Subscribe to our email list
 4 November 2016

Beste Leser
Ek gee U my gedagtes, Heer, laat hulle oor U wees;
my woorde: dat hulle U in gedagte steeds hou;
my dade: dat hulle my liefde vir U mag weerspieël;
my lyding: om verduur te word tot u groter heerlikheid.
Uittreksel uit My dank na die Mis deur Sheila Cussons
SINODENUUS
1. Diensgroep Diaconia
Akte van Demissie - Deon Bruwer

Tydens die Diensgroep Diaconia se dagbestuursvergadering in Bellville op Woensdag 2 November 2016 is die akte van demissie (sien berig later in VrydagNuus hieroor) amptelik deur Tinus van Zyl, die Ring van Durbanville se voorsitter, aan Deon Bruwer (PSD: Kliniese Pastoraat) oorhandig.
Dit was die laaste dagbestuursvergadering waar hy teenwoordig sal wees voordat hy aan die einde van Januarie 2017 aftree. Dawid de Wet, die voorsitter van Diaconia, het hom in 'n gebed aan die Here opgedra, waarna 'n roerende handeoplegging plaasgevind het.
Seënwense vir jou, Deon. Ons het groot waardering en respek vir jou werk.
Handeoplegging vir Deon Bruwer
Kollegas Averell Rust, Andre O'Kennedy, Leon Venter, Tinus van Zyl (agter weggesteek), Charl van Rensburg en Lettie Büchner lê die hande op Deon Bruwer, met Dawid de Wet wat 'n gebed doen.
Diaconia-dagbestuur
Diaconia se dagbestuur
Agter vlnr Isabella de Kock, Dawid de Wet, Leon Venter, Sheldon Julies, Christopher Maarman
Middel Jerome Haupt, Sean Esterhuizen
Voor vlnr Charl van Rensburg, Averell Rust, Deon Bruwer, Lettie Büchner, Tinus van Zyl,
Andre O'Kennedy
NG Kerk-logo
2. NG Algemene Sinode 7 tot 10 November 2016
Die NG Sinode van Wes-Kaapland se afvaardiging na die buitengewone Algemene Sinode vertrek op Maandag 7 November na Pretoria. Hierdie is 'n baie belangrike vergadering in die geskiedenis van die NG Kerk. Daar rus 'n groot verantwoordelikheid op elkeen van die afgevaardigdes.
Gemeentes kan gerus oorweeg om spesiaal tyd daarvoor in te ruim om tydens Sondag se erediens voorbidding vir die afgevaardigdes en die sinodesitting te doen. Seën en onderskeidingsvermoë word die vergadering toegewens. 
Dit is nogal belangrik om die onderskeid tussen 'n afgevaardigde na 'n kerkvergadering en 'n verteenwoordiger te verstaan. Charl Stander, skriba van die sinode, verduidelik. Die naamlys van ons sinode se afgevaardigdes word ook verskaf. Klik hier.
3. Sentrum vir Publieke Getuienis
3.1 #SaveSA #SA1st 

