navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 10 Maart 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Vyfde Lydensweek
Johannes 2:1-12 | Jesus ruik na kos en wyn
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie (2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter



KATEGESEGROEPE VERDEEL SOOS VOLG:
Annibrand Junior
Graad 1 tot 3 om 10:00 in die kleinsaal.
Graad 4 tot 6 om 10:00 in die grootsaal.
Graad 7 om 10:00 in die jeuglokaal.

Annibrand Senior
 Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

VANDAG IS BASAARDAG!

- Sluit vandag vanaf 16:00 aan by ons lekker saamkuier-basaar.  Vir die spyskaart en pryse KLIK HIER.

- Moenie van die Witolifantwinkel asook die lekker speletjies met pryse vir die jongspan vergeet nie.

- Daar is boonop 35 stalletjies wat verskeie artikels soos juwele, tupperware, ens. ook verkoop.

- MES se karwasdiens is ook beskikbaar indien jou motor 'n goeie skoonmaak kort.

Blokdiens | Breytenbach

Lidmate wat in ds. Marius Breytenbach se geografiese bedieningsgebied woon word genooi na ’n blokdiens op Sondag 17 Maart om 09:00 in die grootsaal.  Woon dié erediens by en ontmoet mense wat in jou onmiddellike omgewing woon.  Na die diens is daar geleentheid vir saamkuier.

Ons sing ons eie belydenislied


Deur: Ds. Johan Visser
Die sing van geestelike liedere is nie ’n nuwe verskynsel nie. Regdeur die Ou en Nuwe Testament word liedere soos die Psalms gebruik om stories te deel oor ’n God wat saam met ons reis. Lofsange van Maria, Sagaria of die blye engelelied wat getuienis lewer oor die grootheid van God kom reg deur die Bybel voor. Dit dien as ’n vorm van kommunikasie waardeur die evangelie van generasie tot generasie, van land tot land en van kerk tot kerk versprei is.

Agter die skerms . . .

Ons is almal opgewonde oor die gemeente se nuwe embleem en dankbaar teenoor almal wat by die projek, wat die mooi eindresultaat opgelewer het, betrokke was.  Die komitee wat die proses bestuur het, moes baie kopkrap oor besluite, maar met die hulp van Angelique de Vries, grafiese ontwerper, asook Jonathan Mitchell, ook ’n grafiese ontwerper en boonop 'n lidmaat, is die eindresultaat ’n treffer.  Danksy HeH signs se puik vakmanskap pryk die ontwerp nou lewensgroot teen die mure en borde op die kerkterrein. 

Praat saam oor die rol van die kerk in die komende verkiesing

In die lig van die komende verkiesing delf die Sentrum vir Publieke Getuienis saam met kundige kerkleiers dieper in vraagstukke rakende die verkiesing. Wat moet ons van die verkiesing weet? Hoe beïnvloed geloof my stem? Wat is die verantwoordelikheid van die kerk om ons gemeenskappe en nasie te vorm?

Klarigheid sal ook gegee word oor die drie stembriewe, proporsionele verteenwoordigheid en die beduidende verskille in die belangrikste partye se manifeste. Kundige sprekers: Ruben Richards, onafhanklike burgemeester van die Sederberg-munisipaliteit, Erwin Schwella, emeritus professor in publieke leierskap en Derrick Marco, demokratiese aktivis, neem aan die gesprek deel.
 
Kom luister en gesels saam op 11 Maart  om 10:00 in die kerk, hoe gemeentes en lidmate ‘n verskil kan maak in die aanloop tot hierdie belangrike verkiesing. 
 
Jy kan ook aanlyn aansluit via die gemeente se YouTube-kanaal aangesien die gesprek aanlyn gestroom word. RSVP by spg@kaapkerk.co.za teen Vrydag 8 Maart.  

 

Lydenstydprogram

Week 5: Jesus ruik na stof en wyn


  • Groepbyeenkoms: Dinsdagaand  Maart 12 om 19:00 in die kerk saam met ds. Marius Schoombie.
  • Materiaal: Jy kan die materiaal wat vir dié week se Lydenstydprogram gebruik word HIER aflaai.
  • Lydenstydprogram:  Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Paasdienste


Donderdag 28 Maart: 
Avondmaal om 19:00 in die kerk
Jesus ruik na parfuum | Ds. Potgieter 

 Vrydag 29 Maart:
Erediens om 09:00 in die kerk
Jesus ruik na bloed en die dood | Ds. Potgieter

Paassondag 31 Maart:
Opstandingseredienste om 06:15 (Ds. Dietmann) en 09:00 (Ds. Potgieter) in die kerk |
Jesus ruik na nat grond 

Jeugkamp | 26 tot 28 April

Die jeugkamp word een keer per jaar saam met die jongmense van Klipheuwel aangebied.
Dit is 'n geleentheid om nuwe vriende te maak, by mekaar te leer, saam te lag en saam in geloof te groei. Alle graad 8's en 12's word uitgenooi om in te skryf.
Klik HIER vir die aanlyn inskrywingsvorm. 

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is:

- Salenta Coertze se dogter, Marisa.
- Org Ferreira.
- Sharon Smith, werknemer. 

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.           
   

Met leedwese

Ons neem afskeid van:

- Hendrik Petrus (Hennie) Brand (27/12/1928 - 05/03/2024).  Hennie was sedert 2018 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy kinders en kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: Maandag 11 Maart om 15:00 in die kerk.

- Hermanus Jacobus (Herman) Potgieter (28/03/1943 - 01/03/2024).  Herman was sedert 1998 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Marianne, asook hulle drie dogters en kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens was op Donderdag 7 Maart om 11:00 in die kerk.


 

Verkies tot die kerkraad

Die volgende lidmate is tot die kerkraad verkies:

Lood Conradie (ouderling),  Anneke Fourie (ouderling),  Conrad Koorts (ouderling),  Jonathan Mitchell (diaken) en Louise Rheeder (ouderling).  Doen asseblief vir hulle voorbidding in hulle besluit of hulle die nominasie sal aanvaar, aldan nie.


Vakature kerkkantoor

Die kerkkantoor het ’n vakature vir ’n algemene nutsman wat kan sweis, houtwerk doen en ervaring in bouwerk het.  Stuur asb. ’n aansoekbrief en kort CV na ontvangs@stellenberg.co.za voor Maandag       25 Maart 2024.  Rig navrae aan Charlotte by 021 976 4519.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Twee studente wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer is op soek na nog twee Stellenbosch-studente wat ’n saamryklub vanaf Stellenberg na Stellenbosch wil vorm.  Skakel Jaden 068 587 9377 of Kyla 079 503 1734 na 17:00 indien jy belangstel.

- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 8 April om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .

Subscribe to our email list.