Lees deur internet, klik hier >>
15 Junie 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Sinode se predikante besoek Worcester

Die afgelope week (12 tot 14 Junie) het Worcester se sewe NG gemeentes, sowel as die VG gemeentes van Worcester-Oos en Worcester-Suid, besoek ontvang van enkele van die Sinode van Wes-Kaapland se PSD's (predikante in die sinode se diens).
Theunis Botha, Anriëtte de Ridder, Gielie Loubser, Kobus Odendaal, Stephen Pedro en Nioma Venter het 'n baie geseënde ontmoeting met die Dowe Familiekerk, VGKSA Worcester-Suid en VGKSA Worcester-Oos, sowel as die NG gemeentes Worcester-Audenberg, Worcester-Brandwag, Worcester-Noord, Worcester-Oos, Worcester-Vallei en die NG Moedergemeente in Worcester gehad waartydens fasilitering oor volhoubare missionale kerkwees en visioneringsgesprekke onder meer plaasgevind het.
Lees meer en geniet 'n paar foto's van die besoek op ons Facebook.

PSDs besoek Worcester
PSD's op besoek in Worcester by NG en VG gemeentes
Ds Malcolm James bespeel die orrel
Ds. Malcolm James (VGKSA Worcester-Suid) agter die orrel
2. Sentrum vir Publieke Getuienis
WCEN vergader oor protes, geweld en moorde
Die Western Cape Ecumenical Network (WCEN) het op 13 Junie in Belhar vergader om die huidige situasie in ons provinsie (maar ook nasionaal) te evalueer. Moontlike redes vir die situasie is bespreek, asook wat nou dringend benodig word en wat veral ook deur die kerk gedoen behoort te word.
Daar sal eersdaags skrywes in dié verband aan die deelnemende kerke gerig word. Die vergadering is ook bygewoon en ingelig deur Stan Henkeman van die Institute for Justice and Reconciliation en Chris Nissen van die Menseregtekommissie.
Naas die gewone lede het verteenwoordigers van die Heartlines-beweging, en More than Peace (fasiliteerders) ook die vergadering bygewoon. Rig navrae aan Danelle by 021 957 7202 of spg@kaapkerk.co.za.

Western Cape Ecumenical Network
V.l.n.r. Richard Holloway, Sipho Mahokoto, Stan Henkeman, Llewellyn MacMaster, Mbulelo Bikwani, Peter Tarantal, Chris Nissen, Braam Hanekom, Annie Kirke en Pieter Grove
3. Legitimasie: 'n wonderlike merker op bedieningsreis
Arion Naidoo en Olivier Muller is op Woensdag 13 Junie by die kapel van die Kweekskool op Stellenbosch gelegitimeer ná colloquium doctum. Op die foto onder is Arion en Olie (sittende) saam met familie, vriende en lede van die kuratorium. 
Ons bid hulle 'n baie geseënde nuwe hoofstuk in hul bediening toe. Hierdie twee proponente is nou onmiddellik beroepbaar.

