Lees deur internet, klik hier >>
20 November 2015
Beste Leser
"Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het
om te lewe en Hom te dien." - 2 Pet 1:3

SINODENUUS
1. NG Algemene Sinodale Moderamen
Die Moderamen van die Algemene Sinode het van 16-18 November in Kemptonpark vergader. Die vergadering het in 'n positiewe gees en 'n goeie gesindheid plaasgevind. Daar was hoofsaaklik twee sake op die agenda. Eerstens is onderskeidend gedink oor God se roeping vir die kerk in 2016. Twee prioriteite is geïdentifiseer: Die gestuurdheid van gelowiges na die wêreld, en die onderlinge verbondenheid van gelowiges aan mekaar. 
Die tweede saak wat die aandag geverg het, was die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudings. Die mediaverklaring wat na afloop van die vergadering uitgereik is, is hier beskikbaar vir belangstellendes.
ASM
Moderatuurslede

2. NG Wes-en-Suid-Kaap: Uit die Moderatuur
Die Wes-en-Suid-Kaapse moderatuur het gedurende die afgelope twee weke ses streeksbyeenkomste gehou. Die byeenkomste is baie goed bygewoon deur veral leraars, maar ook kerkraadslede en lidmate. Die doel van die byeenkomste was om te luister na die oortuigings en emosies van ons gemeentes. Dit was vir die moderatuur baie belangrik om te hoor wat in die hart van gemeentes leef veral ten opsigte van die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudings. Lees in die jongste "Uit die Moderatuur" hoe Nelis Janse van Rensburg die moderatuur se gedagtes hieroor verwoord - klik hier.
PAIA
3. Argief: Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting
Die sg PAIA-wet (Promotion of Access to Information Act) vereis oa dat elke besigheid (alle maatskappye, beslote korporasies, trusts en natuurlike persone wat ’n bedryf beoefen soos bv verhuring van eiendom) ’n PAIA-handleiding op 1 Januarie 2016 moet hê.  Dié wet geld ook vir gemeentes en ringe, maar die Algemene Sinode het reeds in 2004 namens alle NG Gemeentes (buiten Namibië – vir wie die wet nie geld nie) ’n kombers handleiding ingedien. Gemeentes moet dus nie self ’n eie handleiding ontwikkel en indien nie. Lees egter die belangrike inligting rakende inventarisse hier.
Kontak die Agrief met navrae: 021 882 9923 of marlene@kaapkerk.co.za.
4. Gemeentebegeleiding
Fresh Expressions Konferensie 2016

Volgende jaar vind die Fresh Expressions Internasionale Konferensie van 16-18 Februarie 2016 by N1-Stad in Kaapstad plaas.
Registrasie kan aanlyn gedoen word by www.freshexpressions.co.za. Sien asseblief die aangehegte brosjure met meer inligting hieroor.
16 Dae Aktivisme
5. Seisoen van Menswaardigheid
Word GÉÉN GEWELD-aktiviste

Op 25 November hierdie jaar begin die jaarlikse “16 Days of Activitism for No Violence Against Women and Children”-veldtog (klik hier).
Gemeentes en gemeenskappe word uitgedaag om hierdie inisiatief in hulle omgewings te steun en selfs meer, te laat vlam vat – om veilige ruimtes te skep waar vroue en kinders wie se lewens deur geweld geskend is, kan praat oor wat met hulle gebeur het. Julie Claassens (voorsitter Wes-Kaapse Taakspan vir die Seisoen van Menswaardigheid en Fakulteit Teologie US) vertel meer van “Thursdays in Black”, gender-gebaseerde-geweld, en daag gemeentes uit om tydens dié 16 dae-veldtog deur middel van prediking en onderrig duidelik die boodskap te stuur dat géén geweld teen vroue en kinders geduld mag word nie. Lees hier meer.
Badisa-logo
6.1 Badisa fokus ook op 16 Dae van Hoop!
In hierdie tyd waar Suid-Afrika fokus op "16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders" wil Badisa veral fokus op die weerloosstes in ons samelewing - ons kinders. Lees gerus die mediaverklaring, sowel as hulle jongste nuusbrief vir meer oor die ongelooflike bydrae wat Badisa op die gebied van kinderbeskermingsdienste lewer.
Die grafika hieronder gee 'n duidelike prentjie van die omvang van Badisa se werk. 
Badisa kinderbeskerming
6.2 Hoe kan jy 'n Verskil maak?
Praktiese wenke hoe jy 'n verskil kan maak, word ook deur Badisa uitgelig in die artikel 16 Days of Activism: Why protecting out children is an investment, not a cost - sien hier. By www.badisa.org.za is meer inligting.
Badisa - What can you do?
Vigsdag
7. Biddag: Wêreldvigsdag 1 Desember
Die Taakspan vir die Seisoen van Menswaardigheid en die sinode se Vigstaakgroep herinner gemeentes graag daaraan dat dit binnekort Wêreldvigsdag is. Waar dit enigsins moontlik is, word gemeentes ernstig versoek om ruimte daarvoor te skep in eredienste voor of na 1 Desember. 
CABSA (Christain AIDS Bureau of Southern Africa) het erediensriglyne beskikbaar om gemeentes hierin te begelei. Lees meer hieroor in die aangehegte dokument.
8. Getuienisaksie
8.1 Om Predikant in Bishop Lavis te wees

