Subscribe to our email list
 21 Oktober 2016

Beste Leser
"The God of our previous certainties and our familiar world is much greater than that. He is also the God of the difficult transitions and the God of our uncertain future."
- C Ringma
SINODENUUS
1. Watter soort Kerk wil ons wees?
Teen die agtergrond van die naderende buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk gesels Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen, oor die verskillende standpunte in die kerk en in die samelewing oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag.
Die vraag waarop die Algemene Sinode eintlik 'n antwoord moet gee, is volgens hom: "Watter soort kerk wil ons wees?" 
Kyk gerus na die hele video onder; dis net minder as ses minute lank. Oorweeg om dit ook met jou gemeente en vriende te deel - en dankie vir voorbidding vir die Algemene Sinode.
Buitengewone Algemene Sinode 2016
Nelis Janse van Rensburg gesels met Schalk Treurnicht, Konette Louw en Lenois Stander oor die naderende buitengewone Algemene Sinode
Leon Venter
2. Leon Venter word Bybel-Media-hoof
Leon Venter (die Sinode van Wes-Kaapland se Predikant in Sinodale Diens: Diaconia) is op 17 Oktober 2016 deur die direksie van Bybel-Media as uitvoerende hoof van dié groep van maat-skappye aangestel.
Hy volg dr Pieter Fourie op, wat aan die einde van 2016 emeriteer en begin dan op 1 Januarie 2017 in hierdie pos. Ons beste wense vergesel Leon op hierdie nuwe pad. Sy strategiese denke as voorsitter van die Sinodale Koördineringspan (SKS) en lid van die moderatuur sal beslis gemis word.

Lees gerus die mediaverklaring van Bybel-Media se direksie hier. (Met dank aan e-Kerkbode.)
3. Pravin Gordhan spreek Kerkleiers toe 
Min Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdagaand (19 Oktober) 'n groep kerkleiers van die National Church Leaders' Consultation (NCLC) in Kempton Park toegespreek.
Die onderwerp: "Faith inspired communities, active citizens - to ensure that national resources are used for the common good and that no one is left behind."
Onder die toehoorders was Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen), Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis) en Willie van der Merwe (NG Kerk-verteenwoordiger op die NRASD). eNCA se video-opname van min Gordhan se toespraak is hier beskikbaar vir belangstellendes.
Min Pravind Gordhan praat met NRASD Kerkleiers en min Pravin Gordhan
4. VGKSA Algemene Sinode: Kommunikasie
Nuus en inligting oor die verloop van die VGKSA Algemene Sinode, wat van 3-9 Oktober 2016 in Benoni plaasgevind het, is daagliks as pdf-dokumente beskikbaar gestel.
So kan belangstellendes onder meer die boodskap van die nuutvekose moderator, prof L Modise, in die nuusbrief van 4 Oktober lees. Deel van 5 Oktober se nuusbrief is prof Allan Boesak se voordrag "Walking with God: URCSA and Belhar, 30 years later". Al die nuusbriewe is hier by Algemene Nuus op www.kaapkerk.co.za.
URCSA General Synod Newsletter URCSA General Synod Newsletter Day 3
5. Jeug- en Familiebediening Bedrywig!
5.1 Jeugretraite - Sielskos

