Subscribe to our email list
 2 September 2016

Beste Leser
"Dat ons leef omdat U leef is die eerste
van alles wat wonderlik is.
'n Wisselvloei is daar tussen U en ons."
(Uit: 
Gebed vir dié in die w
êreld - Sheila Cussons) 
SINODENUUS
1. NG Wes-Kaapland Moderamen vergader
Die vergadering van die Wes-Kaapse moderamen (30 en 31 Aug) is gekenmerk deur positiewe, hoopgewende momente - waarvan e
nkeles in die volgende paar berigte uitgelig word. Gemeentes kan asb oorweeg om aan die predikante en ouderlinge wat die vergadering bygewoon het, die geleentheid te gee om hulle ervarings met ringe, gemeentes en kerkrade te deel.
Ons dank aan Vredelust-gemeente, wat die vergadering met soveel gasvryheid en vriendelikheid ontvang het. Sanet Gunter, sekretaresse van die moderatuur, verdien ook 'n opregte dankie vir haar deeglike reëlings.
Sanet Gunter
1.1 Kerk vir jou?
"In só 'n kerk kan ek my ten volle tuisvoel: een wat spiritualiteit en jeugbediening as absolute prioriteit ag, eerder as net die geykte selfdegeslag- of twisgesprekke!"
So som een van die moderamenlede hierdie week se vergadering op.
Reeds met die wegtrek is die vergadering Dinsdag tydens die opening in 'n kontemplatiewe styl met die sing van Taizé-liedere olv Theunis Botha (Stellenbosch-Welgelegen) ingelei.
Drie bakens, nl die behoefte aan 'n sentrum vir spiritualiteit, die NG Kerk se lidmaatskap van die Wêreldraad van Kerke (WRK) en 'n nuwe fokus op jeugbediening, het vir die moderamenvergadering 'n spesiale koers aangedui. Bakens langs die roete van 'n kerk wat, hoewel deeglik bewus van sy eie beperkinge en gebreke, die Here vertrou om hom op die regte koers te lei.
Frederick Marais
1.2 Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit
Frederick Marais berig: "Die moderamen het op 30 Augustus 2016 na 'n jaarlange proses van beplanning besluit om die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit by die Samuel Kampus in Wellington te vestig. Dit word beplan op die kampus waar Andrew Murray vir die laaste 25 jaar van sy lewe gebly het en waar die Sending Instituut geleë was. Die besluit is beskryf as een van die belangrikste besluite wat die moderamen die afgelope aantal jare geneem het. Daar was groot dankbaarheid en blydskap in die vergadering oor hierdie besluit."
Die vierledige doel van die beplande sentrum word hier uiteengesit. 'n Pragtige glansbrosjure wat 'n besondere blik op die sentrum bied, is hier as pdf beskikbaar.
Sentrum vir Spiritualiteit
Anriette de Ridder
1.3 Jeugbediening
Nuwe Konteks, Nuwe Strategie

Ook die gesprekke Dinsdagmiddag oor 'n nuwe strategie vir jeugbediening (olv Anriëtte de Ridder, PSD: Jeug- en Familiebediening) verdien spesiale vermelding. Die vier bene (waardes) waarop jeugbediening staan, moet deeglik en geïntegreerd aandag geniet as maniere waarop geloof gevorm word, het sy verduidelik. 
Hierdie vier waardes is verhoudinge, aksie, aanbidding en kennis.  Anriëtte verskaf die aangehegte statistiek en notas, sowel as 'n PP-aanbieding. Ringe en gemeentes kan dit met vrymoedigheid gebruik. Kontak die Jeugkantoor by jeug@sun.ac.za.
Tafel-metafoor vir geloof
1.4 Die NG Kerk en die Wêreldraad van Kerke
Dinsdag het Nelis Janse van Rensburg, voorsitter, die aangrypende verhaal oor die NG Kerk se reis met die Wêreldraad van Kerke (WRK) met die moderamen gedeel. Die NG Kerk is op 27 Junie na 55 jaar in Trondheim, Noorweë, weer as lid van die WRK toegelaat. In 'n artikel in Die Burger het Nelis en Gustav Claassen dié hertoelating in historiese konteks geplaas en verduidelik wat dit vir die NG Kerk beteken. Kry dit hier.
Intussen berig die e-Kerkbode ook oor '
n unieke welwillendheidsbesoek van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) aan die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se kantoor in Khotso-huis, Johannesburg. Hier is Ps 48 in Afrikaans vir die besoekers gesing ... eweneens aangrypend! Belangstellendes kan hier klik
Gustav Claassen en Nelis Janse van Rensburg Gustav Claassen en Nelis Janse van Rensburg by die WRK
2. Kaapkerk se nuwe B(l)aadjie
As deel van Ondersteuningsdienste se verslag aan die moderamen het Bossie Minnaar, PSD: Ondersteuningsdienste, die splinternuwe voorkoms van die sinodale webwerf namens die Taakspan vir Kommunikasie bekendgestel. Besoek gerus http://kaapkerk.co.za om self te kyk.
Ons vertrou dat die nuwe uitleg en funksies byval sal vind as portaal na ons sinode se uiteenlopende diensgroepe en taakspanne. Maak gerus ook 'n draai op die Facebook- en Twitterrekeninge wat gerieflik aan die onderkant van die webwerf te siene is. Meer oor die webwerf volg in die komende weke.

