Lees deur internet, klik hier >>
24 Augustus 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Compassion
Compassion is not a virtue - it is a commitment.
It's not something we have or don't have -
it is something we choose to practice.
- Brené Brown

SINODENUUS
1. Restitusie op die tafel
Die NG Kerk het die afgelope maande met verskeie uiteenlopende gespreksgenote ontmoet - in pas met sy rol en verantwoordelikheid om deur gesprek 'n sinvolle bydrae tot vrede en geregtigheid in ons land te lewer.
Tydens een van hierdie geprekke was 'n paar leiers van die Sinode van Wes-Kaapland en die Wes-Kaapse Wetgewende KhoiSan Raad (Western Cape Legislative KhoiSan Council) op Maandag 20 Augustus in Bellville in gesprek oor restitusie. Onder is sommige van die teenwoordiges.
Khoisan Raad ontmoet Wes-Kaapse leiers
Agter v.l.n.r. Frik Bosman, Henry Meyer, Nelis Janse van Rensburg, Joe Damos,
Heerden van Niekerk, Charl Stander
Voor v.l.n.r. Karel King, Francisco MacKenzie (Chief Autshumoa), Timo Gonnema 
Ringsleiers, kerkraad en moderamenvergadering 27-29 Augustus 2018
Sinodesitting
3.1 NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland)
Sinodesitting 2019
Al 228 gemeentes van die Sinode van Wes-Kaapland kom in Mei 2019 weer by Goudini Spa saam as ’n vergadering van gemeentes – ’n sinode.
Terwyl dit ’n geleentheid is om sáám as groep van meer as 750 persone in die teenwoordigheid van die Here te wees, vertrou ons dat gemeentes nou reeds voorbidding vir ’n geseënde sitting sal doen en ook deel in die afwagting van ’n geloofsgemeenskap wat vierjaarliks op so 'n manier ontmoet. 
Elke kerkraad besluit maande voor die tyd wie hulle afvaardig na die sinode. Die afvaardiging bestaan uit al die predikante van 'n gemeente plus 'n kerkraadslid vir elke predikant. Hierdie name word ingestuur na die skriba van die sinode en in die agenda opgeneem. Ons noem dit geloofsbriewe. Dit beteken elke lid kom met die mandaat van die gemeente na die sinode.

3.2 Sinodesitting 2019: hier is jou kans!
Oor die volgende weke deel ons inligting oor geleenthede om betrokke te raak by die reëlings vir die sinodesitting van Mei 2019. Dit sluit onder meer in: tegnologiewerkspan, PowerPoints, kommunikasie, notulespan en meer. Die wiele kom reeds stadig maar seker aan die rol om die logistiek van hierdie groot vergadering aan die beweeg te kry. 
Tegnologiewerkspan
Predikante (of kerkraadslede wat nou reeds weet dat hulle afgevaardigdes sal wees) wat vaardig met moderne tegnologie is en belangstel daarin om by die sinodesitting deel van die tegnologiewerkspan te wees, kan ons gerus kontak.
Hierdie span is verantwoordelik vir die internet-, data- en klankstelsel. Hulle organiseer en ondersteun die rekenaarsisteem en vertoon o.a. agendapunte en video’s op die groot skerms.
Stel jy belang? Stuur jou naam en van, gemeentenaam, selfoonnommer en e-posadres na media@kaapkerk.co.za. Dui asb. aan indien jy 'n kerkraadslid is en vertel kortliks watter toepaslike ondervinding jy het. Ons sien uit na jou unieke bydrae!

Taakspan Vrouebegeleiding
4. Taakspan Vrouebediening
Bly te kenne!
Die Vrouebediening Wes-Kaapland wil gemeentes help om veilige ruimtes te skep waar vroue oor generasies en ander grense heen verenig kan word en kan floreer in die gemeentes en gemeenskap.
Kontak Ankia du Plooÿ by ngkvroue@sun.ac.za met enige navrae.
Besoek gerus hulle webwerf - klik hier.
Die Wes-Kaapse Vrouebediening is ook op Facebook - gaan ondersteun hulle asseblief.
Op die foto regs is: Ankia du Plooÿ, Mariëtte Steyn, Marelise Krige, Riana Furniss en Gielie Loubser.
Afwesig: Yvonne Neethling.