"Van 18 – 20 Oktober het jeugwerkers en jeugleraars van die Wes-Kaapland in Hermanus saam gekuier, gedink en gesels tydens 'n jeugwerkers-retraite. Om die jeug en jongmense te bedien is 'n vreugdevolle dog uitdagende werk. Dit is ons verantwoordelikheid om mekaar te ondersteun, inspireer en motiveer om hierdie uitdagings kreatief en verantwoordelik aan te pak. Daarom gebruik ons juis hierdie geleentheid om te gesels oor ons roeping, bedieningstrategieë en 'best practices' aan die hand van die boek You are what you love deur James Smith. Ons gaan hier weg met nuwe energie, idees, vriende en hernude passie." So skryf Jana Dickason oor die retraite, aangebied deur Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug- en Familiebegeleiding). Meer foto's van hierdie lekker geleentheid is op Facebook.
Jeugbedienaars retraite
Agter vlnr: Anriëtte de Ridder, Elzanne van der Westhuizen, Irenke Berko, Michael Beukes, Bianca Botha, Wouter van Velden, JC de Jongh, Melanie Thirion, Francois Maritz, Johan Botes
Voor: Karlien van Wyk, Nicola Mostert, Jana Dickason, Karla Smit, Liesel Botha
5.2 Predikante en Jeugwerkers dink oor Kategese
"Van 11 tot 13 Oktober het 'n twintigtal predikante en jeugwerkers in Stellenbosch byeengekom vir 'n VBO-kursus oor kategese, saamgestel en aangebied deur Anriëtte de Ridder, Predikant in Sinodale Diens: Jeug- en Familiebegeleiding.
Die kursus is ingerig rondom 'n deelnemende gespreksproses waartydens inligting wat oorgedra word, onmiddellik deur kursusgangers verreken kon word vir hulle onderskeie gemeentekontekste," vertel Guillaume Smit. As jy by kategese betrokke is, kan jy gerus hier lees - en nou al 'n nota maak om in 2017 die kursus by te woon.
VBO-kursus Kategese
VKO-kusus oor Kategese
6. Konferensiedatums vir #imagine ignite
Alle leiers wat met kinders of tieners werk, word uitgenooi om een van die #imagine ignite-konferensies by te woon.  Dit sluit predikante, jeugwerkers, ouers, kategete en vrywilligers in - kortom enigiemand wat met kinders of tieners werk. Hierdie konferensies word landwyd op 15 plekke aangebied en die doel  is om mense toe te rus in die jeugbediening.  Klik op die prent onder vir die Facebook-skakel en hier om meer te lees oor die konferensietye en -plekke in die Wes- en-Suid-Kaap.
#imagine ignite
7. Teologiese Opleiding: Hoe doen ek aansoek en by Wie?
Nadat jy besluit het om jou roeping te volg, is die volgende hoofpyn gewoonlik die aansoekproses. Dit hoef glad nie te wees nie. 
Die aansoek vir teologiese studies behels twee vlakke van registrasie: 
1. Akademiese registrasie by die Universiteit van Stellenbosch 
2. Kerklike registrasie by die kantoor van die Fakulteit Teologie. 
Maak vir jou ‘n lekker koppie koffie, en dan gesels ons oor die stappe wat jy moet volg.  (Klik op die video onderaan.)
(Die volledige reeks van agt video's is op https://kaapkerk.co.za beskikbaar. Soek vir "teologiese opleiding" en deel dit gerus met belangstellendes.)
Teologiese Opleiding - hoe doen ek aansoek?
Eddie Orsmond verduidelik die aansoekproses vir teologiese studies
Sinode Goudland-logo
8. Wes-Transvaal word Sinode Goudland
Die NG Kerk in Wes-Transvaal sal voortaan bekend staan as die NG Kerk se Sinode Goudland. Hierdie naam is by die vergadering in Randfontein gekies - en so word Goudland die laaste sinode wat die woord "Transvaal" uit sy naam verwyder. Die sinode se nuwe logo, waarin 'n rivier, 'n bewerkte land en goue koringare gebruik word, is ook hier goedgekeur.
Ons hartlike gelukwense aan die nuutverkose voorsitter, Johan Brink (Fochville-Noord) en sy span. Lees e-Kerkbode se volledige berig hier.
Sinode Goudland moderatuur
Andries Kritzinger, Johan Brink, Norma Rossouw en Nico van Rensburg
ALGEMEEN
1. Goodwin-pryswenner, Nadia Marais, gesels

"Prof Russel Botman, who was not only a renowned South African public theologian but also the rector and vice-chancellor of Stellenbosch University until his death in 2014, played a pivotal role in placing the university on a trajectory of transformation. The Hope Project was his gift to Stellenbosch University and South Africa, with its focus on positioning the university in service of communities in South Africa and Africa, and the promotion of human dignity was an important concern in all of the many roles that he played.
I cannot help but think of him and his legacy when asked how this award might make a difference in my life. My hope is that, through the kind of work that the Goodwin Prize recognizes, his dream for a better world may come to be.
So verduidelik Nadia Marais, een van die Goodwin-pryswenners, in ’n onderhoud wat op 11 Oktober gepubliseer is. Belangstellendes kan die volledige onderhoud hier lees. (Nadia is dosent in Sistematiese Teologie aan die Universiteit Stellenbosch.)
Lord Rowan Williams
2. Openbare lesing deur Lord Rowan Williams
Lord Williams se lesing is getitel "Ethics, Empathy and Imagination" en vind plaas op Maandag 24 Oktober vanaf 14:00 – 15:30 by die Gereformeerde Kerk Stellenbosch in Maraisstraat (oorkant STIAS en die Jan S. Marais park).
Lord Williams, voormalige Aartsbiskop van Kantelberg (2002 – 2012), is tans die Meester van Magdalene College by Cambridge Universiteit. Hy word internasionaal erken as 'n vooraanstaande teologiese skrywer, geleerde en dosent. Hy het reeds op vele teologiese, ekumeniese en opvoedkundige kommissies gedien. Sy besoek vorm deel van die Global Network for Public Theology’s Consultation on Democracy and Social Justice in Glocal contexts, aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie en die Fakulteit Teologie. Lees meer hier.
Bybel
3. Raakgelees
"Hermeneutiek" 'n stopwoord?

