Lees deur internet, klik hier >>
23 Junie 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
SINODENUUS
1. Suid-Kaapse brande
1.1 Rampfonds: Hier is die Jongste 
"Die hele week draai die woorde 'beauty for ashes' deur my kop, totdat ek dit vanmiddag gaan soek en in Jesaja 61:3 kry. Die Ring van Knysna se ontmoeting op Do 22 Junie in Sedgefield moes gewis uniek wees. Dit is nie aldag dat daar 'n kerklike vergadering is wat saamgeroep is deur so 'n samebindende ramp nie!
Die rampfonds word nou oordeelkundig toegedeel waar daar nood is - die eerste bedrae is reeds uitbetaal. Elke gemeente ontvang 'n begin-bedrag wat aangewend kan word binne die plaaslike gemeenskap. So wil ons gemeentes help bemagtig om dadelik hulp te verleen ooreenkomstig behoeftes en die oordeel van die betrokke kerkrade." - Nioma Venter (PSD). Lees hier verder.
Intussen is daar steeds soveel vrywilligers betrokke en is ons oorweldig deur die welwillendheid wat in hierdie omstandighede beleef word. 
1. Suid-Kaapse brande
1.2 Predikante, kom help met Preekbeurte in Suid-Kaap!
Ons predikante kollegas in die Suid-Kaapse brandgeteisterde gebiede (Knysna, Karatara/Sedgefield en Plettenbergbaai) se aandag word tans redelik in beslag geneem deur noodbestuur en die uitdagende logistiek van hulpverlening.
Hier is 'n kans vir ons predikante om prakties te help: stel jouself beskikbaar om 'n preekbeurt of twee daar waar te neem. 
Kontak die kollegas in Knysna, Karatara en Plettenbergbaai asb direk as enigeen op so 'n manier in hierdie tyd kan help.
1. Suid-Kaapse brande
1.3 Hoop te midde van Chaos
Verhale van mense wat planne maak om verligting te bied aan slagoffers van die ergste brande in baie jare (so vertel hulle), word oral gehoor.
Sommige sorg vir dierevoer. Ander fokus op luister en berading na die trauma wat mense beleef. Kinders skenk teddiebere. Zanke Nell (gr 7, foto) maak 'n plan met "bederfboksies". Stories wat HOOP gee. 
Die dood van Bradley Richards, ’n vrywillige brandbestryder van Plettenbergbaai, is deel van Donald Katts (moderator van die Volkskerk van Afrika) se artikel op 21 Junie. "Sy vrywillige hulp en sy dood inspireer my (en hopelik ook ander) om met hoop te leef te midde van die chaos. Hoop dat dinge sal verander. Paulus praat van dié soort hoop – 'n lewende hoop, 'n hoop wat nie beskaam nie ..."

