Lees deur internet, klik hier >>
14 Augustus 2015
Beste Leser
Sing'anga 'mkulu Yesutu, ndi Mwana wa Mulungu;
asangalatsa omwewo, okhala ndi chisoni. (Chechewa)

Die groot Geneesheer is Jesus, die Seun van God;
Hy vertroos (gee om vir) almal wat (hartseer is) in ellende sit. 
SINODENUUS
1. Vredesprys aan NG Kerk!
Die Worcester Hoop en Versoeningsproses (WHRP) het onlangs hulle Vredesprys aan die NG Kerk Wes-en-Suid-Kaap toegeken.
Hierdie besondere eer het die kerk te beurt geval nadat  R100 000 deur die kerk se Hoop en Versoening Trust aan die WHRP geskenk is. Terselfdertyd is erkenning aan die vier NG-predikante van Worcester, wat deurgaans hulle tyd en kundigheid vir die WHRP beskikbaar gestel het en as "die gom van die proses" beskryf word, gegee. Hulle is Fanie Engelbrecht (emeritus), GP Kellerman (Worcester-Audenberg), Hans Steyn (Worcester-Vallei) en Jan Ungerer (emeritus).
Lees gerus meer. Elize Morkel se toespraak oor geregtigheid en restitusie is hier.
Mnr Harris Sibeko en dr Elize Morkel
Dr Elize Morkel, moderatuurslid, ontvang die Vredesprys
van mnr Harris Sibeko, ondervoorsitter van die WHRP
2. Uit die Moderatuur
In hulle gereelde kommunikasie aan predikante en kerkkantore het die moderatuur verlede week klem gelê op die vordering rakende kerkeenheid en die skryf van 'n tussentydse Kerkorde, die komende vergadering van die moderamen en effektiewe kommunikasie met lidmate. Belangstellendes kan hier verder lees.
3. # Imagine     
Maak gerus nou al 'n aantekening van die datum vir #Imagine 2016!
Vertel belangstellendes gerus ook van die indaba vir jeugpredikers, jeugwerkers en ander leiers, van 29 tot 31 Oktober in Kaapstad, met internasionale sprekers, Jonathan en Thomas Mckee. Meer inligting  hieroor sal binnekort volg. Sien www.imaginemovement.co.za, Facebook en Twitter (@imagine_moveSA) vir nuus!
#Imagine 2016
#Imagine Indaba
4. Getuienisaksie - Vir Duidelike Kommunikasie
In 'n poging om beter na buite te kommunikeer wil die Diensgroep Getuienisaksie (KGA) wegdoen met afkortings.  
In die vervolg wil KGA bekend staan as Getuienisaksie en sy vier taakspanne as Afrika Ekumene, Gemeentegetuienis, Arbeidsbediening en Publieke Getuienis. Sien hieronder ...
Dr Kobus Odendaal
Kobus Odendaal:
Taakspan Afrika Eukemene 
Carin Brink
Carin Brink:
 Taakspan Arbeidsbediening
Dr Braam Hanekom
Braam Hanekom: Taakspan Publieke Getuienis
Vakant
Taakspan Gemeentegetuienis:
Bestuurder tans vakant
5. Nuus uit die VBO-kantoor
5.1 Die Kreatiewe gebruik van die Geskrewe Woord

