Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om u alle voorspoed vir 2020 toe te wens. Mag 2020 groei en stabiliteit vir u bring - selfs al lyk die klimaat in ons land nie baie goed nie. Kom ons werk met n positiewe ingesteldheid saam en verseker hierdeur ’n toekoms vir ons nageslag. Die AHi staan gereed om in 2020 daadwerklike dienste aan te bied om dit vir klein besighede makliker te maak om besigheid te doen.
Namens die AHi wil ek ook alle matrikulante gelukwens met hulle prestasies in die eindeksamen. Ongelukkig is daar ook geregistreede matrikulante wat nié matriek geskryf het nie. Saam met diegene wat nie geslaag het nie, is die is daar nou bykans 530 000 matrikulante wat deel van die werkloosheid statistiek in ons land gaan word. Entrepreneurskap is die enigste alternatief vir hierdie geweldige probleem en dis waar ons wil help.
Ons het ook verlede jaar ons sakeplanne vir 2020 bepaal en dit behels:
1. Sensus / data opname van opkomende kleinbesighede
2. Ontwikkeling van basiese boekhou opleidingsmateriaal
3. Besigheidspersele en fasiliteite
4. Ontwikkeling en opstel van ’n Sakekamer-handleiding