Legitimasie Junie 2018
"Colloquium doctum" - in gewone taal
"Colloquium doctum" verwys hier na 'n bykomende akademiese gesprek waartydens kandidate wat wil terugkeer tot die bediening die geleentheid gebied word om die kuratorium te oortuig van hul kennis van die Gereformeerde teologie en gehegtheid aan die leer van die kerk.  
4. Lees vir genot met Diaconia en Nal’ibali!
Lees-vir-genot saam met Diaconia en Nal'ibali! So kan gemeentes help om SA se geletterdheidskrisis op 'n effektiewe en genotvolle manier aan te spreek. Gemeentes word uitgedaag om 'n leesgroepie te begin. Dis 'n eenvoudige manier om kinders se lewenskwaliteit, woordeskat, konsentrasievermoë en kognitiewe ontwikkeling positief te beïnvloed! Kontak nalibali@kaapkerk.co.za of 021 957 7109 met navrae en deel onderstaande video gerus met belangstellendes in jou gemeente.
Lees vir genot video
Internskappe
Jaco Hamman
6. Predikantebegeleiding:
Leer ken die millennials saam met Jaco Hamman
Tydens die moderamenvergadering in Maart 2018 is die vergadering op ‘n verrassende vars wyse in gesprek gebring met die generasie jongmense in ons gemeentes wat hulleself identifiseer as "millennials". Die millennials is ‘n onuitputlike bron van energie en kreatiwiteit. Jy sal verras wees oor die palet van kleur wat hulle jou aanbied. Gryp die geleentheid aan!
Om ondersteunend hierin te wees bied Predikantebegeleiding op 6 Augustus 'n dagkonferensie/gesprek aan saam met prof. Jaco Hamman, professor in Teologie, Sielkunde en Kultuur van die VANDERBILT Teologiese Skool in Nashville, VSA. Klik hier.
Riekie Botha, Karen Minnaar and Llewellyn MacMaster
7. Support the Church Archives
On Wednesday 6 June Llewellyn MacMaster (pastor at URCSA SA Gestig in Belhar) visited the church archives in Stellenbosch, where he met with Riekie Botha (Het Gesticht Trust) and Karen Minnaar (archives).
He stresses the importance for URCSA to preserve its history – and would like to appeal to all URCSA Cape congregations and structures to work together in this regard.
Contact the Archives in Stellenbosch at 021 882 9923 or argief@kaapkerk.co.za.
Next week: news about the special  Church Archives Conference hosted in Stellenbosch this week - an interdenominational first of its kind for the DRC Archives! 
8. Predikantesake geniet aandag
Die NG Kerk Algemene Sinode Taakspan vir  Predikantesake het op 12 Junie in Pretoria koppe bymekaar gesit oor 'n mondvol sake wat predikante raak. Hierdie sake sluit in: die geïntegreerde databasis, klein gemeentes, multikulturele gemeentes, artikel 9 en nuwe bekwaamhede van leraars, standplaasverwisseling, die bevoegdheid van leraars, predikantebegeleiding, opleiding en VBO, sowel as legitimasie. Die Sinode van Wes-Kaapland word daar verteenwoordig deur Charl Stander en Theunis Botha.
Op die foto onder is Gert Duursema, Charl Stander, Tertius Erasmus, Roelof Opperman (voorsitter), Dewyk Ungerer, Gerrit Botha, Fanie Visser en Theunis Botha.

ATP vergadering
9. Reconciliation and healing
- the journey of the Dutch Reformed Church (DRC) and the Khulumani Support Group
The South African Council of Churches (SACC’s) National Convention of South Africa hosted a consultative workshop on Healing and Reconciliation on the 31st of May, where they identified sub-themes, namely woundedness; identity; justice for past atrocities; and Indigenous Knowledge Systems were discussed. This was the third of the four workshops – which are based on the four thematic areas – that are being conducted in preparation for the second session of the Convention which will be held from 31 July to 2 August 2018.
For more than a year the Dutch Reformed Church and the Khulumani Support Group (photo below) have been exploring ways to bring reconciliation about in communities. It started with a two-day meeting between the leadership structures of the two organisations. Read more on the SACC web, where Gustav Claassen reports.
Kerkbode also reported on the church's role to address economic inequalities, which included discussions with Khulumani during September 2017 - click here.

Khulumani Support Group - gesprek met NG Kerk
Deelnemers aan die gesprek tussen die Khulumani Support Group en die NG Kerk
10. Skribas leer meer!
’n Groep skribas en kerkkantoorpersoneel van so ver as Klawer het op Maandag 11 Junie ’n MS Word-kursus by die sinodale kantoor in Bellville bygewoon. Dié kursus, wat gemik was op vaardighede om Word vir ’n kreatiewe gemeentebulletin (aankondigings) in te span, is deur Corné Linde aangebied. Dit was lekker om deur die loop van die dag vele “Aahhh” oomblikke te beleef wanneer ’n kortpad of spesiale funksie gesorg het daarvoor dat kursusgangers nuwe moontlikhede raaksien! Vorentoe help ons graag weer met kursusse van hierdie aard.
Op die onderstaande foto is agter v.l.n.r.: Stanley Richard (VG Sarepta), Karien van Greunen (NG Kenridge), Petro van der Merwe (NG Swartland), Freda Hamman (VG Sarepta), Carika Brand (NG Sonnekus), Franselene Krause (NG Bloubergstrand), Maretha van Tonder (NG La Rochelle).
Voor staan Helene Grieg (NG Klawer), Jackie de Klerk (NG Heidekoppie), Maryke Visser (VG Sarepta), Anne-Marie Judeel (NG Kraaifontein), Andriessa Mostert (NG La Rochelle) en aanbieder Corné Linde. Meer foto's is hier op ons Facebook.

