Lees deur internet, klik hier >>
5 April 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1.1 Sinode 2019 se dagritmes
Elk van die vyf dae van vanjaar se sinode volg 'n spesifieke ritme. Gielie Loubser van Gemeentebegeleiding sit dit uiteen. Op dag een gaan ons terugkyk na wat die afgelope vier jaar gebeur het en ons vertrou dat ons in VERWONDERING sal staan oor wat die Here in, deur en ten spyte van ons gedoen het. Op dag twee wil ons ’n eerlike blik werp op die werklikheid van vandag. Ons moet weet in watter konteks ons kerkwees hier in Suid-Afrika bestaan en hoop dat dit ons help met VEROOTMOEDIGING. Dag drie gaan begin met vorentoe kyk en probeer verstaan waartoe God ons roep en dat ons die toekoms in VERTROUE bekyk. Dag vier is ’n dag van VERBEELDING waar ons kreatief en waaghalsig opsies gaan ondersoek om Jesus te volg. Die vyfde en laaste dag is ’n dag van VERBINTENIS om vas te maak wat ons gehoor het en om ons daarvoor te gee. Ons gaan ook moeite doen om intensief te luister na die insigte wat uit die tafelgesprekke gekom het.
Temas Sinode 2019
Koerant
1.2 Help dink, asb.!
Vir Sinode 2019 word 'n koerant saamgestel waarin hoogtepunte, stories van hoop en geloofsreise van gemeentes, taakspanne, ens. gedeel word. Ons is op soek na 'n naam vir die koerant en beloof 'n prys vir die persoon wat met 'n kreatiewe voorstel vorendag kom ... lees verder onderaan die nuusbrief by TEN LAASTE. 
2. #imagine sê dankie!
"Ons is so dankbaar vir elke persoon wat op een of ander manier betrokke was by #imagine. Dankie vir almal se harde werk en gebede! Die stories wat ons by gemeentes hoor, slaan ons asems weg. Dit was ʼn uiters geseënde naweek gevul met fellowship, pret, lofprysing, gebed, praktiese werkswinkels, en nog vele meer," skryf Luané McLachlan, projekkoördineerder. Onder is enkele foto's - klik hier om meer te sien of kyk na die video's op Youtube.
2020 se datum is reeds bepaal: 27-29 Maart! Kontak Luané by 081 591 7982 as jy meer wil uitvind of betrokke raak.

#imagine 2019 #imagine 2019 #imagine 2019
3. Familie Netwerk ontmoet weer
Die Familie Netwerk kom weer op Vrydag, 12 April bymekaar en nooi alle belangstellendes om by hulle aan te sluit! Die byeenkoms vind plaas van 10:00 tot 13:00 by NG La Rochelle op die hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair, Bellville. Die Paasfees-tema word bespreek en ons dink saam oor hoe verskillende generasies dit in 'n erediens en/of tuis kan ervaar.
Kontak Maryke by jeug@sun.ac.za indien jy dit graag wil bywoon. 

Logo
4. Getuienisaksie:
4.1 Arbeidsbediening op besoek aan die Suidkus
Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek en haar sekretaresse, Lien November (foto onder) het van 18 tot 19 Maart besoek afgelê aan Mosselbaai, George en Oudtshoorn. Dit was verblydend om van al die werksaamhede, nuwe programme en projekte te verneem. Lees meer oor hulle besoek hier.
Carin en Lene
 4.2  Arbeidsbediening George bedien op ‘n nuwe manier
As gevolg van nuwe werklikhede in die werksplek, is Arbeidsbediening onlangs genoop om op ’n nuwe manier na die relevansie van hul bediening in die markplek te kyk. Lees hier meer oor hoe dit in George gedoen word. Op die foto onder is die eerste groep werknemers wat sertifikate vir hulle finansiële geletterdheidsprogram ontvang het. Saam met die werknemers staan links agter Floors Meyer en Adrinette Muller, en tweede van regs agter Francois Pretorius (verteenwoordiger van die werkgewer) met heel regs agter programleier, Philip Nortje.

Werknemers
 5.  Sikloon verwoes in buurlande
Sikloon Idai het groot verwoesting gesaai in die sentrale dele van Mosambiek rondom Beira, wes- en noordwaarts in Zimbabwe en Suid-Malawi. Baie van ons susterskerk-lidmate word daardeur geraak. Bid asb. vir ons medegelwoiges in hierdie areas en lees hier hoe jy kan help. 

