Lees deur internet, klik hier >>
19 Mei 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Grafika

Jesus, your light is shining within us, 
let not my doubt and my darkness speak to me; 
Jesus, your light is shining within us, 
let my heart always welcome your love. 
– Father Roger
Jannie du Plessis
SINODENUUS
1. Wes-Kaapse Streekbyeenkomste
1.1 Voorbidding gevra

By Dinsdag 16 Mei se streekbyeenkoms by Vredelust in Bellville (soos elders) is verhale van klagte en lof, beide op plaaslike en nasionale vlak, om die tafels gedeel en in gebed aan die Here opgedra. 
Gemeentes, gebedsgroepe en lidmate kan dit gerus oordink en oorweeg om ook hieroor in gebed voor die Here stil te raak.
Op die foto regs is Jannie du Plessis van NG Kuilsrivier-Suid besig om 'n paar gedagtes neer te skryf.

Lees
verder.
Meer foto's is op die sinode se
Facebook te siene.
Koffie by Vredelust
Johannes Mouton (Table View), Riaan de Villiers (Groote Kerk) en Andre Reyneke (Monte Vista) gesels voor die streekbyeenkoms Dinsdag in Vredelust, Bellville begin
Banus Botha dink na
Banus Botha (Kraaifontein) dink diep na tydens die streekbyeenkoms
in Vredelust.
1.2 Konteks van Kerkwees in SA
Die groep moderatuurslede en PSD’s wat verlede week op verskillende plekke in die sinode besoek afgelê het, is bemoedig deur die meelewing en ondersteuning wat hulle ervaar het. Die uitdagings van die konteks waarin ons in SA moet kerk wees, is by die byeenkomste deur Nelis Janse van Rensburg belig. Belangstellendes kan hier na ’n video-opname van Nelis se inspirerende boodskap kyk.
(Sien ook elders in VrydagNuus Ekerk se tendens "Wat kan ons verwag?" oor hoe God tans in die hoofareas van die wêreld aan die werk is ...)
George streekbyeenkoms
George-byeenkoms                          Fotograaf: Betsie Fourie
1.3 Menswaardigheid
Tinus van Zyl het by NG Vredelust by die laaste van die streekbyeenkomste aan die sinode se fokus op menswaardigheid herinner. Gratis pamflette van CLF oor die onderwerp is ook uitgedeel.
Tinus beklemtoon onder meer dat God se fokus op reg en geregtigheid ook ons optrede teenoor andere moet rig. Belangstellendes kan gerus kennis neem van die video-opnames van Oktober 2016 se VBO-kursus "Teologie en Menswaardigheid", aangebied deur prof Dirkie Smit. Diegene wat nie self die kursus kon bywoon nie, mag dit insiggewend vind. Klik onder en lees hier
meer.
Video - Dirkie Smit: Teologie en Menswaardigheid
Frederick Marais stel Michael Moynach bekend
2. Communitas:
Missionale Ekklesiologie

Hierdie konferensie, "Embodying the Missio Dei in New Contexts: A Missional Re-imagining of the Church" het op 15 en 16 Mei op Stellenbosch plaasgevind.
Dit was 'n voorreg om oa vir dr Michael Moynach (op foto deur Frederick Marais bekendgestel) as spreker te ontvang.
Temas wat aangeraak is, sluit in "Learning from the New Testament and Early church"; "Learning from the Reformation" en "Re-imagining the church in new contexts." Groot dank aan Communitas en Ekklesia wat die geleentheid as deel van vanjaar se Refo500-vieringe aangebied het, en aan elke spreker en deelnemer.