Dalk lees en hoor jy ook deesdae toenemend hoe die woord "hermeneutiek" oral aangewend word, dikwels sonder dat duidelik gesê word wat daarmee bedoel word. 
Jurie le Roux skryf: "Oor die jare het daar 'n belangrike klemverskuiwing in ons siening van hermeneutiek gekom: nie die eksegetiese metode nie, maar die proses van verstaan is allengs beklemtoon. Dít het die eksegetiese proses verruim en ons ander dinge in die teks laat raaksien. En wie met die hermeneutiek besig is, is met hom-/haarself besig. Deur die hermeneutiek leer ons onsself ken, want ons begryp iets van die manier waarop ons (en ook andere) 'n teks lees en verstaan. Sy bydrae vir TEO (webdiens van die Fakulteit Teologie, UP) is hier beskikbaar.
Eerstejaarskamp Kruiskerk Stellenbosch
Kruiskerk Stellenbosch
Eerstejaarskamp 2017
PUK Kandelaar Eerstejaarskamp 2017
PUK Kandelaar
Eerstejaarskamp 2017
Wentzel Coetzer
6. Pastorale Beradingskursus:  Die Moeder Wond
Hierdie kursus handel oor die pyn van seuns/mans en dogters/vroue wat grootgeword het in huise waar die moeder geworstel het met onverwerkte emosionele pyn en/of trauma vanuit haar kinderjare wat nooit hanteer is nie. Hierdie emosionele bagasie het sy met haar saamgedra in haar huwelik in en dit uiteindelik geprojekteer op haar kinders. Wentzel Coetzer bied op 12 November in Potchefstroom 'n VBO-geakkrediteerde kursus oor keuses en heling aan. 
(Veral) ons lesers in die Noord-Kaap en omstreke kan hier meer inligting kry.
Rynaard de Goede
7. #NetLiefde
"Op die Potchefstroom-kampus van die NWU, het 'n student, Rynaard de Goede, te midde van die studentebetogings besluit om 'n ander taal te praat. Met 'n sagte stem. De Goede het voor 'n gebou op die kampus gaan staan voor 'n bord wat lees: 'Kom ons druk. Een kampus. Een familie. Een nasie. #NetLiefde.' Sonder woorde, met oop, uitnodigende arms, het hy die duidelike taal van versoening, eenheid en hoop gepraat.
Rynaard verduidelik: 'Liefde veroorsaak nie verdeeldheid nie. Liefde etiketteer nie. Liefde vernietig nie. Liefde het geen perke nie. Liefde oorkom alles.'
Miskien moet ons weer leer om sagter te praat. Selfs sonder woorde. Deur onsself te blinddoek en ons arms uit te strek ..." So skryf Smuts van Rensburg (NG Kangovalleie). Belangstellendes kan Maroela Media se artikel (met die video daarby) hier lees, terwyl Smuts se kommentaar op hierdie aktuele saak hier is.
WCC-logo
8. #BellsForAleppo
Soms wens ons daar was 'n tasbare manier om ons ondersteuning en meelewing met diegene in 'n krisis te betoon. In Finland was die behoefte om simpatie met Siriërs se lyding te betoon. Hulle lui saans om 17:00 hulle kerkklokke as teken van hulle hartseer en solidariteit met die mense van Aleppo, Sirië.
Die lui van kerkklokke word só omgesom: "... '
a moving way to be present in spirit and prayer for the people of Aleppo, who are facing a humanitarian crisis as war continues around them', said Marianne Ejdersten, director of communication for the World Council of Churches. 'The ringing of bells reminds us that peace starts with a single sound that resonates into refrains heard around the world.' "
In ons land, in jou gemeente of ring, is dit dalk 'n ander (meer plaaslike) saak. En joune is dalk 'n andersoortige "single sound that resonates into refrains ..." 
Die volledige berig, met dank aan die WCC, is hier beskikbaar. (En die klokke lui sedertdien baie verder as net in Finland!)