Op versoek van die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba het 'n aantal kerkleiers op Wo 2 November vir 45 min in stilte gebid vir ons land. Dit het op die trappe van die St George's Katedraal in Kaapstad plaasgevind.
Daarna is daar vier gebede in die katedraal self gedoen. Een hiervan was deur Braam Hanekom, PSD: Publieke Getuienis. Vooraf was daar 'n optog deur #SAFirst en #SaveSA. Braam was ook deel daarvan en het ook daar 'n gebed op die trappe van die katedraal gedoen. Lees meer hieroor en kry meer foto's op Facebook.
Braam Hanekom met oa Lionel Louw, Crispin Sonn en Vytjie Mentor
Braam Hanekom met oa Lionel Louw, Crispin Sonn, Janine Myburgh
en Vytjie Mentor in Kaapstad
CRL-logo
3.2 Sentrum vir Publieke Getuienis
Twee belangrike dokumente het die afgelope tyd verskyn en mag van belang vir gemeentes wees.
1. Die CRL (Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission) se verslag oor die kommersialisering en ook moontlike regulering van godsdiens in SA. Lees die verslag hier.
2. Die voorstelle vir wetgewing oor haatspraak en haatmisdade wat in die staatskoerant gepubliseer is. Ons is oortuig daarvan dat hierdie saak steeds 'n ernstige virus in ons gemeenskap is en hoop dat hierdie dokument ons gemeentes groter perspektief op die erns van die saak sal gee. Lees hier meer.
Oor beide dokumente kan inspraak gelewer word, laat weet Braam Hanekom. Kontak die kantoor by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 vir meer inligting. 
4. Emeriti in Strand getrakteer
Tydens hierdie week se emerititee by die NG Gemeente Suider-Strand was daar sommer baie vrolikheid en interessante oomblikke. Die moderatuur is baie bevoorreg om so 'n groot groep (meer as 92 op-en-wakker seniors was Woensdagoggend saamgetrek!) te onthaal.
As deel van die groep was daar vier persone van 90 en ouer, verskeie gaste wat in ander sinodes in die bediening was en tans in die Kaap woon of kuier, vier saakgelastigdes, oud-moderatuurslede van die Noord-Kaap, Natal, Namibië, die VGK, Oostelike Sinode en Algemene Sinode, sowel as 'n groot groep wat in die sending werksaam was.
Mag u ervaar hoe die Here ook in hierdie fase van u lewens u seën met moed en krag om tot sy eer te leef. Dankie aan NG Suider-Strand vir die warm ontvangs - v
olgende jaar kuier ons weer saam! Meer foto's is op Facebook te sien. 
Bossie Minnaar, Christo Albertyn, Christo Alheit, Francois Cillie
Vier saakgelastigdes: Bossie Minnaar, Christo Albertyn, Christo Alheit, Francois Cillié
Sanet Gunter en tannie Benita Minnaar
Sanet Gunter en Benita Minnaar
Oom Dirk Hattingh en Stephanie van der Merwe
Dirk Hattingh en Stephanie vd Merwe
Tannie Witthun, oom David Botha, oom Kosie Terblanche
Oor 90! Tannie Witthuhn, oom David Botha, oom Kosie Terblanche
Hannerie Fouche en haar ma, tannie Joan Venter
Hannerie Fouche en tannie Joan Venter - bedien in Noord-Kaap, NGKA
Moderatuurslede
Oud-moderatuurslede: David Botha, Andrie Kilian, John Murray, Freek Swanepoel, Fanie Steenkamp, Christo Alheit, Christo Albertyn, Johan van Schalkwyk
5. Uit die Moderatuur
Die moderatuur het op 21 Oktober 2016 in die raadsaal van die Hugenote Kollege vergader om simbolies nader te kan kom aan die plek waar Andrew Murray gewoon en gewerk het en waar menige mens opleiding ontvang het om Jesus Christus aan die wêreld te verkondig. Dit was ’n voorreg om te kon herroep wat deur een persoon met ’n meesleurende visie vermag kon word. Daar is ’n tradisie gevestig wat vandag nog saam met die geskiedenis voortleef. So skryf Frik Bosman in “Uit die Moderatuur” (die moderatuur se nuusbrief aan predikante en gemeentes). Dit is vroeër hierdie week reeds uitgestuur. Lees hier.
UDM-briefhoof
NetAct logo
6. Getuienisaksie
6.1 Nuwe NetACT-webwerf!