3. Wes-Kaapse Uit die Moderatuur
Die jongste brief van die moderatuur van die Sinode van Wes-Kaapland - "Uit die Moderatuur" - is Dinsdag aan predikante en kerkkantore gestuur. In hierdie uitgawe het missionale transformasie en die NG Kerk se strewe na missionale kerkwees in die besonder aandag geniet. Lees gerus aangeheg hoe Charl Stander (skriba) namens die moderatuur skryf.
Uit die Moderatuur
4. Jeug- en Familiebegeleiding: Energiepunt Gesprekke
Die Taakspan vir Jeug- en Familiebegeleiding het ses fokusareas as energiepunte geïdentifiseer met die potensiaal om groot energie in die sinode los te maak. Gesprekke hieroor in die vorm van VBO-dagkursusse vind tans met predikante en jeugwerkers plaas. Daar is drie geleenthede vir gesprekvoering vir elkeen van die onderwerpe en elke gesprek loop uit op 'n hulpmiddel of gespreksdokument wat vir die hele sinode beskikbaar sal wees. Drie gesprekke het al vir ’n eerste rondte bymekaargekom. Klik hier vir datums van volgende gesprekke en kontak José by jeug@sun.ac.za om in te skakel hierby.
Energiepunt Familiebediening
Gesprekgroep oor familiebediening
Agter vlnr: Christi Thirion, Nicola Alberts, Lettie Büchner, André van Wyk,
Karlien van Wyk, Nicola Mostert, Stephan Naudé
Middel vlnr:
Anne-Marie Judeel, Jana Dickason, Dewald du Toit, Bernard Malherbe,
Elzanne van der Westhuizen, Helené Fouche

Voor vlnr: Anriëtte de Ridder (aanbieder), Riana Tredoux, Bianca Botha
5. Nuwe bank vir Sinode van Wes-Kaapland
Die Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie (STFA) het besluit om voortaan van Nedbank se bankdienste gebruik te maak en sodoende 'n baie gunstige tarief vir bankkoste te geniet. Nedbank se kwotasie beteken 'n lekker besparing en die goeie nuus is dat Nedbank dieselfde kwotasie ook aan gemeentes bied.  Die STFA sal eersdaags die besonderhede aan gemeentes stuur.
Op die foto onderteken Bossie Minnaar (saakgelastigde) en Ilhaam Abdurahman (besigheidsbestuurder, Nedbank), op 31 Augustus 2016 'n magdom dokumente om die oordrag van 'n volle 21 rekeninge te finaliseer! Deel van Nedbank se goeie diens is dat hulle deurgaans na die sinode kom om dokumentasie plaaslik te voltooi.
Let asb daarop dat duidelike kommunikasie rakende nuwe bankbesonderhede sal volg en dat die huidige bankrekeninge aktief sal bly tot verdere kennisgewing.
Bossie Minnaar en Ilhaam Abdurahman
Alpha logo
6. Getuienisaksie
6.1 Publieke Getuienis: Alpha-werkswinkel
Alle lede van getuieniswerkgroepe word hartlik uitgenooi na 'n bekendstelling en werkswinkel oor Alpha. Dit vind van 18:00 tot 21:00 op Ma 12 September by die NG Gemeente Oostersee plaas. Die koste beloop R100 pp, wat aandete insluit.
Meer as 29 miljoen mense in 169 lande het al die Alpha-kursus aangepak en dit is in 112 tale vertaal. 
Opsomming van die program:

