navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste | Sondag 23 Maart 2025
Lukas 13 en 19 | Wat is werklik vandag vir my nodig?

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1)

Kategese-afnaweek

Sondag 23 Maart is kategese-afnaweek.  Woon gerus ons oggenddiens om 09:00 in die kerk by.  Weens die langnaweek en skoolvakansie sal die familie-, aand- en meditatiewe dienste weer op 13 April hervat.

Riëtte skuif agter die klawers uit

Ons het op Sondag 16 Maart tydens die familiediens van ons geliefde en sprankelende familiediens-musiekleier afskeid geneem.  Riëtte Breytenbach het die afgelope 20 jaar as musiekleier van die familiediens elke Sondagoggend agter die klawers ingeskuif. 
Riëtte vertel dat toe sy in 2005 by die musiekbediening betrokke geraak het, was haar kinders, Lara en Tertius, maar onderskeidelik vyf en drie jaar oud.  Dié twee spruite wat daardie jare in die saal, of op die terrein rondgespeel het tydens die musiekgroep se oefensessies, is nou altwee jong werkendes en Lara is, soos haar ma, self ook ’n predikantsvrou. Marius en Riëtte is vanweë ’n kanselruiling  tussen drie gemeentes van Kleinmondgemeente na Stellenberg-gemeente verplaas.  In daardie stadium is hulp by die familiediens se musiekgroep benodig.  “Musiek was nog altyd my passie en ek het toe my hulp aangebied,” sê Riëtte. Lees meer . . .
DERDE LYDENSWEEK
Neem deel aan Lydenstyd deur by die volgende in te skakel:

GEBED 
 - Woon elke Sondag een van ons eredienste by.
 - Skakel by die Midweek-ontmoetings met God in op Woensdagaande om 18:30 in die kerk.

VAS

Besluit om van iets te vas in die sewe-weke-periode om jouself op die wyse aan Jesus se lyding te herinner.

GEE
Fokus gedurende die Lydenstyd op vrygewigheid en bring gerus bydraes van niebederfbare produkte vir die kosprojek saam kerk toe.

ROOI KRUISE
Onthou asseblief om ’n foto van jou rooi kruis by jou huis te neem en te WhatsApp na 081 045 2428.  Baie dankie aan almal wat reeds foto's gestuur het.

Gebed | Ons gesels met Jesus oor sy kruisdood

Deur: Ds. Schalk van Wyk

Ons gesels met Jesus oor sy lyding.

In hierdie lydenstyd gesels ons telkens met Jesus oor een van sy kruiswoorde. Vandeesweek, Die tweede Kuiswoord:

“Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Graad 4's en 5's is ’n span superspelers

Op Vrydagaand 14 Maart het die graad 4's en 5’s die kerkterrein behoorlik op horings geneem met ’n kamp gevul met baie gelag, uitdagings en kosbare lesse! Die kamptema was Superspelers in God se span!

Van torings wat met jellielekkertjies gebou moes word tot eier-uitdagings – ja, met regte, rou eiers, is elke span uitgedaag om hulle sterkpunte in te span om die  superuitdagings baas te raak. Die energievlakke is hoog gehou met die hulp van lekker eetgoed soos waatlemoen, pizza en roomyse.
Elke spanlid het ook hul eie kruis-embleem geverf sodat hulle altyd ’n herinnering sal hê dat hulle ’n onmisbare speler in God se span is – ’n kragtige manier om die kwartaal mee af te sluit!

VatVyf-toer

Ons beoog om vanaf 10 tot 14 September die pragtige vlaktes van die Karoo saam te verken.  Ons vertrek vanaf Stellenberg en besoek agtereenvolgens vir Sutherland, Beaufort-Wes en Oudtshoorn.

Koste: R5 500 – sluit vervoer, akkomodasie en etes in.

Deposito van R3 000 betaalbaar om jou plek te bevestig.

Rig asseblief enige navrae aan ds. René Potgieter by 079 893 8104.

Helpers by die teetuin


Ons het dringend helpers nodig wat bereid sal wees om op Sondagoggende vir ongeveer een uur na die oggenddienste by die teetuin behulpsaam te wees.  Helpers moet slegs tee skink, geen skottelgoed was nie. Kontak asb. vir Charlotte by 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za om hulp aan te bied.

Klankmanne en rekenaaroperateurs benodig


Ons benodig dringend klankmanne en rekenaaroperateurs wat behulpsaam kan wees met die aanbieding van eredienste.  Opleiding en vergoeding word aangebied.  Kontak asb. vir Deon Maree by 082 869 0364 indien jy belangstel.


Oorweeg asseblief om by die volgende betrokke te raak:
- Borg ’n tiener, of leen vir ons ’n tent asseblief. Kontak die jeugkantoor vir meer inligting by sunet@stellenberg.co.za.
- Leen vir ons ’n tent. Kontak gerus vir ds. Marius Schoombie (083 635 1523) of die jeugkantoor indien jy ons met ’n tent kan help.  

Wolskenkings

Die breigroep benodig wolskenkings om voort te gaan met al hulle breiprojekte.  Die groep is hard aan die werk om serpe en musse vir die komende uitreike na die Karoo te brei.  Die lekker warm bykomstighede word aan minderbevoorregte kinders en bejaardes in die koue Karoo geskenk.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 7 April 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar.  Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure.   Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.