Lees deur internet, klik hier >>
26 Oktober 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Heilige Gees abstrak
"O God, when my faith gets overladen with dust,
blow it clean with the wind of your Spirit.
When my habits of obedience get stiff and rusty,
anoint them with the oil of your Spirit.
Restore the enthusiasm of my first love for you." 
- Eugene Peterson (06.11.1932 - 22.10.2018)

SINODENUUS
1. Regskomissie byeen oor reglemente
Die Regskommissie van die Sinode van Wes-Kaapland het die afgelope week vir drie dae buite Montagu vergader om toegewyd aan die herskryf van die sinode se reglemente te werk. Só wil hulle die eenvormigheid en toeganklikheid van dié belangrike bundel dokumente verbeter. Ons is dankbaar vir die ywer waarmee hierdie werk verrig word en bid die aktuarius, Charl Stander (ook voorsitter van die Regskommissie) en sy span seën toe!
(Foto onder en meer op Facebook.)
Regskommissie
V.l.n.r.: Francois Herselman, Berté le Roux, Smuts Janse van Rensburg, Pierre Marais, Charl van Rensburg, Quintus Heine, Tallie van den Heever, Charl Stander en Thys du Toit (voor)
2. Diaconia
Omgee-uitreik na Khayelitsha 
Die NG Kerk het 'n besondere verbintenis met Khayelitsha, o.a. deur verskeie "tweelinggemeentes" in die noordelike voorstede en in Khayelitsha. ’n Netwerk van geestelike leierskap met die Great Commission is 'n paar jaar gelede reeds gevorm en is veral in tye soos hierdie (met die onlangse verwoestende brande wat duisende dakloos gelaat het) van onskatbare waarde.
Diaconia koördineer op Saterdag 27 Oktober 'n omgee-uitreik saam met die Great Commission en die interkerklike rampondersteuningsgroep, RESPOND, na Silver Town. Omgee-geskenke sal oorhandig word. "Belangstellendes kan die uitreikspan om 11:30 by die NG Gemeente Kenridge ontmoet. Tans ontvang ons graag nog donasies van die gelyste produkte. Die kontantwaarde van die geskenkpak is R370. Donasies is ook welkom. Ons moet 400 pakkies voorberei," skryf Nioma Venter (PSD: Diaconia).
Diaconia Omgee-uitreik na Khayelitsha
3. Kerkleiers in Johannesburg byeen
Die National Church Leaders' Consultation, onder die voorsitterskap van die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba, het die afgelope week in Johannesburg vergader.
Sake van belang wat bespreek is, het ingesluit: die huidige stand van ons demokrasie, die tipe sosiaal maatskaplike ingrype wat ons nodig het, gesondheid en tuberkulose, die 2019 verkiesings, grondhervorming en die noodsaak van morele leierskap.
Naas verteenwoordigers van die SARK, die RKK, Metodiste Kerk, die Anglikaanse Kerk, die Presbiteriaanse Kerk en onafhanklike kerke is die vergadering ook deur Willie van der Merwe (Hugenote Kollege en lid van die National Religious Association for Social Development [NRASD], Gustav Claassen (NG Kerk Algemene Sinode) en Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis) van die NG Kerk bygewoon.
Lees die verklaring wat op 24 Oktober uitgereik is, hier. Foto onder.
National Church Leaders Consultation
Kerkklok
4. 'n Kerkklok vir die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit 
Met "VrydagNuus is fantasties" as onderwerp van sy e-pos laat weet Frederick Marais (PSD: Toerusting) dat 'n kerkklok vir die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit aangebied is binne 'n uur nadat VrydagNuus die versoek gedeel het! Dis 'n pragtige groot klok en die argitek kan nou ontwerp waar dit vasgemaak sal word.
Groot dank aan Leon Marais en die NG Gemeente Strand-Noord vir hierdie spesiale gebaar van ondersteuning!
Ons is dankbaar vir kommunikasie wat werk.
As julle opvoubare houtstoele het om aan die sentrum in Wellington te skenk, kontak Frederick Marais asb. by jfm@sun.ac.za of 083 380 1657.
5. Private collections in Dutch Reformed Church Archives
The Dutch Reformed Church Archives is the home to several private collections of individuals in the church. These collections are of people who made a significant contribution to the church and community. This includes reverends, academics, missionaries and others.
Some of the famous names which appear in the list are Dr. Andrew Murray, Rev. William Murray, Rev. David Botha, Prof. Willie Jonker, Dr. JR Albertyn, Dr. Abraham Faure, Rev. Pierre Simond, etc. Of genealogical importance is the collection of Rev. Charles Hopkins, a former Archivist of the church, who collected biographical information about many church officials (photo below). Contact the Church Archives at argief@kaapkerk.co.za.
Hopkins collection
GEMEENTENUUS
1. Gemeentes: kalenders 2019, asb.
In kerkkantore deur ons hele sinodale streek word hard beplan en kreatief gewerk om gemeentes se kalenders vir 2019 te finaliseer. Soos die afgelope twee jaar, nooi ons gemeentes uit om hul kalendervoorblaaie met ons te deel. Elkeen weerspieël iets van die karakter en fokus van ons 229 gemeentes - dis 'n spesiale manier om in mekaar se wel en wee te deel en ons gemeenskaplike kerkwees te vier.
In 2017 het ons 31 voorblaaie ontvang om te deel; in 2018 het dit gegroei tot 64. Dalk is hierdie jaar die een wat ons 'n volle 100 kan deel! Stuur kalendervoorblaaie asb. na media@kaapkerk.co.za wanneer beskikbaar. Dankie aan Drew de Kock (Moedergemeente George) vir hulle voorblad (foto onder), met die tema "Tyd om te saai ...".
NG Moedergemeente George - kalender 2019
Desember Kersvakansie-eredienste
UIT ONS RINGE
1. Tygerberg-ringsbyeenkoms geseënd
Die Ring van Tygerberg het vanaf 15-17 Oktober vergader tydens hulle derde ringsitting. Hierdie is waarskynlik die grootste ring in die Wes-Kaap, indien nie in die land nie, met 15 gemeentes: Thornton, Goodwood-Park, Goodwood, Vrijzee, Vasco, Ruyterwacht, Parow-Welgelegen, Parow-Panorama, Monte Vista, Parow-Noord, De Tyger, Oostersee, Parow, Parow-Vallei en Parowvallei-Oos.
Die 42 afgevaardigdes het saam met PSD's Gielie Loubser, Anriëtte de Ridder en Theunis Botha vir twee aande in ‘n geloofsonderskeidende proses na mekaar se verhale geluister. Lees hier verder hoe van die ringslede hierdie besondere saamwees ervaar het. Foto onder.