Dis ’n groot uitdaging om kerk te wees op die Kaapse Vlakte waar bendegeweld, dwelmmisbruik en armoede van jou grootste uitdagings is. Hoe gaan jy te werk om aan hierdie gemeenskappe die lig en hoop wat daar in Christus is, te help ervaar? Ons was in gesprek met ds Brian Handel van die VGK Lavis en het ’n inspirerende antwoord gekry. Kyk gerus na die video hieronder
Lees ook meer oor hulle gemeente-wees (bv ondersteuning aan vrygelatenes uit Pollsmoor Gevangenis) in die jongste Getuie/Witness op bl 14 - klik hier.
Brian Handel
Getuienisaksie-logo
8.2 Uitnodiging na Sendelingsaamtrek 2016
Maak solank 'n knoop in die sakdoek vir 2016 se Sendelingsaamtrek wat sal plaasvind op 16 Januarie in die kerksaal van die NG Gemeente Agter-Paarl vanaf 09:00 - 16:00. Meer besonderhede kan hier gelees word.
Ds Attie van Wijk by 082 557 9796 of attievw@mweb.co.za het meer inligting hieroor.
Nkhoma-begraafplaas
8.3  Nkhoma Sendingstasie, Malawi
Ryke Geskiedenis

'n Mens word diep ontroer as jy tussen die grafte van gestorwe sendelinge, hul vroue en kinders, soms klein babagraffies, en ook van die Malawiërs wat Christene geword het, in Nkhoma se begraafplaas stap.

Gelukkig het dr Chris Blignaut destyds 'n pragtige brosjure laat saamstel met kosbare inligting wat as bewaring van hierdie juweel op Getuienisaksie se webwerf beskikbaar is - klik hier.

Op bl 13 lees jy bv hoe Ben du Toit (voormalige PSD) en sy broer, Wilkie by hul ma, Bennette, se graf "How great Thou art..." gesing het. Sy was 'n talentvolle kunstenaar wat onder meer olieverfskilderye van tonele in die sendingveld gemaak het.
9. Publieke Getuienis Ondersteun Landbougemeenskap
Braam Hanekom (Publieke Getuienis) het onlangs by die jaarlikse Landbouwerker van die jaar-funksie by Nederburg opgetree.
Volgens Braam is dit “een van die mees hoopvolle en inspirerende funksies van die jaar. Ons landbougemeenskap, werkers en eienaars vorm steeds 'n belangrike hoeksteen waarop ons land gebou is en ons kan hulle nie genoeg ondersteun nie.”
Braam Hanekom - Nederburg
VGK Lavis katkisante
Ds Jannie Booysen met katkisante
10. Arbeidsbediening
Skitterende program vir jong Sterre in Bishop Lavis

Ons gemeenskappe het deesdae te kampe met baie uitdagings waarin ons as kerk van die Here ‘n verskil kan maak.
Arbeidsbediening het so pas weer ‘n Bright Star-program met groot sukses aangebied. Ds Jannie Booysen van die VGKSA Delft het dit gefasiliteer aan die finale jaar-katkisante van VGKSA Lavis. Luister in die video hieronder na wat dié program alles behels en wat dit vir Lavis se kinders beteken het. 
Bright Star-program
Tjokkershoop
11. Armoede en Sorg besoek Noord-Kaap: Fokus: Vroeë Kindontwikkeling
’n Afvaardiging van die sinode in Wes-en-Suid-Kaap is van 17-20 November op besoek aan die Noord-Kaap.
Leon Venter, Sean Esterhuizen, André O’Kennedy en Dolf du Plooÿ besin saam met die taakspan diakonaat van Noord-Kaapland en Caritas Gemeenskapsfokus oor Vroeë Kindontwikkeling (VKO) en besoek verskillende VKO-sentra. 
Op die foto is kleuters van Tjokkershoop VKO-sentrum (Hopetown) met besoekers agter.
Dankie vir die gasvrye ontvangs!
Marchand VKO
Donderdagoggend saam met die personeel van Marchand ECD is Sean Esterhuizen, FD Hugo (Hoof Uitvoerende Direkteur: Caritas), Leon Venter, Dolf du Plooÿ en André O'Kennedy
ALGEMEEN
1. Kommunikasieforum Kuier Saam

