Lees deur internet, klik hier >>
16 Maart 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
#imagine: ’n Getuienis
Vir Riviersonderend se jeug (sien onder) is #imagine ’n empowering experience ... wat uitgekring het tot 'n getuienis soos min! Vroeër het dié gemeente se kerkraad tien tieners uit die gemeenskap geborg vir #imagine. Dié tien het onder leiding van Stephan Naudé 'n weeklikse #imagine koffiekroeg begin, wat intussen gegroei het na 40! Lees verder ...
imagine video Riviersonderend
SINODENUUS
1. NG Algemene Sinode Moderamen byeen
Hierdie week het die Algemene Sinode Moderamen (ASM) van 12 tot 14 Maart by eMseni buite Benoni vergader. Onder die sake op die agenda was 'n raamwerk vir 'n missionale bedieningsontwikkeling in die NG Kerk, voorgelê deur Frederick Marais, en 'n verslag oor gender, deur Elize Morkel, Rethie van Niekerk en Carin van Schalkwyk. Pieter van der Walt het op sy beurt sekere navorsingsverslae met die vergadering gedeel.
Die ASM se mediaverklaring oor gelowiges se roeping in Suid-Afrika is hier beskikbaar. Oorweeg gerus om dit verder in gemeentes en ander toepaslike omgewings te deel.
ASM Maart 2018
Wes-Kapenaars by die ASM:
Agter v.l.n.r. Heerden van Niekerk, Frederick Marais, Gielie Loubser,
Nelis Janse van Rensburg, Charl Stander
Voor v.l.n.r. Pieter van der Walt, Elize Morkel, Bossie Minnaar
Super power
2. Wêrelddag vir Maatskaplike Werk: 20 Maart
2.1 Dankie, Badisa en kie!
Die Diensgroep Diaconia wil op Dinsdag 20 Maart saam met die res van die kerk erkenning  gee en dankie sê vir die bydrae van 210 professionele maatskaplike werkers, hulpwerkers en gemeenskaps-werkers in diens van Badisa. Gemeentes en gemeenskappe, julle word uitgenooi om op 20 Maart ook erkenning en waardering aan maatskaplike werkers in julle omgewing te wys. Lees verder.
Logo
2.2 Wêrelddag vir Maatskaplike Werk
Badisa deel hulle verhale
Op 20 Maart 2018 word individue en organisasies regoor die wêreld aangemoedig om Maatskaplike Werkdag te vier, ten einde die waarde en bydraes wat maatskaplike werkers elke dag lewer, om gesonde  en volhoubare gemeenskappe te bevorder, te erken. Twee maatskaplike werkers van Badisa gesels oor hul professie en uitdagings. Lees gerus hier Badisa se elektroniese nuusbrief vir Maart.
imagine logo
3. #imagine 2018
Hier is al die antwoorde!

#imagine 2018 se op-en-wakker span laat weet dat daar beslis nog baie geleenthede vir jou,  jou gemeente of besigheid is om betrokke te raak by #imagine 2018.
Die algemene vrae (FAQ) word in hierdie brief beantwoord - klik hier en deel asb met almal wat nog vrae het!
Wil jy ondersteun? Lees dan verder. Navrae? Kontak Luané hier.