Denke en die brein
 6. Sentrum vir Publieke Getuienis
Werkswinkel oor denke
Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis) en Gustav van Greunen (kliniese sielkundige) bied op 10 April by die NG Gemeente Stellenberg se Kleinsaal 'n werkswinkel aan met die titel: Beskerm en vernuwe jou denke in ’n land en wêreld vol negatiwiteit waar angs en onsekerheid jou kan verlam. Die koste beloop R 50 p.p. Skryf in teen Maandag 8 April by Chantal by 021 2040993 of Danelle by 021 957 7202. Lees hier meer oor die sake wat bespreek gaan word tydens die werkswinkel.
Logo's
7. Kursus in vroeëkindontwikkeling
Diaconia, in samewerking met Communitas, bied van 15–17 April by Communitas op Stellenbosch 'n kursus aan in vroeëkindont-wikkeling as 'n missionale geleentheid om armoede in ons gemeenskappe aan te spreek. Sean Esterhuizen en Nioma Venter van Diaconia is die aanbieders.
Kursusgangers sal blootgestel word aan belangrike kennis en insigte rondom vroeë-kindontwikkeling. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word. E-pos die inskrywings-vorm en betalingsbewys na Wilma of faks dit na 086 563 7128.

Gebou
8. Sinodegebou reg vir intrek!
In September 2018 is met opknappings- en bouwerk aan die sinodale kantore in Bellville begin. Veral die boonste vloer se personeel is hierdeur geraak en daar moes 'n tydelike heenkome vir hulle gevind word elders in (en buite) die gebou. Die goeie nuus is dat die bouwerk afgehandel is en dat die internet- en telefoonkabels weer gelê kan word en die personeel met hul meubels, drukkers en ander toerusting stuk-stuk kan begin terugtrek.
Kerkkantore en ander wat sinodale personeel wil kontak binne die volgende week, moet asb. begrip daarvoor hê dat van die personeel moontlik nie dadelik bereik kan word nie. Die faktotum, Schalk van Schalkwyk, glo dat almal teen Maandag 15 April weer volstoom sal kan werk. Julle geduld word opreg waardeer!
GEMEENTENUUS
Gemeente
1. Calvinia trap weer vir sending
Van NG Calvinia stuur Noel Viljoen nuus oor die jaarlikse Fietstrap vir Sending wat op 29 en 30 Maart "met groot sukses en baie seën" plaasgevind het. Die roete het soos volg daar uitgesien: vertrek van Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp, dan Vredendal, Klawer (oornag op Klawer), en terug na Vredendal; Lutzville na Strandfontein. Altesaam 23 ryers het die 240 km lange roete met weinig teëspoed voltooi - sien foto's onder.
Geld wat met hierdie fietstrap ingesamel word, gaan vir Makhathini - lees hier meer. 

Groep fietsers Fietsers teen sononder
La Rochelle teaterproduksie oor depressie
NG La Rochelle #puppet teaterproduksie 7 April
Swartland-Noord passiespele 12-14 April
NG Swartland-Noord Passiespele
12-14 April
NG Suider-Strand Passiespel 11-14 April
NG Suider-Strand Passiespel 11-14 April
PREDIKANTENUUS
Van Niekerks
1. Die Strand verwelkom Frikkie en Marietjie van Niekerk
Ons verwelkom graag vir Frikkie en Marietjie van Niekerk, wat vanaf 1 April by Die Strand gemeente begin bedien het. Frikkie was vanaf 1994 vir vier jaar betrokke by sending in Angola en Mosam-biek, waarna hy eers op Vanstadensrus en daarna by Bainsvlei, Bloemfontein, bedien het. Die afgelope vyf jaar was die Van Niekerks in Lusaka, Zambië. Frikkie se intreepreek en bevestiging is op Sondag 7 April om 09:30. Seën vir hierdie nuwe seisoen, Frikkie en Marietjie!
Ackermans
2. Hanno Ackerman na NG Stellenberg
Ons sien saam met Hanno en Liaan Ackerman uit na die volgende fase in hulle lewe. Hanno is vanaf 1 April 2019 as jeugleraar by die NG Gemeente Stellenberg aangestel. Hy word tydens die oggenddienste op 7 April aan die gemeente voorgestel, maar sy intreepreek en bevestiging is om 18:00 op 7 April. Callie Visagie sal die bevestiging behartig. Almal welkom!
GEBEDSVERSOEKE
Gebed
ALGEMEEN
1. 2019-kortlys bekend vir Andrew Murray-prysfonds 
Klik hier om die kortlys te sien vir die volgende drie pryse wat jaarliks toegeken word:
♦ Andrew Murrayprys vir teologiese publikasies in Afrikaans 
♦ Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir algemeen Christelike publikasies in 'n amptelike taal van Suid-Afrika
♦ Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk in 'n amptelike taal van Suid-Afrika
Die wenners word in April aangekondig en die oorhandigingsfunksie vind plaas op 24 Mei in Stellenbosch. Gelukwense aan die genomineerdes!
Met erkenning aan Kerkbode.