Daar is HOOP. Daar is HULP. Dit kom van oral (sien onder) en gebede gaan op vir alle gemeentes en gemeenskappe wat weens die brande getraumatiseer is. Ons is dankbaar om hierdeur te beleef hoe God deur mense se sorg werk.
John - diensbare engel met baard
John, "engel met 'n baard", bestuur vurkhyser in George
Bulletjie en Christelle van Villiersdorp
Bulletjie en Christelle, met 'n vrag vanaf Villiersdorp
Anton - paletbestuurder
Anton, paletbestuurder (en predikant in George)
2.1 NG Kerk Vrystaat: Skenking
Die NG Kerk Vrystaat se skenking van R1 miljoen - wat die sinodale rampfonds 'n enorme hupstoot gee - het 'n spesiale getuienis wat agter die geld lê.
Enigeen wat wonder oor die genade van 'n gemeenskap van gelowiges, enigeen wat sinies is oor die wêreld waarin ons kerk is, kan gerus van hierdie onbaatsugtige gebaar kennis neem.
Carin van Schalkwyk (skriba, NG Kerk Vrystaat) vertel kortliks. Klik op die foto.
Logo
2.2 NG Kerk Vrystaat: Verbintenis
Tydens verlede week se sinodesitting in Bothaville het die NG Kerk Vrystaat hulle ernstig verbind tot bepaalde besluite.
Die verbintenis sluit soos volg af: "Die sinode doen ‘n beroep op alle NG Kerk gemeentes en leraars om doelgerig inisiatief te neem in die vestiging en uitbouing van ekumeniese samewerking in ons onderskeie gemeenskappe, dorpe, stede en streke. Ons is 'n geseënde kerk, geroepe om hierdie seëninge met ander te deel, ter wille van ons gebroke gemeenskappe en in diens aan die Koninkryk van God." Lees hier.
3. Reformed Church in Japan
3.1 Getuienis van Omgee en Solidariteit
Die NG Kerk in SA se rampfonds het 'n aansienlike skenking van ons broers en susters in die Reformed Church in Japan (RCJ) ontvang.
Stéphan van der Watt (Missie Japan) deel kortliks die agtergrond van hierdie spesiale gebaar van meelewing. Nadat hy op 12 Junie tydens 'n vergadering van die RCJ se Diakonale Aksie Komitee inligting oor die rampgebeure in die Tuinroete en Oos-Kaap kon deel, is eenparig besluit om 'n bydrae van 500 000 JPY tot die NG Kerk in SA se rampfonds te maak - om mense te help wat regtig hulpbehoewend gelaat is. Lees hier. 
Ons is dankbaar oor hierdie getuienis van God wat deur sy kerk werk om gemeenskappe te help floreer. Alle eer aan Hom.
Leraars uit SA op besoek aan die Van der Watts in Japan
SA leraars op besoek aan die Van der Watts in Japan
3.2 Dankie, Reformed Church in Japan
Hieronder is 'n spesiale boodskap aan die RCJ se Diakonale Aksie Komitee. Ons versoek aan Stéphan van der Watt is dat hy hierdie VrydagNuus, met die boodskap, aan sy kollegas wys. Ons vertrou dat 'n boodskap in hulle eie taal 'n aanduiding van ons diepe dankbaarheid vir hulle meelewing en solidariteit oor soveel kilometers sal wees. Lees die boodskap hier in Afrikaans.
Dankie aan RCJ
WCRC
4. World Communion of Reformed Churches (WCRC)
"Living God, renew and transform us"
Elke sewe jaar kom honderde mense van kerke wêreldwyd byeen vir die vergadering van die WCRC. Vanjaar vind hierdie vergadering met die tema "Living God, renew and transform us" van 29 Junie tot 7 Julie in Leipzig, sowel as Berlyn en Wittenberg, Duitsland plaas.
Ons seënwense aan die NG Kerk se verteenwoordigers daar: Nelis Janse van Rensburg, Dirkie van der Spuy, Gustav Claassen, Elize Morkel, Melanie Thirion en Anette Potgieter, terwyl 'n aantal jongmense ook die jeugprogram bywoon en by die steunspan betrokke is. 
Gustav Claassen gee kortliks meer inligting oor die WCRC. Kry ook dokumente, soos 'n gebedsgids en die skedule van die vergadering, daar. Besoekers aan die drie Duitse stede word selfs uitgenooi om ook aan die verrigtinge deel te neem!

NG Kerk groep na WCRC
5. SA Kerkleiers besoek Palestina
As deel van 'n groep Suid-Afrikaanse kerkleiers (foto onder) was Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die moderamen, NG Kerk), in hierdie dae op besoek aan Palestina.
Hierdie besoek het geskied op die vooraand van die World Council of Churches (WCC) se "Conference on 50 Years of Occupation", van 20-22 Junie 2017 in Bethlehem.
Nelis skryf op 21 Junie: "Dit is vanjaar die 50ste herdenking van die okkupasie van Palestynse gebiede. Daar is 13 Christelike denominasies aktief in die gebied. Die SARK het juis die Christene in Palestina besoek om hulle perspektief op die situasie te verneem. 
Hulle het rapporteer dat daar onmenslike vergrype van menseregte in Israel/Palestina plaasvind. Lees hier verder.
SACC in Palestina
Nelis Janse van Rensburg, Biskop Absolom Mnisi, WRK-waarnemer, Rev Mzwandile Molo,
Ms Duduzile Masango, WRK-waarnemer, Biskop Thami Ngcana, Rev Roxane Jordan,
Biskop Ziphozile Siwa (President van die SARK), Biskop Charles May
6. Getuienisaksie
Ons Matie-broers van Malawi