Maatskaplike werkers
5. Barmhartigheidsmaand:
Smee bande met ons maatskaplike werkers
Dit is Barmhartigheidsmaand. Is daar ’n Badisa-program in julle gemeenskap? Oorweeg gerus om die maand af te sluit deur 'n maatskaplike werker te nooi om tydens die erediens van 2 September te getuig van die werk wat as deel van ons NG/VG Kerkfamilies in julle dorp gedoen word. Gebruik ook die geleentheid om vir die werksaamhede van professionele maatskaplike dienslewering te bid.
2 September is ook biddag en danksegging oor reën. Die Here seën ons op soveel maniere – en mense wat met roeping en passie in ons gemeenskappe werk, is deel van hierdie gawe. 
Badisa-logo
6. Barmhartigheid - Hoop - Badisa
In Barmhartigheidsmaand kan ons nie nalaat om te herinner aan die omvattende werk wat Badisa, die eenheidsbediening van die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) en die VGKSA (Kaapland Sinode), doen op die terrein van kinder- en familiesorg, bejaardesorg, vroeëkindontwikkeling, persone met gestremdhede en middelafhanklikheid nie.
Badisa se algemene jaarvergadering op 4 September 2018, is 'n hoopgewende geleentheid om 'n blik op die hart van hierdie unieke geloofsgebaseerde organisasie te kry. As jy hulle glad nie ken nie, mag jy verbaas wees om te hoor dat Badisa in 2017 meer as 750 000 mense met hoop vervul het. Onder is 'n uittreksel uit die jaarverslag van 2017.

Badisa dienslewering en hoop
Diaconia AJV 5 September 2018
7.1 Diaconia: wat is kerk se rol in rampondersteuning?
Hiermee word belangstellendes vriendelik uitgenooi na die jaarvergadering van die Diensgroep Diaconia.
Hulle gasspreker, Craigh Stewart van die rampondersteuningsgroep RESPOND, sal die vergadering toespreek oor die unieke rol van die kerk in tye van ontwrigting vanweë rampgebeure. 

RSVP per e-pos voor 29 Augustus by Ria Koen: diaconia@kaapkerk.co.za
Meer oor Diaconia se werk en fokus is by www.diaconia.co.za te lees.
7.2 Diaconia dagbestuur byeen
Die dagbestuur van die Diensgroep Diaconia het op 15 Augustus in Bellville vergader. Seënwense met die verantwoordelikhede op julle skouers!
Die lede wat teenwoordig was, is in die agterste ry op die foto onder van links na regs Frankie Gerber, Christine Quickfall, André O’Kennedy, Pedro Oktober, Gerome Haupt, Isabella de Kock en Sean Esterhuizen. Voor staan Charlton Crowley, Clinton Petersen en Xolani Mhobo. 
Dagbestuur
7.3 Diaconia: Taakspan MIV/Vigs
Die Taakspan MIV/Vigs was op 16 Augustus in Bellville saam en werk tans aan ’n langtermyn strategie om minstens een VGKSA en een NGK predikant uit elke ring op te lei as MIV-fasiliteerder. Hierdie fasiliteerders sal dan leiding kan neem in die bepaalde ring as dit kom by gemeentes se betrokkenheid by, en uitdagings oor MIV en Vigs.