Ring byeen
Adv. Gesie v Deventer
2. Stellenbosse ring dink oor behuising
Die Gesamentlike Ring van Stellenbosch het op 22 Oktober by VGK Idasvallei vergader.
Ringsvoorsitter Peet Bester, skryf: "Die tema van die aand se gesprek was 'Behuising in die groter Stellenbosch-munisipaliteit'. Adv. Gesie van Deventer, burgemeester van die Stellenbosch-munisipaliteit, het ons kom toelig oor wat die stand van sake is en het die kompleksiteit van hierdie saak duidelik uitgestippel. Die munisipaliteit se grootste uitdaging is behuising en finansies. Daar is in die agt kleiner dorpies en gemeenskappe baie uitdagings. Die rol van die kerk in gemeenskappe bly 'n uiters belangrike saak."
Onder diegene wat teenwoordig was, was afgevaardigdes van NG Gemeente Stellenbosch-Noord (eerste foto onder) wat pas hulle 65ste bestaansjaar gevier het, en NG Gemeente Stellenbosch-Wes (tweede foto onder). 

NG Stellenbosch-Noord se afgevaardigdes
Agter v.l.n.r.: Lambert Jacobs, Rikus Burger en Retief Müller
Voor v.l.n.r.: David de Villiers, Miriam Terblanche en Liena Hoffman
Daniel de Wet, Almatine Leene, Lean Heunis, Carel van der Merwe
Daniël de Wet, Almatine Leene, Lean Heunis en Carel van der Merwe
PREDIKANTENUUS
1. Murraygemeente, De Doorns, verwelkom Miga Coetsee
Ons deel graag in die vreugde van Murraygemeente én Miga Coetsee: hy is vanaf 1 November amptelik deel van hierdie gemeente in De Doorns! Miga word op Sondag 4 November daar bevestig en lewer dan ook sy intreepreek. Die diens vind om 09:30 plaas en almal is welkom om in hulle vreugde te gaan deel.
Dié geleentheid is ekstra betekenisvol vir die Coetsee-familie, want Miga word deur sy pa, Dirk Coetsee van Petra Kollege, Witrivier, bevestig. Miga skryf: "Ek is opgewonde om saam te droom oor 'n gemeente wat aanhoudend soek na God se wil, veral in ons roeping om 'n kerk na buite te wees. Ek is lief vir kinder- en jeugbediening, musiek, en lidmaat-bemagtiging, en ek sien uit om in 'n span hierdie en ander roepings uit te leef."
Baie seën, Miga! (Foto onder: Miga tydens 'n onlangse reis deur Afrika.)