4.1 "Watermomente"
- vir Lydenstyd  

In Sondag 18 Maart se 40 sekonde watermoment (onder) is die fokus op die sensitiwiteit wat ons teenoor die skepping sal moet openbaar. Gemeentes word gevra om die videosnit tydens die liturgie te gebruik as deel van ons getuienis oor ons sorg vir die skepping. Onthou: die volledige reeks video's is hier beskikbaar. 
Watermoment - Sondag 18 Maart
Graan SA water in Bellville en Delft
4.2 Hoe sê ons dankie, Graan SA?
Te midde van die voortslepende droogte in die Wes-Kaap, het Graan SA Diaconia in Februarie 2018 gekontak met die nuus van 'n besending water wat hulle beskikbaar wil stel vir die Wes-Kaap. Op Vrydag 9 Maart het 'n baie groot besending water in die Kaap aangekom - wat toe ook 'n eerste toetslopie was vir Diaconia om hul strategie en al die logistieke uitdagings te toets.
Die getuienis te midde van waterskaarste raak 'n klippie wat al verder in die water uitkring.
In reaksie het Nioma Venter (PSD: Diaconia) 'n dankiebrief aan Graan SA gerig. Lees hier - want "dit wat gegee word, is maar een deel van die storie. Dit is hoe mense aan mekaar verbind word, van mekaar bewus raak, wat eintlik die grootsheid vervat."
Foto: Nioma Venter (Diaconia), Sedric Heare (VGK Delft), Lene November (VGK Delft) en Willie Badenhorst (NG Gemeente Bellville-Wes).
5. Familie Netwerk byeen
Op 8 Maart het die Wes-Kaap Familie Netwerk ‘n informele gesprek oor ouerleiding  by die Wellington Gemeentesentrum gehou. Die gesprek is gelei deur Maartje van der Westhuizen, predikant verantwoordelik vir kinder- en ouerbediening by NG Elarduspark in die Oostelike Sinode, en mede-redakteur van die boek Ons huis oefen saam, wat handel oor die kweek van geloofsgewoontes in families. 
Maartje het o.a. gesels oor hoe om ouerleiding deel te maak van die gemeente se geloofs-vormingstrategie, watter onderwerpe met ouers bespreek word en hoe om ouerleiding aan te pak. Kontak die Jeugkantoor met navrae: jeug@sun.ac.za of 021 808 9050.

Agter v.l.n.r:  George Prinsloo, Schalk Kotze, Nico Lochner, Christi Thirion,
Jako van Dyk, Toit Wessels
Voor v.l.n.r: Maatje van der Westhuizen, Anriëtte de Ridder, Ronel Viljoen, Liezl Gossmann-Williams, Kobus Kriel, Annelet Slazus       
Sittend:  Lettie Büchner
6. Kuratorium: #bemorebechange
Die Kuratorium is die afgelope twee jaar reeds besig met 'n innoverende projek, #bemorebechange: 'n vars nuwe aanslag t.o.v. bewusmaking en bemarking van teologie aan hoërskoolleerders. En ... wat is beter as om jou dag te begin saam met 'n groep leerders en met hulle te gesels oor hulle roeping – en dit alles op 'n kreatiewe manier (wat 'n interaktiewe drama uit Lizz Meiring se pen insluit!)? Klik hier.
Volg #bemorebechange op Facebook en kontak André Pentz by 082 565 1467 of via e-pos  by info@bemorebechange.co.za indien jy wil hê die produksie moet jou skool, kerk of jeugbediening besoek. Onder is foto's wat geneem is tydens die onlangse produksie.
Collage
7. Getuienisaksie
7.1 Wat doen Bellville om die desperate mense op ons voorstoepe te help? 
Missionaal kerkwees beteken dat ons in ons gemeenskap betrokke moet raak. Getuienisaksie was onlangs hier in ons omgewing op ‘n vergadering van die VRCID (Voortrekker Road Corridor Improvement District) waar  daar o.a. kennis gemaak is met George Narkedien, die bestuurder van Bellville se Haven nagskuiling. Klik op die grafika en kyk na die video waar George en Hilton, een van hul gerehabilteerders, meer vertel van hul lewensveranderende werk.
Cesario Munuel en Carl Lourens
Di. Cesario Munuel en Carl Lourens van die NG Gemeente Skukuza (sekretaris, Gesamentlike Sendingkommissie vir Mosambiek) 
7.2 Mosambiek gemeente spog binnekort met dak 
Ds. Cesario Munuel is die leraar van ons susterskerk, die IRM (Igreja Reformada em Moçambique) se Cologue Gemeente naby die grensdorp, Dedza (Malawi). Sy gemeente bou al vir ’n paar jaar aan hul nuwe kerk wat (soos dikwels die gewoonte is) om die ou kerk gebou word. Dit word alreeds Sondae vir dienste gebruik vir die meer as 4 000 lidmate wat met groot ywer die evangelie wil hoor en uitleef. Tans skuil hulle nog in die kerk se hoeke as dit reën, maar vanjaar gaan hulle beslis die dak opsit; heelwat dakplate is al aangekoop op inisiatief van die gemeente.
Logo
7.3 Geakkrediteerde godsdiensopleiding
Akkreditasie by SAQA (South African Qualifications Authority) gee aan enige opleidingsprogram geloofwaardigheid. Dus was die onlangse akkreditasie van die Association of Christian Religious Practitioners (ACRP) groot nuus! ACRP verteenwoordig ’n wye reeks denominasies in Suid-Afrika.
Danie van Zyl (voorheen bestuurder van Sokhanya Bybelskool) is besig om die Sokhanya-program by te werk om aan die praktiese opleidingskomponente wat voorgeskryf word, te voldoen – goeie nuus inderdaad! Lees meer hier.