Dis altyd lekker om van ons NG Kerk-familie se susterskerkleiers by die Fakulteit Teologie raak te loop. Daar was onlangs weer twee van ons CCAP Nkhoma Sinode in Malawi se predikante hier op Stellenbosch vir hul studieblokke: ds Evans Majoni en ds David Zembeni. Evans Majoni  beplan om sy MTh in Kerkgeskiedenis te verwerf met Retief Muller as sy studieleier, en David Zembeni 'n MTh in Gemeenskaps-ontwikkeling te doen; Nadine Bowers du Toit is sy studieleier. 
Evans Majoni
Ds Evans Majoni
David Zembeni
Ds David Zembeni
7. Kerkargief
7.1 Die paradoks van Stilte met Sondagjoernaal
Lizelle de Bruin (RSG, Sondagjoernaal) het die kerkargief onlangs vir 'n reeks opnames besoek. Isabel Murray haal lekkerlees stories van unieke vondse uit die argivale bronne waarin nagevors word.
Sy herinner: "Dalk, as ons weer 'n keer lank genoeg stil kan word om werklik te luister na die ander, na diverse stemme vanuit die verlede sowel as die hede, sal ons die enersheid van ons menswees opnuut hoor. Ontdek dat, soos in die Ou Testamentiese verhale, dit telkens God se stem is wat konstant en deurlopend in die soms mees onwaarskynlike situasies, as rigsnoer en vertroosting, opklink.
Miskien is dit dié waarde van ou, soms verbrokkelende, argivale bronne: om suutjies en versigtig om te gaan met ander se lewensverhale en daardeur die fluistering van God se stem te hoor." Klik hier.
Lizelle de Bruin en Erik Dippenaar
Lizelle de Bruin en Erik Dippenaar
Bossie Minnaar
7.2 Kerkargief
Wat het die Kerk toe Besluit?
Diegene wat soms wonder wat die kerk oor die een of ander saak besluit het, kan gerus kennis neem: die argief op Stellenbosch het groot vooruitgang gemaak met die digitalisering van sinodebesluite.
Op die argief se webwerf (http://kerkargief.co.za) is 'n lekker gebruikersvriendelike soekenjin. "As jy byvoorbeeld 'aborsie' daar sou intik, sal dit binne ’n paar sekondes die hele webwerf deursoek en vir jou die lys in konteks gee," vertel Bossie Minnaar (PSD: Argief). Net nog een van die sinode se dienste waarmee ons probeer om waarde vir predikante en gemeentes toe te voeg.
Byeenkoms vir vroue in bediening
Hennie Moller
ALGEMEEN
1. Met Medelye
Hendrik Jacobus (Hennie) Möller
(04.10.1935 - 15.06.2017)