Waarom evangelisasie? Het die die kerk haar hart en passie verloor om die evangelie aan ongelowiges te bring? 
Die aand sal aangebied word deur Fanie Heyns (RSG-kommentator en lank betrokke by Alpha) en Braam Hanekom. Vir inskrywings, kontak Dawn Erasmus by 021 975 7184 of kga2@kaapkerk.co.za.
6.2 Sentrum Publieke Getuienis
Kerkleierskonferensie oor Leierskap

Op Maandag 29 Augustus 2016 het die Sentrum vir Publieke Getuienis 'n baie geseënde konferensie vir kerkleiers by die NG Gemeente Stellenberg aangebied. Dit is deur nagenoeg 300 mense bygewoon.
Die oorgrote hoeveelheid konferensiegangers het uit onafhanklike kerke uit oa Khayelitsha en die Kaapse Vlakte gekom, met ook afgevaardigdes van so ver as Malawi, Rustenberg en die Suid-Kaap.
Die tema was: Geestelike leierskap, Bestuur en Leierskap. 
Pastorekonferensie Pastorekonferensie middagete
Pastors' Conference
6.3. Getuienisaksie
Zimbabwe: CAVA (Christian Audio-Visual Action)
CAVA is ons vennoot in Zimbabwe as drukker en verspreider van Christelike lektuur en die skoling van lidmate en leiers.  Kobus Odendaal (Afrika Ekumene) het op Vrydag 26 Augustus hul raadsvergadering in Harare, Zimbabwe, bygewoon. CAVA fasiliteer ook die NBI-kursus wat in Wellington deur Bybel-Media bestuur word. Daar sal vanjaar ongeveer 60 studente hul NBI-sertifikate in Harare ontvang.
Op onderstaande foto is
vlnr: George Pio, Webster Gwanzura, ds Juma (voorsitter), Christine Chanza, ds Morgan Chabata (RCZ), Gerard Breytenbach (CAVA-bestuurder),  Kobus Odendaal (Afrika Ekumene) en mnr Gwemende (Scripture Union).
Zimbabwe CAVA
Vergadering van die RCZ
6.4 Getuienisaksie
Groete in Zimbabwe

