Lees deur internet, klik hier >>
23 Februarie 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Cross shows immeasurable love of God
Geskiedkundig
SINODENUUS
1. Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit
Terreinoorhandiging: troffel aan die steen!
Die fokus van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit is die ontwikkeling en bevordering van missionale spiritualiteit wat voortbou op die lewe en werk van Andrew Murray vanuit die Gereformeerde identiteit van die NG Kerk.
Op Woensdag 14 Februarie het personeel van Hugenote Kollege, die Sinode van die Wes-Kaapland, Kunst Argitekte en die bestuurspan verantwoordelik vir die bouwerk, by die Murray Jubileum Zaal op die Samuelkampus vir die amptelike oorhandiging van die perseel bymekaargekom. Lees die mediaverklaring oor dié geskiedkundige gebeure, soos uitgereik deur die Hugenote Kollege.

Willie van der Merwe, Nelis Janse van Rensburg, Frederick Marais, Charl Stander,
By die terreinoorhandiging: Willie van der Merwe (Hugenote Kollege rektor), Nelis Janse 
van Rensburg (Hugenote Kollege direksievoorsitter), Frederick Marais (assessor), 
Charl Stander (skriba) en Herman Bailey (Hugenote Kollege direksielid)

2. "Watermomente"
- vir Lydenstyd

In aansluiting by die onlangse dag van verootmoediging, wil ons mekaar herinner aan wat ons as gelowiges bely in reaksie op droogte, uitdagings en krisisse. As deel van ons afhanklikheid van God moet ons ons ook by herhaling verbind aan groter sensitiwiteit teenoor God se skepping.  
Hier is die tweede in 'n reeks van sewe liturgiese watermomente. Gebruik die insetsel om 'n oomblik van verootmoediging en voorbidding vir die droogte en waterkrisis eerskomende Sondag op 'n gepaste plek in die liturgie te skep. Laai die You Tube-video hieronder af.
Watermoment 2 - Ons bely
3. Teologiese Navorsing
Werkswinkel oor opdragwerk
Die Kantoor vir Teologiese Navorsing het weer ‘n werkswinkel gehou vir PhD-studente wat besig is met opdragwerk vir die Sinode van Wes-Kaapland. Die navorsingsprojekte is verder geslyp en belyn met die behoeftes in die kerk.
Op die foto onder is ‘n paar van die deelnemers – klik hier om meer oor hulle studievelde te lees. Dankie vir julle harde werk, kollegas!
Colloquium groep
Agter v.l.n.r.: Enel Lambrechts, Jacobie Helena, Wynand Breytenbach, Jaco Botha, Len Hansen, Christiaan Hermans, Pieter van der Walt  Voor: Frederick Marais en Marié Britz
4. Sentrum vir Publieke Getuienis 
4.1 Western Cape Ecumenical Network byeen
Die WCEN het die afgelope week weer buite Franschhoek vergader en tydens die gala dinee het proff. Wim de Villiers (US) en Barney Pityana (voormalige rektor van UNISA)  oor die toekoms van universiteite in SA gepraat. Ander sake wat op hierdie vergadering van kerkleiers aandag gekry het, was die waterkrisis, aksieplanne vir Delft, Atlantis, Khayamadi en Manenberg, sekuriteit, die CRL-verslag, restitusie en die uitbou van die WCEN se werksaamhede. Foto onder.
WCEN
Ds. Pieter Grove (moderator, VGKSA Kaapland), proff. Barney Pityana en Wim de Villiers, dr. Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis)
4.2 Gesprek met Palestynse ambassadeur
Braam Hanekom van die SPG het op 9 Februarie ’n baie konstruktiewe gesprek oor die toekoms van Palestina en Israel met die Palestynse ambassadeur gehad.
Op die foto onder is die ambassadeurspaar, Hashem en Paiva Dajani, by Braam en Mariette Hanekom.
Palestynse gaste
Nicola Vermeulen en Hazel Herwel
5. Diaconia
SmartStarters blink uit
Ons deel graag die spesiale nuus dat Hazel Herwel (regs op die foto, saam met Nicola Vermeulen) pas aangewys is as “co-trainer” van SmartStart. 
Hazel is een van die “club coaches” wat ’n wonderlike bydrae vir SmartStart met vroeëkindontwikkeling in De Doorns speel. Mag hierdie geleentheid om selfs meer lewens te beïnvloed, baie seën vir jou inhou!
Enigeen wat meer oor SmartStart wil weet, kan Nicola kontak by nicola@kaapkerk.co.za of www.smartstart.org.za besoek.
#Imagine!
Stoor bg. nommer op jou selfoon om op die hoogte te bly van #imagine2018
#imagine kidz
7. #imagine kidz word drie!
JC de Jongh, sosiale media- en projek-bestuurder van #imagine kidz, laat weet soos volg:
"In
2017 het ons landswyd 28 #imagine kidz ervarings gehad. Hierdie jaar vier ons ons derde bestaansjaar en dit sal ‘n ongelooflike ervaring wees as ons dit kan vier met 50 #imagine kidz ervarings regoor Suid-Afrika!"
Inskrywings vir gashere open 1 Maart. Besoek gerus #imagine kidz se webwerf indien jy belangstel om as gasheer te registreer.
Die sluitingsdatum vir registrasie vir die Junie-vakansie is 30 April.