Ons dink aan Danie Möller (NG Gemeente Helderberg, Somerset-Wes) en sy familie met hul pa, dr Hennie Möller, se afsterwe op Do 15 Junie.
Na sy opleiding in Wellington as sendeling (of "donkie" soos hulle in die omgang bekend gestaan het), is hy in 1958 gelegitimeer en het hy diep spore in die bediening getrap. Hy was onder andere moderator van die NGKA (nou VGKSA) Noord-Transvaal en voor sy aftrede was hy die saakgelastigde en was rentmeesterskap opleiding sy taak in die sinode. Hy en sy vrou Rentia was die laaste 15 jaar lidmate van Helderberg en ook baie betrokke by veral die Mosambiekprojekte van Helderberg Uitreik. 
’n Dankdiens vind plaas op Dinsdag 27 Junie om 14:00 by Helderberg Gemeente.
2. Winterskool 2017 - 'n Terugblik
Die Winterskool wat van 13-15 Junie op Stellenbosch aangebied is, het op drie temas gefokus: "Reforming Society", "Reforming the Church", "Reforming Ourselves".
Besoek Communitas se webwerf vir foto's van die geleentheid - en dra gerus jou eie tot die versameling by! 
Regter Steven Majiedt (een van die hoofsprekers): "In court where I sit, I look down on all in court. But now I look up to the church. The church must teach and lead in order to reclaim the spirit of Ubuntu in order to create an equal, just and caring society."

Winterskool 2017 Dag 3 sprekers
Winterskool - Sprekers en aanbieders: Dag 3
Vlnr Bruce Theron, Margaret Blackie, Coenie Burger, Juliana Claassens, Xolile Simon, Nobuntu Penxa-Matholeni, Jaco Botha, Anita Cloete, Lize-Mari Doubell, Chris Jones
3. WCC Commission: Historical meeting in Pretoria!
The World Council of Churches Commission on Faith and Order had an 8-day meeting from 15-22 June in Pretoria, a meeting with very special significance: this was the first meeting with the Dutch Reformed Church for 57 years! Click here.
The meeting officially opened its meeting on Youth Day, with the colloquium taking place at the University of Pretoria. The group visited the Union Buildings and the Nelson Mandela Statue (where the photo below was taken).

WCC Commission
WCC Faith & Order Plenary Commission at Union Buildings. Prof Mary-Anne Plaatjies Van Huffel (from URCSA, and one of the WCC presidents) is visible on the left.
4. Winterhoop: 1-30 Junie
Winterhoop is 'n jaarlikse veldtog waar Suid-Afrikaners aangemoedig word om noodsaaklike middele soos jasse, serpe, niebederfbare kos en ander items om die erge winteromstandighede die hoof te bied, in te samel. MES Kaapstad is een van die organisasies wat by Winterhoop betrokke is.
Kry 'n lys van landwye aflaaipunte hier en lees op die Winterhoop Facebookblad verhale van mense wat hierby betrokke is en hulp ontvang.
Winterhoop
5. Raakgelees ...
5.1 Oor die Suid-Kaapse brande nagedink
Baie is die afgelope weke geskryf oor die brande wat die Suid-Kaap getref het. Belanstellendes kan oorweeg om twee kommentare oor "God se boodskap" en "antwoorde" waarom sekere tragedies plaasvind, te lees.
Die een is deur Barend Vos ("Wat sê God uit Knysna se vure?") en die ander deur Roedolf Botha, ("Om te cope met moeilikheid") te lees. Die artikels is met dank en erkenning aan Netwerk24 en eKerk onderskeidelik oorgeneem. 
Big heart
5. Raakgelees ...
5.2 Nuwe Geloofsgemeenskappe
God gee 'n ruimer Hart as jy plek maak vir Ander!

Om relevant kerk te wees in 'n veranderende gemeenskap, vra soms dapper keuses en aanpasbaarheid. In 'n artikel in "The gospel coalition" skryf Sarah E Zylstra in 'n pragtige verhaal hoe 'n kerk in Mississipi dit reggekry het. 
"Now, at Redeemer, 'we experience the richness and goodness that comes out of the Presbyterian church without having to give up the goodness that came out of the African-American church.'
'The combination pushes people out of their comfort zones. People have to willingly forego legitimate comforts and preferences in order to be together,' Taylor said. 'But God expands your heart when you make room for the other, and that’s the real blessing.' " Die volledige artikel is hier.
5. Raakgelees ...
5.3 Reformed Church in North America and Belhar Confession
During their synod of last week, the Christian Reformed Church in North America reconsidered their previous categorization of the Confession of Belhar as a "Ecumenical Faith Declaration". After much debate and prayer, Synod 2017 accepted the proposal of adopting the Belhar Confession as a contemporary testimony. Read more. 
The text and accompanying letter to the Belhar Confession is here. (Official English translation as provided by prof Dirkie Smit.)
Kerkklok
GEMEENTENUUS
1. NG 
Prince Alfred's Hamlet vra Hulp
Hang dit aan die GROOT KLOK!