Ons susterskerk, die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ) h
et verlede week hul 30ste tweejaarlikse sinodesitting op Morgenster in Zimbabwe gehou. Hier het Kobus Odendaal (Afrika Ekumene) die Kaapstreek se groete namens die hele NG Kerk-familie oorgedra.
Die vrolikheid en hartlike verhoudinge was inspirerend. Groot dank is teenoor ons sinodale streek vir die betrokkenheid van vele plaaslike gemeentes by die RCZ uitgespreek. Lees
hier meer. Op die foto regs is Kobus Odendaal van Afrika Ekumene (voor) tydens die sinodesitting.
7. Badisa: OneMore Omgee-veldtog
Badisa is die barmhartigheidsbediening van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en die VGK (Kaapland) wat as NWO maatskaplike dienste lewer aan mense in nood. 
In die nuwe video van Badisa verduidelik Annalise Wiid (One More-ambassadeur) hoe R28 die 150 Badisa-programme help om 'n verskil te maak aan nog een mens in nood. Badisa se bestuursprogram lewer bestuursinsette, advies, opleiding, toesig en kontrole aan die beheerrade en bestuurders van programme ten einde hulle te bemagtig om 'n doeltreffende, relevante en koste-effektiewe diens aan persone en gemeenskappe in nood te lewer. Kyk die inspirerende video onder.
Badisa One More Omgee-veldtog
Badisa Diensleweringsdiagram
Seisoen van die Skepping
8. Seisoen van die Skepping
Die NG Algemene Sinode se Taakspan Ekologie, in samewerking met die medewerkers van Woord en Fees, stel vier preeksketse en riglyne, asook die basisliturgie, beskikbaar vir die Seisoen van die Skepping.
Vanuit verskillende konfessionele tradisies regoor die wêreld word 'n Seisoen van die Skepping in Koninkrykstyd, jaarliks na 1 September, gevier. In 'n aanbeveling van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke (WRK) na aanleiding van die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling (Johannesburg 2002) word kerke aangemoedig om 1 September elke jaar as 'n dag van gebed vir die skepping en volhoubaarheid af te sonder.
9. Hartenbos Jeugsentrum
Die NG Kerk Jeugsentrum in Hartenbos is baie sentraal geleë teen die kus in Hartenbos, met ’n lieflike see-uitsig. Dit is die eiendom van ons sinodale streek se Jeugbediening en word bedryf deur die NG Gemeente Riversdal. Lees hier wat Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug- en Familie) se indrukke was na 'n onlangse besoek aan hierdie gerieflike selfsorgeenhede en woonstelle. Op Facebook is meer inligting en foto's beskikbaar. Navrae: Hennie Lourens by 084 510 6500.
NG Kerk Jeugsentrum Jeugsentrum kombuis
NID logo
10. Nasionale Biddag vir Dowes 4 September
Die NG Kerk het reeds 135 jaar 'n verbintenis met die Nasionale Instituut vir Dowes (NID). NID is in 1881 onder die naam "Doofstommen Instituut" gebore uit die kerk se behoefte om Dowe lidmate, wat nie toegang tot die Woord van die Here gehad het nie, te bereik. 
Waarvoor bid ons op 4 September?
• Dank die Here vir die opleiding van Dowe predikante en pastore die afgelope jare;
• Ons loof die Here vir die groeiende Dowe geestelike gemeentes en Dowe-gemeenskappe in Suid-Afrika en Afrika;
• Ons bid vir die geestelike nood en honger onder Dowes in Suid-Afrika en Afrika;
• Bid vir die eensaamheid en isolasie van Dowes en persone met gehoorverlies;
• Bid vir die hoë werkloosheidsyfer onder Dowes in Suid-Afrika.
Klik hier vir 'n kort video oor die behoefte van Dowes in die Helderberg-kom, met dank ontvang van Jan Branders (NG Helderberg kommunikasie).
Ds PJ de Vries
ALGEMEEN
1. Met medelye: Ds Piet (PJ) de Vries
Die sinode neem met medelye kennis van die afsterwe van ds Petrus Johannes (Piet) de Vries op 29 Augustus 2016.
Ds Piet de Vries is op 18 April 1932 naby Swakopmund in Namibië gebore. Hy word in 1961 georden in die NG Gemeente Karasburg, waarna hy in onderskeidelik Zwaanswyk, De Aar, Uitenhage en Florandia Pretoria in die bediening staan. Ds de Vries emeriteer in 1995 nadat hy sedert 1983 leraar in Parow-Sentraal was. Na sy emeritaat het hy weer in Parow-Suid bedien en sedert 2007 het hy en sy eggenoot, Monica, in Pretoria gewoon. Ons innige simpatie aan Monica, sowel as die kinders, kleinkinders en ander familie en vriende. 'n Troosdiens word beplan vir Vrydag 2 September om 14:00 in die NG Kerk Groenkloof en die diens word gelei deur  ds Christopher Muller.
SACBC Justice and Peace logo
2. Katolieke staan vir Armes se Belange
SA’s Catholic bishops are not convinced by President Jacob Zuma’s stated position that he can’t intervene in the standoff between Finance Minister Pravin Gordhan and the Hawks.
The chair person of the Justice and Peace Commission of the Southern African Catholic Bishops’ Conference (SACBC), Bishop Abel Gabuza, insisted that Pres Zuma "can and should do more”. "We ask the president to intervene in the current impasse in a manner that assures the country that the probe against the finance minister is not politically motivated‚” said Gabuza on Tuesday. Click here
3. Gender Konferensie in Johannesburg
Christians for Biblical Equality International (CBE), in samewerking met GEMA en CBE.SA bied vanaf 14-17 September ’n internasionale konferensie getiteld “Truth Be Told: Speaking Out Against Gender Based Violence”, in Johannesburg aan. Wêreldbekende sprekers (soos ons eie adv Thuli Madonsela) tree daar op.
Die konferensietema is gebaseer op Joh 8:32 – "Then you will know the truth, and the truth will set you free."
Vanuit ons eie NG Kerk-familie se geledere is Rethie van Niekerk en Christina Landman, asook Lynn van Rooyen van CABSA, deel van die sprekers.
Hierdie geleentheid word baie sterk deur die Seisoen van Menswaardigheid ondersteun, aangesien dit  by die seisoen se fokus en werksaamhede aansluit.
Daar is meer inligting op hul Facebook-blad GEMA (Gender Equality Matters) of by "Truth Be Told" International Conference
Truth be Told
2017
4. Vir Kerkkantore
Hulp met Kalender 2017