Die beroemde skrywer Joseph Conrad (1857–1924) het op 'n keer oor sy taak as skrywer gesê: “My task is to make you hear, to make you feel, and, above all, to make you see. That is all, and it is everything.” Die funksie van enige geskrewe teks, net soos met die gepredikte Woord, is om te kommunikeer met die doel om te inspireer ... die geskrewe woord is daarom 'n magtige, effektiewe en uiters kreatiewe hulpmiddel in die bediening.  Dit is egter ook 'n kuns waarvoor kennis en vaardighede noodsaaklik is.
Hierdie kursus, op 26-27 Augustus deur Len Hansen ea aangebied, is gemik op enige lidmaat of predikant wat die gebruik van die geskrewe woord deel van sy of haar bediening wil maak. Lees meer en reageer voor 19 Augustus. Die inskrywingsvorm is hier.
5.2 Geluk: Deugde om te Floreer
Is die kerk die plek waar mense regtig vreugde kan vind, en hoe om dit te beleef? Hoe help ons geloofsgemeenskappe om te floreer? En myself? 
Die ontploffing van navorsing en literatuur oor “happiness” en die opbloei van die Positive Psychology dui op ʼn positiewe beweging waarvan leiers moet kennis neem en implementeer vir hulle eie lewensblyheid sowel as vir dié van die gemeenskappe wat hulle lei. 
Van 8-10 September kyk Marius Ungerer, Jannie le Roux en Nadia Marais (foto) na praktyke om meer te floreer. Belangstellendes kan aangeheg meer lees en die aansoekvorm hier kry. Sluitingsdatum: 1 September 2015.
6. Publieke Getuienis: Gesprekke op die Platteland
'n Gesprek is op 8 Augustus by die Karoo Nasionale Park in Beaufort-Wes gehou om saam te besin oor die toekoms van die streek en die kerk se betrokkenheid daarby. Lees Braam Hanekom se indrukke daaroor aangeheg - foto's hieronder, met dank aan René Potgieter (Gamkavallei).
Herman Burger, Albertus van Zyl en Braam Hanekom
Herman Burger (Merveville) en Albertus van Zyl (Gamka-Oos)
saam met Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis)
Theresa Bredenkamp, Japie van Straaten en Jaques Grobler
Emmie Strydom, Theresa Bredenkamp (Badisa), Japie van Straaten (Beaufort-Wes)
Jaques Grobler (Leeu Gamka) en Jan Stadler in gesprek. Herman Conradie is net-net sigbaar.
7. Inligting oor Ringe
Op enkele ringe na is die herindeling van die NG Wes-en-Suid-Kaap Sinode se ringe tydens die Sinodesitting van Mei 2015 gefinaliseer. Die verwagting is dat alle indelings tydens die komende moderamenvergadering (25 en 26 Augustus) afgehandel sal word.
Inligting oor die ringe, oa die nuwe voorsitters en skribas  - wat in gevolge die nuwe ontwikkeling rondom ringe nou vir vier jaar verkies word - is nou beskikbaar op www.kaapkerk.co.za onder Wie is Ons - Ringe. Klik hier.
Dr Jooseop Keum
ALGEMEEN
1. Openbare Lesing: Together towards life: Mission and Evangelism in Changing Landscapes 
Van dr Henry Mbaya (US Teologie) ontvang ons die volgende uitnodiging - spesifiek ook vir NG-predikante - na 'n openbare lesing: "The Department of Practical Theology and Missiology will be hosting Dr Jooseop Keum. Dr Keum is Director of the Commission on World Mission and Evangelism (CWME) and Editor, International Review of Mission (IRM), WCC. He will be speaking in the Faculty (Hofmeyr Hall) on Thursday 27th August from 15:00 to 16:30."  Lees hier verder ...
VrydagNuus-mashoof
2. Teken In op VrydagNuus
Kry die kerk se nuus weekliks eerstehands, vars en akkuraat. Wees ingelig. ’n Aktuele verskeidenheid inligting oor ons sinode se mense, geleenthede en meer!
Teken gratis in met jou naam, van en e-posadres by kommunikasie@kaapkerk.co.za en ontvang VrydagNuus elke Donderdag. (Gebruik dié inligting gerus in julle gemeente bulletin - enigeen is welkom om in te teken.)
3. Bybelsondag 30 Augustus 2015
Die laaste Sondag in Augustus word jaarliks as Bybelsondag gedenk ter gedagtenis aan 27 Augustus 1933 toe die Bybel in Afrikaans amptelik en feestelik in Bloemfontein in gebruik geneem is.
Die NG Gemeente George-Suid gee op hulle webblad praktiese wenke rondom Bybelsondag:
Huisgesinne kan oorweeg om saam iets hiervoor te doen: elke huis kan kyk of hulle een ekstra Bybel of Kinderbybel het om op Bybelsondag (30 Augustus) na die erediens te bring.
• Dalk wil jy eers uitvind of jou huiswerker of tuinier wel 'n Bybel in hulle eie taal het en die eerste Bybel daar skenk.
• Jy kan R60 in 'n koevert sit en met “Skenk 'n Bybel” merk. Arbeidsbediening en Hospitaalbediening het Bybels dringend nodig.
• Dalk kan 30 Augustus se deuroffer aan Die Bybelgenootskap geskenk word.
Ondersteun Die Bybelgenootskap van SA direk - klik hier
4. Praat saam 
Wees eerste om die jongste nuus en inligting te kry - maak'n draai op die sinode se Facebook en Twitter vir selfs meer!
Meer foto's
Meer stories
Meer oor projekte
Meer oor ons mense!
Meer oor gemeentes, ringe, sinodes, die NG Kerk-familie ...
PREDIKANTENUUS
1. Predikante Stokperdjies en Belangstellings ...
Ons sinode se predikante is 'n interessante en talentvolle groep mense! Onder hulle is daar kranige houtwerkers, kunstenaars, sangers, skilders en vele meer. 
Hierdie keer stel ons Gawie van Broekhuizen, sedert 1983 predikant in NG Paarl-Vallei, bekend. Fotografie is reeds vanaf sy studentedae sy belangrikste stokperdjie, iets wat hy ook in diens van die gemeente stel.
Gawie van Broekhuizen
2. Uitnodiging: Vertel van JOU Predikant se Vaardighede
Dankie aan vele lesers wat inligting oor hulle talentvolle predikante instuur! Die uitnodiging is steeds oop: watter predikante tel ook in hierdie liga? Het sy of hy ook 'n stokperdjie wat haar of hom toelaat om meer gebalanseerd, voete-op-die-aarde (en soms selfs kop-in-die-wolke van vervulling of pret!) te leef? 
Laat weet ons van jou predikant se kreatiewe uitlaatklep. Is sy 'n meester met suikerkuns? Roei hy indringerplante uit? Is sy ’n instrukteur in selfverdediging? Vertroetel hy bonsai boompies? Versamel sy antieke gevegswapens of teekoppies? Die lys is eindeloos ...
Drie of vier sinne as agtergrond en 'n (selfoon) video van niks meer as drie minute nie ... (of dan 'n foto as dit regtig nie anders kan nie), dis al wat  dit verg! Kontak Marieta by kommunikasie@kaapkerk.co.za.
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Kenridge
1.1 Apologetiek Konferensie

