mark Zuckerberg: Facebook vs kerk vir “community”
Onlangse navorsing wys op ses temas in mense se soeke na betekenisvolle lewens: gemeenskap, persoonlike transformasie, sosiale transformasie, om sinvol en met 'n doel te leef, kreatiwiteit en verantwoordbaarheid. Mense soek (en vind) hierdie sin binne én buite die kerk.
Hoe spreek die kerk in sy bediening hierdie soeke aan? En sê dit dalk iets oor die kerk se teenwoordigheid op sosiale media? Die volledige artikel, met erkenning aan "Christianity Today", is hier beskikbaar.
| |
| 5.3 Raakgelees
PKN vier Refo 500 met speldeprikke!
Op versoek van die Protestantse Kerk Nederland (PKN) het Rikkert Zuiderveld as deel van hulle viering van Reformasie 500 ’n reeks “speldeprikken” (prikkelende gedagtes wat bedoel is om ’n ligte glimlag te ontlok) oor kerk en geloof geskryf. Daar is 95 om presies te wees, en dit dien as ligte variant op die stellinge wat Luther destyds teen die Wittenberg-kerkdeur vasgehamer het.
As jy meer oor hierdie gedagtes wil lees, kan jy hier klik en die publikasie teen 2€ bestel. Meer speldeprikke is op die PKN se Twitter-profiel te sien.
| |
| 2. Suid-Kaap brande
Dankie, sinode, kerkraad en gemeente!
"’n Mens lees en hoor dikwels net die negatiewe dinge. Hier is die teendeel: 'n besonderse briefie van dankbaarheid wat ek vanoggend ontvang het van iemand uit die gemeenskap waarin hulle hul dankbaarheid betuig teenoor die kerk en sinode."
So skryf Christa Basson, skriba van Karatara/ Sedgefield, met die versoek dat dit via VrydagNuus ook onder die breër kerk se aandag gebring word. Ons deel dit met dankbaarheid teenoor die Here, wat self sy kerk lei en deur mense in ander se behoeftes voorsien. Ons vertrou dat Hy dit steeds in die Suid-Kaap bly doen.
| |
| 3. Huweliksvoorbereidingskursus
Hierdie kursus word deur Francois Swart aangebied vir alle voornemende paartjies wat binnekort trou. Dit vind plaas om 20:00 op 28, 29 en 30 Augustus by NG Bellville-Uitsig in Ridgeworthrylaan.
Bywoning is gratis, maar bevestig jou bywoning asb by Amanda by 021 919 4220 (Ma-Vr 08:00-13:00).
| |
| NG Parow-Welgelegen: Timothy Kieswetter
Hooglied-huwelik 20 Augustus | |
| | |
| PREDIKANTENUUS
Sola Gratia ... Suster bevestig broer! Op Sondag 13 Augustus het die NG Gemeente Parow-Panorama beslis rede gehad om fees te vier! Francois Herselman (voorheen in NG Gemeente Ashton) is in die gemeente bevestig. Om die geleentheid ekstra spesiaal te maak, is die bevestiging deur sy suster, René Potgieter (predikant in die NG Gemeente Gamkavallei, Beaufort-Wes) waargeneem. Andrie Kilian, brugleraar, en George Rauch, ringsvoorsitter, het Francois verwelkom. Sy intreepreek, uit Ef 1:3-14, se tema was "Sola Gratia".
Baie seën vir almal betrokke toegebid!
| |
|
Bron: www.laurikarauch.com | |
| | |
| NUUSBRIEWE
In die jongste Bybel-Media-nuusbrief gee Hans Steyn meer inligting oor die jongste uitgawe van LiG en die doopkerse wat nou beskikbaar is. Klik onder vir meer.
| |
|
Klik bo vir meer inligting oor Bybel-Media se doopkerse. | |
Klik op die LiG-voorblad vir meer. | |
| | |
| Francine van Niekerk vertel ...
In 'n lekker nuwe ontwikkeling gee redakteur, Francine van Niekerk, 'n agter-die-skerms kykie na die jongste LiG.
As jy nog rede gesoek het om in te teken, kan jy gerus luister! Dis inhoud wat verryk en inspireer, met topklas skrywers soos Stephan Joubert, wat onder meer in die September-uitgawe perspektief op evangelisasie en verhoudings bring.
Klik langsaan op die foto vir die video.
| |
| PUBLIKASIES
CLF: Reformasie -
Vrygemaak om anders te werk!
Hierdie is die negende pamflet in die reeks van pamflette wat Christelike Lektuurfonds (CLF) ter viering van die Reformasie 500 uitgee. Dit is beskikbaar in Afrikaans en Engels en word ook maandeliks op CLF se gratis slimfoon toep gelaai, om dit elektronies aan belangstellendes beskikbaar te stel. Lees meer ...
| |
| KUIERKANS
Klik onder vir meer inligting en ondersteun gerus hierdie heerlike kuiergeleenthede.
| |
| VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode
Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures. Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 25 Augustus 2017.
| |
| 1. Badisa vakatures
1.1 Villiersdorp maatskaplike hulpwerker
Die Beheerraad van Badisa Villiersdorp wag aansoeke in van entoesiastiese persone wat Badisa se waardes onderskryf. Hulle het tans ’n 8/8 pos vir ’n maatskaplike hulpwerker. Meer inligting is hier en aansoeke sluit op 25 Augustus. 1.2 Wynberg: maatskaplike werker
Badisa Wynberg het ’n voltydse betrekking vir ’n maatskaplike werker om kinderbeskermingsdienste te lewer. Meer oor die minimumvereistes is hier – reageer voor 28 Augustus.
| |
| TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Nioma Venter
Dit is 1992. Haar naam is Sandra en sy is ’n alkoholis en ék die jong terapeut by Ramot Sentrum. Die dag toe Sandra ontslaan is, het sy in my kantoordeur kom staan. “Ek kan nie belowe dat ek alles sal onthou wat jy ons probeer leer het nie, maar wat ek nooit sal vergeet nie, is dat jy my weer mens laat voel het. Ek het nooit oordeel in jou oë gesien nie.”
Dit is Dietrich Bonhoeffer wat sê dat oordeel oor ander ons blind maak vir ons eie tekortkominge, maar dat onvoorwaardelike liefde, lig en daarmee saam lewe bring. Ek én sy het léwe ervaar in daardie oomblikke van medemenslike erkenning. Ekself kry ook maar bitter min reg van wat ek goedbedoelend reg probeer leef.
Genade-dank vir die liefdeslig in God se oë!
***
Nioma Venter is vanaf 1 Maart 2017 die Predikant in Sinodale Diens vir Diaconia. Voorheen was sy gemeenteleraar in die NG Gemeente Prieska (2008 tot 2013) en Moedergemeente Worcester (2013 tot 2017). Nioma is ook 'n opgeleide maatskaplike werker. Kontak haar by nioma@kaapkerk.co.za.
| |
| “We must learn to regard people less in the light
of what they do or omit to do,
and more in the light of what they suffer.”
Dietrich Bonhoeffer
| |
| Vriendelike groete
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
| |
|
|
|
|
|
|
|
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za |
|
|
|