3. Sentrum vir Publieke Getuienis
Western Cape Ecumenical Network

Braam Hanekom van die SPG skryf: "Die Western Cape Ecumenical Network is 'n ekumeniese netwerk wat nagenoeg 25 kerke en ekumeniese organisasies in die Wes-Kaap verteenwoordig. Die groep het weer op 16 en 17 Mei by in Harmonie buite Franschhoek vergader. Te midde van ander sake is daar veral oor die toestand in die land, die toekoms van SA en restitusie gepraat. Dr Mamphela Ramphele het die eerste dag se gesprekke ingelui.
By die SPG is daar die diepe oortuiging dat die NGK op geen manier nie deel kan wees van die gesprek nie, en maak graag die aanbod om gemeentes en ringe van verdere inligting en raad itv die proses te bedien". Lees hier verder. Kontak Danelle by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 .  
Mbulelo Bikwani, Braam Hanekom en Mamphela Ramphele
Vlnr Mbulelo Bikwani, Braam Hanekom en Mamphela Ramphele
Vroubediening
NG Kerk-logo
5. Dieselfe ou Aprilgrap oor Poligamie?
Dit blyk dat ou ("opgewarmde") berigte oor die NG Kerk wat glo 'n kommissie aangewys het om die wettiging van poligame huwelike (mans met meer as een vrou) te ondersoek, weer hier en daar opgediep en afgestof word.
Ons herinner daaraan dat hierdie 'n flou poging tot 'n Aprilgrap was wat reeds verlede jaar met 'n mediaverklaring deur die NG Kerk se Gustav Claassen aangespreek is. Dit is altyd goed om eers die bron van 'n gerug na te speur voordat jy dalk onwetend help om 'n vals gerug verder die wêreld in te stuur. 
Onthou gerus die effektiewe soekfunksie op ons webwerf (www.kaapkerk.co.za) - die trefwoord "poligamie" sal jou maklik by die mediaverklaring hieroor bring. 
Intussen het dr Gustav Claassen, NG algemene sekretaris, dit gister in 'n mediaverklaring weer duidelik gemaak dat dit inderdaad dieselfde onwaarhede van 'n jaar gelede is. Lees sy verklaring hier
6. Getuienisaksie: Die Wêreld het Rolmodelle van Pa’s nodig
Ben Marais (Sport en Spel-bediening) word deur Getuienisaksie befonds om gemeentes te begelei hoe om die evangelie aan mense oor te dra dmv sokker. Hy werk binne die Wes- en Suid-Kaapse sinodale gebied en bedien die hele NG Kerk-familie. Hy is ook die direkteur van Ambassadors Football in Suid-Afrika.
Een van die kursusse wat hy onlangs aangebied het, was gemik op die bou aan verhoudings tussen pa’s en seuns: "The journey – when fathers raise up future fathers". Lees meer hier. Foto onder.
Pa's en seuns
7. Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit: Bekendstelling
Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington is op 9 Mei 2017 bekendgestel. Tydens die geleentheid het Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen van die Sinode van Wes-Kaapland, enkele gedagtes oor die geskiedenis en noodsaak vir so 'n ruimte (waar mense se toenemende behoefte aan spiritualiteit, ‘n konneksie met God, verootmoediging, nuwe toewyding en herlewing aangespreek kan word) gedeel. Lees hier meer.
’n Kort videosnit van Nelis se toespraak is ook beskikbaar – klik onder.

Luisrer hier
8. Diaconia en CT Embrace
Moedersdag: Embrace Mammas!

Sondag 14 Mei was vir ’n hele paar vroue in en om Kaapstad die begin van nuwe verhoudings en bande. Cape Town Embrace (strategiese vennoot van Diensgroep Diaconia) se Moedersdagprojek in verskillende hospitale en klinieke was die eerste tree om lewens te verander.
’n Groep van 55 vrywilligers was byeen om nuwe mammas te ondersteun. Hulle het opgedaag met allerhande geskenkies en noodsaaklikhede om seker te maak die nuwe mammas voel geliefd en die babas is warm en knus in die winter.  So is 114 beddens (Tygerberg Hospitaal) en 26 personeellede aangeraak en bederf.  Sonja Basson (Embrace) bedank Diaconia (Sinodale Kantoor Wes-Kaap), Vredelust, Sonnekus en elke ander gemeente en dame wat betrokke was. Wil jy inskakel? Kontak haar by sonja@kaapkerk.co.za en lees hier verder
Moedersdaggeskenksakke
Banier
9. Jeug- en Familiebediening
9.1 Kinderpinksterreeks