Miga Coetsee in Afrika tydens &squot;n onlangse "roadtrip"
Vernon, Kayla en Jana Dickason
2. Jana aanvaar beroep na NG Gemeente La Rochelle
Dit is 'n voorreg om te berig dat Jana Dickason die beroep na die NG Gemeente La Rochelle in Bellville aanvaar het en op 1 November daar begin.
Haar afskeidspreek in NG Durbanville vind op So. 4 November tydens die aanddiens om 18:00 plaas.
Jana skryf: "Ons as gesin is baie opgewonde en dankbaar oor die beroep na La Rochelle! Dis ook ‘n bittersoet ervaring: Durbanville Gemeente lê baie na aan my hart. Dis byna ’n geval van die “moeder” wat my grootgemaak het vir hierdie volgende fase in ons lewens. Ek het ʼn groot passie vir jongmense, veral tieners, en sien uit om my roeping by La Rochelle uit te leef. Ek glo met my hele hart dat die Here hierdie nuwe seisoen sal seën."
Ons wens Jana, haar man, Vernon, en hul dogtertjie, Keira, baie vreugde in die nuwe omgewing toe!
Jana se bevestiging is op Sondag 11 November om 09:00. Die erediens word gelei deur Anriëtte de Ridder en Jana lewer haar intreepreek daardie aand om 19:00.
Kallie
3. Beskikbaar vir aflos: November tot Maart 2019
Kallie le Roux (voorheen predikant op Darling en nou afgetree in die mooie Merweville), laat weet dat hy beskikbaar is om vanaf einde November 2018 tot einde Maart 2019 in ’n gemeente (verkieslik) in die Wes-, Suid- of Noord-Kaap te werk.
Kallie is ’n man wat planne kan beraam om gemeentes in finansiële uitdagings te help oorleef.
Kontak hom vroegtydig by kallieleroux@yahoo.com of  083 255 6931 of 023 5014 007.

4. Predikantwees ... heilig, emosioneel
Dit raak 'n mens, die spesiale geleentheid as iemand as predikant georden word.
Tydens Helgard Pretorius se bevestiging as predikant in die NG Gemeente Pinelands, skryf sy vriend, Jaco Botha (PhD-kandidaat en pas beroep na Bredasdorp): "Dit is heilig en emosioneel as jy sien hoe iemand wat geroep is om hul lewe weg te gee, na soveel jaar van worstel en studeer 'n leraar word."
Dion Forster (dosent in Sistematiese Teologie, US) se reaksie sluit hierby aan: "I echo the sentiments of my colleague and brother Jaco Botha - I was deeply touched and inspired to see our friend Helgard Pretorius responding with a 'Yes, with my whole heart' to the call to servanthood as minister of the Pinelands Dutch Reformed Congregation. I shed a little tear when Prof. Charlene van der Walt reminded Helgard that his task is to serve as a living and loving embodiment of the memory of acceptance and grace in Christ. I said a resounding 'Yes' when Prof. Robert Vosloo reminded us that our 'Yes' to Christ is complex, but filled with hope and love.
But it all came together when Helgard turned to his mother and said: 'Ma, ek is nou 'n dominee en ek het 'n toga nodig' (Mom, I am now a minister and I need to be clothed in a gown.) As she placed the gown over his shoulders I was filled with such a sense of loving grace. I am grateful to serve Christ alongside many gifted, committed, servant hearted, sacrificial, women and men. Thank you. My own call was renewed today." Kosbaar.