Church bells for Aleppo Sirie
NG Worcester-Noord
9. Gesoek! 
9.1 Hulp met Worcester-Noord se Kerkklok

Uit Worcester laat weet Sulize van Deventer (skriba) dat die NG Gemeente Worcester-Noord probleme ondervind met hulle kerkklok. Indien daar iemand is wat kan help met die herstel van die kerkklok, kan hulle kontak maak met die koster, Willie Groenewald, by 084 351 9800 of 230 347 2891. 
Kerkklok Kerkbanke
Ds Lucas Plaatjie
9.2 Kerkbanke benodig
Die VGKSA-Mfuleni (naby Kuilsrivier) benodig kerkbanke vir hul kerkgebou in Mfuleni. Skakel gerus met die leraar, ds Lucas Plaatjie by 082 748 6112 of 021 952 2151 gedurende kantoorure indien iemand kan help.
Twitter Facebook
Clem Sunter
GEMEENTENUUS
1. Clem Sunter tree op by NG Helderberg

Die onderwerp van Clem Sunter se aanbieding is "The world and SA beyond 2016 - The latest flags, scenarios and probabilities". Dit vind plaas op 1 November om 18:30 vir 19:00 by NG Helderberg. Kaartjies teen R100 per persoon is beskikbaar by die kerkkantoor:  021 851 5582. Die fondse is ten bate van die Sri Lanka Projek, een van Helderberg Uitreik se buitelandse projekte.   

Stellenbosch
2. Afstand vra Konstante Bekering
"Tydens al die woelinge wat 'n jaar gelede op Stellenbosch se kampus aan die gang was, het ons as gemeente pynlik bewus geword van die afstand tussen bevolkingsgroepe wat steeds voortduur en dat ons nie na mekaar luister nie. Die #luister-video wat 'n jaar terug versprei is, het ons laat vra of ons werklik luister. Gevolglik is daar ruimtes geskep waar mense oor grense bymekaar kon kom."  
Meer oor hierdie stories van 'n gesamentlike reis tussen die NG Gemeente Stellenbosch en die Legacy-gemeenskapsentrum in Kayamandi is hier op e-Kerkbode te lees (met dank aan Jacobie M Helena en Kerkbode).
NG Durbanville-Bergsig: Middeooste krisis
NG Durbanville-Bergsig
Getuienis: Midde-Ooste-krisis
EKOLOGIE
1. Stad Kaapstad ernstig oor Aardversorging
Die Stad Kaapstad het 'n Environmental Resource Management Departement wat ’n magdom eko-vriendelike inligting en aksieplanne op hul webwerf beskikbaar het. Die Smart Living Handbook is as harde kopie sowel as elektronies beskikbaar by http://www.capetowngreenmap.co.za/smart-living en hanteer die onderwerpe van afval, energie, water en biodiversiteit. Lees meer. (Met dank aan Getuienisaksie se Ekologietaakspan.)
2. Mooi nie altyd Welkom nie
Koringboere kan getuig hoe gou die pragtige blou bossies (echium vulgare, in die foto onder) jou werf (en koringland!) kan oorneem. Volgens wetgewing is dit geklassifiseer as 'n klas 1-indringerplant. Indringerplante het geen natuurlike vyande wat hulle in toom hou nie; dit neem ons grond oor – tot nadeel van ons inheemse plantegroei. As aardversorgers is dit ons plig om dit te help uitroei. Lees wat sê "Invasive Species South Africa" hieroor - klik hier.
Echium vulgare
Erdman van Trots Aranos
3. Aranos se Erdman 'n Wenner!
Die Namibiese gemeente Aranos se missionale projek, Trots Aranos, is pas aangewys as die Namibiese Landbou-Unie (NLU) se projek van die jaar. Saam daarmee is die dryfkrag agter die projek, Retha Olivier (vrou van Andre Olivier, 'n bekende oud-kollega van ons sinode), ook aangewys as die NLU se Landbouvrou van die jaar!
Operasie Erdman is 'n inisiatief waarby die hele Aranos-gemeenskap betrek is. Benewens vyf skole en 24 besighede, is verskeie ministeries van die Sentrale Regering, die Plaaslike Owerheid en al die kerke in die dorp met hart en siel ingekoop in die projek vir 'n skoner omgewing.
Saam met Feldmuis, Namibië se sinodale nuusbrief, wens VrydagNuus graag vir Retha geluk met die uitmuntende prestasie. Die hele Aranos-gemeenskap verdien ook gelukwense vir hulle eienaarskap van hierdie projek wat deur die landbou-industrie erken is as projek van die jaar. (Dankie, Feldmuis!)
4. Olifante vergeet Nooit
'n Video wat die olifantpark in Chiang Mai, Thailand op die Save Elephant Foundation se webwerf deel, wys die band tussen die olifant Kham Lha en Darrick, sy hanteerder en vriend. As Kham Lha meen dat Darrick in die rivier in die moeilikheid beland, snel hy hom te hulp en "red" en beskerm hom op 'n aangrypende manier.
Liefde wek liefde - en dit geld diere ook!
Olifant red
NUUSBRIEWE
1. Bybel-Media Nuusbrief