Gaan kyk gerus na NetACT (Network for African Congregational Theology) se splinternuwe webwerf by netact.christians.co.za.
NetACT is 'n netwerk van teologiese instellings in die Presbiteriaanse en Gereformeerde tradisie in Sub-Sahara Afrika wat in Februarie 2000 in Nairobi, Kenia, gestig is. Deur middel van hierdie belangrike netwerk word lede gehelp om kerkleiers ten opsigte van leiding in missionale gemeentes te onderrig. Die Universiteit Stellenbosch tree op as die sentrale hulpbronsentrum vanwaar die netwerk geadministreer en gekoördineer word.
Dr PR van Dyk, ds Braam Coetzee en ds Bouer
6.2 Huldeblyk dr Flip van Dyk
(09.01.1929 - 23.10.2016)

Msinga-sending het ’n lang geskiedenis wat deur toegewyde mense, soos dr Flip van Dyk, help vestig en uitgebou is. Phillipus Reynolds van Dyk, of Flip van Dyk, wat  vanaf 1954 tot 1957 vanuit Glencoe en Dundee in KZN as sendeling ook in Msinga en Mhlumayo begin uitreik het, het saam met die eerste lidmate en evangeliste die fondasie gelê van wat vandag die VGKSA Msinga-gemeente is, met  meer as 500 lidmate en net soveel kinders oral in buitepossies in Sondagskoolklassies. Lees Lourens Schoeman se huldeblyk aangeheg.  Op die foto is vlnr ds Bouer, ds Braam Coetzee en dr Flip van Dyk.
Argief help Visuele Kunste-studente
7. Argief Kronieke
Studentebesetting van ander Aard!

"So 'n paar maande gelede word die Argief ingeneem deur studente: die tweedejaar Visuele Kunste-studente is op soek na historiese foto’s vir hul 'boek-maak'-projek. Elkeen het 'n ander invalshoek en hulle gee nuwe lewe aan ons versameling 'historiese foto’s' deur die varsheid en kreatiewe omgang met gister en vandag, tyd, ruimte, 'in die oomblik', stadslewe en mense. "
Isabel Murray, argiefbeampte, voeg by: "Met hierdie tipe 'studentebesetting' kan die Argief maklik saamleef!" Kontak die vriendelike Argief-personeel by 021 882 9923 of liesl@kaapkerk.co.za met navrae.
8. Predikantebegeleiding: Tien Jaar oor in Bediening
Op 25 en 26 Oktober het ‘n groep van 20 predikante wat nog ongeveer tien jaar in die bediening oor het, saamgekuier by Schoenstatt in Constantia. Twee doelwitte vir so ‘n saamwees is geïdentifiseer:  Eerstens om aan die predikante dankie te sê ('n bietjie te bederf?) vir jare se toegewyde  bediening in en aan gemeentes. Tweedens was die doel om ’n “deur oop te maak” sodat ‘n “vars luggie” deur hul bekende wêreld kan trek. 
Uit die saamwees en saamgesels het die behoefte en besluit na vore gekom dat die persone met  mekaar op ‘n spontane wyse kontak gaan hou en ruimtes vir gesprek met mekaar gaan tref. Lees hier wat Pierre Goosen skryf van die byeenkoms, asook terugvoer wat van die dominees ontvang is. (Foto's met dank aan Johan Mocke.) Kontak Adrienne Bester met navrae: bestera@sun.ac.za.

