Lees deur internet, klik hier >>
8 November 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Emeriti se jaarlikse byeenkoms
Emeriti en hulle gades het vandeesweek weer lekker saam gekuier tydens die jaarlikse byeenkoms (foto's onder) by Helderberg gemeente. Nelis Janse van Rensburg, Bossie Minnaar en Francois Herselman het die moderatuur verteenwoordig. Tydens die verwelkoming lees Francois uit Kolossense en dra die emeriti soos volg aan die Here op: "Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken."  Na aanleiding van die Algemene Sinode se tema vra hy dat almal teruggaan en volhou om 'n lewegewende verskil in hulle gemeentes en gemeenskappe te maak.
Logo
2. Vroeëkindontwikkeling
2.1 Praktiese handleiding
Little Seeds het 'n praktiese groepwerkboek vir swanger mammas wat saam wil dink oor die ontwikkeling van hulle ongebore en jong babas. Hierdie handleiding kan 'n besondere nuttige hulpbron vir gemeentes wees en kan elektronies afgelaai word. Een voorstel is om swanger vroue uit verskillende gemeenskappe saam te bring om oor hierdie belangrike onderwerp te praat. Die eerste duisend dae in 'n kind se lewe, bereken vanaf bevrugting, is ongelooflik belangrik. Die kerk kan meewerk om 'n oneindig beter samelewing te skep deur die ondersteuning en voorbereiding van moeders vir die versorging en ontwikkeling van hul jong en ongebore babas. 
2.2 Hulpbronne op YouTube
Daar is ook op YouTube handige hulpbronne beskikbaar – hier is 'n paar video's wat kan help met inspirasie en begrip:
- Still face experiment
- Willem se speelplek
- Wat sal ware verandering bring in ons land: Afrikaanse en Engelse video
Nal’ibali Leesgroepe
- Leesgroepe vir VKO
- An Embrace story
Met dank oorgeneem uit Grens.Pos.
2.3 SmartStart outreach
Tammy-Lee Booysen (right) and Lecrishé Jacobs (left) are part of the First Rand Bank first job internship programme and are currently assisting the SmartStart programme within Little Seeds. As part of their life coach development module on community outreach initiative, they are planning an outreach to SmartStart initiatives in Uitsig and Ravensmead. They will talk about hygiene and germs and have hand-crafted their own model of a germ (the green object Tammy-Lee is holding) to illustrate the topic for the kids. The children will also be presented with pencil cases filled with goodies. SmartStart is an early learning social franchise with a network of trained and licensed practitioners (SmartStarters) who implement the same evidence-based programme throughout the country. SmartStart currently has six coaches, 188 SmartStarters and 1400 registered children in the Western, Southern and Northern Cape and forms part of the Little Seeds Early Childhood Development unit between Diaconia and Badisa. 
3. George plaasbediening daag uit!
Die plaasbediening op George volg nou al hul derde dissipelskapprogram. George Kuyler, wat dit aanvanklik begin het en steeds daarmee besig is, vertel: "Die plaas waarby ek betrokke is, het toestemming gegee dat ek elke Dinsdag vanaf 11:30 tot 12:30 tyd aan die plaasarbeiders se geestelike opleiding kan bestee. Taal is egter 'n reuse-uitdaging." Lees hier meer. Op die foto is George by twee van die werkers, Marius Booysen (links) en Tinus Frans (regs).

4. Ons besondere susterkerk-skool in Maputo
Die Trichardt School for Christian Education in Maputo (met twee verdere satellietkampusse waarvan een in Matola is), is die vlagskipskool van ons susterskerk in Mosambiek, die IRM (Igreja Reformada em Moçambique) Novo Sinode. Dit is 'n skool wat veral deur buitelanders gekies word vanweë die skool se Christelike grondslag, goeie dissipline, hoë kwaliteit onderrig en buitemuurse prestasies. Die skool volg die Suid-Afrikaanse sillabus en skryf die Graad 12-eindeksamen onder akkreditasie van die IEB. Dié besondere skool het op gereelde basis vakatures vir onderwysers wat bereid is om geestelike en akademiese insette te kom lewer aan 'n skool waarvan 90% Mosambiekers en die res van lande so ver as Pakistan en Indië afkomstig is. Kontak die skool hier vir meer inligting en kyk na die video-onderhoud met departementshoof Wilma Visser

