Een gelukkige Rooibosliefhebber kon 'n R300-geskenkbewys wen deur eenvoudig hul #RooibosMoment op sosiale media te deel! Die hutsmerk #Rooibosdag en #RooibosMoment moes op sosiale media platforms verskyn het, tesame met ‘n foto van jou wat jou gunsteling Rooibosproduk geniet, om in aanmerking vir die merkwaardige prys te kom.
Maria Scholtz, die wenner, is aangekondig nadat sy 'n foto op sosiale media gedeel het waar personeel van KANSA, die Kankervereniging van Suid-Afrika, Nasionale Rooibosdag op 16 Januarie met 'n koppie rooibostee nasionaal gevier het.
Scholtz is Hoof van Volhoubaarheid by Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA).
"Rooibostee vorm deel van 'n gebalanseerde leefstyl – dit bevat elemente wat die risiko vir kanker verlaag bv. antioksidante en fitochemikalieë wat ook in vrugte, groente en volgraanprodukte voorkom," sê Scholtz in 'n Facebookplasing waarin House of Rooibos genoem word.
Amor Venter, bestuurder van House of Rooibos sê: "Baie geluk Maria Scholtz, die wenner van ons Rooibosdag-kompetisie. Maria, ons is opgewonde om jou geskenkbewys aan jou te oorhandig."
Loer gerus na haar plasing op Facebook hier onder.