Skribas
Grafika
11. Kix kinderbediening:
’n pasklaar kinderreeks oor vreemde vroue!
As jy lus is vir ’n reeks met ’n ander geur, oorweeg gerus “Vreemde vroue in die Bybel”! Tydens die eerste kwartaal by Kix het hulle omtrent ’n paar ontdekkings gemaak oor enkele vroue in die Bybel waarvan ons nie elke dag hoor nie. Hierdie ontmoetings is gratis beskikbaar op Kix se webwerf; klik hier. 
Fynbos Park
12. Fynbos Park: tree af in Kleinmond
’n Herinnering aan hierdie spesiale geleentheid: Fynbos Dienssentrum, ’n program van Badisa, is in samewerking met die Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy (GHBM) besig met die ontwikkeling van Fynbos Park, ’n aftreeoord in Kleinmond met pragtige berg- en see-uitsigte.
Lees gerus hier meer en reageer so gou moontlik.

Helpers
13. Straatwerk reik uit tydens wintervakansie
Straatwerk gaan gedurende die wintervakansie voort met die werksrehabilitasieprojek (Ophelp-Projekte) waar haweloses die geleentheid gebied word om ’n  eerbare inkomste te verdien deur ’n verskeidenheid van skoonmaakprojekte in die middestad van Kaapstad as ’n bydrae om hulle menswaardigheid te herstel. 
Alhoewel die aansoeke om tydens die vakansie by uitreike betrokke te wees, gesluit het, sal Straatwerk graag gemeentegroepe op Vrydagaande gedurende die res van die jaar verwelkom. Kontak Fourie Truter by fourie@straatwerk.org.za of 021 930 8055.

Vakansie
14. Gemeentes, neem kennis:
vakansie om die draai = geen VrydagNuus
Hierdie uitgawe van VrydagNuus is die tweede laaste van die tweede kwartaal. Die skole sluit op Vrydag 22 Junie en oudergewoonte verskyn daar geen nuusbrief in die skoolvakansie nie. Die eerste uitgawe van die derde kwartaal is dié van 20 Julie 2018.
Worcester-Noord uitreik
GEMEENTENUUS
1. Worcester-Noord: gestuurde gemeente
Johan Nieuwenhuizen skryf: "Worcester-Noord gemeente is ‘n gestuurde gemeente in die Ring van Worcester. Ons gestuurdheid  het meegebring dat ons meer as ‘n dekade terug toegelaat het dat die Heilige Gees ons gemeente op onbekende, maar tog baie opwindende reise geneem het. Een van hierdie onbekende weë was dat ons begin betrokke raak het by die DEGNOS (Diens en Getuienis Sentrum Noordooste Streek) se kantoor in Grootfontein. Hierdie kantoor, o.l.v. ds. Hendrik en Elise van Zyl, doen namens die Namibiese gemeentes opheffingswerk onder die Boesmans in die Tsumkwe en Kavango streek. Meer inligting oor hulle uitreik, wat vanjaar van 26 Junie tot 15 Julie plaasvind, sowel as gebedsversoeke vir die uitreik, is hier.
Verfwerk
2. NG Stellenberg reik naby en ver uit
Die uitreikspanne van die NG Gemeente Stellenberg is in totaal 105 jongmense sterk en uitreikers is hard besig met opleiding en voorbereiding om gereed te maak vir die komende uitreike na Leeu-Gamka (23-29 Junie), Beaufort-Wes (30 Junie-6 Julie), Prins Albert (30 Junie-6 Julie), Calitzdorp (7-13 Julie), Mavusa (30 Junie-13 Julie) en Bambisana (30 Junie-13 Julie). Hierbenewens word 'n vakansieprogram en tuisuitreik na Klipheuwel ook in Julie beplan. 
Why Duvenhage is oorhoofs verantwoordelik vir alle uitreike van Stellenberg gemeente en deel kortliks 'n paar gedagtes rondom die uitreike. Wat is sy droom vir uitreike vorentoe? "Die opbou van mense en gemeenskappe.  Ek sou graag meer gelowiges by die droom betrokke wou kry en in elke gemeenskap ’n groot groep mense met hoop vestig – hoop vir hulle eie en hul kinders se toekoms." Lees verder.