Gee my 'n G.-E.-E.-S! Het jy nog nie 'n reeks vir Kinderpinkster nie of is jou inspirasie dalk min? 
Hier is 'n reeks met agt sessies wat afsonderlik vir bv Pinkstersondag of Pinksterfees gebruik kan word; as 'n geheel (soos benodig word) of om jou huidige reeks aan te vul. Elke sessie het voorstelle vir 'n inleidende speletjie, boodskap, 'n gratis poppekas-video wat by elke sessie pas, en 'n vaslê-kunsaktiwiteit. Die reeks sal teen Vrydag 19 Mei by hierdie skakel wees en die poppekas-videos sal teen Sondag 21 Mei beskikbaar wees.
Tienerpinkster
9.2 Re#imagine Pinkster by NG La Rochelle
Daar word van So 28 Mei (18:00-20:00) tot Do 1 Junie (weeksaande 19:00 – 20:00) by La Rochelle in Bellville 'n re-#imagine Tienerpinkster aangebied vir al die tieners in die omgewing. ’n Paar gemeentes span saam om hierdie ‘n besonderse geleentheid te maak. Lede van die #imagine 2017 band gaan elke aand speel. Vir meer inligting of as jul as gemeente saam wil werk, kontak gerus vir ds Anriëtte de Ridder via e-pos by anriette@sun.ac.za. Die tema van die reeks is "On the journey…".
Op reis
9.3 Pinkster: Preekreeks of kamp met vyf Sessies
Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug- en Familiebegeleiding) deel ook graag haar Tienerpinksterreeks.
Die reeks bevat vyf sessies en sluit aan by die #imagine tema van 2017, maar herhaal dit nie. Dit kan enige tyd van die jaar gebruik word en bevat vyf preekriglyne met gebedstasie-idees en grootgroepspeletjies by elk. Dit kan ook maklik gebruik word vir ’n kamp.
Besoek gerus DinkJeug se Facebook-blad. 

Elektroniese Tiener Pinksterreeks
9.4 Tienerpinkster: Hier is Hulp
Die Taakspan Jeug- en Familiebediening stel 'n paar Pinksterhulpbronne bekend vir gemeentes waar tieners reeds met eksamen begin het of nie 'n spesifieke reeks vir tieners beplan word nie. Waar dit moeilik is om Pinkster by te woon, kan dit help om jongmense te bedien met hulpbronne om waar hulle is - by die huis, die koshuis, selfs die skool - tydens Pinkster die uitstorting van die Gees te vier, te oordink en te bid vir ’n vars uitstorting van die Gees ook waar hulle is.
Op dinkjeug se
webwerf en Facebook bladsy sal daar tussen Hemelvaart en Pinkstersondag daagliks temas verskyn wat oor die Heilige Gees en sy werk gaan. Lees hier meer.
Logo
10. Fakulteit Teologie US: Aansoeke vir Studies
Dit is verblydend dat soveel mense vandag steeds geroepe voel om teologie te studeer met die oog op bediening in die kerk.  Dit is egter uiters belangrik dat voornemende studente kennis moet neem daarvan dat hulle via die Universiteit aansoek moet doen tot toelating tot die Fakulteit Teologie, maar ook via die Kuratorium aansoek moet doen vir toelating tot die Seminarium.  Die Kuratorium op Stellenbosch staan gereed om studente wat teologie wil studeer, te begelei met die kerklike keuringsproses.  Kontak asseblief vir Amanda van Niekerk by toerusting@sun.ac.za of by 021 808 9138.
Luister na Eddie Orsmond, bestuurder van die Seminarium, in die video onder.

Hoe doen ek aansoek?
11. #imagine Nasionale vergadering en Datum vir 2018
Die afgelope week het #imagine se nasionale span in Somerset-Wes bymekaargekom om die afgelope drie feeste in Bothaville, Jeffreysbaai en Bredasdorp te evalueer en te vier. 
Anriëtte de Ridder skryf: "Ons is baie dankbaar oor die statistiek en stories wat ons gehoor het. Danksy vele borge en inisiatiewe, het die begroting van R 1.3 m ongeveer gelykgebreek, waaroor ons baie dankbaar is. Volg die #imagine YouTube-kanaal vir al die videos van al die feeste hier
'n Groot dankie vir alle gemeentes, leiers en ouers wat deel van die #imagine familie is."
Die datum vir die volgende #imagine fees is 6-8 April 2018.