8. Arbeidsbediening
BrightStar skiet potensiaal oop!
Wil julle gemeente, plaas of besigheid nog altyd iets sinvol aanbied om jul mense opnuut te laat besef hoeveel potensiaal in hulle skuil? Hier is jou kans om van ‘n wonderlike, bekostigbare geleentheid gebruik te maak. BrightStar lewensvaardighede help jou om vaardighede te ontwikkel om 'n gebalanseerde en betekenisvolle lewe te lei. Die kursus bestaan uit drie modules nl. "Jou Skitterende Self", "Skitterende verhoudings" en "Skitterende Leierskap". Lees hier meer.
Bright Star kinders
Lene November van Arbeidsbediening by die VGK Mfuleni se groep wat verlede jaar die BrightStar-program gedoen het.
Begeleiding
9. Geestelike begeleidingsopleiding
'n Nuwe vennootskap tussen die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit en die Andrew Murray-sentrum (die Wes-Kaapse Vennootskap vir Geestelike Begeleidingsopleiding) bied 'n twee-jaar opleidings-program in geestelike begeleiding aan, wat begin in Junie 2018 by die Stillebosch Retreat Plaas by Anathoth. 
Die inhoud en kwaliteit van die kursus volg internasionale geestelike begeleiding opleidingstandaarde, maar bevat materiaal spesifiek gerig op ons Suid-Afrikaanse konteks – en is ontwerp om van toepassing te wees op alle Christelike tradisies. Klik hier vir meer inligting, die program en aansoekvorm.
Grafika
10. Gashere kan registreer!
JC de Jongh, sosiale media- en projek-bestuurder van #imagine Kidz, laat weet soos volg:" #imagine Kidz se registrasies vir ‘hosts’ is nou oop. Registreer as ‘n ‘host’ in jou gemeenskap om deel te word van ‘n beweging wat tieners en jongmense mobiliseer om daadwerklik aktief binne-in hulle gemeenskap 'n ‘experience’ te organiseer vir kinders tussen 9 en 12."
Klik hier om te registreer.
In 2017 is 27 #imagine Kidz Experiences landswyd aangebied tydens die Junie-, September- en Desember-vakansies.
Geen VrydagNuus
11. Gemeentes, onthou asb. 
Onthou asseblief: daar sal weens die vakansiedae in die volgende weke geen VrydagNuus verskyn nie:
23 Maart, 4 Mei en 10 Augustus. Diegene wat nuus en inligting deur VrydagNuus wil versprei, moet dit asb. in ag neem in julle beplanning. Ons help ook deur Facebook, Twitter en die webwerf waar toepaslik.
Die laaste VrydagNuus van die kwartaal verskyn in die week van 30 Maart.
GEMEENTENUUS
1. Vredendal: Saam is ons beter!
Na ʼn geloofsreis van bykans drie jaar het Vredendal Moedergemeente en Vredendal-Wes op Sondag 11 Maart hulle eenwording gevier. “Een in geloof, een in roeping, een in struktuur. Ons kyk terug op ʼn besonderse reis wat begin het met Eks. 33 as teks. Die Here het die pad met ons geloop, ons is een. Saam, is ons beter.” – Anton Verwey.
Oorweeg gerus om hier meer te lees en die foto’s, ryk aan simboliek rondom hierdie nuwe verbintenis, saam met die gemeente te geniet. Ons opregte seënwense, kollegas!
Gemeentelede
Greyton eeufeesviering
NG Gemeente Greyton eeufeesviering
21-23 September - klik bo
Toringkerk Lydenstyd sangdiens 25 Maart
NG Gemeente Toringkerk
Lydenstyd sangdiens - klik bo
4. Calvinia trap weer vir sending
Noel Viljoen stuur die goeie nuus dat die Calvinianers vanjaar wéér op 23 en 24 Maart trap vir sending! Hulle 240 km lange roete sal hierdie keer soos volg daar uitsien: Begin op Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp en dan Vredendal - 'n nuwe deel van die roete -, Klawer (oornag op Klawer), en dan terug na Vredendal; Lutzville na Strandfontein. Kry jou plekkie langs die pad om hulle te ondersteun en begin bid asb. nou reeds vir die groep se veiligheid. Lees hier meer. Onder is foto's van die ryers bymekaar.