10-jaar dominees
9. Familiebediening: 'n nuwe Bril!
Die tweede energiepuntgesprek oor familiebediening het op Dinsdag 25 Oktober by Communitas, Stellenbosch plaasgevind. Die groep het na mekaar se stories geluister om leidrade te vind oor hoe gemeentes meer intergenerasionele ruimtes kan skep. Dit is geleenthede waar oud én jonk gemaklik is, deel voel van die gemeenskap en almal saam kan gesels en saam kan deelneem. In sulke ruimtes kan oud en jonk by mekaar leer en mekaar bedien. Die groep was verras om te hoor hoeveel "gewone" gemeente-aktiwiteite bloot effens anders ingerig kan word om sulke ruimtes te skep, bv in die erediens, kleingroepe, basaar, gemeente-etes, kommunikasie aan ouers en kategese. Familiebediening is soms bloot 'n nuwe bril eerder as 'n nuwe program!
Familiebedieningsgroep
Agter: Anriëtte de Ridder, Nicola Alberts, Stephan Naudé, Lettie Büchner, Helené Fouché, Nicola Mostert, Leon Cronjé, Elzanne van der Westhuizen, Mizelle Prinsloo, Dewald du Toit
Voor: Johan Botes en Faani Engelbrecht
10. VBO-kursusse
Die datums van Communitas se beplande VBO-kursusse vir 2017 is gereed en beskikbaar op die sinode se webwerf – klik hier. Die VBO-boekie wat meer inligting oor elke kursus bevat, sal in die volgende maand voltooi en elektronies beskikbaar wees; dit sal ook op die Communitas-webwerf gepubliseer word. Wilma le Roux bied die gerusstelling dat die enkele veranderinge wat dalk nodig mag wees, nie ingrypend sal wees nie. Rig navrae aan Wilma by wler@sun.ac.za of 021 808 3624.
Communitas-logo
11. Communitas Raadsvergadering
Die Communitas Raad het die afgelope week in Stellenbosch vergader. Communitas is die gesamentlike liggaam van die twee diensspanne vir gemeentebegeleiding van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en gemeentebediening van die VG Kerk (Kaapland). Dit sluit verteenwoordigers in van al die taakspanne wat gemoeid is met gemeentes, onder meer gemeentebegeleiding, predikante-versorging, jeug- en familiebediening, vrouebediening, mannebediening ens. Alhoewel die twee kerke se strukture en kerkkultuur verskil, is opnuut gesoek na unieke geleenthede om saam te werk en gemeentes te begelei. Lees hier verder.
Raadsvergadering Communitas
Op die foto is (heel agter) Gielie Loubser en Ryk van Velden
Middel vlnr: Hendry Tromp, Peter Adams, Christo Benade, Bossie Muller, 

Pierre Goosen, Moses Baartman, Andrew Esterhuizen
Voor vlnr: Anriëtte de Ridder, Denton Pieterse, Charton Crowly, Danny Bock, 