Die Vigstaakspan is ook tans besig om die jarelange verhouding met CABSA, wat sedert 2005 ’n leidende rol in die taakspan speel, te formaliseer.
Vir meer inligting oor die volgende vergadering, die gesamentlike MIV-beleid en strategie, of CABSA se dienste, kontak gerus vir Aneleh Fourie-le Roux  – hier is meer. Foto onder.  
Taakspan HIV/Vigs
V.l.n.r.: Hannes Theron, Vernon Endley, Aneleh Fourie-le Roux, Benny Martin, Stephen Pedro en Sean Esterhuizen
8. Communitas: Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing
Multikulturaliteit die wenresep!
Die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing is ʼn intensiewe bedieningsvernuwings-kursus in die VBO-program wat leraars wil help om op ’n dieper en grondiger vlak heroriënteer te word t.o.v. hulle bediening. Die kursus word in ’n formaat van nege modules oor drie jaar gedoen.
Hierdie nege modules word tans saam met Communitas se ekumeniese vennote aangebied, sodat besondere bande tussen mense oor kultuur-, taal- en etniese grense gesmee word – koinonia soos min! Lees meerOnder is die lekker uiteenlopende 2016-groep wat hul laaste module verlede week voltooi het. Om te sien van waar elkeen is, klik hier.
Kursusgangers 2016
Voor: Jo-Anne Claasen, Robin du Plessis, Christopher Gordon, Rudy Laws, André Reyneke 
Middel: Sanele Ncobeni, Wilma le Roux, Arthur Stephens, Sefularo Mogopodi en 
Chassley Fredericks
Agter: Mzwabantu Magadla, Neil Weber, Wayne Potgieter, Moeketsi Mototjane, Stafford Moses, Jako van Dyk, Roger Muller, Francois Taljaard, André Jordaan, Willie van der Merwe (aanbieder) en Jacques Greyling 
Dis Tyd om te sing
Dis Tyd om te Sing: video bo. Klik ook hier
10. Bybelsondag 26 Augustus 2018
Op Bybelsondag fokus ons spesifiek op die Bybel en die voorreg om die volledige Bybel in elkeen van ons 11 amptelike landstale te hê. 
“Met Bybelsondag eerskomende Sondag is ons by die Bybelgenootskap diep bewus van die voorreg om ook in die Bybelbehoeftes van Afrikaanssprekendes te voorsien. Die groot nuus is dat Die Bybel: ’n Direkte Vertaling na verwagting teen die einde van 2020 sal verskyn. Die Bybelgenootskap herdenk sy 200ste bestaansjaar in Suid-Afrika in 2020 en ons is opgewonde om weer ’n Bybel vir die volgende geslagte Afrikaanssprekendes bekend te stel.” Lees verder.
Dalk wil julle jeuggroepe Bybelsondag met ’n lekker vasvra vier? Klik hier.
Bybelsondag
LiG logo
11. Kerkargief
11.1 Kollig op kosbare kleinood in LiG!

