navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 11 Mei 2025


Johannes 10:22-32 | Goeieherdersondag – ek kom niks kort nie


Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1)

Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Blokdiens 09:00 in die grootsaal | Ds. Potgieter

Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk 09:00 in die grootsaal

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
Kategese vir Annibrand Junior en Senior hervat op Sondag 11 Mei.

Nominasie van kerkraadslid

Daar is tans ’n vakature vir ’n ouderling in die kerkraad en ons nooi graag die gemeente uit om deel te neem aan ’n nominasieproses.

Ouderlinge ontmoet vier tot vyf keer per jaar met die oog op geloofsonderskeiding en rigtinggewing aan die gemeente en verkose ouderlinge dien ook in die geestelikesorgkommissie wat een keer ’n kwartaal vergader.  Ons versoek dat lidmate ooreenkomstig met hulle gawes, passie en tyd genomineer sal word.

Nominasies van ouderlinge kan voor Maandag 9 Junie in die volgende formaat per e-pos aan anneke@stellenberg.co.za gestuur word. 

- My nominasie is vir ’n ouderling (kerkraad)

- Ek nomineer (naam, van en kontaknommer)

- Motivering vir die nominasie

- Genomineer deur (naam en kontaknommer)

Luister na die potgooi


Di. Marius Breytenbach en Schalk van Wyk gesels oor die verkiesing van die nuwe pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Luister gerus na hul insiggewende gesprek oor hierdie  wêreldgebeurtenis en die impak daarvan op die moderne samelewing.

Aanlyn Bybelskool 

- SESSIE 3 -
Hoe gereeld lees ons die Bybel?  Hoe is die Here vandag besig om ons deur die Bybel van sy teenwoordigheid bewus te maak en ons tot nuwe insig te lei? Hoe onderskei ons tussen verskillende waarhede?

Indien jy saam oor bogenoemde vrae wil nadink, kyk gerus na die aanlyn sessies wat deur ds. Marius Breytenbach oor hierdie kwessies aangebied word.  Die sessies is ongeveer 15 tot 20 minute lank en handel oor die ontstaan, asook ons begrip en vertolking van die Bybel.  Ons skop af met die storie van die Ou en Nuwe Testament se ontstaan en gee in elke sessie aandag aan die verskeidenheid literatuurtipes in die Bybel en hoe die Here in die hede daardeur met ons praat.  Jy kan op jou eie na die sessies op ons gemeente se YouTube-kanaal luister, of ons webwerf besoek, of dit saam met ’n Bybelstudie- of omgeegroep volg.  Die reeks sal weekliks met ’n nuwe sessie aangevul word.

Herontdek liefde in onseker tye

Ons dink saam na oor die oggenddiens van Sondag 4 Mei gelewer deur ds. Marius Schoombie.

Inleiding: Na Paasfees, wanneer die vreugde van Christus se opstanding begin inruil vir die alledaagse lewe, bevind ons ons in ’n unieke ruimte. Christus het opgestaan – maar wat beteken dit prakties vir ons geloofsgemeenskap? Lees meer . . .

’n Gebed | ’n Woord tot die nuwe Adam


Woorde uit die wêreld om ons:

"Indië en Pakistan het Woensdag artillerievuur uitgeruil langs hul betwiste grens in Kasjmir in 'n grootskaalse eskalasie van geweld tussen dié buurlande wat albei oor kernwapens beskik." (Netwerk 24 – Woensdag, 7 Mei 2025.)  Lees meer . . .

Sondag 25 Mei | Annibrand-kafee

Ondersteun asseblief op Sondag 25 Mei die Annibrand-kafee wat vanaf 10:00 tot 11:00 wat deur die Annibrand Junior-groepe aangebied word.  
Gee vir Ma ’n ruskansie agter die kospotte en koop vir die hele gesin 'n heerlike middagete by die Annibrand-kafee:
Roti’s: R40 elk
Toasties: R20 elk
Brownies: R10 elk 

Alle lekkergoedpakkies, springmielies en spookasem teen slegs R15 per pakkie. By die lekkergoedwinkel sal daar ook slushies en koeldrank te koop wees.
Alle fondse word vir die tassies-vir-tjokkers-projek aangewend.