Ankia du Plooÿ, Gladwell Mvenge
12. Sinodale Personeel kuier saam
Op Vrydag 28 Oktober kon die Wes-Kaapse sinodale personeel vroegmiddag terugsit en ontspan toe die NG moderatuur hulle net buite Durbanville trakteer het op 'n gesellige middagete. Hierdie spesiale geleentheid, een van min waar die Bellville en Stellenbosch kantore se personeel die kans het om saam te kuier, was 'n welkome bederf.
Tydens die middag het Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen, spanwerk beklemtoon en herinner dat die waarde waarmee die sinode werk "oortuiging" is. "Ons hoop lê daarin dat Jesus Christus die Here is. Dit is ons getuienis," was sy boodskap aan die personeel. 
Personeelfunksie 2016
Klokgewys Elize Morkel, Mickey Bouwer, Mariëtte Odendaal, Carin Brink, Audrey Jantjies, Nelis Janse van Rensburg, Kenny Raats, Annemarie Bezuidenhout, Charl Stander, Quintus Heine,
Helet Malherbe, Louise du Toit, Michelle van Rhyn
13. Nuwe Oos-Kaap Moderatuur 
Ons seënwense aan die nuwe Oos-Kaaplandse moderatuur. Jasper Louw (NG Gemeente Loerie, 40 km vanaf PE) is hierdie week tot moderator verkies en volg Chris van Wyk op. Die assessor is Dewald Davel van die NG Gemeente Molteno. Die ander verkose lede is Wiekus van Straaten (aktuarius), Danie Mouton (skriba en direkteur van die sinode) en Eldre Bester (addisionele lid). Meer foto’s op e-Kerkbode – klik hier.  (Met dank en erkenning aan Louise Jackson)
Chris van Wyk en Jasper Louw
Chris van Wyk en Jasper Louw
Dewald Davel
Dewald Davel
Oos-Kaapland moderatuur
Vlnr Eldre Bester, Wiekus van Straaten, Dewald Davel, Jasper Louw en Danie Mouton
ALGEMEEN
1.
Wesland Verenigende Ring: Versoening, Omarming
Die Wesland Verenigende Ring is reeds sedert 2003 een van die eerste ringe waar die VGK en die NGK as ’n eenheid saam funksioneer. Die ring het sedert 2015 deur ’n moeilike tyd gegaan waar die eenheid van die ring ernstig bedreig is.  Ons dank die Here dat die ring na ’n selfondersoekende proses van versoening  weer op 25 Oktober by die NG Gemeente Saldanha kon vergader en mekaar weer kon omarm (sien foto onder). Richard Holloway vertel: "Die Wesland Verenigende Ring gaan nou weer met hernude moed voort om die koninkryk aan die Weskus te dien." Op die foto is van die verteenwoordigers tydens die byeenkoms.
Wesland Verenigende Ring
Societas for ECD
2. Societas vir Vroeëkindontwikkeling
Op Sondag 30 Oktober is die nie-winsgewende maatskappy Societas for ECD (Early Childhood Development) by die Groote Kerk in Kaapstad bekend gestel. Die maatskappy is gestig met ’n donasie van R1 miljoen van dié gemeente wat die moeder van die NG Kerk is. Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die moderamen van die Wes-Kaapse sinode), Leon Venter (Diaconia), en twee lidmate van die NG Kerk, Albert Geldenhuys en Deon Adriaanse, het Societas gestig om vroeëkindontwikkeling-inisiatiewe deur die NG Kerk landwyd te ondersteun. Lees meer hier.
Societas se bekendstelling in Groote Kerk
Dr Richard Harvey
3. Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie
Op 10 November om13:00 tree dr Richard Harvey op by die Beyers Naudé Sentrum by die Fakulteit Teologie, US. Dr Harvey, 'n Londense teoloog en Messiaanse Jood, is welbekend as kenner en spreker oor die Messiaanse-Joodse konflik. Die onderwerp van sy aanbieding is "
Towards reconciliation in the Israel-Palestine conflict: A Messianic-Jewish perspective". Lees meer hier.
US Eerstejaarskamp 2017
Kruiskerk Eerstejaarskamp
15-18 Januarie 2017
Kovsies NG Studentekerk eerstejaarskamp 2017
NG Studentegemeente Bloemfontein
Eerstejaarskamp 8-12 Jan 2017
Dr Rev Olav Fykse Tveit
5. WCC: What have we learned from the Reformation?
Speaking at the Peterskirche, the University Church of Heidelberg, on 27 October, World Council of Churches (WCC) general secretary Rev. Dr Olav Fykse Tveit said the Reformation can only be commemorated properly if the remembrance is done in a modus of mutual accountability.
"The perspective has been what we can learn from what we call the Reformation, and what we can be helped to see as a potential for change today," he said. "The best ecumenical dialogue on the Reformation applies the approach of the ‘healing of memories’ that has been an important dimension of the peacebuilding work of member churches of the WCC in Northern Ireland, South Africa and many other countries." Read more.
GEMEENTENUUS
1. NG Blanco hou Oupa-en-Ouma-Sondag

Blanco-gemeente in George vier hierdie kwartaal fees oor elke generasie wat deel van hul gemeente-familie uitmaak. Die afgelope Sondag was die Oupa-en-Ouma-Sondag. Tydens die erediens is die seniors via Pred 7:10 aangemoedig om nie die verlede te verheerlik (nostalgie) of te verwens nie (revisionisme), maar om die hede aan te gryp en voluit te leef vir Jesus Christus. Elke oupa en ouma het 'n kaartjie en blomme van die laerskoolkinders van die gemeente ontvang en na die diens het die tieners hamburgers en aarbeie uitgedeel. Vroeër is elke senior lidmaat uitgenooi om met pakke klere en hoede die erediens by te woon. Heelwat jonger mense het ook meegedoen aan die "opdress" vir die geleentheid