5. Congregational facilitator training
Stephen Pedro and Gielie Loubser, Ministers in Synodical Service for Congregational Witness and Accompaniment (Communitas) presented their second training session for the year for congregational facilitators at Hartenbos from 29 to 31 October.
These colleagues are ready to start with the missional journey of their own congregations, with the accompaniment of two co-facilitators and to accompany other congregations who will start their own missional journey. Congregations without full or part-time ministers are especially invited to make use of this synodical support service. Church councils and relieving ministers ("konsulente") are once again invited to contact the office of Stephen Pedro for a preliminary meeting and conversation. Watch the short video below.
Video
Bennie Roelfse, Mbulelo Gcaza (agter Bennie), Gielie Loubser, Charlton Crowley, agter Charlton gesels Christopher Maarman en Petrus Gysman; Francois Cilliers en Xolani Mhobo
Tinyiko
6. Centre for Public Witness - SAFCEI conference
Braam Hanekom of CPW attended SAFCEI's policy conference from 5-7 November in Benoni. SAFCEI (Southern African Faith Communities' Environment Institute) is a multi-faith organisation committed to supporting faith leaders and their communities in Southern Africa to increase awareness, understanding and action on eco-justice, sustainable living and climate change. Prominent political commentator and theologian Tinyiko Maluleke discussed the topic "A New Vision for Sacred Life and Living Earth: Navigating our way into the 21st century - Exploring a new narrative". 
#imagine 2020 save the date
#imagine 2020 - klik bo
EKOLOGIE
1. St. Helenabaai: aansteeklike entoesiasme vir hul omgewing!
Die NG Gemeente St. Helenabaai se entoesiasme vir hul omgewing het aan die begin van hierdie jaar met 'n leefstylprojek vir hul gemeenskap begin wat spoedig tot talle vennootskappe met ander bestaande en selfs nuwe projekte gegroei het. Maggie Cox van die gemeente vertel: "Ons gemeenskap bestaan meestal uit mense wat reeds hul aftreeouderdom bereik het; mense met tyd en kennis om 'n reuse-verskil in ons gemeenskap te kan maak. Dit is ongelooflik hoe maklik ons taal- en kultuurverskille kan oorbrug as ons fokus op dit wat mense se harte aanraak." Wat 'n inspirasie! Lees hier verder.
St Helenabaai
2. A Rocha in mourning
A Rocha is a Christian organisation which engages in scientific research, environmental education and community-based nature conservation projects. The late Johan Botha of Witness Ministry (combined ministry of the Dutch Reformed Church and URCSA) was a founder member and Carl Swart, formerly from Badisa, was Murray Tessendorf’s predecessor as A Rocha chairperson. On Monday 28 October Peter and Miranda Harris, co-founders of A Rocha, and Chris Naylor, international CEO, together with his wife Susanna, were involved in a horrific car accident in Port Elizabeth. Miranda, Chris and Susanna did not survive. We call on all URCSA and DRC congregations to hold the Harris and Naylor families and the A Rocha worldwide movement in your prayers.
Read the press statement here.
3. Onaansienlik, maar onontbeerlik
Aasvoëls is moontlik nie almal se eerste keuse van 'n voëlspesie wat beskerming moet geniet nie, maar ongelukkig is hulle voortbestaan onseker (van die 22 soorte aasvoëls, word nege krities bedreig). Die oorlewing van hierdie spesie is van groot belang vir die mens omdat aasvoëls deel van die natuur se skoonmaakspan is. Die ensieme in 'n aasvoël se maag is van so 'n aard  dat dit gifstowwe in mikroörganismes kan doodmaak, wat hulle in staat stel om verrotte karkasse te vreet en sodoende te voorkom dat gevaarlike siektes en bakterieë versprei na diere en mense. Lees hier meer van Vulpro, 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle beywer vir die beskerming en versorging van aasvoëls, of besoek hul Facebookblad.  
4. SAFCEI bespreek ekologiekrisis
Die Sentrum vir Publieke Getuienis het met ontsteltenis kennis geneem dat Amerikaanse president Donald Trump voortgaan om van die Parys Klimaatsooreenkoms te onttrek. Braam Hanekom het as raadslid van SAFCEI vandeesweek hul beleidskonferensie in Johannesburg bygewoon. Belangrike gesprekke oor sake soos die plastiekkrisis, verbod op plastieksakke, nuwe maniere van dink oor vervoer, behuising, voedsel en die moontlike uitwissing van lewe op die planeet, is gevoer. Kontak Braam Hanekom hier vir meer inligting.
VAKATURES
Vakatures
Logo
1. PSD: Gemeentebegeleiding
Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir 'n Predikant in Sinodale Diens (PSD) in die Diensgroep vir Gemeentebegeleiding (Communitas) bekend en nooi alle belang-stellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel. Lees hier meer en doen aansoek nie later nie as 2 Desember.
Logo
2. Sentrum vir Publieke Getuienis
2.1 Administratiewe koördineerder (5/8-pos)