Charl van Rensburg (NG Gemeente Montagu) stuur vir ons 'n 2017-kalender waarop sekere basiese fees- en vakansiedae reeds ingevul is. Dit is in Word-formaat, sodat dit met gemak aangepas en as basis vir gemeentes se beplanning vir 2017 gebruik kan word.
Gemeentes moet egter asb self die inligting nagaan, vergelyk en aanpas. Ons kan  geen aanspreeklikheid aanvaar vir die volledigheid van inligting daarin nie. Kry die kalender hier.
Onthou: die lys van vakansie- en kerklike fees- en biddae (soos jaarliks deur Bybel-Media beskikbaar gestel) is ook op die sinode se webwerf - klik hier.
Rekenaar muis
5. Klik of kliek op Webwerf? 
"Wonder jy ook wat is die korrekte: klik of kliek jy met ’n muis as jy op ’n rekenaar werk?" Ons gewaardeerde kollega in die Noord-Kaapland, Mossie Mostert, help hiermee in hulle Noord-Kaapland eNuus van 30 Augustus.
"Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2002) en Dalene Müller se Skryf Afrikaans van A tot Z (2003) gee slegs klik aan as die aksie wat uitgevoer word as met ’n rekenaarmuis op ikone op ’n rekenaarskerm gedruk word. Ek haal aan uit Dalene Müller se Skryf Afrikaans van A tot Z, bl 123:
'Kliek x klik Die s.nw. kliek word gebruik vir ’n groep samehorige mense en die kliektaal is ’n soort bendetaal. Die kind het geklik (onoorganklike ww.) of het haar suster verklik. ’n Klapgeluid in ’n taal of die geluid wat ’n toestel maak, is ’n klik. Jy klik ook met ’n rekenaarmuis op ikone op die skerm.' ”
Dankie, Mossie - daarom KLIK ons beslis ook op ons sinode se webwerf :)

Twitter Facebook YouTube
SAPD / Bergsig
GEMEENTENUUS
1. NG Durbanville-Bergsig
SAPD-vroue kry blaaskans
Vir jare al word die SAPD-vroue elke jaar bederf by Durbanville-Bergsig deur een van hul kleingroepe bekend as die VVV - Vlytige Vrydag Vroue!
Die SAPD-vroue kry die kans om van trauma weg te kom en net te wees! Vanjaar se tema, Vroue met Vlerke, is deur gasspreker Bea Pretorius hanteer. Psalm 139:14 & 17-18 is voorgehou aan die vroue en handwerk en speletjies het ook vir baie pret gesorg. ’n Heerlike aansit-ete en geskenkies het die bederfdag afgesluit. Meer inligting oor Durbanville-Bergsig is op hulle webwerf - klik hier.
2. Worcester-gemeentes se Jubilate Deo!
Die afgelope drie jaar vier die NG-gemeentes van Worcester in die derde kwartaal `n 40 dae-projek. In hierdie tyd is die sewe gemeentes in dieselfde ritme van persoonlike stiltetyd, kleingroep-byeenkomste en eredienste. Elke week word daar gewandel in die Woord, in dieselfde Psalm.
Rosseau Malan skryf: "Ons sluit hierdie jaar se "Jubilate Deo" af met `n gesamentlik erediens in die Moedergemeente. Soos vorige jare is dit vir ons verrykend om saam te werk en oor gemeentegrense heen saam in die Woord te wees.
Saam met Psalm 115 roep ons uit: 'Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, vanweë u troue liefde, vanweë u troue waarheid'.” Lees
 hier meer.
Wellington
3. Wellington-kerke:
Interkerklike gebedsweek 