In Bybel-Media se jongste nuusbrief is die fokus op dir jongste Kerkbode en twee besondere publikasies. Lees hier verder.
Skakel 0860 26 33 42 of stuur jou bestelling na bestel@bmedia.co.za. Jy kan ook direk op BM se webwerf met jou kredietkaart koop. 
A rainbow over the land Kerkbode 21 Oktober Identitiy-driven churches
Prof Johan Buitendag
2. TEO-nuusbrief
In die nuusbrief van teo.co.za word vertel van ‘n besondere toekenning aan prof Johan Buitendag asook sy antwoord daarop. Hy het die HCM Fourie-erepenning ontvang as erkenning "vir sy uitnemende diens as teoloog, predikant en voormalige voorsitter van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika".
Daar is ook ander bydraes deur Gerda de Villiers en Jurie le Roux oor pratende diere in die Ou Testament, die IOSOT-kongres, hermeneutiek (sien elders in VrydagNuus) en die afwesigheid van God. Klik hier - en let gerus ook op hulle vertaalfunksie op die webwerf!

3. e-Saaier van Bybelgenootskap van SA
'n Gebruikersvriendelike manier om tred te hou met nuus en inligting vanuit die kantoor van die Bybelgenootskap van SA (BSA) is hulle gereelde e-Saaier-nuusbrief.
In die jongste uitgawe gesels eerw Erasmus Odonkor, hoofsekretaris van die Bybelgenootskap van Ghana, oor die waarde van die Bybel in sy eie lewe. Hy het Suid-Afrika onlangs besoek, en beskryf die Bybel as riglyn en bloudruk van die lewe. Lees die volledige onderhoud hier - en geniet sommer terselfdertyd die splinternuwe webwerf van die BSA.

Eerw Erasmus Odonkor gesels oor die rol van die Bybel in sy lewe
Erasmus Odonkor
PUBLIKASIES
1. LiG Verras met selfs Méér!

LiG se November-uitgawe bied jou spesiale gesinsprojekte vir Advent om die dae af te tel na Kersfees. 
Hou aan groei en leef nuut – LiG stel voor hoe jy jou horisonne kan verbreed. En vertel ook hoe jy jou vrees vir die dood kan oorwin.
Onthou van LiG se spesiale gespreksgids vir selgroepe wat elke maand verskyn. En word deel van hulle Kerskaartjie-projek deur kaartjies af te laai (1,2Mb groot).
Gespreksgids
2. CLF:
Jesus-verhale - Menswaardigheid