Die geskikte kandidaat moet oor onder meer die volgende vaardighede beskik: goeie interpersoonlike en telefoonvaardighede; bewese taal- en skryfvaardighede (Afrikaans en Engels); die reël van vergaderings en 'n kennis van en aanvoeling vir die kerklike omgewing. Aansoeke sluit 20 November - lees hier verder.
2.2 Kontrakpos vir navorsings- en sosiale mediabeampte
Aansoeke word vir bogenoemde pos in die sinodale kantoor in Bellville ingewag. Die geskikte kandidaat sal aan die direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis rapporteer. Werksure beloop drie ure per dag waarvan die spesifieke tyd onderhandel kan word. Aansoeke moet teen 20 November ontvang word. Lees hier meer. 
VrydagNuus
3. Kommunikasiebeampte (halfdagpos)
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature vir 'n kommunikasiebeampte by die sinodale kantoor in Bellville. Hier is meer oor die vereistes van die pos. Stuur 'n volledige Afrikaanse CV teen 13 November na ngkadmin@kaapkerk.co.za
Kerkgebou
4. NG Kerk De La Bat en La Belle:
Voltydse leraar 

Die kerkraad van NG Kerk De La Bat en La Belle maak in biddende afhanklikheid die vakature van voltydse leraar bekend. Aan-soeke word ingewag van gelegitimeerde leraars, proponente en finalejaarstudente van die NG Kerk. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 27 November. Klik hier om meer te lees.
Logo
5. NG Bellville-Wes: Musiekleier
Die NG Gemeente Bellville-Wes in Boston is op soek na 'n orrelis/ musiekleier vanaf 1 Januarie 2020. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die kreatiewe uitbou en ontwikkeling van musiek tydens die eredienste en ander spesiale geleenthede. Die volledige posbeskrywing is hier. CV's kan gestuur word na Suranelle via e-pos voor 8 November. Skakel 021 948 2402 met enige navrae.
Logo
6. Parke-gemeente: Musiekleier
Die NG Gemeente Parke in Kraaifontein is op soek na 'n musiekleier om deur hedendaagse musiek en sang die gevestigde ervaring van lofprysing en aanbidding in die gemeente te verdiep. Die volledige posbeskrywing is hier - stuur jou CV na kantoor@parke.co.za voor 11 November. Skakel Charl Stander by 084 234 1155 vir verdere navrae. 
Logo
7.1 Badisa Beaufort-Wes: 
Maatskaplike werker (8/8)
Kandidate wat Badisa se waardes onderskyf en oor die aangehegte vereistes beskik, kan aansoek doen. Voorsien 'n volledige CV teen 20 November; diensaanvaarding is 2 Desember of so spoedig moontlik.

7.2 Badisa Tygerberg: Maatskaplike werker
Aansoeke van entoesiastiese en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Stuur 'n CV, afskrif van bestuurslisensie en registrasie by SACSSP teen 22 November aan rpretorius@badisa.org.za. Klik hier om meer te lees.
7.3 Badisa Swellendam: Maatskaplike werker (8/8)
Badisa Swellendam is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Lees hier meer oor hierdie pos se verantwoordelikhede en vereistes en doen aansoek teen 22 November.

7.4 Huis Andrew Murray: Bemarkingsassistent
Hierdie kinder- en jeugsorgsentrum op Wellington beskik oor 'n pos vir 'n bemarkings-assistent. 'n Tersiêre bemarkingskwalifikasie en 'n geldige bestuurslisensie word vereis. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 November - klik hier vir die volledige posbeskrywing.