Die kommunikasiebeamptes van verskillende makrogemeentes het in 2009 onder leiding van Johan van der Merwe (Stellenbosch Moederkerk) begin om gesellig bymekaar te kom rondom gemeenskaplike kommunikasiesake. Hierdie groep het mettertyd uitgebrei en enige persoon gemoeid met kommunikasie in gemeentes is welkom om by die forum, wat probeer om twee maal per jaar vergader, aan te sluit.
Op Maandag 16 November het  elf persone vanuit agt gemeentes by 'n koffiewinkel in Durbanville ontmoet en behoorlik gesels oor alles en nog wat rakende kommunikasie in en deur gemeentes! Stel jy belang om deel van die passievolle groep te word? Stuur gerus jou naam, van en e-posadres na Alida Vorster (NG Durbanville-Bergsig) by kommunikasie@bergsigdv.co.za.
Kommunikasieforum
Vlnr agter: Jan Branders (Helderberg), Cindy van der Merwe (Durbanville), Belinda Beukes (Sonstraal), Collette de Wet (Brackenfell-Proteahoogte), Alida Vorster (Durbanville-Bergsig), Sanel Joubert (Stellenberg), Jackie de Klerk (Heidekoppie), Beatrix Roux (Welgemoed)
Voor: Elmarie Mostert (Brackenfell), Marieta Visagie (Wes-en-Suid-Kaap Sinode),
Mariëtte Odendaal (Getuienisaksie Kommunikasie)
2. Wêreldbiddag vir Vroue 2016
Laat die kindertjies na My toe kom

Die Wêreldbiddag vir Vroue is 'n ekumeniese biddag in meer as 170 lande oor die wêreld wat op die eerste Vrydag van Maart jaarliks byeenkom in gebed. Teken dus asseblief Vrydag 4 Maart 2016 hiervoor aan. Volgende jaar se tema is "Laat die kindertjies na My toe kom", met Kuba as die land wat die materiaal saamstel. Sien gerus hier op www.wwdp.co.za meer. 
3. Argief besoek Andrew Murray-afdeling van Wellington Museum
Vanjaar het die personeel van die Argief besluit om hulle afsluitingsfunksie op 11 November terselfdertyd ’n leerervaring te maak met 'n besoek aan die Wellington Museum - en dan spesifiek die spesiale afdeling oor dr Andrew Murray.
Die Argief ontvang baie navrae en navorsers wat navorsing oor dr Andrew Murray doen. Lees gerus hier meer.
Argief besoek Wellington Museum
Leopold Scholtz
4. Raakgelees ...
4.1 "Dit is oorlog, ja, maar tussen wie?"