Kyk gerus hier na nog foto’s van hierdie spesiale  Sondag.  Dank aan Francois Mulder én die 14-jarige Maríze Mulder wat die foto's geneem het.
Ds Mulder en ander
Ds Francois Mulder (met sy oupa se toga), tannie Beckie Meyer (91 jaar), tannie Masha Lombard (op 26 November word sy 80) en ds Cornie Pretorius (met sy oupa se hoed).
Oupas en oumas
Blanco se oupas en oumas netjies uitgevat
2. Wellington-gemeentes deel van Gebedsketting
"'n Gebedsketting is Maandagaand 31 Oktober deur die kerke op Wellington geïnisieer om ons afhanklikheid van God te erken en te bid vir wysheid, vrede en verdraagsaamheid op die kampusse, versoening tussen mense en vir die regering om wet en orde te handhaaf." So skryf NJ van As (NG Wellington-Oos).
Dankie vir elkeen wat regoor ons land saam hiervoor bid én werk.
Gebedsketting
PREDIKANTENUUS
Ds Ockie Raubenheimer: soos Paulus ...
"Soos die apostel Paulus gereis en geskryf het, het ds Ockie Raubenheimer (92) in die vreemde gereis en gepreek. Sy eie en sy 47 nasate se voetspore lê in ’n verstommende 272 buitelandse plekke. Die patriarg se bydrae is verreweg die grootste. Sy loopbaan strek, in sy eie woorde, 'letterlik van die sone van die middernagson in die Noordelike Halfrond tot waar die son agter Marioneiland in die Suidelike Halfrond ondergaan'."
Lees gerus
hier verder – met dank en erkenning aan Hennie van Deventer en Media24. Op die foto is beide Ockie Jr en Ockie Sr. 