Fietstrap Groep ryers
Lydensweek met Niel Büchner
NG Stellenberg: Groot Lydensweek met Neil Büchner - Wo. 28 Maart
Kinderwerkerkonferensie
NG Gemeente Durbanville-Bergsig: Kinderwerker-konferensie - 20-21 Maart 2018
7. Buurgemeentes leer by mekaar
Op Dinsdag 13 Maart het die NG Gemeente Stellenberg hulle buurgemeente, NG Kenridge, se kollegas ontvang vir ’n gesellige gesprek oor die vreugde en uitdagings rondom hulle bediening in die Durbanville-omgewing. Die twee gemeentes is bykans dieselfde grootte en beleef soortgelyke geleenthede en vraagstukke. Dit was 'n sinvolle gesprek, met die moontlikheid van verdere samewerking en diens in die groter Durbanville-omgewing.
Kollegas
Agter v.ln.r.: Callie Visagie (Stellenberg), Dave Viljoen (Kenridge), Marius Breytenbach (Stellenberg), Why Duvenage (Stellenberg) en Johan Steenkamp (Kenridge). Voor v.l.n.r.: is Christi Thirion (Kenridge), Brenda Visser (Stellenberg), Johann du Plessis (Kenridge), Melanie Thirion (Kenridge), Willem Lötter (Kenridge) en Peter Kotze (Stellenberg)
Etensuurkonsert
Gratis etensuurkonserte by George Moedergemeente
Herfsseisoen April/Mei om 13:10
Kreatiewe kunsoggend NG Stanford 14 April
Kreatiewe kunsoggend NG Stanford
14 April - klik bo 
10. Proe-ervaring soos min tydens Laingsburg-kuier
NG Gemeente Laingsburg het op Saterdag 10 Maart hulle jaarlikse gemeentekuier gehad. Mias Nortier, predikant, skryf: “Die doel van die byeenkoms is om as gemeente en gemeenskap saam te kuier en ook die gemoedere te lig tydens die erge droogte waarin ons tans is. Die aand is ingekleur met ‘n viergang proe-ervaring spyskaart en ook ’n snoek- en patatbraai hoofmaal." Dit lyk sommer vyfster, Laingsburgers! Hier is meer foto’s.
Voorgereg Hoofgereg Nagereg
Logo
11. Helderberg se 4Lines Sports Coaching
4Lines Sports Coaching is deel van Helderberg Uitreik se ontwikkelingsprojekte en wil afrigters en spelers help bemagtig om tot eer van God 'n volhoubare verskil te maak.
Lewensvaardighede, bewegingsvaardighede, tegniek/taktiek word gedeel en aangeleer. Die bou van verhoudings met afrigters geniet prioriteit. Maandeliks vind ‘n forum  plaas waar aktuele sportonderwerpe bespreek word. Vir meer oor hulle ander uitreike en aktiwiteite (en foto's), klik hier. Dalk is dit net die ding vir jou gemeenskap of jeugbediening? Gesels dan gerus met Hendré of Ilse.
Stutterheim kerkgebou
12. NG Gemeente Stutterheim word 70!
Deon Strydom, leraar van die NG Gemeente Stutterheim, stuur nuus oor hulle 70ste verjaarsdag. Die gemeente beplan om hierdie groot verjaarsdag feestelik te vier op Sondag 28 Oktober. As enigiemand kontak het met oudleraars en oudgemeentelede van Stutterheim of Komga, laat weet hulle asseblief. Deon noem ook dat hy graag enige oudleraars van die twee gemeentes se kontakbesonderhede wil bekom. As jy kan help, kontak hom by deonstr@gmail.com.  
UIT ONS RINGE
1. Ring van Swellendam onthaal emeriti
Die Ring van Swellendam se dienende leraars het al die emeriti in die ringsgebied genooi vir koffie en eetgoed op Sondagmiddag 11 Maart by The Old Gaol in Swellendam. Charl van Rensburg, ringsvoorsitter, laat weet dat dit ’n gesellige saamkuier was en die ideale geleentheid om mekaar beter te leer ken.
Ander ringe wat ook op so ’n gesellige wyse moeite doen om die gemeenskap van gelowiges te versterk, kan gerus daarvan laat weet. Meer foto’s is op ons Facebook; gaan kyk gerus hier (en onder) wie jy almal herken!