8. Loop Saam: Werkswinkel vir versoening
Ons as lidmate van die VGK, NG Kerk in Afrika, RCA en NG Kerk het ‘n verantwoordelikheid om uitreik, omgee, liefde en respek te modelleer. Hoe kan ons mekaar help om volhoubare vriendskappe oor grense te ontwikkel? Gaan gesels op 22 Maart by Communitas saam oor hierdie pad van heling en die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika. Reageer voor 14 Maart; klik hier.
Sprekers
Aanbieders Collin Goeiman en Hannes Theron
9. Dit woel in die Kerkargief op Stellenbosch!
9.1 Wees (word) 'n vriend van ons argief
Die NG Kerkargief op Stellenbosch het  ’n nuwe inisiatief geïnisieer, nl. “Die Vriende van die Kerkargief”. Die doel hiervan is om mense byeen te bring wat deel in ons gemeenskaplike erfenis en die geskiedenis van ons kerk. Omdat die Kerkargief nie alles alleen kan aanpak nie, maak hulle graag gebruik van mense wat  ’n bydrae kan lewer. So is daar studente wat help met digitisering, daar is oudpredikante en amptenare wat help met beskrywing van dokumente, sendelinge wat stories oor Afrika vertel en genealoë wat registers transkribeer. Klik hier en word deel van hierdie sinvolle aksie!
Argiefvriende
Vriende van die Kerkargief: Pieter en Dolores Theron, Deon en Ester Retief, Helen Meyer, Cecile Perold, Isabel Murray en Marizanne Pfeil
9.2 Kerkargief deel van Genealogieweek
Maak jou reg vir 'n week lange (4-11 Maart 2018) warrelwindtoer deur genealogie! Die volledige program wys dit is 'n moet vir elkeen wat die geskiedenis koester! Klik onder vir meer besonderhede. Dis duidelik dat dinge by ons argief behoorlik woel! Sterkte, kollegas.
Genealogiedag
Andrew Kok
9.3 Andrew stel argief aan genealoë bekend
Soos voorheen berig, is Andrew Kok (ons argiefbestuurder) deur die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van SA (eGGSA) genooi om die werk van die NG Kerk in SA Kerkargief maandeliks op hulle Facebook bekend te stel. As jy meer van hierdie “amptelike geheue” van die NG Kerk en getuie van God se uitbreiding van sy koninkryk oor jare, wil weet, lees die Februarie-bydrae.
Aswoensdag
GEMEENTENUUS
Geseënde Aswoensdag in La Rochelle

Die NG Gemeente La Rochelle in Bellville het vanjaar Aswoensdag gevier met 'n interaktiewe gebedsreis en 'n geleentheid vir verootmoediging.
Individue, gesinne en selgroepe het die ses verskillende stasies op hul eie tyd meegemaak. Dit was ’n spesiale geleentheid van stilword, selfondersoek, skuldbelydenis, gebed, asook diens aan ons mede-mens en die skepping. 