Pryskategorieë
Logo
2. Hoe lees (en leef) ons die Bybel reg?
Ekerk* het 'n nuwe video waarin gekyk word na die feit dat die manier waarop die Bybel gelees word, nie buite rekening gelaat kan word nie. In die eerste van die twee drie-minute Bybel-skoolvideo's onder gee Stephan Joubert riglyne vir ons om die Bybel reg te lees. In die tweede video word gekyk hoe ons die Bybel reg kan lééf. 
*("Ekerk is nie ’n eie kerk nie; dit vervang ook nie jou plaaslike gemeente nie. Ekerk is bloot net nog ’n manier om kerk te wees in Suid-Afrika en die wêreld," aldus hulle webwerf.) 
Lees die Bybel reg Leef Bybel reg
The yes brain child
3. Beradingskursus om kinders toe te rus
'n VBO-geakkrediteerde kursus oor die ontwikkeling van emosionele intelligensie met riglyne om kinders aan te moedig om hul denke oop te stel vir nuwe uitdagings, word op Saterdag 25 Mei in Potchefstroom deur Wentzel Coetzer aangebied. Hierdie kursus is waarskynlik 'n goeie opsie vir (veral) ons Noord-Kaapse lesers. Lees meer hier
Oorwerkte ds.
4. What does a pastor do when not preaching?
"That is a valid question. This article is not meant to seem as a complaining post, but an informational post. Every job has its own responsibilities that are not clearly known until you do the job. The answer for pastors is - they do lots of things. Lots. A day is seldom the same. The pastor wears many hats. Some of them of which you may not even be aware," writes pastor Ron Edmonson. Many pastors fulfil the roles of counselors, career coaches, business advisors, janitors, peacemakers, fundraisers, events managers, and a few more! Read the full article here
NUUSBRIEWE
Nuusbrief van Missie Japan
URCSA Cape Newsletter
Badisa eNuus
Klik bo om Badisa se April ENUUS te lees.
PUBLIKASIES
Seven words from the cross
1. Seven words from the cross
Paasfees is baie belangrik, veral in Afrika kerke. Die publikasie Seven words from the Cross fokus op die laaste woorde van Jesus op Goeie Vrydag. Die publikasie help die leser om die lyding van Jesus Christus te verstaan. Dit verduidelik die sewe woorde wat aan die kruis gesê is en vertel van die belangrike dinge wat gebeur het toe Jesus uit die graf opgestaan het.
Hierdie boek, sowel as ander bekostigbare boeke vir Lydenstyd, is aanlyn beskikbaar of kan by CLF bestel word by 021 873 6964 of via e-pos by order@clf.co.za.