Middagetetafel
2. Ring van Helderberg
Disakloof Jeugkampterrein
As die berge roep, dan volg die voete! Disakloof nooi persone uit om ’n “midweek break” te neem, na die berge te kyk, seelug in te asem en te rus teen ’n bekostigbare prys. Met die winter om die draai, is Disakloof ideaal met volledig toegeruste wooneenhede – jy hoef amper nie ‘n voet uit die huis te sit nie.
“Like” hulle Facebook-blad en stuur ’n e-pos aan bookings@disakloof.co.za om jou bespreking te finaliseer. Disakloof, in Clarenceweg, Bettiesbaai, is ’n nie-winsgewende organisasie van die Ring van Helderberg. Hier is wooneenhede en kampeer- sowel as karavaanstaanplek van ’n hoë gehalte, met billike tariewe.

Gebedsversoeke 16 Maart
Gebedsversoeke is welkom; klik hier.
Wouter en Nina
PREDIKANTENUUS
1. Hartlik geluk, Nina en Wouter!
Hartlik geluk aan Nina Muller van Velden en Wouter van Velden (NG Gemeente Welgemoed). Beide kollegas het op Donderdag 8 Februarie goeie nuus oor hulle studies ontvang. Nina het haar verhandeling vir die verwerwing van 'n doktorsgraad in Nuwe Testament suksesvol verdedig en Wouter ’n uur of wat later sy MTh in Missionale Bedieningspraktyk. Lees gerus meer oor dié ywerige egpaar!
Nico Viljoen
2. Doktorsgraad vir Nico Viljoen
Dit is lekker om vir Nico Viljoen, predikant in die NG Gemeente Vredendal-Wes, geluk te wens met die verwerwing van sy doktorsgraad in Bybelse Spiritualiteit, aangebied deur die Departement Ou en Nuwe Testamentiese Studies by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Lees meer hieroor.
Nico Lochner
3. Nico Lochner beskikbaar vir aflos
Nico Lochner, voormalige proponent van die NG Gemeente Clanwilliam, laat weet dat hy beskikbaar is vir preekbeurte en aflos in gemeentes in Kaapstad en omgewing.
Hy woon in Durbanville en kan gekontak word op 072 460 0552 of via e-pos by lochnerhn@gmail.com.

Cobus Vermeulen
ALGEMEEN
1. Met innige simpatie:
Ds. JJ (Cobus) Vermeulen
(01.06.1930 – 10.03.2018)
Ons het nuus ontvang van die afsterwe van ds. Cobus Vermeulen, wat vir meer as 38 jaar in Vredenburg in die NG Kerk in Afrika in die bediening was. Hy het voorheen ook in die Transkei bedien en was ten volle Xhosa magtig.
Ons bied graag ons opregte simpatie aan sy familie – en dan in die besonder aan sy seun, Heinie, van die NG Gemeente Heidelberg. Ds. Vermeulen (sr.) se vrou, Lozetta, is reeds in 2016 oorlede. Oudklasmaats en kollegas kan hier meer lees.
’n Dankdiens het op Donderdagoggend 15 Maart vanuit Ametis in die Strand plaasgevind, gelei deur ds. Vermeulen se seun, Heinie. 

