navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 25 Mei 2025


Johannes 14:18-29 | Wat is die plan?
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (3) 

Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser 

Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Dr. Van Jaarsveld

Kleuterkerk 09:00 in die grootsaal 

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie  

Deuroffer: Magdalenahuis
Magdalenahuis huisves vrouens wat onbepland swanger raak en ondersteun hulle met berading en toekomsbeplanning.

Sondag 25 Mei | Annibrand-kafee

Ondersteun asseblief op Sondag 25 Mei die Annibrand-kafee wat vanaf 10:00 tot 11:00 wat deur die Annibrand Junior-groepe aangebied word.  
Gee vir Ma ’n ruskansie agter die kospotte en koop vir die hele gesin 'n heerlike middagete by die Annibrand-kafee:
Roti’s: R40 elk
Toasties: R20 elk
Brownies: R10 elk 

Alle lekkergoedpakkies, springmielies en spookasem teen slegs R15 per pakkie. By die lekkergoedwinkel sal daar ook slushies en koeldrank te koop wees.
Alle fondse word vir die tassies-vir-tjokkers-projek aangewend.

Pinkster 2025

Jy word hartlik uitgenooi na ons Pinksterreeks wat op Sondag 1 Junie begin. Kyk gerus na die video ter inleiding van die Pinksterreeks.

Aandpinkster:

Kom ons sit en gesels oor geloof.  Ons kuier by verskillende vrouens in die Bybel en hoor by elkeen watter rol het geloof in hulle lewensverhale gespeel. 
Prediker: Ds. René Potgieter  

Oggendpinkster:
Maandag 2 Junie tot Vrydag 6 Junie om 10:00 in die kerk.
Prediker: Mike van Deventer

Kinderpinkster:
Graad 1 tot 7-leerders word uitgenooi na ons Kinderpinkster in die kleinsaal. 
Sondagaand 1 Junie om 18:00 en vanaf Maandag 2 Junie tot 5 Junie om 18:30. 

Aanbieder: Brenda Visser

Potgooie nou aanlyn beskikbaar

In die potgooie oor die Heidelbergse Kategismus gesels di. Marius Breytenbach en Schalk van Wyk oor die Heidelbergse Kategismus en hoe dit ons kan help in geloofsgroei asook om te verstaan van wat ons as gelowiges rakende ons geloof werklik bely.  Volg die potgooie op ons YouTube-kanaal of besoek die gemeente se webwerf.

Die Omgeetrust doen goeie werk in Ruyterwacht

Ds. Marius Breytenbach gesels met Derick van der Merwe, een van die stigterslede van die Stellenberg Omgeetrust. Die trust fokus op dienslewering aan hulpbehoewende kinders en seniors. Kyk gerus na die video om meer van hulle werksaamhede veral in Ruyterwacht te wete te kom.
Die omgeetrust is afhanklik van donasies om voort te gaan met die werk wat hulle in verskillende gemeenskappe doen.  Alle finansiële bydraes tot die trust is aftrekbaar van belasting in terme van artikel 18 A van die inkomstebelastingwet.

Kontak gerus vir Derick van der Merwe by 083 275 5016 indien jy by die trust se projekte betrokke wil raak. Die Omgeetrust se bankrekening is: Omgeetrust DP, ABSA  929 2985 798, takkode 632005.  Gebruik “Ruyterwacht” as verwysing.  Die trust mag as ’n Openbare Weldaadsorganisasie optree en die volgende PBO-nommer is aan die trust toegeken: 930028718.

Nominasie van kerkraadslid

Daar is tans ’n vakature vir ’n ouderling in die kerkraad en ons nooi graag die gemeente uit om deel te neem aan die nominasieproses.

Ouderlinge ontmoet vier tot vyf keer per jaar met die oog op geloofsonderskeiding en rigtinggewing aan die gemeente en verkose ouderlinge dien ook in die geestelikesorgkommissie wat een keer ’n kwartaal vergader.  Ons versoek dat lidmate ooreenkomstig met hulle gawes, passie en tyd genomineer sal word.

Nominasies van ouderlinge kan voor Maandag 9 Junie in die volgende formaat per e-pos aan anneke@stellenberg.co.za gestuur word. 

Stellenberg reik uit oor grense heen

Jaarliks, tydens die Junie/Julie-skoolvakansie word Stellenberg-gemeente se visie – oor grense heen – op ’n tasbare manier uitgeleef wanneer ons uitreik na Leeu-Gamka en Calitzdorp in die Karoo. Op ’n uitreik beleef ’n mens hoe jy nader aan God en jou medemens beweeg, ’n verskil in die wêreld maak en voortdurend vernuwe. Ons nooi volwassenes en tieners om betrokke te raak by hierdie jaar se uitreike. 