Jong lesers
3. NG George-Bergsig reik uit na Msinga
Gedurende 1993 het George-Bergsig vir die eerste keer na Msinga uitgereik. Deur die jare het die gemeente op verskeie plekke in Msinga gewerk tot hul in 2008 vir die eerste keer na die eBusi omgewing uitgereik het. Vanjaar sal dit die tiende keer wees wat hul by eBusi staan en die voorreg het om onder leiding van  ds. Bonginkosi Sithole, en onder beskerming van baba Mlango (die hoofman op wie se grond die kerkie is), dié gemeenskap te bedien. Voorbidding vir die voorbereidings, reis en uitreik word gevra.
VGK Riebeek Wes 120 jaar
VGK Riebeek-Wes vier 120 jaar! Klik bo. 
UIT ONS RINGE
Wesland Verenigde Ring werk vir versoening en eenheid

Op Dinsdag 12 Junie het die Wesland Verenigde Ring in Hopefield vergader vir hulle ringsbeplanning, wat gesamentlike projekte soos kanselruilings en 'n retreat insluit. Terselfdertyd is met die hulp van Dion Forster (Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch) as gasspreker besin oor die betekenis, geleenthede en uitdagings wat verband hou met versoening. 'n Foto van die groep is onderaan.
Wesland Verenigde Ring in Hopefield
Agter: Konette Louw, Willie Greeff, Erik Basson, Marileen Steyn, Cassie Zincke, Kobus van Schalkwyk, Gert Oosthuizen, Andre Botha, Jakes Barnard, Kobus de Kock
Voor: Thys du Toit, Richard Holloway, Kotzé Olivier, Hennie Burden, Dion Foster,
Christo Stout, Nico Cloete
Gebedsversoeke
ALGEMEEN
1. Fakulteit Teologie bedrywig!
1.1 Ricoeur-konferensie: wat is jou voorveronderstelling? 
Van 23 tot 25 Mei het Fakulteit Teologie en die departement Filosofie van die Universiteit Stellenbosch die eerste konferensie van die Vereniging vir Ricoeurstudies op die vasteland van Afrika aangebied. Die Vereniging vir Ricoeurstudies is 'n internasionale, interdissiplinêre liggaam wat toegewyd is aan die werk van die Franse filosoof Paul Ricoeur (1913-2005). Helgard Pretorius berig hieroor.
Ricoeur-konferensie sprekers
Voor v.l.n.r.: Prof. Bernard Lategan, dr. Damien Tissot, prof. Morny Joy, prof. Louise du Toit, prof. Pumla Gobodo-Madikizela, prof. Reggie Nel, prof. Robert Vosloo, mnr. Helgard Pretorius
Agter v.l.n.r.: Prof. Ernst Wolff, me. Judy-Ann Cilliers
Julie Claassens
1.2 Julie Claassens lewer Morpeth-lesing in Australië
Op 5 Junie het prof. Julie Claassens die Morpeth-lesing in die Christ Church Cathedral in Newcastle, Australië aangebied. 
Die tema van haar lesing, waarin sy 'n Skrif-gebaseerde benadering tot geslagsgebaseerde geweld ondersoek, was "The Case of the Trafficked Princesses (Jer 40-44): Trauma Hermeneutics as Pedagogical Tool for Teaching on Gender-Based Violence."
Belangstellendes kan die artikel hier lees. Die lesing word later vanjaar in Change Agents in Contexts Near and Far gepubliseer.
Foto met erkenning aan Newcastle Anglican Church se webwerf.
Sipho Mahokoto
1.3 Winter School 2018: A conclusion by Sipho Mahokoto
At the end of the 2018 Winter School Dr. Sipho Mahokoto, one of the delegates, provided a few concluding remarks. Given the theme of this Winter School ("Justice, Reconciliation and Unity: Rediscovering the power of the Gospel"), he reminded that "as churches and as South Africans we need to dialogue, we need safe spaces to talk, we need courageous conversations with regard to social justice issues". Click here to read more.
Stofgang
2.1 Skenk jou boeke, asb.
Amanda van Niekerk (van die Kweekskool op Stellenbosch) is baie dankbaar vir almal wat voorheen reageer het op haar versoek om boeke vir die nou reeds bekende "stofgang" by die Kweekskool te skenk.
Die vriendelike versoek is dat lesers asb. nie ophou om boeke te skenk nie; dit word beslis waardeer en kom handig te pas. Vir almal wat afskaal of verhuis en wonder waar hulle geliefde boeke ’n veilige hawe kan kry: die studente op Stellenbosch benodig asb. daardie boeke! 
Die bekende Stofgang-boekrakke is verlede jaar opgegradeer en het tans heelwat plek beskikbaar soos die studente daar ’n draai maak. Kontak asb. vir Amanda (K 1009, Fakulteit Teologie) by 021 808 9138 of by toerusting@sun.ac.za indien jy kan help met hierdie verdienstelike projek. Dit sluit enige boeke in, nie net teologiese publikasies nie.
Toga
2.2 Maak 'n verskil - borg 'n toga!
Amanda van Niekerk (Teologiese Kweekskool van die NG Kerk in SA) laat weet ook dat hulle weer op soek is na togas. Afgetrede of uitgetrede predikante se togas kan baie handig te pas kom vir diegene in ons susterskerke wat afstudeer en nie ’n toga kan bekostig nie. Die togas word herstel en by die regte persone besorg. 
As jy binnekort emeriteer, klerekas leegmaak en terselfdertyd ’n kollega kan help, kontak gerus vir Amanda by 021 808 9138 of toerusting@sun.ac.za. Dalk is daar selfs lesers wat bereid is om 'n toga te borg vir 'n student - Amanda hoor graag van iemand wat kan help.
Prof Mandivamba Rukuni
3. SACC: reflecting on land ...
In their June newsletter the South African Council of Churches (SACC) reflects on the burning land question.
They share lessons from Zimbabwe as shared by world recognised scholar, author and agricultural economist Prof. Mandivamba Rukuni, Executive Director of the Barefoot Education for Africa Trust, who has been intricately involved with the land question in Zimbabwe since the realy 1990s, co-written with Mr Kojo Parris, currently focused on creating social entrepreneurial solutions for unlocking sustainable development. They give their views on the importantance of having land reform discussions and what South Africa can learn from Zimbabwe’s land issue. Click here.