Gustav Claassen e.a.
2. World Council of Churches
Conference on World Mission and Evangelism
The long-anticipated WCC’s Conference on World Mission and Evangelism opened on 8 March in Arusha, Tanzania, with African rhythms, almost a thousand participants, storytelling, and a spirit of sharing that set the stage for the rest of the week. The theme of the conference was “Moving in the Spirit: called to Transforming Discipleship”. Read more.
Three representatives from the Dutch Reformed Church were in Tanzania for this event, which concluded on 13 March. They are Rev. Rupert de Koning (Meerensee) and Rev. Marelize Malherbe (Richards Bay) – both from the Synod of KwaZulu-Natal – and Dr. Gustav Claassen (General Secretary, General Synod).
3. Evangelische Kirsche in Deutschland (EKD) op besoek
‘n Afvaardiging van die Raad van die Evangelische Kirche in Deutschland (EKD) het op 9 Maart die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch (US) besoek vir samesprekings oor nouer samewerking tussen die Evangeliese Lutherse Kerk, vennootskapskerke in Duitsland en die fakulteit.
Die besoek was onder leiding van Biskop Heinrich Bedford-Strohm, voorsitter van die EKD Raad en Buitengewone Professor verbonde aan Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, Fakulteit Teologie, US. Die EKD het ook 'n aantal boeke geskenk aan die Teologie Biblioteek.  
Biskop Bedfrod-Strohm het aan die einde van die besoek gesê: “Thank you so much for your time and wonderful presentations! Now my friends and colleagues understand why I am so full of gratitude for my Stellenbosch world! The photo (see below) bringing my two worlds together is very special to me…”

EKD besoek Fakulteit Teologie
4. Karel Krokodil = Lees-vir-genot met Nal’ibali
Nal’ibali, Diaconia se lees-vir-genot vennoot, deel die lekker nuus van al hoe meer leesgroepies wat in gemeentes ontstaan. Ria Koen (NG Gemeente La Rochelle, Bellville) het verlede week die eerste leesgroepie aangebied. Daar is reeds groot belangstelling oor hoe dié leesprojek kinders se intelligensie stimuleer en op ’n holistiese wyse na die ontwikkeling van die kind kyk.
Stories in verskillende tale kan gratis van Nal’ibali se webwerf afgelaai word. Kontak Righardt by Righardt@nalibali.org om betrokke te raak – dis deel van ons fokus op vroeëkind-ontwikkeling. 

Karel Krokodil
Karel die krokodil is een van die aflaaibare stories van Nal’ibali
Karel Krokodil lesers
Jessica en Kara, vir wie die leesgroepie soos 'n partytjie was!
Karel Krokodil wasgoedpen
Karel die krokodil, wat by hierdie leesgroepie lewe gekry het.
5. Ekumene: Vredesprys vir vriendskap!
“Talk less, listen more!”

Die Verenigde Nasies (VN) het onlangs ’n spesiale toekenning aan Mark Woerde gemaak vir sy inisiatief om vriendskappe tussen mense vanuit verskillende gelowe te bevorder. Dit word gesien as ’n belangrike bydrae tot die vermindering van sosiale spanning.
’n Mens moet Mark se geduld bewonder, want dit het bykans twee en ’n halwe jaar geneem voordat hy die meer as 20 bekende geloofsleiers se ondersteuning vir die gesamentlike videoboodskap kon kry. Mark ontvang die toekenning vandeesmaand in Suid-Korea. Sien die video onder.

Video
Doringkroon
6. Raakgelees
6.1 Lydenstyd: vas en vier

Waar kom hierdie Roomse gebruike nou weer vandaan? Is daar enige sin in om iets soos brood uit te skakel en dit dan met Lydenstyd te probeer in verband bring? Dalk hoor jy ook van tyd tot tyd soortgelyke vrae, want “een van die ou kerklike gebruike wat herleef, is om tydens Lydenstyd van iets kleins te vas. Sjokolade of wyn of iets dergeliks.” Lees gerus Kerkbode se hoofartikel vir ’n perspektief op hierdie gebruik hier. En vier dan gerus ook die opstanding, die oorwinning!