Hierdie verhale van menswaardigheid is ’n gratis, gesamentlike publikasie van Christelike Lektuurfonds (CLF) en Bybel-Media en ideaal vir gebruik vir klein-groepe, jeuggroepe en selfs as riglyn vir die opstel van ʼn menswaardigheids-preekreeks. Dit is beskikbaar in Afrikaans en Engels en kan ook gebruik word om anderstalige gemeentes te seën. Klik hier om meer te lees.
KUIERKANS
Geniet elke basaar, konsert en fees! Klik op die verskillende pamflette vir meer inligting. Ons Facebook het ook inligting hieroor. 
NG Mosselbaai Kersmark
NG Mosselbaai Kersmark
21 - 22 Desember 2016
NG Karatara Basaar
NG Karatara Basaar
29 Oktober 2016
NG Saldanha Feesdinee
NG Saldanha Feesdinee
29 Oktober 2016
NG Ronbertson-Oos Feesmark
NG Robertson-Oos
26 Okt - 5 Nov 2016
Groote Kerk Kermis
Groote Kerk Kermis
29 Oktober 2016
NG Heidekoppie Gholfdag
NG Heidekoppie Gholfdag
11 November 2016
NG Gordonsbaai Eeufees basaar
NG Gordonsbaai Eeufees
Basaar 28-30 Okt
NG Caledon Kersmark
NG Caledon Kersmark
26-29 Oktober 2016
Bellville-Noord Basaar
NG Bellville-Noord
22 Oktober 2016
NG Strooidak en Williston Fees
Strooidak / Williston Fees
28 en 29 Oktober 2016
Straatlig Mark
Straatlig Mark
9 tot 11 November 2016
NG Durbanville
VAKATURES
1. NG Durbanville: Jeugwerker
Die NG Gemeente Durbanville se roeping is "Dissipels van Jeus, saam in diens van God se nuwe wêreld." Hier is tans 'n vakante pos vir 'n jeugwerker en in die meegaande dokument is meer oor die gemeente se fokusse, die persoonlike en posprofiel, sowel as kwalifikasies en ondervinding. Aansoeke sluit op Vr 4 November. Klik hier.
Huis Hanna Hopkins
2. Huis Hanna Hopkins: Bestuurder
Badisa se Huis Hanna Hopkins is ’n gastehuis wat verblyf verskaf aan pasiënte en hul families. Aansoeke van entoesiastiese,  verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Inwoning is verpligtend. Lees meer hier.
Rig ’n volledige CV met ’n aanduiding van die pos waarvoor u aansoek doen, voor 28 Oktober 2016 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, Badisa, Privaat sak X8, Bellville 7535, e-pos: mhb@badisa.org.za.
Badisa logo
3. Alta du Toit Nasorgsentrum, Bellville: Bestuurder
Die Alta du Toit Nasorgsentrum is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes- Kaap) en VGKSA (Kaapland). Lees meer oor die pos as bestuurder hier. Om aansoek te doen, rig asseblief aansoeke met ʼn volledige CV voor Vrydag 28 Oktober 2016 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, Badisa, Privaat sak X8, Belville 7535, of per e-pos na mhb@badisa.org.za. Vir meer besonderhede oor die sentrum en sy aktiwiteite, besoek www.altadutoit@org.za. Kry die advertensie as pdf-dokument hier.
NG Moederkerk Stellenbosch
4. Stellenbosch Moederkerk: Eiendomsbestuurder
Moederkerk het ‘n eiendomsbestuurder nodig – wil jy aansluit by ‘n dinamiese span waar passievol gewerk word om ‘n Rivier van Lewende Water te wees? Stuur dan jou volledige CV per e-pos  na kantoor@moederkerk.co.za. Verskaf in jou dekbrief 'n motivering waarom jy jouself in hierdie rol sien. Aansoeke sluit 31 Oktober 2016. 
Navrae: kantoor@moederkerk.co.za of 021 883 3458. Lees meer hier en  kry die vakature in pdf-formaat hier.
Vakatures op e-Kerkbode
'n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via die nuwe e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Fourie Rossouw
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Fourie Rossouw

Die herontdekking van jou roeping

Jy lees vandag hierdie e-pos tussen talle ander stemme en leesstukke wat aanspraak maak op jou tyd. Jy preek Sondag, maar weet nog nie waaroor nie. Die orrelis wag vir die liedere, die jeugbediening kort ’n video. Voor jy daarby kan uitkom, is dit eers ’n besoek by die hospitaal en ’n beplanningsvergadering vir die kospakkieprojek. In jou agterkop herhaal dieselfde deuntjie: “Waarmee is ek besig?” Jy het al oor alles gepreek. Jeugwerkers het gekom en gegaan. Die liturgiese ruimte het gedaanteverwisselings ondergaan, deesdae steek jy kerse aan en bedien elke Sondag die "eucharistie". Die voorportaal is ten duurste omskep in ’n koffiekuierarea en julle het met moeite die kerkraad oortuig om die klank en multimedia op te gradeer. Op die oog af lyk dit of alles werk, maar jy kan net nie die gevoel afskud nie.
Mag jy tussen al die hierdie dinge, ontdek dat die kerk en die wêreld aan God behoort. Mag dit jou vrede gee om vandag stil te word, te lees, te rus en te bid. 
                                                                   ***
Fourie Rossouw was van 2005 tot 2007 by Kruisgenerasie in Stellenberg en van 2008 tot 2015 by NG Weltevreden in Roodepoort. Hy is tans deeltyds betrokke as tentmaker by NG Wellington en werk ook as 'n digitale bemarker.
Kontak Fourie by
denaaktepriester@gmail.com.
"Gratitude flows from our walk with Jesus." - Stephan Joubert
Seën vir jou - om tot seën te wees.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za