As deel van 'n interkerklike gebedsweek op Wellington, wat tans (van 28 Augustus tot 4 September 2016) duur en waarby verskillende denominasies, soos die Presbiteriaanse Kerk, die VGKSA, drie NG-gemeentes, Shofar en Joshgen, betrokke is, het die NG Gemeente Wellington-Oos en die Presbiteriaanse Kerk op Di 30 Augustus die voorreg gehad om voorbidding te doen vir die munisipaliteit en vir raadslede van Wellington wat self teenwoordig was en saam gebid het.
NJ van As vertel: "Ons het die raadslede van Wellington genooi, vir hulle persoonlik gebid en hulle "Laat Heer U seën op hul daal" toegesing. Hulle het in kleingroepe deelgeneem aan gebed en ons voorbidding geweldig waardeer."
'n Geleentheid so reg in die kraal van The SA we pray for. Dalk is daar ander gemeentes wat ook met sulke inisiatiewe besig is. Dankie, kollegas!
Durbanville Huwelikseminaar
PREDIKANTENUUS
Ordening, bevestiging en band met Stellenbosch-Welgelegen:
Nadia Marais en Chris Jones 

Theunis Botha (NG Stellenbosch-Welgelegen) skryf dat hulle op Sondag 21 Augustus 'n besondere erediens beleef het.
Nadia Marais is met handeoplegging georden in die amp van predikant, waarna sy deur Pieter van der Walt (PSD: Teologiese Navorsing) bevestig is as dosent aan die Fakulteit Teologie. Ten slotte is sy en Chris Jones as leraars aan die gemeente gekoppel deur Theunis se kollega, Monty Sahd.
Theunis het opgetree as liturg en prof Dirkie Smit, Nadia se promotor met haar doktorale studies, as prediker. Prof Smit se preek is met sy toestemming hier beskikbaar. Theunis en sy kollegas beveel aan dat hierdie teks in sy geheel as 'n waardevolle bydrae tot die huidige gesprekke rondom Skrifverstaan en interpretasie wat in ons NG Kerk-familie gevoer word, gelees en geïnterpreteer word.
Handeoplegging
Nadia Marais word met handeoplegging georden
Bevestiging Chris en Nadia
Monty Sahd hanteer Chris Jones en Nadia Marais se
koppeling aan die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen
EKOLOGIE
Besluit nou Reg en pluk later Vrugte
Met die regte besluite kan ons 'n beter toekoms vir ons nageslag help verseker. Costa Rica pluk vandag die vrugte van hulle sinvolle besluite wat sedert 1948 geneem is.  Byna 100% van hul elektrisiteit word vandag deur vyf hernubare energiebronne opgewek.  
Hierdie land se volgende uitdaging is om volledig ontslae te raak van fossielbrandstof as energiebron vir hulle padvervoerstelsel. Kyk gerus hier na Monica Arayo se insiggewende praatjie.  
NUUSBRIEWE
1. Missie Japan

Stéphan van der Watt en sy gesin is dankbaar terug in Kobe ná 'n verfrissende verlof. Daar was genoeg maats, marshmallow-braaie, tyd vir lees, stilword en tennis speel. Op Sondae was daar soms meer as 100 sendelinge en kinders bymekaar vir eredienste - én vir sinvolle samesyn - in die plaaslike kapel by die vakansie-oord. Met die nuwe seisoen se draai, deel Stéphan enkele gebedsversoeke en 'n paar aktiwiteite wat voorlê. Lees gerus hier  verder - hulle waardeer jou ondersteuning! Onder is 'n paar foto's wat met dank uit Stéphan se nuusbrief geneem is.
Dag op die strand Marshmallow-braai Oggendsee naby Sendai
2. Bybel-Media Nuusbrief
Hierdie week is die BM-fokus op die jongste Kerkbode, Toerustingsondag en drie publikasies vir gebruik in elke gemeente. So skryf Hans Steyn van Bybel-Media in hulle gereelde nuusbrief. Kry al die inligting hier.
Maak kontak Kerkbode 2 September Walking together
3. Arbeidsbediening
BIBLIA Hawesending Nuusbrief
Die BIBLIA Hawesending Nuusbrief het so pas elektronies verskyn en is hier te lees. Ons is baie dankbaar vir elke lidmaat en gemeente wat hierdie onontbeerlike geestelike versorging in die verskillende Kaapstreek-hawens langs ons kuslyn met soveel passie bedien. Hierdie bediening (BIBLIA), is die Gereformeerde Kerk, NG Kerk en VGKSA se interkerklike bediening aan seelui en vissers - anders as CSO, die Christelike Seemansorganisasie, wat die Hervormde Kerk verteenwoordigKontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting. 
Biblia Hawesendingnuus
PUBLIKASIES
CLF - Tien Bybelse beginsels van leierskap