Groepfoto
Feite Wes-Kaap
#imagine kidz
12. #imagine Kidz 2017:
Gashere steeds Welkom!

#imagine Kidz het gehoor dat daar potensiële gashere is wat nog graag wil deel wees van hierdie beweging tydens die Julie-vakansie. In die lig hiervan is die sluitingsdatum vir registrasie van 1 Mei aangeskuif na 1 Junie 2017.

As jy dit self oorweeg om op hierdie manier betrokke te raak, besoek die webblad vir die aansoek- en registrasie-proses.
Die sluitingsdatum vir aansoek vir diegene wat eerder in die September-vakansie as gasheer wil optree, is 1 Augustus.
ALGEMEEN
1. Andrew Murray Gedenkgesprek
Die bekende dr Andrew Murray is op 18 Januarie 1917 in sy huis “Clairvaux” op die Samuel Kampus van Hugenote Kollege oorlede. ’n Eeu later lees mense steeds sy boeke en verskyn daar voortdurend nuwe boeke en artikels wat sy invloed op die NG Kerk asook die ekumeniese kerk, beskryf.  Om dr Andrew Murray se nalatenskap te vier, het Hugenote Kollege besluit om op 9 Mei 2017 ’n Andrew Murray Gedenkgesprek by Hugenote Kollege, Wellington, aan te bied.  Die tema vir hierdie eerste gesprek was “Andrew Murray en die ontwikkeling van ‘n missionale spiritualiteit in die NG Kerk”. Lees hier meer. Belangstellendes kan gerus ook na ’n video van die geleentheid kyk.
Gespreksgenote
Vlnr is Breda Ludik, Len Hansen, Frederick Marais en Marié Britz
Opedag
Hugenote Kollege Opedag 19 Mei 2017
Godsdiens?
3. Raakgelees ...
3.1 Godsdiens in Skole

“Skole met 'n Christelike etos moet fokus op godsdienstige praktyke in skole wat niemand in die verleentheid stel, domineer, dwing, teen hulle diskrimineer en hulle onwelkom laat voel nie", skryf Nelis Janse van Rensburg. "Die saak oor godsdiens in skole het Maandag in die hooggeregshof begin en is van belang vir elke landsburger, Jode, Moslems, Christene, ens. Dit is ook van groot belang vir diegene wat nie met ’n bepaalde godsdiens assosieer nie. Hoewel die saak teen ses skole wat na bewering buite die voorgeskrewe wetlike ruimte godsdiens beoefen, gevoer word, het die saak groot praktiese en veral prinsipiële implikasies.” Lees Netwerk24 se berig hier. (Met dank oorgeneem.)
3.2 Tendens: Wat kan ons verwag?
Ekerk se jongste tendensverslag, hierdie keer met die tema "Wat kan ons verwag?", is op 17 Mei gepubliseer.
Hulle nooi: "Lees en leer saam met ons op ons blitstoer deur van die hoofareas in die hedendaagse lewe en kyk of jy self iets kan bespeur van nie net hoe God aan die werk is in die wêreld nie, maar ook hoe ons ons eie bedieninge, besighede, families en vriendekringe kan posisioneer om in te skakel dáár waar Hy reeds aan die werk is.
Ekerk is eerstens nie 'n eie kerk nie. Ekerk vervang ook nie jou plaaslike gemeente nie. Ekerk is bloot net nog 'n manier om kerk te wees in die wêreld. Dmv Christelike groeimateriaal, en lewendige byeenkomste, vorm alle Ekerk'ers deel van 'n gemeenskap van Christelike gelowiges regoor die wêreld." 
Klik hier, met dank en erkenning aan Ekerk.
4. Raakgehoor ...
"The key to a succesful Fresh Expression of Church is generosity."
- Michael Moynach at Missional Ecclesiology Conference
"Ons ontvang die genade om as kurators en toerleiers
van God se ryk op te tree."
- Riaan de Villiers by streekbyeenkoms, Vredelust