Uit die pragtige Prince Alfred's Hamlet skryf Beaulah du Toit, saakgelastigde:
"Ons klok staan al vir twee jaar en ons kry niemand wat dit kan herstel nie! Weet een van ons gemeentes dalk van iemand wat die klok kan hersien? Tyd staan stil op die klok, maar hardloop op die grond ..."
Kontak Beaulah by 023 313 3694 of ngkpah@absamail.co.za en help asb dat PAH ook die gelui van die klok kan hoor en nie net oor die bel bly wonder nie ...
2. Vishoek en Fraserburg: 'n Gemeenskap reik uit ...
Kollega Martin Barnard skryf: "Ons gemeente reik saam met die gemeentes van VGK en NG Fraserburg na die gemeenskap van Fraserburg in die geheel uit. Ons beoog om weer 60 passievolle lidmate saam te neem, asook 'n hele klompie teologiese studente van die US. Dit is ʼn ware gemeenskapprojek waarby skole ook betrokke is.
Elke jaar se uitreik is anders, verlede jaar kon ons 'n mediese uitreik saamneem, vanjaar stuur die Here vir ons 'n regsdienstespan wat weer op ander sake fokus. Dit is wonderlik om net te sê: “Here, stuur U wie en wat nodig is. U weet die beste!” 
As jy gemotiveer wil word deur 'n spesiale getuienis, lees verder ...
Klankmanne
Rekenaar & dataprojektor en opleiding daarby!
Fotosessie
Familiefoto's word geneem
Toringkerk Winter Worship
3. NG Toringkerk: Winter Worship
"Sondagaand 25 Junie om 18:30 gaan ons lekker Praise en Worship en saam met ons Msinga-uitreikspan kuier. Kom kuier saam in die Toringkerk kerksaal (h.v. Hoof- en Van der Lingenstraat) oor 'n lekker stomende koppie koffie, maak nuwe vriende en ontmoet vir God deur lekker lof en aanbidding. Almal welkom!" So nooi Jan Louw namens die vriendelike Paarliete.
4. NG Paarl-Vallei: Vyfde Jaarlikse Uitreik na Middelpos!
Die naweek van 19 tot 21 Mei 2017 het 14 gemeentelede van Paarl-Vallei vir die vyfde agtereenvolgende jaar na Middelpos opgeruk.
"Die hoofdoel van hierdie jaarlikse geleentheid is om fisies God se hande en voete te wees vir 'n gemeenskap wat minder as ons het. Maar ons deel nie uit nie. Ons doen saam en omarm met liefde, omdat elke mens kosbaar genoeg vir God is om moeite mee gemaak te word," vertel Comari Lategan.
Sien onder: entoesiastiese Middelpos-pretloop! Meer pragfoto's (met dank aan Gawie van Broekhuizen) is ook op die sinode se webwerf: klik hier.
Inligting oor die NG Gemeente Paarl-Vallei is op hulle webwerf te kry.
Middelpos pretloop
Barend Nel
5. NG Gemeente Kraaifontein
Gedenkdiens vir Madalene Nel 