Om 'n Christen-leier te wees is nie altyd maklik nie. Jy moet ander lei tot 'n liefdevolle verhouding met Jesus Christus, maar daar is baie uitdagings wat jou en jou gemeente in die gesig staar.
Christelike Lektuurfonds het in vennootskap met die sinode se Sentrum vir Publieke Getuienis die "Tien Bybelse beginsels van leierskap" in pamfletvorm saamgevat om veral leiding aan geestelike leiers in 'n Afrika- konteks te gee.
Hierdie pamflet is tydens die kerkleierskonferensie wat op 29 Augustus 2016 by die NG Gemeente Stellenberg gehou is (sien SINODENUUS bo), as hulpmiddel aan ongeveer 300 pastore van verskeie denominasies uitgedeel. Lees hier meer.
Leierskap pamflette deur CLF beskikbaar gestel
KUIERKANS
Lentetyd is inderdaad basaar- en feestyd! Klik op die verskillende pamflette vir meer oor al die feeste, basaars en plesier! Ons Facebook het ook inligting hieroor. 
NG Wynberg Lente-tee
NG Wynberg Lente-tee
10 September 2016
NG Philadelphia
NG Philadelphia
2 September 2016
NG Hottentots-Holland: Elvis Blue
NG Hottentots-Holland
9 September 2016
4. Stellenbosch Libertaskoor
Die Stellenbosch Libertaskoor tree op Sondag 18 September by NG Caledon-Wes op. Die fondse wat ingesamel word, is vir die herstel van die kerkorrel. Vir navrae, kontak Mariëtte Labuschagne by 028 212 1202. Meer besonderhede is onder.
Stellenbosch Libertaskoor
Monte Vista-basaar
NG Monte Vista Basaar
3 September 2016
Unashamedly Ethical A Moment in Time
NG Brackenfell-Wes
16September 2016
Studentekerk Bloemfontein
VAKATURES
Studentekerk Bloemfontein

Die Studentekerk is 'n gemeente wat op die rand van die kampus van die Universiteit van die Vrystaat geleë is. Hierdie  gemeente is hier gestig met 'n baie spesifieke doel: om die studente-gemeenskap van Bloemfontein te bedien - en hulle doen dit as 'n missionale, multi- en interkulturele gemeente met dienste in Afrikaans en Engels.
Studentekerk Bloemfontein is op soek na iemand om die vakature aan die begin van 2017 te vul.  Enige leraar wat binne die familie van NG Kerke gelegitimeer is en gemaklik voel met die unieke aard van die bediening, word genooi om aansoek te doen. Aansoeke sluit 23 September. Klik hier vir kontakbesonderhede en meer inligting oor die leraarsprofiel.
e-Kerkbode-logo
Vakatures op e-Kerkbode
'n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via die nuwe e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Jan Nieder-Heitmann
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Jan Nieder-Heitmann
Die NG Kerk De la Bat vir Dowes, die eerste van vier sulke gemeentes, is vanjaar 40 jaar oud. Die spesiaal ontwerpte kerkgebou is in Bellville geleë naby Stikland-treinstasie, want behalwe vir die Kaapse metropool, kom ons lidmate van heinde en verre: Wellington, Paarl, Strand, Stellenbosch, tot Vredendal. Maandeliks reik van ons lidmate uit na Dowes in Atlantis, Malmesbury en Moorreesburg. Ons laai gelowiges padlangs op in die NID se bussie om die Here te gaan aanbid in laasgenoemde se VGK- gebou. Twee maal per jaar besoek ons ook die gelowige Dowes van die George-omgewing. Jaarliks, oor Hervormingsfeesnaweek, ontvang ons almal van al hierdie plekke en elders by Bellville om God se Woord in gebaretaal en Doof-vriendelike Afrikaans en Engels te vier – eersgenoemde reeds agt jaar gelede gepubliseer as die "Bybel vir Almal".
                                                                     * * *
Jan Nieder-Heitmann is in 1982 in die NG Kerk in Afrika Burger georden. Van 1991 tot 2012 sit hy sy bediening die NG Gemeente Vredelust in Bellville voort. Sedert 2012 is Jan predikant in die NG Gemeente De la Bat in Bellville. Kontak hom by jan@delabat,co.za.


Met 'n bietjie verbeelding hier en daar - Lente-groete!
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za