GEMEENTENUUS
1. 
NG Porterville bederf Verpleegpersoneel
Albé Theunissen en Maureen van Rooyen (ouderling) het op Vrydag 12 Mei 'n draai gemaak by Huis Nerina se siekeboeg en die Lapa Munnik Hospitaal om hulle gemeente se waardering teenoor die verpleegpersoneel uit te spreek en 'n bos blomme te oorhandig. Engele kom in verskillende gedaantes! Sien die foto onder.
(Tog te lekker dat Porterville ons hiervan laat weet het. Ander gemeentes kan gerus ook hulle kreatiewe en praktiese planne om gemeenskappe te help floreer, met VrydagNuus
deel. Dis mos deel van die kerk se getuienis.)
Verpleegpersoneel
2.1 Uitreike in Julie-vakansie
Merweville en Kapenaars versterk bande!
Louis Minnaar (Bellville-Uitsig) vertel: “Ons beplan om weer Merweville toe te gaan vanaf 1- 8  Julie. Die uitreik het ontwikkel dat lidmate van ‘n groot verskeidenheid gemeentes en ook verskillende kerke deel het aan die uitreik. Die groep is vanjaar ongeveer 70 persone groot, wat hoofsaaklik tieners en jong volwassenes is en sluit in lidmate van Bellville-Uitsig, Parowvallei-Oos, Heidekoppie, NG Kerk Merweville en VGK Merweville. Theo Swart (Parowvallei-Oos) en Attie Rall (Heidekoppie) gaan ook saam as leiers.
Die fokus is ’n vakansieprogram vir kinders en tieners, vaardigheidsklasse vir vrouens in die gemeenskap, asook werkswinkels waarby die hele gemeenskap inskakel. Daar is ook ’n groepie wat tuisversorging vir behoeftige bejaardes in die gemeenskap doen. Verder word daar daagliks sop en brood aan die gemeenskap gegee."
Uitreikspan
Vlnr staan ArmandSchutzler,  Zandre Marais, Anke Joubert, Carisa Liebenberg, Nadia Visser en Esti Joubert saam met kinders van Merweville tydens 2016 se uitreik.
2.2 Reik uit! Getuig!
Gemeentes wat tydens die komende Julie-vakansie op uitreike vertrek, word vriendelik gevra om VrydagNuus kortliks (in sowat 60 woorde) daarvan te vertel en 'n foto aan te stuur. Kom ons getuig van God se werk deur gemeentes om gemeenskappe hier en elders te laat floreer. Kom ons inspireer mekaar – en bid vir elke uitreik. 
Stuur inligting voor 13 Junie na kommunikasie@kaapkerk.co.za; ons deel dit graag. Dis deel van ons getuienis! 
Nelus Niemandt
3. NG Helderberg: Pinkster met Nelus Niemandt
Helderberg ontvang die bekende en gerespekteerde prof Nelus Niemandt vanjaar by hulle vir Pinkster. Hy lei van 28 Mei tot 4 Junie ’n reeks met die tema "Ontdek die held in jou" na aanleiding van Efesiërs 4 :1-16.
Aanddienste is om 19:00 en word die volgende oggend om 10:00 herhaal. Klik hier vir meer inligting.
NG Brackenfell-Proteahoogte Pinkster: klik hier
5.1 NG Stellenbosch-Wes: Uitreik na Transkei
Gielie de Waal skryf: "Dit was baie lekker om die afgelope langnaweek weer ’n draai by die aksies wat ons as gemeente in Transkei ondersteun, te maak.
Dit is met baie groot vreugde, dankbaarheid en verligting dat ons kan terugrapporteer dat alles steeds baie mooi netjies is en goed onderhou word, selfs twee jaar vandat oom Willem en tannie Annelie Botes nie meer in Transkei is nie. Ek verwys natuurlik eerstens na die welstand van Decoligny gemeente en Sinethemba kinderhuis, maar ook na die fisiese. Ongelooflik hoe God die werk wat hier begin was, laat voortleef en selfs groter laat word. Alle eer aan Hom.”
Lees gerus ook Willem Botes se nuusbrief oor gebeure by Decoligny elders in VrydagNuus by NUUSBRIEWE.