Lydenstyd vas
Gebed
6.2 Raakgelees: massagebed
Hoe dink gelowiges oor groot gebedsaamtrekke? Skep so ’n geleentheid die kans vir massa-opsweping of om God te probeer “dwing” om na sy kinders te luister? Hermie van Zyl dink na oor dié saak as hy die moontlikheid van nuwe toewyding aan Christus, sowel as die getuieniswaarde daarvan, opweeg teen die gevaar van ’n onvolwasse geestelike lewe. As jy ook krities hieroor nadink, kan jy sy perspektief hier lees.
PUBLIKASIES
1. CLF: Christianity in Eurafrica
Christianity in Eurafrica is 'n formidabele boek, noukeurig nagevors en goed geskryf deur Steven Paas, wat vir baie jare dosent in Malawi was. Hy skryf vanuit 'n grondige kennis van en liefde vir die Here se kerk, veral in Afrika. Christianity in Eurafrica word sterk aanbeveel vir studente en geleerdes en almal geïnteresseerd in die geskiedenis van die kerk van God. Klik hier vir meer inligting.
Kinderkategese aktiwiteitsboek
2. Bybel-Media
2.1 Laat die Kindertjies na My toe kom
Hierdie ses aktiwiteitsboeke bied aan jong kinders selfdoen-aktiwiteite gegrond op sleuteltekse in die Ou Testament (boeke 1 – 3) en die Nuwe Testament (boeke 4 – 6) van die Bybel.
Deur die aktiwiteite leer ken die kinders op ʼn prettige manier 90 stories uit die Bybel wat ʼn belangrike rol in geloofsvorming speel. Lees hier meer.
2.2 Die pad na Paasfees
"Die pad na Paasfees" is iets prakties wat families saam by die huis kan doen in die week voor Paasfees. Dit is spesiaal deur Rethie van Niekerk ontwikkel vir gesinne met laerskoolkinders.
Die produk nooi families uit om die Bybelgedeeltes tydens Heilige Week te lees en so die Paasverhaal te volg.
Jy kan "Die pad na Paasfees" gratis aflaai en Sondag in jou gemeente uitdeel. Druk dit uit op ʼn A3-papier of fotostateer op dikker papier. Moedig gerus die families in jou gemeente aan om die Bybelgedeeltes te lees en die blokkies te knip en plak. Dankie, Bybel-Media!
Handreiniger
EKOLOGIE
1. WWF SA: Water File - dry hygiene
Looking back to the very first Wednesday Water File the message was “the only thing that can really push out Day Zero is if YOU and I use less water and save water NOW”! Most Capetonians have done their part to keep Day Zero at bay. Now what, you may ask? Well, let’s stick it out for the long term and continue to save water while there is water to save. This week’s Water File focuses on dry options that have worked well to reduce water consumption during the drought. Get the latest Wednesday Water File here.
Logo
2. Lessons learned from Western Cape drought 
Have you reflected on lessons to be learned from the drought? Perhaps one or two ideas shared by The Green Anglicans in a short video message provide food for thought. The Anglican’s prayer is not “O God, let it rain.” Their prayer is: “O God, let the rain of your compassion fall onto the city so that we would hear the cry of those who do not have access to clean water." Click here.
Goudivs
3. "Miskien moet jy die diere vra om jou te leer ..." Job 12:7-10
"Richard Rohr skryf iewers: '... until you can appreciate and even delight in the soul of other things, even trees and animals, I doubt if you have discovered your own soul either. Soul knows soul.' 'Soul' is God se liefdevolle teenwoordigheid. Vir 'n ontmoeting met God wat vrymaak, stuur God vir Job na die diere. Hy stuur ook vir ons." 
Só skryf David Botha van die Projekspan Ekologie. Lees hier meer. 