Gert Pretorius het ons Kerkargief op Stellenbosch onlangs besoek nadat hy prof. Retief Müller tydens 'n lesing by vanjaar se Woordfees op Stellenbosch oor die kerk se erfgoed hoor praat het.
In die September-uitgawe van LiG vertel hy van sy verrassende ontdekking in 'n ruimte wat allermins 'n museum is; dis veel eerder ’n plek waar die sigbare getuienis van God se werk in en deur sy kerk beskerm word om die kerk se geheue uit te bou. Ons deel graag die LiG-artikel met die vriendelike vergunning van redakteur, Francine van Niekerk.
Kontak die Kerkargief by argief@kaapkerk.co.za of 021 882 9923 met navrae.

11.2 GGSA verstewig bande met ons Kerkargief
Die werk van ons Kerkargief sluit op 'n besondere manier aan by dié van die Genealogiese Genootskap van SA (GGSA). 'n Toergroep (foto onder) van die GGSA het ons argief op 15 Augustus besoek en waardevolle bande is so versterk.
Die GGSA onderneem jaarliks ’n Argiewetoer en hulle besoek dan die Wes-Kaapse Argief, GISA, die Hugenote Museum, die Drakensteinse Heemkring en vanjaar ’n eerste keer ook die Kerkargief. Ons is trots op die werk van ons Kerkargief en waardeer die blootstelling wat hulle kosbare werk ook op hierdie manier geniet.
Toergroep
Christine Schwarz (Kleinmond, eGGSA), Andrew Kok (bestuurder: NG Kerk in SA Kerkargief), Lyn Ploos van Amstel (Durban, eGGSA), Ellen Harmse (Kemptonpark), Ludwig Döhne (Centurion) en Johanna Viljoen (Bronkhorstspruit)
De Kerkbode
11.3 Kerkargief: kosbare tydskrifte in kollig
In sy gereelde nuusbrokkie oor die omvattende diens wat ons Kerkargief op Stellenbosch lewer, vertel Andrew Kok (bestuurder) hierdie keer van die genealogiese waarde van die groot versameling Kerkbodes wat o.a. in die argief bewaar word – met kosbare inligting oor sterftes en “In Memoriam”.  Lees meer hier .
GEMEENTENUUS
Restitution conference 2 September
Groote Kerk: Restitusiekonferensie 2 September 2018
Toringkerk huwelikskursus
Toringkerk huwelikskursus 14-15 Sep. Kontak Ryno 083 610 1641 of klik bo.
“Exorcist of Apartheid” en kaas-en-wyn
NG Gemeente Rondebosch: “Exorcist of Apartheid” en kaas-en-wyn. Klik bo.
GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke
ALGEMEEN
1. Theology from Below
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied vanaf 27 tot 29 Maart 2019 Suid-Afrika se eerste nagraadse teologiekonferensie aan. Studente wat tans met nagraadse studies besig is of wat onlangs hul nagraadse studies voltooi het, word hiermee uitgenooi om 'n voorstel voor 20 September 2018 in te stuur. Vir meer inligting besoek gerus die webwerf www.theologyfrombelow.com.
Theology from Below - conference
Teologie logo
2. US Fakulteit Teologie
2.1 MTh - Praktiese Teologie: Kliniese Pastoraat
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied 'n twee-jaar modulêre MTh in kliniese pastoraat aan. 
Die doel van die program is om studente te begelei om kontekstuele pastorale kennis en kliniese vaardighede te ontwikkel deur middel van die integrering van die teorie en die praktyk, asook kliniese supervisie in die pastorale praktyk. Lees hier meer en reageer voor 30 September 2018.
2.2 MTh - Praktiese Teologie: Kontekstuele Pastorale Sorg
Die Fakulteit Teologie, US, bied 'n tweejarige navorsingsgraad (MTh) in Praktiese Teologie aan (kontekstuele pastorale sorg). Die doel van die magister is om studente te help om kontekstuele pastorale kennis en vaardighede te ontwikkel deur die integrasie van teorie en praktyk. Lees hier meer. Inskrywings sluit 30 Oktober 2018.
3. Beyers Naudé Sentrum: Seminaar oor Sionisme
Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die Fakulteit Teologie nooi jou graag uit na hul eerste seminaar oor Sionisme. Sluit aan by Mark Braverman, ’n Joodse Amerikaner en outeur van Fatal Embrace (met voorwoord deur Walter Brueggemann) en A Wall in Jerusalem, en Marthie Momberg vir ’n insiggewende bespreking. RSVP teen 31 Augustus na momberg@sun.ac.za om jou plek te bespreek. Lees verder.
4. World Communion of Reformed Churches
Reformed World - a theological journal
In the third issue of the 67th Reformed World (theological journal of the World Communion of Reformed Churches [WCRC]) essays from last year's Global Institute of Theology are featured. These include contributions from Canada, Ghana, Hungary, Indonesia, South Africa and the United States. 
The South African contribution is "A church in the spirit of Mary Magdalene? - A Response to Jürgen Moltmann" by Nadia Marais (US Faculty of Theology). Click here to see more.
Nadia Marais in Reformed World van WCRC
Hand
5. Raakgelees
Pous Franciskus bied kerk se uitgestrekte hand aan God se mense
In ’n brief wat op 20 Augustus 2018 vrygestel is, reageer Pous Franciskus op 70 jaar en meer se misbruik van mag, seks en gewete in die Katolieke Kerk - 'n eerste en geskiedkundige openbare reaksie van die kerk.
Hy skryf: “Today we are challenged as the People of God to take on the pain of our brothers and sisters wounded in their flesh and in their spirit. If, in the past, the response was one of omission, today we want solidarity, in the deepest and most challenging sense, to become our way of forging present and future history. And this in an environment where conflicts, tensions and above all the victims of every type of abuse can encounter an outstretched hand to protect them and rescue them from their pain (cf. Evangelii Gaudium, 228). Belangstellendes kan sy volledige brief hier lees.
The book of Acts
PUBLIKASIES
1. CLF: The book of Acts