Sinethemba-huis vroeër
Sinethemba 'n paar jaar gelede
Sinethemba-huise nou
Sinethemba vandag
5.2 Stellenbosch-Wes ... Geskiedenis van God se Sorg
In hulle kwartaalblad, “Lewende Lote”, deel ons vriende by Stellenbosch-Wes ’n paar interessante brokkies oor die gemeente se geskiedenis. Dat die gemeente op 24 November 1952 gestig is, dat hulle orrel op 1 Mei 1953 vir £4 085 aangekoop is en die pastorie op die kerkgronde in Desember 1977 voltooi is teen ’n koste van R83 000 klink dalk vir jou na vervelige geskiedenis ...
En tog ... deur hierdie brokkies word ons herinner aan die pad wat God met sy kerk (sy gemeentes) stap. “ ... sy trou is van geslag tot geslag,” beloof Ps. 100:5 immers.
Argiefnuus
Kerkgebou
5.3 Kennis! Stellenbosch-Wes het nuwe E-posadres
Marais Roux, bedrewe kantoorbestuurder van NG Stellenbosch-Wes, laat weet: “Neem asb kennis daarvan dat ons gemeente se e-posadres verander het na kerkkantoor@stellenboschwes.co.za.“ Meer oor dié gemeente is hier.  
D
ankie vir gemeentes wat sorg dra dat die sinode ook oor julle jongste kontakinligting beskik. 
2016-diens
'n Foto van 2016 se diens wat deur ongeveer 130  atlete bygewoon is.
6. NG Parowvallei-Oos:
Comrades-diens 

Parowvallei-Oos bied op So 28 Mei om 09:30 die 7e keer 'n spesiale tweetalige erediens aan vir Comrades-atlete. Alle atlete en hulle families is welkom.
Atlete daag gewoonlik in hulle Comrades T-hemde op by hierdie geleentheid met heerlike koffie en Parowv
allei-Oos se dames se beroemde koeksisters.
Theo Swart, wat ook self die Comrades 27 keer voltooi het en steeds gereeld aan wedlope deelneem, is die prediker. Daar is veilige parkering en motors word opgepas  Die adres is Marketstraat 168, Parowvallei. Klik hier vir ’n
padkaart en navrae kan gerig word aan ngpvoos@telkomsa.net of 021 931 6410 van 09:00 -13:00 op weeksdae.  Gemeentes kan gerus hierdie inligting in hulle bulletins deurgee.
Amy Kleinhans-Curd
Sondag 21 Mei om 09:30 by die Toringkerk, Paarl 
Meadow White butterfly
PREDIKANTENUUS
Arnold agter die Lens
Kollega Arnold van der Westhuizen (lid van ons kommunikasietaakspan en tot onlangs predikant in Koringberg) is 'n kranige fotograaf met 'n fyn oog vir detail.
Hy is onlangs sommer met drie internasionale toekennings vir sy foto van 'n skoenlapper in die natuurafdeling van 'n oorsese kompetisie vereer!
Arnold seën ons sinodale kommunikasie dikwels met uitsonderlike foto's. Diegene wat ons op Facebook volg, sou sy handewerk al daar opgemerk het. Ons vier jou sukses saam met jou; mag jy nog vele spesiale oomblikke met jou kamera vasvang!
 
Wikus se spekboom
EKOLOGIE
1. Spekboompies:
Gewortel om te groei!

As jy op die een of ander manier betrokke by die Wes-Kaapland se 2015 sinodesitting was, onthou jy waarskynlik die spek-boompies wat sinodegangers as simbool van ons ekologiese bewustheid ontvang het.
Wikus J van Rensburg (moderamenlid van NG Saldanha) stuur vandeesweek 'n foto (langsaan) van sy 2015 boompie. Hy vertel trots dat hy besig is om 'n bonsai daarvan te maak.

Intussen het die Kweek vir die Here-span (die flukse manne uit NG Stellenberg wat jeuguitreike met die opbrengs van hulle plantjies befonds) onlangs nog ’n spesiale boompie as verjaardaggeskenk aan Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis) oorhandig. So kweek en werk hulle voort, getrou aan die belofte dat dit die Here is wat laat groei (1 Kor. 3:7).