Van Christi Thirion ontvang ons inligting oor 'n Apologetiek-seminaar wat binnekort by die NG Gemeente Kenridge aangebied word. Die seminaar is daarop gemik om gelowiges te help om gereed te wees om ’n antwoord te gee oor die hoop wat in hulle lewe (1 Pet. 3:15). Dr Richard Howe, 'n Amerikaanse dosent in Filosofie en Apologetiek, sal die seminaar aanbied. Klik op die pamflette hieronder ...
NG Kenridge: Defending the Faith NG Kenridge Thinking Faith Simposium
Piet Naude
1.2 Seisoen van Leer ...
Kenridge het jaarliks tussen April en September op hoofsaaklik Woensdagaande 'n Seisoen van Leer (spyskaartmodel van kursusse wat bygewoon kan word). In pas met die gemeente se visie, "Ons bou brûe soos Jesus", rig hulle die volgende uitnodigings:
1.2.1 Piet Naudé
Prof Piet Naudé is op Dinsdag 8 Sep om 19:00 by die kerkgebou. R10,00 per persoon; oop vir almal. Tema: "Hoe bou mens brûe soos Jesus in die sakewêreld?"
Hennie Stander
1.2.2 Hennie Stander
Prof Hennie Stander tree op Woensdag 16 Sep om 19:00 by die kerkgebou op. Koste: R10,00 per persoon; oop vir almal. Tema: “Hoe het die vroeë Christene brûe gebou soos Jesus?"
Kontakinligting en aanwysings na die NG Gemeente Kenridge is hier beskikbaar.
2. NG La Rochelle - Gasheer vir Daniël Manne-konferensie
Kaartjies vir hierdie konferensie kos R150. Gemeentes kan voor 21 Augustus die La Rochelle-kerkkantoor by 021 919 9253 skakel om te sê hoeveel kaartjies hulle benodig. Sprekers sluit Braam Grobbelaar, Willem Badenhorst en Pieter Badenhorst (almal van Moreletapark) en die dinamiese Myan Subrayan in.
Daniel Konferensie
Avokado
EKOLOGIE - PUBLIEKE GETUIENIS
Gesoek: Avokadopeerbome 

Braam Hanekom skryf: "Hier by Publieke Getuienis wil ons bitter graag eko-sensitief leef en ook ander aanmoedig om dit te doen.
As iemand ons kan help met die kweek van avokadopeerbome vir die aanplant in 'n nuwe lae-koste behuisingsarea, kontak ons kantoor asb by spg@kaapkerk.co.za.
As jy graag meer wil lees oor die belang van inheemse plante en hoe van ons “inheemse” plante dalk “uitheems” is, lees hierdie interessante artikel van Peter Müller hier."
CLF Blanko kaartjies
PUBLIKASIES
CLF-produkte Spesiaal vir Vrouemaand
'n Lekker aanbod van een van ons media vennote - spesiaal vir Vrouemaand. Koop pragtige en kleurvolle blanko kaartjies vir slegs R30,00, posgeld uitgesluit. Elke kaartjie het 'n unieke ontwerp wat gebruik kan word vir verjaarsdae, simpatie, of selfs sommer-net-geleenthede. Bestel dit nou by order@clf.co.za.
KUIER-KANS
1. NG Gemeente Kaapstad (Groote Kerk) vier 350 Jaar. (En as jy in die omgewing van Kaapstad is, hou gerus Saterdag se koerant dop vir 'n spesiale gedenkbylae om hierdie mylpaal te vier!)
Groote Kerk 350 Jaar Erediens
Groote Kerk in Feesgewaad met Handel se Messias
Groote Kerk vier vanjaar hulle 350ste verjaardag. As deel van die 350ste feesvieringe word GF Handel se Messias op Saterdag 29 Augustus van 19:00-22:00 in die Groote Kerk uitgevoer.
Lees gerus aangeheg meer oor hierdie baie spesiale geleentheid in die geskiedenis van ons NG "Moedergemeente" in Suid-Afrika. 
NG Plumstead Basaar NG Kenridge Vroue met Vlerke
Pannekoek
4. NG Gemeente La Belle: Basaar
NG Kerk La Belle hou basaar op 29 Augustus om 09:00 op die gronde van NG Kerk De La Bat vir Dowes (Herta Lowstraat 29, Loumar, Bellville). Kom geniet al jou basaargunstelinge: Gebak, pannekoek, poeding, hamburgers, boereworsrolle, handwerk, groente en vrugte, worsstokkies, koeldrank, tee/koffie, speletjies en nog vele meer! Vir meer inligting skakel Anita by 021 945 2810.
Badisa-logo
VAKATURES
1. Badisa Tulbagh: Maatskaplike Werker