CLF stel die publikasie The book of Acts, geskryf deur Denise Padayachee, bekend.
Die evangelies loop oor van wonderlike getuienisse van bonatuurlike dinge wat Jesus gedoen het. Blinde oë, dowe ore, die stommes, lammes en kreupeles word genees. Hy het brood en vis vermeerder, op water geloop en sonde vergewe. Handelinge deel egter ook verhale van wat deur die dissipels en die vroeë kerk gedoen is. Klik hier.
NBI banier
Bybel-Media: Nehemia Bybelinstituut - klik bo vir meer
Bybel-Media produkte
Bybel-Media: gevangenisbediening: kontak Hennie 021 864 8225
Green Times
EKOLOGIE
1. First for Africa
The Green Times writes about Africa’s first zero solid waste eco-industrial park which was launched in Johannesburg recently. This will be the continent’s first economically viable park of its kind. Located in Musina on over 6 400 hectares between this border town and Beitbridge, the park will feature among other things an integrated nature reserve, two residential eco-estates, the country’s first plasma waste gasifiers and two off-channel storage dams. A key feature of the park is its design by various ecologists and heritage specialists, with a strong focus on the environment and local communities.This project will also go a long way towards creating jobs. Read more here.
Meat Free Mondays
2. Raak prakties: eet minder diereprodukte en halveer só jou koolstofvoetspoor!
Daar is 'n eenvoudige, dog doeltreffende manier om die planeet en al sy inwoners te help bewaar en dit begin met slegs één dag elke week: pas eenvoudig jou eetprogram so aan dat jy een dag elke week geen diereprodukte eet nie - Maandae word deur die "Meat Free Monday"-veldtog voorgestel. So help jy om die aarde se delikate natuurbalans te herstel. Dink net: bykans 'n derde van die aarde se oppervlakte word vir die teel van diere aangewend en 'n gedeelte van die reënwoude soos groot soos 100 rugbyvelde word elke uur afgekap om plek te maak vir weiding vir beeste! Kry inspirasie en idees - klik hier.
3. Kom ons maak die kus skoon op 15 September 2018
In aansluiting by 'n wêreldwye inisiatief nooi A Rocha SA alle gemeentes van die NG Kerk en VG Kerk om deel te neem aan Kusskoon-maakdag op 15 September. 
Beide Nelis van Rensburg (voorsitter van die NG Algemene Sinode Moderamen) en Llewellyn MacMaster (moderator van die VGKSA Kaapstreek), ondersteun A Rocha se oproep. Lees hul bydraes en kry A Rocha se kontakinligting hier. Binnelandse gemeentes vir wie die see bietjie ver is, kan 'n rivier kies.
Agtergrond oor hierdie inisiatief: Coastal Cleanup en World Cleanup Day
SAFCEI Rise for Climate Change 8 Sep.
SAFCEI Rise for Climate 8 September – click above
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Logo
1. NG Moederkerk/Kruiskerk:
Koördineerder Tienerbediening
Moederkerk/Kruiskerk op Stellenbosch het 'n vakature vir 'n koördineerder van hulle tienerbediening. Afgestudeerdes of huidige studente in Teologie of jeugwerk kwalifiseer om aansoek te doen. Stuur jou aansoek teen 12 September voor 12:00. Lees verder.
Logo
2. Badisa: 
Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum

Hierdie program van Badisa in Robertson het ’n vakature vir ’n maatskaplike werker. Lees meer oor die verantwoordelikhede en reageer voor 27 Augustus. Klik hier.
Jacques
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Jacques Greyling
Ons ken almal vir Habakuk 3. Die woorde weerklink so mooi in 'n mens se gedagtes “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, ...  nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder".

Daar lê nou soveel meer opgesluit in hierdie paar woorde. Nou na 2 - 3 jaar se erge droogte wat stelsematig opgebou het en regtig tussen vel en baadjie kom inklim het by almal hier in ons geweste. En toe kom die reën, en toe kom die seën. Die seën van sien hoe 'n dam vol word en oorloop en die natuur omvorm in 'n skouspel van kleure en geure. Niks is nog normaal soos dit altyd was nie. Dalk is dit nou die nuwe normaal, wie weet? In alles sal ons bly opkyk, bly bid en bly glo. Bly vashou aan Hom, die Skeppergod wat ons liefhet.
                                                                 -0-0-0
Jacques het sy bediening in Alberton in die Sinode Hoëveld begin in die gemeentes Alberton-Wes en Verwoerdpark, waar hy vir 12 jaar werksaam was. In 2009 "emigreer" die gesin Wes-Kaap toe waar hy nou amper 10 jaar in die NG Gemeente Clanwilliam bedien. Kontak hom hier.

Lelies: gedig deur Koos van der Merwe
VrydagNuus-groete  
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.