Jan Lubbe
4. Grondhervorming ook in Vrystaat onder loep
In Vrypos, die NG Kerk Vrystaat se e-nuusbrief, word in die uitgawe van 7 Junie 2018 berig oor 'n gesprek oor grondhervorming waarin die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) inisiatief geneem het. Ongeveer 100 kerkleiers van 'n verskeidenheid kerke het die gesprek bygewoon.
Jan Lubbe (NG Kerk) en Thomas Resane (UV Fakulteit Teologie en Religie) het inleidend gepraat, waarna 'n diepgaande en openhartige bespreking gevolg het. Lees meer.

5. Ramot: dwelmbewusmaking
Johannes Janse van Rensburg, bestuurder van Ramot-behandelingsentrum vir middelafhank-likheid ('n Badisa-program), stel die uitdaging: "Moenie Junie dwelms doen nie." (Video regs). As jy 'n fondasie vir 'n nuwe begin nodig het, kontak Ramot by admin@ramot.co.za of 021 939 2033 of besoek www.ramot.co.za.
Olav Tveit and Pope Francis - Photo: Francesco Sforza/Vatican Photographic Service
6. World Council of Churches:
70th anniversary & landmark visit of Pope Francis

The 70th anniversary of the World Council of Churches (WCC) in 2018 is an opportunity to mark the achievements of the past 70 years in working for Christian unity and action, and to look to the challenges ahead as a fellowship of churches responding to God’s call for unity, mission, justice and peace. This event is part of a series of anniversary celebrations taking place in various locations throughout the year.
Member churches throughout the world are invited to join in spirit for a moment of thanksgiving and celebration during a 70th anniversary prayer service on Sunday 17 June. Get the order of the service here.
The landmark visit of Pope Francis (on photo with WCC general secretary, Rev Dr Olav Fykse Tveit) to the World Council of Churches on 21 June (see here) will be a centrepiece of the ecumenical commemoration of the WCC's 70th anniversary.