Simbool
4. Herwinning wat werk
In Pretoria is daar ’n stelsel ontwikkel waarin lidmate, gemeentes en ’n middestadbediening vennote is om herwinning van huishoudelike afval ’n maklike en skoon proses te maak. Lees hier in e-Kerkbode hoe Fouché de Wet van die NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat) verduidelik.
BEHOU DIE HUMOR
Humoe
KUIERKANS
Kuierkans
Logo
VAKATURES
Vakatures in Kerkbode
Die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode, het die jongste nuus oor vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies. Dit word ook op e-Kerkbode bekendgemaak.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 16 Maart.

Logo
1. NG Gemeente Stellenberg: voltydse leraar
Stellenberg, ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad, het ongeveer 5500 lidmate en word bedien deur vyf voltydse leraars en een pastorale hulp. Daar is ook ’n voltydse kinderwerker in diens van die gemeente. Hier is ’n vakature vir ’n voltydse leraar. Aansoeke sluit op 6 April - lees meer.
Sinodale gebou
2. NG Kerk in SA: Ontvangsdame
Die Sinode van Wes-Kaapland se NG Kerksentrum in De Langestraat, Bellville, het 'n vakature vir 'n ontvangsdame. Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir basiese sekretariële ondersteuning en administratiewe pligte. Reageer voor 5 April 2018 en lees hier meer oor die verantwoordelikhede en vereistes.
Logo
3.1 Huis Ravenzicht, Kraaifontein:
Administratiewe beampte/ boekhouer

Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. ‘n Onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftreeskema, asook ruim verlof, word aangebied. Lees hier meer oor die pligte en verantwoordelikhede. Aansoeke sluit 24 Maart.
3.2 Goue Aar Tehuis: Ingeskrewe verpleegkundige
Hierdie tehuis in Malmesbury is op soek na ‘n gemotiveerde, verantwoordelike persoon met geriatriese ondervinding. Die pos as stafverpleegster behels toesighouding oor ‘n groep versorgers en die versorging van verswakte en bejaarde inwoners. Meer oor die pos is hier. Doen aansoek voor 31 Maart.
3.3  Badisa Knysna: ontvangsdame/telefoniste
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet beskik oor 'n warm en hartlike persoonlikheid, uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede en moet 'n selfstandig werker wees. Lees hier meer oor die pligte van die pos. Aansoeke sluit 23 Maart.
3.4 Huis Aristea, Durbanville: ontvangsdame/telefoniste
Belangstellendes kan 'n volledige CV rig aan huisaristea@gmail.com voor 23 Maart. Posvereistes sluit in administratiewe ondervinding en 'n grondige kennis van Word, Outlook en ander basiese rekenaarvaardighede. Lees meer oor die pligte hier.
Johann du Plessis
TEN LAASTE
Uit die pen van ...
Johann du Plessis

Ons is in ons gemeente ook op pad na die Groot Lydensweek ...  

’n Mens moet ’n bewuste keuse maak om Jesus in sy lyding na te volg. Dit gebeur nie sommer outomaties nie en dit is ook nie vanselfsprekend nie. Mense is nou maar eenmaal teë vir enige moontlike swaarkry, of om jou nek uit te steek, of om een of ander opoffering te maak. Dis menslik.
 
Maar Jesus is juis menslik, sê die evangelies. Hy herstel wat menslik eintlik behoort te wees. Dit is ’n misterie, selfs ’n paradoks, skryf moderne teoloë soos Tomas Halik en Denise Ackerman, maar dis die evangelie!

So, lydenstyd is ietwat soos ’n pelgrimstog; soos die bekende Camino. ’n Mens verbind jouself om te volg. Daar is bepaalde voorbereidings en verbintenisse ... en dan loop jy soos Jesus deur die lewe. Eintlik weet ons: jy loop agter Hom aan deur die lewe.

Vir hierdie uitdagende, stukkende 2018. Geseënde pelgrimstog!


                                                                    - - - - - 
Johann du Plessis het in die NG Gemeente Rant-en-Dal (Goudland Sinode) begin en is tans predikant in NG Gemeente Kenridge, met opdrag die bediening na buite. Hy emeriteer aan die einde van Augustus 2018. Kontak Johann hier.

"Eternal life is not just unending life;
it is life of such intensity
that it overflows from God’s own being."
- Jürgen Moltmann
Vriendelike groete
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.