"Dis oorlog. Dié begrip het ’n mens sedert die reeks aanvalle deur terroriste Vrydagaand in Parys meermale gehoor – van pres. François Hollande en verskeie ander wêreldleiers.
Dis oorlog, ja, maar tussen wie? Dis in elk geval nié oorlog tussen 'die Islam' en 'die Christendom' nie." - Soi skryf politieke korrespondent Leopold Scholtz in Die Burger van Maandag 16 November. Diegene wat graag meer duidelikheid oor die Islamitiese Staat (IS) en hulle teologiese beskouings wil hê, kan hier verder lees. (Met dank en erkenning aan Die Burger)
Anthony Thompson
4.2 How do you forgive a murder?
Kollega Danie Mouton berig in die Oos-Kaap Sinode se Grens.Pos-nuusbrief: "
On the night of June 17, a gunman opened fire in a church basement in Charleston. Nine people died. Five survived. Survivors and families tell their stories of faith and forgiveness. "
Lees Time Magazine se artikel hier. (Dankie, Danie)
4.3 Die Hervormer berig oor NG Algemene Sinode
In die jongste uitgawe van Die Hervormer, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se amptelike mondstuk, berig André Ungerer oor Oktober 2015 se sitting van die NG Algemene Sinode. Hy en Arie Kuyper het namens die Hervormde Kerk 'n groeteboodskap daar gelewer. Die volledige berig is hier beskikbaar.
Soos ds Cassie Aucamp (GKSA) tydens die sinodesitting oor die susterskerke se besondere band opgemerk het: "Ons weet nie hoe nodig ons mekaar het nie." Diegene wat dit voorheen gemis het, kan gerus Sinodebode van 7 Oktober se berig hieroor hier lees. (Met dank aan Sinodebode)
Andre Ungerer, Gustav Claassen, Nelis Janse van Rensburg en Arie Kuyper
Dr André Ungerer, dr Gustav Claassen, ds Nelis Janse van Rensburg, ds Arie Kuyper
4.4 Oor Droogte in Suid-Afrika ...
Die eerste besending kuilvoerbale uit die Suid-Kaap, wat deur plaaslike boere geskenk word aan boere in die droogtegeteiserde Vrystaat en ander dele, het hierdie week uit Hoekwil (by George) in Bloemfontein aangekom.
Boere wat boere help. Dankie vir gebede én dankie vir aksie. Dankie aan elkeen wat so gestalte aan die koninkryk gee. (Knipsel hieronder met erkenning aan Die Burger van 19 November)
Droogtehulp
"Ander Mening": Uittreksel uit 'n berig in Volksblad van 18 November 2015
Twitter Facebook
Oudioloog toets dowe
Elzanne Roos (oudioloog), ds Elsabe Döman
en Dalleen Jantjies
GEMEENTENUUS
Help Helderbergkom se Dowes
Van Jan Branders, NG Gemeente Helderberg se kommunikasiebeampte, ontvang ons die nuus oor hierdie baie spesiale bediening.
Dowes word dikwels geïgnoreer en eenkant toe geskuif, omdat mense gewoonlik nie weet hoe om met hulle te kommunikeer nie. Lees gerus aangeheg wat die oudioloog, Elzanne Roos en ds Elsabe Döman, wat self doof is, oor hierdie belangrike saak te sê het. Enigeen wat betrokke wil raak by die gemeenskap van Dowes in die Helderbergkom kan Elsabe kontak by vgdowekerk@gmail.com.
NUUSBRIEWE
1. Bybel-Media Nuus
Hans Steyn stuur oudergewoonte inligting oor Bybel-Media. Hierdie week is die fokus in 'n propvol nuusbrief op die jongste Kerkbode, Kersuitgawe van LiG, vier nuwe Bybelkor-publikasies en ‘n produk van Flam. Lees hier.
1.1 Kerkbode
Lees in Kerkbode van 20 November ... 
... ‘n aantal uiteenlopende verhale: 
• van ‘n dominee wat sy ouma doop, 
• van ’n Hervormde lidmaat wat deur die NG kerkfamilie se welsynsdiens vereer word vir die werk wat hy in samewerking met hulle doen, 
• van ‘n gemeente wat drama gebruik om by mense se harte uit te kom, 
• en van Oudtshoorn wat hulle ‘n eeu gelede al oor die armes ontferm het. 
Daar is ook ‘n besondere fokus op die slegte verskynsel van vroue wat mishandel word en hoe die stilte daaroor in Elarduspark verbreek is. In aansluiting daarby is daar gedagtes oor wat dit vir mans beteken om Christus te volg en hoe dit verskil van die populêre kultuur se verwagtinge van manwees. 
Lees ook hoe dr Kobus Gerber, uittredende algemene sekretaris, terugkyk op en dink oor die pad van die NG Kerk.
1.2 LiG van Desember/Januarie
Lees in die propvol Desember/Januarie-uitgawe van LiG ...
LiG se Kersfees-uitgawe is propvol idees om die Christusfees sinvol te vier. Ons help jou om minder bó meer te kies hierdie Fees-seisoen, en gee raad aan saamgestelde gesinne om die vakansietyd te geniet.
Lindie Strydom vertel hoe sy haar lewe vereenvoudig, en Portchie verf ‘n spesiale skildery wat ‘n gelukkige leser kan wen. 
Lees ook:
• Gayverhoudings: Praat só met jou kind daaroor
• Ontwikkel jou kind se sintuie speel-speel
• My kwilt-reis met God
Moenie LiG se nuwe handwerkreeks mis nie! Ons wys jy hoe om jou eie Kersfees-engele te maak.
PUBLIKASIES
Enkele van die jongste Bybel-Media-publikasies. Klik op die prente vir meer inligting. 
Brandhout Jesus-verhale van menswaardigheid Leesrooster vir lidmate Wanneer Jesus vrae vra
KUIER-KANS
Klik gerus op die advertensie pamflette om 'n groter weergawe oop te maak. 
NG Wellington Murray Kersmark
NG Gemeente Wellington
Murray Kersmark
NG Durbanville Kersprogram 2015
NG Gemeente Durbanville
Kersprogram
Klaagliedere van ds Tienie Benade
NG Gemeente La Rochelle - 29 Nov
Klaagliedere van ds Tienie Benade
Stellenbosch Kersmark
NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal
Kersmark
5. Christine Revell Kinderhuis
Carols by Candlelight