Helgard Pretorius in die NG Gemeente Pinelands bevestig
Helgard Pretorius bevestig as leraar in die NG Gemeente Pinelands
KAMPE
Studentekerk Bloemfontein Eerstejaarskamp 20-24 Januarie 2019
Studentekerk Bloemfontein Eerstejaarskamp 20-24 Jan. 2019 - klik bo.
GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke 26 Oktober 2018
ALGEMEEN
Ds. Sam Buckle
1. Met innige medelye:
Ds. Sam Buckle
(09.08.1922 - 20.10.2018)

Ons bied ons medelye aan tannie Anna Buckle, die kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en familie en vriende van wyle ds. Sam Buckle, wat op 20 Oktober oorlede is. Sy gedenkdiens vind plaas op 27 Oktober 2018 om 10:00 in Huis Stilbaai en word gelei deur ds. Davis Booker, 'n jarelange vriend van die gesin.
Ds. Samuel Hendrik Reyneke Buckle is in 1948 in die Zionskerk, Paarl, georden, waarna hy in Rondebosch, Retreat, Colesberg en Robertson in die bediening was. Hy emeriteer in 1988.
Ons eer die nagedagtenis van een van ons langslewende emeritus predikante. Klik hier vir 'n kort lewenskets oor wyle ds. Buckle, soos ontvang van ds. Booker.

2. WCC Disability Conference
Inclusion and participation in spotlight 

The Ecumenical Disability Advocates Network (EDAN) (a programme of the World Council of Churches) hosted an important gathering on inclusion and participation in Gabarone, Botswana last week. EDAN's main purpose is to advocate for the inclusion, participation and active involvement of persons with disabilities in the spiritual, social and development life of church and society.
Among those present were Prof. Micheline Kamba (Congo), Prof. Christina Landman (Centurion) and Ms. Sebe Matsebula (Pretoria; photo below). Both Prof. Kamba and Ms. Matsebula spoke at the opening of the conference and Prof. Landman is co-editor of the 2016 publication Disability in Africa - Resource Book for Theology and Religious Studies and newly elected actuary of URCSA General Synod.
A colleague with Rev Micheline Kamba, Prof. Christina Landman, Ms Sebe Matsebula
Prof. Micheline Kamba, Prof. Christina
Landman, Ms. Sebe Matsebula
By Sir Seretse Khama se standbeeld
Christina at Sir Seretse Khama's statue
in front of Parliament, Gabarone
Teologie gebou
3. Postgraduate bursary & fellowship available
From the Department of Old and New Testament, Faculty of Theology, Stellenbosch, we have received information about the following two opportunities:
→ PhD Bursary in Scriptures, Religions and Hermeneutics 2019
→ Postdoctoral Fellowship in Scriptures, Religions and Hermeneutics 2019. Applications should be submitted no later than 31 October at 12:00 noon. Click here for more information.
Eugene Peterson
4. Raakgelees 
4.1 Eugene Peterson on community ...