Vadersdag
7. Vadersdag 17 Junie: 'n litanie
Hier is 'n gebed (litanie) vir enigeen wat Vadersdag as 'n uitdaging beleef en sukkel met die gedagte van God as Abba Vader. Die oorspronklike litanie is deur Tom Smith. Kry dit hier.
Prodigal Father, be Our Father.
Hold us safe and welcome us back when we wander.
Show us Your strength and mercy,
Your just love and tender care.
Heavenly Father, father us and re-make us like You:
a loving father who nurtures and protects,
a dad who loves and provides refuge
a papa who hurts with the hurting -
bringing courage and peace.
Lord have Mercy. Amen.

Grafika
8. Het jy geweet? Aankondig of afkondig?
Nuus of nuwighede word aangekondig as deel van die gemeente se pamflet of bulletin – die aankondigings. Wette of ’n noodtoestand word afgekondig. Die nuus wat die predikant van die kansel af beklemtoon, dit wat jou gemeente dalk weekliks per e-pos uitstuur of by die kerkdeur uitdeel, is die aankondigings ... en ’n wet of ’n noodtoestand maak hopelik nie deel daarvan uit nie! (Inligting soos met dank aan Skryf Afrikaans van A tot Z, Pharos.)
PUBLIKASIES
1. CLF se "Vertel, Vertel" reeks nou as pakket beskikbaar
"Vertel, vertel!" (in Engels beskikbaar as "Tell, tell!") van CLF is geskryf met die oog op geloofsvorming by kinders van 8 tot 16 jaar. Vanuit ’n benadering waar daar sterk klem gelê word op die vertel en oorvertel van die Bybelse verhale, word die verhale hier Skrifgetrou, maar ook baie boeiend vertel.
Die reeks kan oor vyf jaar gebruik word. Dit word aanbeveel vir Sondagskool, jeugbediening, geloofsvorming deur opvoeders en geloofsonderrig in gesinne. Die onderstaande video vertel meer. Lees verder en kontak CLF by order@clf.co.za
CLF Vertel, vertel-reeks
2. Bybel-Media publikasies
2.1 LiG
LiG se Julie-voorblad maak jou sommer lus om alles te los, sodat jy onder andere kan lees oor ...
...  genade, bakens vir jou woestyntyd, gestremdheid, saamdoendinge vir jou en jou kind in die vakansie ...  Lees ook oor mense wat bergklim op soek na God – van Moses tot nou. En kry hulle vier bid-bakens wanneer jy 'n woestyntyd beleef. Gebruik gerus LiG se gespreksgids vir selgroepe om hieroor te gesels.
Teken nou in, ontvang 'n selfoon-sitplekkie én maak ’n verskil! 'n Gedeelte van jou intekengeld gaan aan vroeëkindontwikkeling. Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting of skakel haar by 021 864 8252. Besoek http://lig.christians.co.za/ en word verryk!

2.2 Lees in die Kerkbode van 15 Junie...
waar vertel word van ʼn inisiatief om gemeentes in die onrusgeteisterde Noordwes te help om vir versoening in hulle omgewing te werk. 
Daar is ook die verhaal van Gamkavallei, ʼn NG gemeente sonder rassespanning, maar wat die uitdaging van armoede takel. 
Lees ook oor  ʼn NG predikant se bediening in Skotland in ʼn samelewing wat die kerk eintlik die rug gekeer het. 
Daar is verder ʼn onderhoud met Cecile Cilliers, die eerste vrou wat in die leierskap van die Algemene Sinode gedien het, oor haar debuutbundel kortverhale.
Lees oor prof. Dirkie Smit se Annie Kinkead Warfield lesings, oor die Winterskool op Stellenbosch, oor die bekendstelling van ʼn boek oor Maria, en oor ʼn skildery van Pablo Picasso oor die kruisiging.

Vonkk

2.3 VONKK 3 Begeleiersboek en CD
Nuwe liedere in klassieke styl vir gemeentesang en kleingroepe. Die boek bevat 26 liedere se bladmusiek.
Koop nou hier

2.4 VONKK Volume 3 CD 
Nuwe liedere in klassieke styl vir gemeentesang en kleingroepe. Die CD bevat 26 liedere met begeleiding en sang - koop hier.
Strydom Bruwer nooi jou om jou bestelling per e-pos te stuur na bestel@bmedia.co.za of koop met jou kredietkaart op die webwerf  of skakel 0860 26 33 42 of 021 864 8210.