Badisa Tulbagh het 'n vakature vir 'n Maatskaplike Werker. Belangstellendes kan aangeheg meer oor die vereistes lees. Reageer asseblief so gou moontlik. 
NG Kraggakamma-logo
2. NG Gemeente Kraggakamma: Medeleraar
Die NG Gemeente Kraggakamma is 'n voorstedelike gemeente in Port Elizabeth met 1 059 belydende lidmate en 242 dooplidmate. Hulle streef daarna om God se droom vir hulle: “Ons is God se fontein van liefde” uit te leef. Die gemeente het  tans 'n vakature vir 'n medeleraar. Klik hier en reageer voor 25 September. 
3. NG Gemeente Tamboerskloof: Orrelis
Die NG Gemeente Tamboerskloof het 'n vakature vir 'n orrelis. Tamboerskloof is 'n unieke, diverse en dinamiese klein gemeente in die stadskom van Kaapstad.
Hierdie pos sal geskik wees vir ‘n persoon wat lief is vir musiek en mense en die gemeente sal omarm. Aansoeke sluit op 31 Augustus - lees hier meer.  
NG Wes-en-Suid-Kaap-logo
4. NG Kerk in SA: Sekretaresse
'n Herinnering: die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode Wes-en-Suid-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature by die Diensgroep Toerusting op Stellenbosch.
Die Diensgroep is verantwoordelik vir die kerklike opleiding en navorsing. Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir sekretariële ondersteuning en administratiewe pligte. Reageer voor 18 Augustus - lees aangeheg meer oor die vereistes en verantwoordelikhede.
Willie Smith

TEN LAASTE
...

Uit die Pen van
... Willie Smith

God het ’n manier om my in elke fase van my bediening te verras met onverwagte seëninge.
Ek het gevrees vir “ou dominee” wees met ’n voorspelbare styl in woord en daad en ’n swak gefokusde bediening weens generasiegapings. Iemand wat intenser na pensioen as na Jesus se wederkoms uitsien, met fondskrediete ’n belangriker erfenis as al die edelstene van die nuwe Jerusalem en vreugde gemeet aan hoe min diensjare oor is, se lewe word toe betyds op verrassende wyses geestelik en emosioneel deur die Koning verfris en die jeugdige krag van ’n arend geskenk – ook deur ’n pasaangeër.
VBO-kursusse, bv oor die nuutste navorsing oor Paulus, asook NT Wright se denke oor die historiese Jesus, verryk my prediking en toerustingsaksies. Ek word geseën met ’n besige jong vrou wat raakvat waar ek begin misvat. Die jonger generasie leiers leer my hul styl van dinge sê en doen. My kollega, die bemoediger, sien my reg as ek sou waag om ouderdom en aftrede te noem, sosiale media verbreed my kommunikasienetwerk en daar verskyn steeds nuwe uitdagings.
So is hierdie “ou dominee” fase ’n fees, al het ’n nuwe intrekker van 50+ my die ander dag “oom” genoem. Wanneer hy my beter ken, sal hy my Willie noem soos die ander – maar hopelik nooit “ou dominee” nie. 
Willie Smith is sedert 1994 predikant in die NG Gemeente Plettenbergbaai. Hy was  oa in die vroeë 1980's kapelaan in Simonstad en verbonde aan Saldanha-Militêr (deesdae ingelyf by die NG Gemeente Saldanha). Diegene wat met Willie wil kontak maak, kan vir hom 'n e-pos stuur na wbsmith@telkomsa.net
Dankie aan elkeen wat VrydagNuus onder belangstellendes bemark! Teken in.

Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.