Eugene Peterson, the Presbyterian pastor best known for authoring The Message Bible, died on 22 October 2018 at age 85.
When writing on learning to deal with the complexities of community in general and of a holy community in particular, he wrote: "There can be no maturity in the spiritual life, no obedience in following Jesus, no wholeness in the Christian life apart from an immersion in, and embrace of, community. I am not myself by myself. Community, not the highly vaunted individualism of our culture, is the setting for living the Christian life." 
Read the article, with thanks to Christianity Today, here. Eight church leaders also shared the ministry lessons that they learned through the books, letters and their friendship with the late Eugene Peterson - well worth the read.
Eugene Peterson
Nuclear ban
4.2  Faith communities call for urgent UN action toward nuclear ban
On October 16, Faith Communities Concerned about Nuclear Weapons, a group of diverse faith-based organisations and individuals committed to a nuclear-weapon-free world, presented a joint statement on the occasion of the 73rd session of the UN General Assembly First Committee on Disarmament and International Security in New York.
Dr. Emily Welty, Vice Moderator of the World Council of Churches (WCC), commented as follows: “Speaking collectively about how nuclear weapons violate the values at the core of our diverse faith traditions, working together to assist victims, restore the environment and demand that powerful governments care for human beings is what I believe we are called to do as people of faith.”
The statement is the tenth of its kind issued by the group since 2014. Read more.
Logo
5. #ThursdaysInBlack: campaign resources
The World Council of Churches provides various campaign materials to download and print to show your support of this movement.
These include flyers, badges, artwork for T-shirts or bags, posters and a roll-up banner. Click here and scroll down. More about the campaign is here.
Witolifanttafel
PUBLIKASIES
Reformation 500
CLF: Toerusting oor Reformasie vir kerkleiers
Gedurende 2017 is die vyfhonderdste herdenking van die Hervorming op ses kontinente gevier. Toe Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg gespyker het, het hy 'n proses in werking gestel wat die Christelike gemeenskap oor eeue heen sou beïnvloed.
In hierdie baie tydige publikasie van CLF dink 'n aantal geleerdes en kerkleiers na oor die impak van die Hervorming op Suid-Afrika. Lees meer.
EKOLOGIE
Robbeneiland
Volunteers help with Robben Island clean-up 
Recently, in honour of World Clean-Up Day in September, more than 100 volunteers embarked on Robben island’s biggest ever waste collection drive. One of South Africa’s most famous landmarks, this tourist attraction and World Heritage Site, draws over 300 000 visitors annually, and is plagued by visitor litter as well as waste from passing ships and land-based sources – the latter washing into Cape Town’s stormwater drains and rivers, and ultimately Table Bay. The event comes amid continued warnings from researchers that the litter is growing faster than the human population. Read more.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans 26 Oktober 2018
VAKATURES
Kerkbode - gedrukte uitgawes
Logo
1. NG Gemeente Durbanville
1.1 Aanbiddingsleier vir familie-diens
Durbanville Gemeente wag aansoeke in vir die pos as aanbiddingsleier vir hulle familiediens. Die pos het ten doel om die gemeente te begelei in aanbidding tydens eredienste. Lees meer en reageer voor 15 November 2018.

1.2 Jeugwerker: kinderbediening
Durbanville Gemeente het ook ’n vakature vir ’n jeugwerker met ’n spesiale fokus op kinderbediening. Inligting oor die profiel, pligte en verantwoordelikhede is hier. Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is ook 15 November 2018.

Logo
2. NG Stellenbosch-Wes: musiekleier-orrelis
Die NG Gemeente Stellenbosch-Wes se musiek- en tegnologie-bediening wag aansoeke in vir die pos van musiekleier-orrelis vir die gemeente se eredienste en kerklike geleenthede.
“Ons wil deur klassieke en hedendaagse musiek 'n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding in ons eredienste vestig. Begeleiding kan met 'n verskeidenheid van musiekinstrumente (pyporrel, klavier, ens.) aangebied word,” skryf hulle. Kry die volledige advertensie hier en reageer voor 11 November 2018.
Llewellyn MacMaster
TEN LAASTE

Uit die pen van ...
Llewellyn MacMaster

Sondag vier ons weer Hervormingsfees. Ons herinner onsself aan die standpunte en leringe van mense soos Martin Luther, en Johannes Calvyn. Ons besin egter ook oor die vraag wat elke geslag behoort te vra: wat beteken gereformeerdheid binne ons eie konteks? Wat beteken "ecclesia reformata, semper reformanda" vir ons, naamlik dat 'n Gereformeerde kerk altyd reformeer?

Die vraag na “verandering” duik onwillekeurig op. En hierdie woord roep natuurlik weer vrese en spanning op. Hoe hanteer ons die feit van verandering? 

Ek is van mening dat die spanning wat gepaard gaan met verandering baie goed én noodsaaklik is. Dit maak dat ons nie té gerieflik raak en vergeet dat ons eintlik 'n baie dinamiese God dien nie. Daarom moet ons gedurig bid om die leiding van die Gees, sodat ons al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat ons kan onderskei die dinge waarop dit werklik aankom (vgl. Fil 1:9,10), geanker en gewortel in Christus Jesus.
                                                                 -0-0-0

Llewellyn MacMaster is 31 jaar gelede in die VGK gemeente Lavis in Bishop Lavis georden, en was daarna studenteleraar voordat hy by Hugenote Kollege en later by Universiteit Stellenbosch gewerk het. Hy is sedert Januarie 2017 weer voltyds predikant by die VGK Gemeente SA Gestig in Belhar, en is by die Streeksinode Kaapland in Julie 2018 tot moderator verkies. Kontak hom hier.

Prayer Henri Nouwen
Seën vir Reformasiesondag, want:
"God doesn't love us because of our worth,
we are of worth because God loves us."
- Martin Luther 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.