Kontak Kweek vir die Here by
koosl@isales.co.za vir groen inspirasie of wenke
Kweek vir die Here
Vlnr staan Koos Lamont, Braam Hanekom en Johan Jooste
Spekbome
Sinode 2015 spekboompies 
Ekologie grafika
2. Verminder jou Petrol-/Dieselverbruik: Riglyne
 As navolgers van Christus behoort ons vir alle vorme van lewe op aarde om te gee, te voed en te beskerm. Aardverwarming is 'n natuurlike proses, maar vind nou baie vinniger as ooit vantevore plaas. En die sondebok? Ons. Die faktor wat die grootste impak daarop het, is die verbruik van fossielbrandstof.  En ons ry- en vlieggewoontes is een van  die menslike aktiwiteite wat die meeste fossielbrandstowwe verbrand.  Dit is dus logies om ernstige aandag hieraan te gee.  Hier volg 'n paar praktiese riglyne en wenke, met dank aan David Botha van die Ekologie Taakspan.
BEHOU DIE HUMOR
Why worry
NUUSBRIEWE
1. Paasfees in VGK op Kokstad
Christo Wooding vertel hoe die lidmate van die VGK Paasfees op Kokstad en omgewing vier:
Daar is twee gebeure in die swartmense se kultuur en kerk wat mens ten minste een keer in jou lewe moet belewe, en dit is Paasfees en 'n begrafnis. Paasfees 2017 was weereens 'n baie geseënde en grootse geleentheid in ons gemeentes.

By Kokstad, soos ook in al die ander gemeentes, is weke voor die tyd begin met die voorbereidings vir die Pasika. Kerkerwe is skoongemaak en heinings herstel. Die kerke is binne en buite weer spierwit geverf. Lees
verder en sien foto's onder.
Kerkgangers Kinders van Kokstad
Sam Dandala
2. BID: Decoligny
Lees gerus Willem Botes se gereelde nuusbrief oor die bediening by Decoligny. Bid saam met hulle vir die kerkraadsvergadering waar besin moet word of die gemeente gereed is om ’n leraar te beroep, wees saam dankbaar vir goeie reën wat geval het en dank die Here onder andere vir lidmate van Stellenbosch en die Strand se geseënde besoek aan hulle. Sam Dandala het van die inligting wat in die nuusbrief verskyn, verskaf.
(Sien ook by GEMEENTENUUS hoe NG Stellenbosch-Wes oor hulle besoek aan Decoligny berig.)

PUBLIKASIES
1. Bybel-Media
Hans Steyn skryf in die nuutste Bybel-Media nuusbrief oor die Kerkbode van 19 Mei, Junie se LiG-uitgawe en twee nuwe publikasies: Cultiva-ting Missional Change en Kreatiewe Kopskuif.
Klik op die foto's onderaan.

In die Junie-uitgawe van LiG ...
- vertel Minki hoe die pad na haar hart loop; 
- gesels LiG met die operasangeres, Pretty Yende;
- vertel die ma van 'n blinde seuntjie hoe hy vir haar 'n bril van hoop geword het en

- is goeie redes waarom kinders moet buite speel.

Nuut in LiG: Milanie Vosloo skryf oor stilwees en Lizette Murray oor gesinsake.

Kerkbode 19 Mei Cultivating Missional Change Kreatiewe Kopskuif
Vrygemaak
2. CLF: Vrygemaak - Refo500-pamflet vir Junie
Luther maak die stelling dat hy sy hele lewe vir die Here afgesonder het, maar tog het skuldgevoelens hom menigmaal beetgepak.  Dan kom die besef dat geregtigheid nie iets is wat verwerf word nie, maar eerder 'n passiewe geregtigheid – 'n geskenk van God.  En dit word die grondslag waarop hy sy verstaan van die teologie bou! Lees hier verder.
Bestel gerus hierdie pamflet vir julle gemeente en loop saam met Christelike Lektuurfonds (CLF) die Reformasie-pad van vrymaking gedurende 2017. Januarie tot Mei se pamflette is ook nog beskikbaar indien julle dit misgeloop het.