Skryf in vir ’n uitreik:
Ons benodig nog spesifiek volwassenes wat bereid is om deel van die kosspanne vir die uitreike te wees. Sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Junie.  Klik op die knoppie onder om aanlyn aansoek te doen.
Leeu-Gamka 28 Junie tot 3 Julie
Calitzdorp 5 tot 10 Julie

Aanlyn Bybelskool 

Die Bybel vandag | Sessie 5 
Kyk gerus na die nuwe sessie in die aanlyn Bybelskoolreeks op die gemeente se YouTube-kanaal of die webwerf.

Graad 11's woon konferensie in Stellenbosch by

Die gemeente se graad 11 Annibrandgroep het die afgelope naweek die Ons Glo-belydeniskonferensie in Stellenbosch bygewoon saam met byna 400 tieners vanuit ander gemeentes. Dit was ’n merkwaardige ervaring en Kaapkerk doen in die aangehegte artikel breedvoering verslag oor die besonderse byeenkoms.

Tassies vir tjokkers

Annibrand Junior beoog om weer vanjaar alle nuwe graad R-leerders van die Klipheuwel Preprimêreskool met ’n skooltas en skryfbehoeftes toe te rus.  Daar is 30 leerders wat elkeen 'n tassie moet ontvang.  Help ons asseblief om ons doel te bereik deur 'n skooltassie met donasies van R50, R100 of R200 te borg.  Bydraes kan elektronies oorbetaal word na Absa-tjekrekening 928 759 2857, takkode 632005, verwysing 3100/001.  Ons het ’n verskaffer wat 30 eenvormige tassies en skryfbehoeftes aan die leerders sal voorsien. 

Sop vir Pinkster

Ons bedien graag sop aan lidmate wat die Pinksterdienste bywoon, maar het lidmate se hulp nodig om met die gesellige tradisie voort te gaan. Indien jy bereid is om vanaf 1 tot 5 Junie ’n pot sop vir een van die Pinkstergeleenthede voor te berei en warm by die markplein af te gee, kontak asb. vir Christine by 082 353 9917.

Omgeestoor en kosprojek


Die koue weer is besig om stadig nader te kruip en die vraag na warm wintersklere en komberse gaan eersdaags groter raak.  Skenk asseblief bruikbare wintersklere vir ons omgeestoor.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Niebederfbare kosprodukte vir die gemeente se kosprojek kan ook by die kerkkantoor afgegee word.  Suiker, langlewemelk, koffie, tee, meel, graankos, sopmengsel, konfyt, blikkiesgroente en -vleis asook kookolie is alles produkte wat in kospakkies verpak kan word.    

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 9 Junie 2025 om 09:30 in die markplein. Bring asseblief al die items wat jy gebrei het, saam.  Ons gaan dit aan die uitreikspanne oorhandig.
2 l-roomysbakke
Ons benodig 2 l-roomysbakke om sop aan sopkombuise te skenk.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word. 

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Namibië-uitreik

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie  Mangettiduin, waar ag verskillende groeperings van die  Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig: Klere, asook hoede en musse (veral mediumgrootte tot klein), asook koekies en los  lekkers.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In ons omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Huishulp: My huishulp soek werk op Dinsdae.  Haar naam is Elless Dzanjalimodzi.  Sy is 35 jaar oud.  Kontak my, Hanna Theart 076 149 1684 of Elless by 082 440 8399 (slegs vir WhatsApp).

- Vakature beskikbaar: Bornman & Hayward Prokureurs, geleë te Suite 1, Reigerstraat 2, Stellenberg, het ’n voltydse pos beskikbaar vir ’n debiteureklerk met onmiddellike indiensneming. ’n Mededingende markverwante salaris word aangebied. Akkuraatheid is van kardinale belang. Stuur asseblief u volledige CV aan: info@borhay.co.za.


- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 
- Te huur: Aftreeoord  La Vie in Sonstraal Durbanville. Tweeslaapkamereenheid op grondvloer naby eetsaal. Ooplankombuis met sitkamer en badkamer.  Baie netjies.  DStv-pakket asook etes beskikbaar.  Koste: R12 000 per maand en beskikbaar vanaf 1 Junie 2025.  Kontak: Loret Kruger by 082 872 0526 of loret@dck.co.za.

Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Kontak my, Chanelle van Rensburg, vir enige korttermyn versekeringsbehoeftes.  OUTsurance offer ’n wye reeks van versekeringsprodukte/oplossings, wat besigheid, huishoudelik, motor, troeteldier, en nog vele meer dekking aanbied.

My diens is gemik daarop om u as klient gemak en doeltreffendheid te bied, sonder die noodsaaklikheid van ’n oproepsentrum. Ek is dus u as klient se primere kontakpunt en verseker dat alle kommunikasie en dienste vinnig en professioneel sal geskied.  Ek is toegewyd om die beste versekeringsoplossings, wat aan u behoeftes voldoen, te verseker.
Subscribe to our email list.