Logo
8.Hugenote Kollege: Termynkontrak vir 'n lektor
Hugenote Kollege is onlangs geregistreer om die BTh-graad ("Bachelor in Theology in Missional Ministry") per afstandsonderrig aan te bied en beskik oor 'n vakature vir 'n lektor in die Skool vir Teologiese Bediening. Slegs aansoeke per e-pos sal aanvaar word en moet nie later as 15 November ontvang word nie. Klik hier vir die volledige advertensie. 
GEMEENTENUUS
 1. Koesteroggend op Loeriesfontein
Die vrouens van Loeriesfontein en omliggende dorpe het op Vrydag 1 November 'n koesteroggend vol verrassings beleef.  Hierdie inisiatief was die droom van Carli Burden, ’n jong boervrou uit die Boesmanland, wat persoonlik weet watter tol die voortslepende droogte van vrouens eis. Motiveringspreker Bianca Welsch het 'n getuienis van bemoediging en ondersteuning gelewer en die vroue aangemoedig om God se wapenrusting aan te trek om staande te bly.  Bydraes is van regoor die land ontvang en Loeriesfontein sê dankie vir elke gebed, skenking, bederf- en kospakkie. "Die grootste geskenk was dat elkeen van ons spesiaal gevoel het. Spesiaal in die teenwoordigheid van ons Skepper wat ons met sy sagte, liefdevolle Vaderhand vir 'n oomblik vasgehou het. Wat engele-mense gestuur het om ons te versterk en om vir ons te help glo dat die woestynpad nie vir ons te lank sal word nie." 
Biddag
2. Biddag vir Beskermingsdienste
Groote Kerk Kaapstad nooi alle beskermingsdienstepersoneel uit om hulle erediens op 17 November (Biddag vir Beskermingsdienste) by te woon. Tydens hierdie geleentheid wil die gemeente graag alle lede van die polisie en weermag, asook brandweer- en korrektiewe dienstepersoneel, spesiaal in gebed aan die Here opdra. Die 10:00-erediens vind plaas in die Groote Kerk in Adderleystraat. Kontak gerus vir Jaco by die kerkkantoor: 021 - 4220569.
NG Brackenfell: Dankbaarheidsfees 16 November 2019
NG Brackenfell: Dankbaarheidsete
16 November - klik bo
NG Brackenfell: Orreluitvoering 10 November 2019
NG Brackenfell: Orreluitvoering
10 November - klik bo
5. Merweville Dankfees 1-3 Mei 2020 
In die Merweville-gemeenskap word weer volstoom gewerk en beplan aan die gemeente se 2020 Dankfees. Enigeen wat beplan om die fees by te woon, moet so gou moontlik hul verblyf bespreek – daar is beperkte opsies wat baie vinnig opgeraap word! Kontak Esther Fourie met navrae by 023 501 4061 of 084 962 2725 en onthou ook van die bateveiling - lees hier meer.
Kalenders
Klik hier om jou 2020-kalendervoorblad te stuur.
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Winterskool 2020
Fakulteit Teologie, US: Winterskool 2-4 Junie 2020 
Book launch
Jan en Retha
3. Pastoraat, gemeenskapdiens, berading
Jan Botha stuur inligting oor 'n kursus in pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens wat die Alfa Sentrum vir predikante, maatskaplike werkers en ander belangstellendes aanbied. Predikante kan 120 VBO-punte met die kursus verdien. Die Alfa Sentrum is deel van "Zama Zama Hope 4 U Foundation", die sentrum van hoop wat NG gemeentes en ringe in die weste van Pretoria, met die steun van die Noordelike Sinode en in samewerking met Communitas en 'n netwerk van vennote, bedryf. Kursusse vind van 1 Maart 2020 tot 31 Maart 2021 plaas en die kursusleiers is Jan Botha en Retha Kruidenier. Kry meer inligting aangeheg. 

PUBLIKASIES
Getuie
Getuie/Witness - die hart van kerk-wees!
Wat word van jongmense sonder 'n heenkome of rolmodelle? Wat is die drome van ons jong predikante vir die gemeen-skappe waarin hulle werk? Lees van ons kerkleiers in Afrika wat keelvol is van al die korrupsie op ons wonderlike kontinent; hoe praat ons oor droogte en eenheid? Lees die nuutste uitgawe van Getuie/Witness hier. Harde kopieë sal binnekort beskikbaar wees by kerkkantore.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
TEN LAASTE
In sy boodskap aan emeriti brei Nelis Janse van Rensburg uit op die tema van die Wes-Kaapse sinodesitting "Volg Jesus met waagmoed" en noem dat tye sodanig verander het dat ons waagmoed nodig het om kerk te wees in 'n vreemde wêreld:  As ons ons impak en die krag van die getuienis van Christus wil behou, vra dit van ons om meer te wees as in die verlede en om besluite te neem wat waagmoed vereis.  Ons moet besin oor hoe ons die kerk se invloed kan laat geld deur saam met ander gelowiges die juk te dra.  Die kerk leef slegs in genade deur genade te bewys. 
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.