VrydagNuus het voorheen berig oor die skielike dood van Madalene Nel, vrou van Barend. Hulle was ongeveer 30 jaar predikantspaar in die NG Gemeente Kraaifontein, voordat Barend einde Februarie 2014 afgetree het.
Die gemeente deel nuus oor die gedenkdiens wat op 2 Junie vir Madalene (60) gehou is. Lees hier verder.
PREDIKANTENUUS
1. SA Gemeente (Londen): Kollegas, bly te Kenne! 
Ons het voorheen reeds die SA Gemeente in Londen (deel van die Noordelike Sinode) deur VrydagNuus bekendgestel.
Die predikantspare wat die leiding daar neem, is Andre en Tanya Harmzen, Rian en Ronel Steyn en Ferdie en Lizelle Clasen. Hier is 'n paar vrae - en lekker antwoorde (!) van hierdie drie kollegas om hulle effe beter te leer ken. 
Bid asb vir dié bediening aan wêreldburgers, waarvan heelparty ons eie mense is. 
Rian en Ronel Steyn; Tanya en Andre Harmzen; Ferdie en Lizelle Clasen
Rian en Ronel Steyn, Tanya en Andre Harmzen, Ferdie en Lizelle Clasen
Londen
So vertel hulle ...
Dink jy die bediening in Engeland verskil van SA?
Kerk word soos familie en elke erediens soos 'n Sondag familiekuier. - Andre Harmzen

Wat geniet jy die meeste van Engeland?
Wat vir my na aan die hart lê, is die erns wat mense met die kerk maak ... - Rian Steyn

Wat mis jy die meeste van SA?
Ons mis die saamsing om 'n bosveldvuur met "regte" hout! Ons mis die goeie diens en die waarde vir geld van Suid-Afrikaanse restaurante! Ons mis die gemoedelikheid en spontaniteit van mense in winkels en op straat! Ons mis die kreatiwiteit van mense wat sypaadjies in winkelsentrums verander! - Ferdie Clasen
Dawid en Wilmien Kuyler
Dawid en Wilmien Kuyler
2. Dawid Kuyler en Outeniqualand
- God hou sy beloftes
 

"Op Sondag 18 Junie het ek die voorreg gehad om te te preek in die gemeente waar ek grootgeword het.
Ek is op 8 Julie 1958 gedoop in die NG Kerk Outeniqualand en het in 1974 belydenis van geloof afgelê in die gemeente.  My ouers was arm kleinboere wat naby Glentana gewoon het. In 1979 het ek as teologiese student my eerste preek in die gemeente gelewer.  In 2017 sou ek die tweede keer daar preek. "
Lees hier hoe Dawid Kuyler vertel ...
EKOLOGIE
1. Ontmoet ons Eko-taakspan 
Vir Getuienisaksie is die uitleef van God se liefde teenoor die natuur wesenlik deel van die kerk se getuienistaak. Daarom het Getuienisaksie 'n Eko-taakspan gevorm wat die kerk moet help om hierdie taak entoesiasties en effektief uit te voer. Die taakspan se leuse is: "Ons kweek en ondersteun aardversorgers in navolging van Jesus Christus". Lees hier verder vir belangrike inligting: 
Eko-taakspan
Vlnr David Botha, Jan Odendaal, Diek van der Zel, Carl Swart, Kobus Odendaal
Insetfoto's: Juanita Greyvenstein, Nadia Marais, Susan van Zyl
2. SAFCEI: Soil, Soul, Society
Threat of development to Cape Town's water
Is unfettered development threatening Cape Town’s scarce water supplies? And what can we do about it as Capetonians? This is the first in a new series of Soil, Soul and Society events hosted by SAFCEI on Wednesday 5 July from 18:00 to 20:00.
A panel of experts will introduce local examples where development has come at the expense of the environment: in Princess Vlei, Paardevlei Dam, Kenilworth Racecourse, etc, followed by a lively QnA and informal discussion. More information  - Portia: portia@safcei.org.za / 021 701 8145. 
Venue: A Touch of Madness Restaurant, 12 Nuttall Road, Cape Town 7925
Bye
Bye se rol in die ekosisteem
3. Bye in Knysna gehelp
'n Spesiale skenking deur Gift of the Givers om die bye in die Knysna-omgewing te help rehabiliteer, is goeie nuus vir almal met 'n hart vir die ekologie.
Meer as 300 byekorwe is in die brande verwoes (en een huisves sowat 60 000 bye!) Lees hier, met dank aan Netwerk24.
As jy meer oor die belangrike rol van bye in die ekosisteem wil lees, klik hier.