Klik hier vir meer. 'n Besoek aan La Rochelle se Facebook-blad gee meer foto's en deel ook van die getuienisse van diegene wat die gebedstasies besoek het. Dankie, La Rochelle!
Nagmaal
Willem Venter bedien nagmaal
Kruis
'n Kruis vir Aswoensdag
Gebedsversoeke
Versoeke vir voorbidding is welkom.
Nel gesin
PREDIKANTENUUS
Jaco en Karisa, welkom!
Op 1 Maart verwelkom Koringberg se mense vir Jaco en Karisa Nel as nuwe predikantspaar saam met hulle seuntjie, Christopher. Jaco, wat sedert Julie 2016 predikant in die NG Gemeente Port Elizabeth-Oos was, is ’n oud-Kovsie wat voorheen o.a. ook as jeugwerker by die NG Gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein betrokke was.
Ons wens jou baie sterkte met die bedieningsreis in die Swartland toe, Jaco. Mag jou bevestiging en intreepreek (op Sondag 4 Maart om 09:00) ’n baie geseënde eerste tree vir julle as gesin in die nuwe omgewing wees.
Julle is baie welkom!

Cyril Ramaphosa
ALGEMEEN 
1.1 Wat sê die kerk?
Met die bedanking van voormalige pres. Jacob Zuma, sowel as die verkiesing van pres. Cyril Ramaphosa, is uit verskillende oorde genoem dat lidmate wag op die "NG Kerk leierskap se openbare reaksie" op hierdie gebeure.
Ons herinner daaraan dat die NG Kerk lid is van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), 'n interkerklike forum wat meer as 36 kerke en organisasies verenig. (Die SARK is dalk beter bekend onder die Engelse naam, die South African Council of Churches, SACC.) Die SARK is ’n sterk, verenigde en geloofwaardige stem in die wêreld waarin ons kerk is. Die NG Kerk voeg sy stem graag by die mediaverklarings wat deur die SARK uitgereik word.
Op 21 Februarie het die NG Kerk ook 'n eie gelukwensing aan die president gerig: klik hier.

Malusi Mpumlwana
1.2 Geluk aan ons nuwe president!
In ’n mediaverklaring van 17 Februarie 2018 het biskop Malusi Mpumlwana, algemene sekretaris van die SARK, pres. Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy verkiesing. Terselfdertyd het die SARK alle gemeentes opgeroep om met hernude erns weekliks voorbidding te doen vir die president en sy kantoor. Die verklaring is hier. 

2. US Teologiese Dag: onverskrokke woord en daad
Die Fakulteit Teologie aan die US het op 5 Februarie 2018 die jaarlikse Teologiese Dag aangebied met die tema, "Onverskrokke woord en daad in hierdie tyd: Teologie, etiek en burgerlike moed”.
Die hoofsprekers was prof. Thuli Madonsela, wat onlangs aangestel is in die leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid by die US se Fakulteit Regsgeleerdheid, en ds. Courtney Sampson, 'n Anglikaanse priester en voorsitter van die Wes-Kaap provinsie se Onafhanklike Verkiesingskommissie. Lees hier hoe Dion Forster, wat die vraesessie fasiliteer het, terugkyk op die geleentheid. Die video van prof. Madonsela se toespraak is onder beskikbaar.

Thuli Madonsela video
Klik bo vir die video met prof. Thuli Madonsela
Peter Nagel
3. Nuwe kollega by Kweekskool
Welkom, Peter Nagel!