2. Geskenkidees vir Moedersdag
CLF het spesiale geskenkpakke beskikbaar wat ’n ideale geskenk vir Moedersdag sal maak.
Hierdie drie-boek geskenkpak kos R250 en bevat God se wysheid vir jou, Dagstukkies vir besige ma’s en Inkleur-inspirasie vir Ma’s. Ander geskenkkom-binasies is ook beskikbaar en kan bestel word by order@clf.co.za.
EKOLOGIE
1. Sit dit af!
Die gloeilamp word deur baie beskou as een van die mees innoverende ontdekkings, maar wetenskaplikes bevind nou dat elektriese beligting ’n daadwerklike bedreiging vir ekosisteme inhou. 
Nadia Drake beskryf in ’n onlangse artikel vir National Geographic die verreikende invloed wat ligbesoedeling op ons ekologiese stelsel het. Nie net beïnvloed dit biochemiese ritmes nie, maar dit benadeel ook die lewensiklus van nagdiere. Foto deur Babak Tafreshi.
2. Skole uit plastiekbottels
Klik op die 60-sekonde video onder om te sien hoe plastiekbottels gebruik word om skole te bou in Guatemala. Bron: Facebook.
Plastiekskole
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Ruyterwacht basaar
NG Ruyterwacht Basaar 5 April
HoutbaaiGemeente Kermis 27 April
HoutbaaiGemeente Kermis 27 April
VAKATURES
Vakatures
Calvinia
1. NG Calvinia: Vakature vir 'n aflosleraar
Calvinia is geleë in die Hantam Karoo in die Noord-Kaap, ongeveer 400 km vanaf Kaapstad, Beaufort-Wes en Upington met Vredendal as die naaste groot dorp. Die gemeente het 'n vakature vir 'n aflosleraar vir die tydperk 1 Julie tot 31 Oktober 2019. Hier is meer inligting - aansoeke sluit 20 Mei en kan via e-pos gestuur word na ngkerk@hantam.co.za.

Logo
2. VGK Somerset-Wes: tentmakerleraarspos
VGK Somerset-Wes beskik oor 'n vakature vir 'n tentmakerleraar. Gelegitimeerde leraars en proponente kan aansoeke stuur na ds.arwdeklerk@icloud.com of vgksomersetwes@gmail.com. Klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 April.

Logo
3.1 Huis Wittekruin: Bestuurder
Huis Wittekruin in Vredenburg is '
n program van Badisa vir bejaardes. Hier is ’n vakature vir ’n bestuurder - lees verder en reageer voor 18 April.
3.2 Huis JJ Watson, George:
Geregistreerde verpleegkundige

By hierdie program van Badisa is tans 'n vakature vir 'n geregistreerde verpleegkundige. Klik hier vir meer inligting en doen aansoek voor 12 April.
3.3 Huis JJ Watson: Ingeskrewe verpleegkundige (stafverpleegster)
'n Verdere vakature by Huis JJ Watson is vir 'n ingeskrewe verpleegkundige. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 12 April met diensaanvaarding 1 Mei of so gou moontlik. Lees hier meer.
3.4 Prins Albert: Gemeenskapsontwikkelingswerker
Die Beheerraad van Badisa Maatskaplike Dienste, Prins Albert, wag aansoeke in vir 'n 8/8ste gemeenskapsontwikkelingswerker. Doen aansoek teen 17 April en lees meer hier.
3.5 Prins Albert: 8/8ste maatskaplike werker
Badisa Prins Albert beskik oor 'n vakature vir 'n maatskaplike werker. Kandidate wat Badisa se waardes onderskryf en oor die volgende vereistes beskik, kan aansoek doen teen 17 April.
3.6 Dienssentrum vir Seniors, Kuilsrivier: Dienssentrumkoördineerder
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees daarvoor om 'n kwaliteit ondersteu-ningsdiens aan ouer persone vanuit die gemeenskap te bied. Klik hier om verder te lees; die sluitingsdatum vir aansoeke is 16 April.
3.7 Huis de Kuilen: Ontvangsdame
Huis de Kuilen, 'n Badisa program vir bejaardes in Kuilsrivier, het 'n vakature vir 'n ontvangsdame. Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir algemene kantooradministrasie en moet die vermoë hê om op 'n aangename en professionele wyse kliënte te hanteer. Hier is meer oor die vereistes en voordele van die pos. Belangstellendes kan aansoek doen teen 16 April.
TEN LAASTE
Sinode 2019
Met die oog op Sinode 2019 gaan daar vanjaar 'n spesiale sinodekoerant gepubliseer word en ons maak staat op ons kreatiewe VrydagNuus-lesers om met met 'n gepaste naam vir die publikasie vorendag te kom. Inskrywings met voorstelle vir 'n titel vir die koerant kan gestuur word aan kommunikasie@kaapkerk.co.za. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Woensdag 10 April en die wenner sal in volgende week se uitgawe aangekondig word. Die gelukkige wenner kan wegstap met 'n R250-geskenkbewys van ons mediavennoot Christelike Lektuurfonds. Ons sien uit na julle bydraes!

VrydagNuus-groete 
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.