Ockie Sr en Ockie Jr
Deon Bruwer
KEN JOU KERK
Akte van Demissie
'n Akte van demissie is 'n brief of dokument wat 'n predikant by aftrede ontvang om aan te dui dat sy/hy eervol ontslaan word. Dit beteken sy/hy behou haar/sy status (en titel). Die gemeente, kerkraad, diensgroep, sinode, ring - wie ook al die werkgewer is - kan dit gee.
In Deon Bruwer (sien bo by SINODENUUS) se geval was dit die Ring van Durbanville wat die akte aan hom oorhandig het.
Grootstreepswaeltjies
Grootstreepswaeltjies
EKOLOGIE
'n Seën op die agterstoep
Lank voordat die Bybel geskryf is, was die skepping al daar as eerste openba-ringsboek.
Die Bybel, as tweede openbaringsboek, bevestig dat ons vir God ook in en deur die skepping ontmoet (bv Ps 19 en 104). Soos met die Bybel moet ons ook leer om die natuur te lees as plek waar ons vir God leer ken. Lees hier verder.
NUUSBRIEWE
Bybel-Media Nuusbrief 
Die fokus is hierdie week op die jongste Kerkbode, drie Bybelkor-publikasies (sien onder), BM-Cordis Trust-pryse en nuwe BM-katalogi.
Oor die Bybel-Media katalogi skryf Hans Steyn soos volg:  "
In die afgelope maand is 'n kleurvolle BM-katalogus en 'n Jeugfokuskatalogus na elke gemeente en leraar gepos. Ons hoop dié inligtings-gidse van BM sal ‘n besondere hulp wees met die keuse van die regte produkte / publikasies vir jou gemeente."
Skribas word vriendelik versoek om van tyd tot tyd iets oor of uit die katalogi in die gemeente se aankondigingsblad te plaas sodat lidmate ook daaruit waarde kan put.
Dit is amper dag Creatively mindful Woord en Fees
Kinders die wêreld oor
PUBLIKASIES
CLF: Wêreldwye Kinderdag
20 November 2016
Kinders het die reg om veilig, geliefd en geborge te voel; hulle het die reg tot opvoeding en die reg dat hulle basiese oorlewingsbehoeftes vervul word, maar hulle het ook die reg om te weet en ervaar dat daar ’n Hemelse Vader is wat hulle baie liefhet. Op 20 November word kinderregte wêreldwyd gevier en ons as Christene kan hierby aansluit deur uit te reik na ons land se kinders wat geestelike leiding nodig het. CLF verskaf ‘n paar voorstelle om kinders se geestelike behoeftes aan te spreek. Lees meer hier.
KUIERKANS
Geniet elke basaar, konsert en fees! Klik op die verskillende pamflette vir meer inligting. Ons Facebook het ook inligting hieroor. 
NG Uniondale Basaar
NG Uniondale Basaar
12 November 2016
Badisa Plumrus Basaar
Badisa Plumrus Basaar
26 November 2016
VAKATURES
1. Herberg Kinderhuis: Administratiewe Beampte/Boekhouer
Die Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum in Robertson is 'n program van Badisa, 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Stuur 'n volledige CV voor 11 November 2016 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, Badisa, Privaatsak X8, Belville 7535, of per e-pos na mhb@badisa.org.za. Lees meer hier.
Badisa logo
NG Durbanville
2. NG Durbanville: Jeugwerker
Die NG Gemeente Durbanville se roeping is "Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld." Hier is tans 'n vakante pos vir 'n jeugwerker - lees hier meer oor die gemeente se fokusse, die persoonlike en posprofiel, sowel as kwalifikasies en ondervinding. Aansoeke sluit  op 4 November.
Suider-Paarl
3. NG Suider-Paarl: Jeugwerker
NG Suider-Paarl het 'n vakature vir 'n Jeugwerker: Senior Jeug en Jong Werkende Lidmate. Die toerusting van jongmense is een van die dryfvere van die gemeente en daar is reeds ‘n dinamiese kinderkerk- en tienerbediening. Lees meer oor die vereistes van die pos hier. Aansoekers kan hul CV voor 25 November stuur na Madeleine Fourie by admin@suiderpaarl.co.za
e-Kerkbode-logo
Vakatures op e-Kerkbode
'n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via die nuwe e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Lizette Louw
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Lizette Louw

My vrolike 4-jarige dogtertjie roep nou die dag, toe die geniepsige Kaapse wind haar bietjies-bietjies van balans af gooi, uitbundig uit: "Sjoe, Mamma, maar Jesus karnuffel ons omtrént vanmôre, nè?!"
Met 'n glimlag besef ek toe later dat dit so 'n groot deel van ons storie uitmaak: dat gelukkig wees, om bly te wees en dankbaar te wees, als maar eintlik net met perspektief te doen het. Om klein te word, soos 'n kind. Om in eenvoud te leef, oop-hand vir eenvoudige geskenke. Om te weet God geniet my en ek geniet Hom – en dankbaar te wees daarvoor. En wanneer ek moeg raak, te weet ook in my broosheid kan ek dankbaar wees, want dis juis dán wanneer God my van my selfgevormde leuens (onnodige bagasie) wil stroop en sy asemgewende kruisliefde-salf aan my wonde wil kom smeer. Dís mos geluk!
                                                                   ***
Lizette Louw is sedert 2011 leraar by die NG Gemeente Ottery en in 2010 was sy by die NG Moedergemeente George.
Kontak Lizette by 
lizettevandermerwe@gmail.com.
Oorweeg asb om hierdie nuusbrief aan nog iemand te stuur wat in nuus en inligting oor die NG Kerk-familie belangstel. Dis deel van jou getuienis.
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za