Aardedag
EKOLOGIE
1. Die mens se verhouding met die natuurlike omgewing
Daar is breedweg drie modelle wat in die geskiedenis van die kerk gebruik word om te sê wat die verhouding van die mens tot die res van die skepping is: die heers-en-onderwerp-model (waaroor verlede week berig is); die rentmeesterskapmodel en die oikosmodel. Die model wat oorheers, bepaal in 'n groot mate wat met die aarde en al haar inwoners gebeur. Lees wat Projekspan Ekologie hierdie week oor die rentmeesterskapmodel sê.
Bee Effect logo
2. The Bee Effect: take note
The Bee Effect addresses declining honey bee numbers and honey bee food security through Urban Bee Farming, Seed Programs and Safe Bee Havens.
The Bee Effect is about action to effect change in the threat against honey bees in South Africa. Read more.
It is estimated that while our honey bee population is declining, over the next 10 years, the demand by us for honey bee pollinated food will mean that the current honey bee population needs to almost double. With this in mind, two direct areas need immediate address: how do we halt the decline in honey bee numbers, and how do we increase our honey bee population. Also note plants important to South African beekeepers as honey bee forage.
9 Tips for living with less plastic
BEHOU DIE HUMOR
Pa's wat uit hul pad gaan om hul kinders te ondersteun
Spesiaal vir Vadersdag!
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode se gedrukte uitgawes
Klik bo vir vakatures in e-Kerkbode
Prince Alfreds Hamlet
1. NG Gemeente Prince Alfred's Hamlet: Leraar
Die NG Gemeente Prince Alfred's Hamlet, deel van die Herenigde Ring van Tulbagh, het 'n vakature vir 'n leraar. Hierdie pragtige dorp in die Ceresvallei is 'n dinamiese landbougemeenskap. Die gemeente streef "om meer intiem met God, mekaar en die wêreld te leef, om die liefde van die genadige God, wat in ons harte leef, na almal uit te dra; om God se beweging te herken en daarby aan te sluit." Klik hier en reageer voor 30 Julie 2018.
Logo
2. Badisa Hermanus, Stanford, Gansbaai:
maatskaplike hulpwerker
Die Beheerraad van Badisa Hermanus Stanford Gansbaai, ’n maatskaplike werkprogram van Badisa, wag aansoeke in van gemotiveerde persone wat Badisa se waardes onderskryf vir die vakature as maatskaplike hulpwerker. Sluitingsdatum: 29 Junie 2018. Klik hier.
Johan Cilliers
TEN LAASTE
Uit die pen van ... 
Johan Cilliers

Ons is almal bekend met die gelykenis van die verlore seun (Luk. 15), maar wat van die verlore vader? Die skrywer Bruno Schultz vergelyk die hedendaagse vaderfiguur met ’n opgestopte papegaai, wat eintlik maar net in ’n museum tuishoort. ’n Mens kan rondom hom stap, hom van alle kante bekyk, en dalk interessant of selfs amusant vind, maar hy bly ’n uitgestorwene wat jou met koue kraalogies beloer. Op sy beste is die vaderfiguur, volgens Schultz en ander, ’n bedreigde spesie. Die hedendaagse pa het soos ’n opgestopte pa-pegaai geword. Dalk nog daar, maar eintlik afwesig. Ons gaan, so word beweer, al hoe meer ’n vaderlose era tegemoet. 

Oor die waarheid van hierdie waarneming sou ek nie kon oordeel nie. Ek weet (glo) wel dat ons in ’n Vader-volle era leef. Jesus het ons leer bid: “Ons Vader ...” Hierdie Vader is nader as wat ons dink. Sy oë is nie koud en dood nie, maar vol liefde op ons gerig. Hy is nie opgestop nie, maar opgewonde oor ons, sy kinders. Mag ons vaders almal soos hierdie Vader wees, en word. Mag al die verlore vaders weer tuiskom in die Vaderhuis …

                                                                  -0-0-0-
                                                                                                                                   
Prof. Johan Cilliers is dosent in preekkunde en erediensvorming - homiletiek en liturgiek aan die Fakulteit Teologie, US. Kontak hom hier. 

Flame
You, sent out beyond your recall,
go to the limits of your longing.
Embody me.
Flare up like a flame
and make big shadows I can move in.
- Rainer Maria Rilke (1875-1926) (Read more)
VrydagNuus-groete 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.