Vir bestellings en navrae skakel 021 873 6964 of stuur ʼn e-pos na
order@clf.co.za. Die pamflette is ook aflaaibaar op www.clf.co.za of deur CLF se gratis slimfoon-toep.
KUIERKANS
Hierdie week bied ons plaaslike gemeentes weer 'n ware REËNBOOGKOEK van heerlike geleenthede vir gesellige samesyn en kuier. Klik onder vir meer inligting. 
Kuierkans
Kerkbode
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

NG Gordonsbaai
1. NG Gemeente Gordonsbaai: Maatskaplike Werker
Van die NG Gemeente Gordonsbaai ontvang ons inligting oor ’n vakature vir ’n kerklike maatskaplike werker (4/8) in ’n kontrakpos. Lees meer oor die kwalifikasies, verwagtinge en vergoeding. Sluitingsdatum: 26 Mei 2017.
Kerkgebou
2. NG Gemeente Bellville-Noord: Saakgelastigde
Persone met bewese organisatoriese, finansiële en admini-stratiewe vaardighede kan aansoek doen vir hierdie vakature by die NG Gemeente Bellville-Noord. Goeie rekenaarvaardighede is 'n verdere vereiste.
Aansoeke sluit op 15 Junie 2017.
Lees aangeheg meer.
Logo
3. NG Gemeente Stellenbosch-Wes: Koster
Aansoeke word ingewag vir hierdie pos. Die pligte behels onder andere die instandhouding van die terrein en geboue, en reëlings en ondersteuning ten opsigte van funksies. Aansoeke sluit 23 Mei - lees meer hier.
Badisa-logo
4. Badisa
4.1 Maatskaplike Hulpwerker

Badisa Swellendam se beheerraad wag aansoeke in van gemotiveerde perso-ne wat Badisa se waardes onderskryf. Lees hier meer oor die vereistes, voordele, en dies meer. 
4.2 Huis Andries Hamman: Boekhouer
Aansoeke vir hierdie 4/8-pos kan gestuur word na mhb@badisa.org.za. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 2 Junie. Meer besonderhede is hier.

Steve vd Watt
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Steve van der Walt
Ons almal het hulle al gesien loop, of selfs beleef, gewoonlik twee-twee saam, baie vriendelik en ordentlik. Hulle wil jou een vraag vra: "Meneer, hoekom lyk die wêreld soos hy lyk?" Terwyl jy dink, kom daar ’n opvolgvraag: "Kan ons oor die Bybel gesels?" 
Een van my innemende gemeentelede vertel my hoe hy onbepland twee sulke besoekers in sy huis ingenooi het. Dit is eers toe hulle gaan sit, dat hy besef dis nie die gaste wat hy verwag het nie. Toe kom die vrae … My lidmaat-vriend luister geduldig, maar vertel dat hy so halfpad in hulle gesprek agtergekom het iets in hulle argument oor die Bybel strook nie met wat hyself glo nie. Hy het hulle onderbreek en gesê: "As Jesus nie die Seun van God is nie, is daar NIKS!" Ook niks om verder oor te gesels nie …
Dit laat my dink aan 'n ander verhaal, in Emmaus ... klik hier om verder te lees.
***
Steve van der Walt is getroud met Susan en het drie kinders. Moedergemeente George is sy derde gemeente. Hy het in Dutoitspan (Noord-Kaapland) begin en het ook in Port Shepstone aan die Natalse Suidkus gedien. 
Steve het in 2014 sy PhD in Bybelse Teologie aan die UV verwerf oor wonders wat in die tyd van Moses, Elia en in die evangelies (deur Jesus) plaasgevind het. "Die grootste wonder vir my, is Jesus Christus wat die dood oorwin het en ook in ons woon. Hy laat my hart warm klop …" skryf Steve.
Blom
Mag dit goed gaan met jou
mag God vrede vir jou gee
mag jy nooit bang hoef te wees nie
mag jy liefde om jou hê
mag jou hart vir almal oopgaan
mag jou drome ver paaie streel
mag jy leer om die wind onder jou vlerke
met alle mense om jou te deel.
  
(Cas Wepener: Soos 'n blom na die son draai)

Vriendelike groete.

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.