Daar word self ook na die wilde diere omgesien - lees hier.
BEHOU DIE HUMOR
Blended worship
NUUSBRIEWE
e-Saaier: Die Gewildste boek in die Bybel is ...
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het onlangs 'n opname genaamd "Jy & jou Bybel" gedoen om vas te stel hoe lesers oor die Bybel voel en hoe hulle die Bybel lees. Die terugvoer was goed en die algehele resultate was baie interessant.
Watter boek word die meeste gelees? Lees meer in die Junie-uitgawe van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se nuusbrief, die e-Saaier.
e-Saaier
PUBLIKASIES
Bybel-Media: Kerkbode
Lees die Bybel-Media nuusbrief vir nuus oor die jongste publikasies. Klik onder om in te teken vir die e-Kerkbode, lees meer oor die Kerkbode van 23 Junie en kry die gerieflike Kerkbode-toepassing op Google Play of Apple iStore.
e-Kerkbode Kerkbode 23 Junie Kerkbode Playstore
KUIERKANS
Klik onder vir meer inligting. Geniet die heerlike winter-kuiergeleenthede!
Kuierkans 23 Junie
Kerkbode-logo
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende gedrukte Kerkbode verskyn op 23 Junie 2017.

1. NG Gemeente Paarl-Vallei: Medeleraar
Ons herinner aan die NG Gemeente Paarl-Vallei, ’n gemeente met 1314 belydende en 360 dooplidmate uit alle ouderdomsgroepe, se vakature vir ’n medeleraar.
Lees meer oor die gemeente se belydenis en verwagtinge van die suksesvolle kandidaat en reageer voor 12:00 op Vrydag 14 Julie.
Toringkerk-logo
2. NG Gemeente Toringkerk: Orrelis
Die NG Gemeente Toringkerk in die Paarl het tans 'n vakature vir 'n orrelis, verantwoordelik vir die sang en musiek tydens oggenddienste en ander geleentheidsdienste.
Lees meer oor die vereistes en reageer voor 4 Augustus.
Belangstellendes kan Toringkerk se webwerf hier besoek.

Karien Muller
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Karien Muller
Die afgelope natuurrampe wat ons land getref het, het my opnuut laat besin oor die vraag: Hoe leef die kerk sy getuienis in die wêreld uit? In 'n wêreld wat honger na genesing, vergifnis, versoening, en veral onvoorwaardelike liefde, moet die kerk daardie honger deur sy bediening verlig. Waar ons ookal hierdie honger stil, getuig ons van die lewende Christus. 
Is hierdie getuienis sigbaar in die werklikheid van ons alledaagse lewe? Paulus praat egter van 'n nuwe werklikheid wat ons in God verkry het, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het (2 Korintiers 5:18).
Dis nie altyd maklik om getrou aan ons getuienis te leef nie. So wat ons ookal doen en waar ons ookal gaan, is die vraag: Lei dit tot versoening tussen mense?
***
Karien Muller het op 33 haar teologiese studies begin. Sy glo in die voorsienigheid van God, in die oortuiging dat God haar onderhou en daagliks lei. Sy is die afgelope vier maande predikant van die VGKSA Durbanville-gemeente. Kontak Karien by karienmul@gmail.com.
Wat GLO jy as jy sê: Ek glo in God die Vader,
die Almagtige,
die Skepper van die hemel en die aarde?
Antwoord: Ek glo dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat die hemel en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskep het (a) en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog onderhou en regeer (b), ter wille van sy Seun Christus my God en Vader is. (c) Op Hom VERTROU ek so dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my, met alles wat vir liggaam en siel nodig is, sal versorg nie.
- Heidelbergse Kategismus: Sondag 9, Vraag en antwoord 26 (uittreksel)

VrydagNuus-groete.

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.