Tassies vir tjokkers

Annibrand Junior beoog om weer vanjaar alle nuwe graad R-leerders van die Klipheuwel Preprimêreskool met ’n skooltas en skryfbehoeftes toe te rus.  Daar is 30 leerders wat elkeen 'n tassie moet ontvang.  Help ons asseblief om ons doel te bereik deur 'n skooltassie met donasies van R50, R100 of R200 te borg.  Bydraes kan elektronies oorbetaal word na Absa-tjekrekening 928 759 2857, takkode 632005, verwysing 3100/001.  Ons het ’n verskaffer wat 30 eenvormige tassies en skryfbehoeftes aan die leerders sal voorsien. 
Ons gewilde Skattemark word op 31 Mei van 10:00 tot 15:00 aangebied.

Koste om ’n tafel te bespreek:
- Enkeltafel (1.8 m x 0.90 m) R250
- Twee tafels (3.6 m x 0.90 m) R400
- Groot tafel (3 m x 3 m) R500
- Kos vendors (varskosverkope) R500

Klik op die onderstaande skakel om aansoek te doen vir 'n tafel.


SKATTEMARK AANSOEK

Sop vir Pinkster

Ons bedien graag sop aan lidmate wat die Pinksterdienste bywoon, maar het lidmate se hulp nodig om met die gesellige tradisie voort te gaan. Indien jy bereid is om vanaf 1 tot 5 Junie ’n pot sop vir een van die Pinkstergeleenthede voor te berei en warm by die markplein af te gee, kontak asb. vir Christine by 082 353 9917.

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 in die markplein, by die byeenkomste van die omgeegroep vir vroue, aan.  Ons begin die kwartaal met ’n nuwe boek Vroue van die Bybel.  Kom skakel in en wees deel van ’n ondersteunende vrouegroep.

Navrae: Ds. René Potgieter 079 893 8104.


VatVyf-saalbyeenkoms


14 Mei 09:30 in die kleinsaal: 
Dr. Thys Smit was twintig jaar in  gemeentebediening en daarna verbonde aan die Teologiese Kweekskool by die Universiteit van Stellenbosch.  Na sy aftrede het hy in Wellington by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke geraak en was ondermeer as raadslid van die Drakenstein-munisipaliteit werksaam en ook betrokke by die stigting van die Kinderland Akademie.  Hy kom gesels met ons oor die boek wat hy oor aftrede geskryf het.  Die boeke sal teen R200 elk te koop wees.

Uitreik na Namibië

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie Mangettiduin, waar ag verskillende groeperinge van die Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig:

 
  • Klere, asook hoede en musse – veral mediumgrootte tot klein.
  • Koekies en los lekkers.                                                                  
    Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Omgeestoor en kosprojek


Die koue weer is besig om stadig nader te kruip en die vraag na warm wintersklere en komberse gaan eersdaags groter raak.  Skenk asseblief bruikbare wintersklere vir ons omgeestoor.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Niebederfbare kosprodukte vir die gemeente se kosprojek kan ook by die kerkkantoor afgegee word.  Suiker, langlewemelk, koffie, tee, meel, graankos, sopmengsel, konfyt, blikkiesgroente en -vleis asook kookolie is alles produkte wat in kospakkies verpak kan word.    

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 9 Junie 2025 om 09:30 in die markplein. Bring asseblief al die items wat jy gebrei het, saam.  Ons gaan dit aan die uitreikspanne oorhandig.

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 
- Te huur: Aftreeoord  La Vie in Sonstraal Durbanville. Tweeslaapkamereenheid op grondvloer naby eetsaal. Ooplankombuis met sitkamer en badkamer.  Baie netjies.  DStv-pakket asook etes beskikbaar.  Koste: R12 000 per maand en beskikbaar vanaf 1 Junie 2025.  Kontak: Loret Kruger by 082 872 0526 of loret@dck.co.za.

Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Kontak my, Chanelle van Rensburg, vir enige korttermyn versekeringsbehoeftes.  OUTsurance offer ’n wye reeks van versekeringsprodukte/oplossings, wat besigheid, huishoudelik, motor, troeteldier, en nog vele meer dekking aanbied.

My dienste is gemik om u as klient gemak en doeltreffendheid aan te bied, sonder die noodsaaklikheid van ’n oproepsentrum. Ek is dus u as klient se primere kontakpunt en verseker dat alle kommunikasie en dienste spoedig en professioneel sal wees.  Ek is toegewyd om die beste versekeringsoplossings aan te bied wat aan u behoeftes voldoen.
Subscribe to our email list.