Ons heet Peter Nagel, senior lektor: Ou en Nuwe Testament, Fakulteit Teologie, graag hartlik welkom by die Kweekskool op Stellenbosch. Hy is sedert 1 Januarie 2018 deel van die personeel. Na 42 jaar op hulle familieplaas, Linquenda (in Gauteng), het Peter en sy gesin Kaap toe verhuis na hy by die fakulteit aangestel is. Lees hier verder.

Like
4. Raakgelees 
4.1 Gemeentes: wenke vir Facebook
As jy verantwoordelik is vir julle gemeente se Facebook, wonder jy dalk soms wat jy kan doen om beter reaksie vir die blad te bewerk of meer mense te kry wat julle nuus volg. Lees hier
Sieg Louw
4.2 Draers van lewe
Siegfried Louw, predikant van Proteahoogte in Brackenfell, skryf vir Ekerk oor draers van lewe. Oor waardigheid, menswaardigheid. En oor God “wat geduldig aanhou vashou ... en nie laat los nie.” Lees gerus sy bydrae.
(“Ekerk is nie ’n eie kerk nie; dit vervang ook nie jou plaaslike gemeente nie. Ekerk is bloot net nog ’n manier om kerk te wees in Suid-Afrika en die wêreld,” aldus hulle webwerf.)
PUBLIKASIES
CLF: jongste publikasies
CLF deel inligting oor 'n reeks boeke oor die krag van gebed. Enigeen wat riglyne soek vir gebed vir hulle ongebore kinders, kan gerus na The Pregnancy Prayer Book kyk. Die tweede boek in die reeks, The Toddler Prayer Book, is gemik op ouers met kinders tot die ouderdom van ses jaar. Kry dit teen slegs R125; klik onder op die grafika vir meer inligting. Bestel by order@clf.co.za of skakel 021 873 6964. 
The Pregnancy Prayer Book CLF-logo The Toddler Prayer Book
Woestynnagmaal
EKOLOGIE
1. 'n Nagmaal-ervaring in die woestyn

Verlossing is om Christus se gesig ORAL raak te sien. Ons dink te eng oor verlossing. Daarom ly die skepping - én ons! Ons ontmoet vir Christus in ALLES wat Hy gemaak het. Dit is wat God se menswording in Jesus van Nasaret vir ons sê. Lees hier meer. Dank aan David Botha wat hierdie bydrae namens Projekspan Ekologie gelewer het.

WWF-logo
2. WWF SA: Wednesday Water File
Vir die eerste keer in weke wil dit lyk asof Dag Zero dalk voorkom kan word. Daar is hoop dat ons besighede en werksplekke sal bly funksioneer.
Hierdie week se “Wednesday Water File” van die WWF Suid-Afrika fokus op die planne wat ondernemings moet hê om die vraag na water te verminder, die waterbronne wat hulle gebruik, te diversifiseer en ook voor te berei vir 'n Dag Zero in hul direkte bedrywighede, met personeel, naburige besighede en verskaffers. Klik hier.

110 Green
3. Besighede: kry ’n kontinuïteitsplan
Die Wes-Kaapse Regering gee op hulle 110% Green-webwerf wenke en riglyne vir besighede om ’n kontinuïteitsplan op te stel sodat hulle gereed is vir ’n moontlike Dag Zero. Die gedagte bly om Dag Zero te voorkom. Omdat Dag Zero egter deur soveel veranderlikes beïnvloed word, is behoorlike voorbereiding daarvoor deel van verantwoordelike rentmeesterskap. Lees hier en deel gerus met werkgewers in jou omgewing.
Sustainable development
4. Klimaatsverandering: hier is wat ons kan doen
Die Verenigde Nasies (VN) se fokus op volhoubare ontwikkeling is ’n omvangryke wêreldwye projek. Gelukkig kan elkeen deel van die oplossing wees om klimaatsverandering teen te werk.
Die VN deel eenvoudige en praktiese maniere om ons roetine aan te pas en ’n groot verskil te maak, selfs al ontspan jy op jou rusbank! Lees hier.

BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Logo
VAKATURE
Vakatures in Kerkbode
Die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode, het die jongste nuus oor vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies. Dit word ook op e-Kerkbode bekendgemaak.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 2 Maart.

Logo
1. NG Gemeente Stellenbosch-Wes
Die NG Gemeente Stellenbosch-Wes wil graag persone aanstel in ’n verskeidenheid rolle wat in hulle gemeente-kultuur inpas. Lees gerus meer en reageer voor 23 Maart.
Musieknoot
2. Strooidakkerk: Musiekdirekteur
Die musiekbediening in die Strooidakkerk vorm ’n groot deel van die kerk se identiteit tydens eredienste. Die pos as musiekdirekteur is vanaf 1 Januarie 2018 vakant. Klik hier om te sien watter persoonlikheidseienskappe in die geskikte kandidaat verlang word en reageer voor 28 Februarie 2018.
Logo
3. SENTIK: Inligtingspesialis
Die Sentrum vir Toerusting, Inligting en Kommunikasie (SENTIK) van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) beskik oor ’n pos vir ’n Inligtingspesialis by die sinodale dienssentrum in Pretoria.
Die posbeskrywing en vaardigheidslys is hier beskikbaar. Reageer voor 16 Maart 2018.
Logo
Huis Hanna Hopkins
4.1 Badisa Huis Martina: Assistent Nutsman
Huis Martina in Parowvallei is ’n tehuis vir bejaardes. Hier is tans ’n vakature vir ’n assistent nutsman om so spoedig moontlik diens te aanvaar. Lees hier verder en reageer voor 28 Februarie.
4.2 Badisa Huis Hanna Hopkins: Bestuurder
’n Herinnering: Het jy deernis met ’n medemens wat swaarkry? Wil jy graag siek persone en hul familielede bystaan in hul uur van nood? Hou jy daarvan om ’n huislike atmosfeer te skep vir diegene wat daarna smag? Oorweeg dit dan biddend om aansoek te doen vir die pos van bestuurder by Kerkhuis Hanna Hopkins in Observatory. Mev. Hopkins (predikantsvrou) het 45 jaar gelede die nood van pasiënte weg van hulle huise raakgesien. Onder haar leiding het die huis tot stand gekom en bedien hulle steeds mense in hul nood. Klik hier en reageer voor 28 Februarie.

Sipho Mahokoto
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Sipho Mahokoto
As South Africans we still have hope to embrace one another and work out our differences together to heal our nation.
This is a summary of the message from #SONA2018 by Pres. Cyril Ramaphosa when he said, “While there are many issues on which we may differ, on these fundamental matters, we are at one. We know that there is still a lot that divides us.” He concluded, “While change can produce uncertainty, even anxiety, it also offers great opportunities for renewal and revitalisation, and for progress. Together we are going to make history.”
Faith leaders have a vital role to play in helping South Africans to embrace one another irrespective of our differences. The notion of the body of Christ holds the promise to help us to acknowledge our differences, our abilities and disabilities, our strengths and weaknesses, and further, to understand that we are weaker without the others around us. The only hope for renewal of South African society and the restoration of our dignity, as people, is to realise that we belong to each other as expressed in 1 Cor. 12. 
                                                                    - - - - -

Sipho Mahokoto, of URCSA Kayamandi, is also the Senior Program Coordinator of the Ecumenical Foundation of Southern Africa (EFSA) Institute that serves as secretariat for the National Religious Association for Social Development (NRASD). Contact him.

Ecce homo
"O Jesus, Man van smarte,
o Liefde onbegrens,
skryf diep in alle harte
die woord: 'Aanskou die Mens!'"
(Lied 389, Liedboek van die kerk)
VrydagNuus-groete
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.