Die Christine Revell Kinderhuis bedank lidmate van die onderskeie VGKSA en NG gemeentes vir hulle ondersteuning en donasies deur die afgelope jaar. Hulle wens alle lidmate ‘n geseënde Kersfees toe en nooi belangstellendes na hulle “Carols by Candlelight” op Saterdag 5 Desember om 18:00 – sien aangeheg.
NG Drakenstein Jannie du Toit
Badisa Kaapstad Fietstoer 2016 Gydosig Liggiefees
Kenridge Geskenkmark
NG Kenridge Geskenkmark
Riviersonderend Kersmark
NG Riviersonderend
Knysna-logo
VAKATURES
1. NG Gemeente Knysna: Jeugwerker
Die NG Gemeente Knysna bied 'n een jaar vastetermynkontrak as jeugwerker aan 'n persoon wat 'n sterk roeping ervaar ten opsigte van kinder- en jeugbediening. Meer oor die verantwoordelikhede en vereistes is hier beskikbaar. Aansoeke sluit op 30 November. 
HS Vredendal
2. Vredendal: Jeugwerker
Vredendal is geleë aan die Weskus in die hartjie van die Olifantsriviervallei.
Die twee NG gemeentes wil, in gehoorsaamheid aan die Here, 'n jeugwerker in Hoërskool Vredendal plaas, Die suksesvolle kandidaat sal interkerklik en onder die vaandel van die VCSV werk.
Meer inligting is hier beskikbaar. Reageer voor die sluitingsdatum van 4 Desember.
Uit en Tuis-logo
3. Badisa: Uit en Tuis Dagsorgsentrum Programkoördineerder
Uit en Tuis Dagsorgsentrum, Goodwood is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese persone met ’n deeglike kennis van voorskoolse versorging word voor 27 November vir die betrekking as programkoördineerder ingewag. Lees hier verder.
Arnold Smit
TEN LAASTE ...

Uit die Pen van ... Arnold Smit
Vier rubicons verder

Eers moes ons die U-draai met apartheid gemaak kry; toe maak ons die volle spektrum van kerklike ampte vir vroue oop. Nog taaier blyk toe die oorsteek van die grense na die aanvaarding van Belhar en selfdegeslagverhoudings te wees. In vier tonele ontvou die prentjie van hoe die evangelie ons aanhelp om die volle geskakeerdheid van kleur en seksualiteit as deel van onsself in ons beeld-van-God-wees te aanvaar.

Ek beleef 'n diep dankbaarheid dat ek nou deel kan wees van 'n geloofsgemeenskap wat algaande leer wegstap van onverdedigbare vorme van onderskeid tussen mense. Daar is nie meer verskonende verduidelikings nodig oor hoe moeilik dit is om tot onvoorwaardelike aanvaarding van ander te kom nie. 

Van hieraf aan het ons hopelik meer energie om die groot sake van ons tyd met meer toegewyde aandag aan te pak: ongelykheid, armoede, korrupsie en klimaatsverandering. Daar is dus nog rubicons wat wag. 

****
Dr Arnold Smit is 'n voormalige predikant, 'n prosesfasiliteerder met wye ervaring en tans werksaam by die Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch waar hy fokus op leierskap en organisasie-ontwikkeling in verhouding tot die volhoubaarheidsuitdagings van ons tyd.
Na soveel inspirerende nuus kan 'n mens nie anders as om dankbaar te wees vir elkeen wat op plaaslike vlak in ons NG Kerk-familie help om die evangelie uit te dra nie.
Dankie vir JOU aandeel hierin, selfs al het jy VrydagNuus net aan iemand wat inspirasie nodig het, gestuur. 

Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.