Stellenberg-weekliks

 16 tot 23 Februarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 25 Februarie 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Derde Lydensweek
Oggenddiens om 09:00 in die kerk  | Ds. Visser (4)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Dr. Van Wyk
Klouterkerk om 09:00 in die restauranttuin | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Mia van der Merwe

KATEGESEGROEPE VERDEEL SOOS VOLG:
Annibrand Junior
 Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal (kleuterkerklokaal).
Graad 1 tot 3 om 10:00 in die kleinsaal.
Graad 4 tot 6 om 10:00 in die grootsaal.
Graad 7 om 10:00 in die jeuglokaal.

Annibrand Senior
 Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.
Vroue-retraite skep geleentheid vir moed skep
Veertien vroue het gedurendende die naweek van 16 tot 18 Februarie saam weggebreek van hul daaglikse roetine en ritme en aangesluit by ’n stil retraite op die Stilleboschplaas in Stellenbosch,  onder leiding van ds. René Potgieter.  Die tema van die retraite was, kyk in die spieël.  "Ons het ’n slag na ons self gekyk," sê ds. René Potgieter, "maar veral ook na hoe God na ons kyk."  Lees meer . . .

Engele én afgode dra maskers


Deur: Ds. Schalk van Wyk
As jy nie ʼn engel met ’n masker herken nie, maak dit nie saak nie – dit gebeur immers gedurig, maar hou geen kort- of langtermyngevolge vir ’n mens in nie. Met ʼn afgod is dit egter ʼn ander storie. Afgode eis immers offers, en die offers is nie goedkoop nie. Hulle vra niks minder as jou dierbaarste en kosbaarste besittings nie en hulle doen dit so skelm, dat jy nouliks agterkom hoe duur jy betaal.  Lees meer . . .

Lydenstydprogram

Week 3: Jesus ruik na stof en sweet


  • Groepbyeenkoms: Dinsdagaand 27 Februarie om 19:00 in die kerk saam met ds. Johan Visser.
  • Materiaal: Jy kan die materiaal wat vir dié week se Lydenstydprogram gebruik word HIER aflaai.
  • Lydenstydprogram:  Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Wêreldbiddag vir vroue

Sluit gerus by ons byeenkoms op Donderdagaand 7 Maart om 19:00 in die kapel aan. 
Vanjaar se tema is: Ek dring aan . . . verdra mekaar in liefde. 
Die vroue van Palestina het vanjaar se byeenkoms beplan en ons bid graag saam met hulle en alle vroue regoor die wêreld.

Ons hou op Vrydag 8 Maart weer ’n lekker saamkuier-basaar.  Naas die feesmark is die basaar die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek.  Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, of nie ’n bydrae in die vorm van poeding, koek, ens. kan lewer nie, oorweeg asseblief om ’n skenking ten bate van die basaar te maak.

WITOLIFANTWINKEL:  Die winkel se voorraad is min.  Skenk asseblief alle artikels wat in onbruik verval het, vir die witolifantwinkel.  Ons het dringend voorraad nodig!  Enige huisware, speelgoed, oefentoerusting, gereedskap, ens. is baie welkom.  Gee bydraes weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by die kerkkantoor af. 

HELPERS:  Indien jy bereid is om produkte te verkoop, 'n poeding te maak, of ’n koek te bak, kontak asb. vir Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za/ 082 827 9389.

SKENKINGS: 
Ons benodig skenkings van die volgende produkte om eetgoed se pryse so laag moontlik te hou: suiker, meel, langlewemelk, boksies vla, jellie, kaneel, olie, tamatiesous, blatjang, eiers, kaas en roomys.


KONTANTBYDRAES:  Help ons baie en kan oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, gebruik BASAAR as verwysing, of gebruik die SnapScan-kode met BASAAR as verwysing. 


MES SE KARWASDIENSTE:  MES se karwasdiens word tydens die basaar aangebied. Laat jou motor teen slegs R100 was en ondersteun so die organisasie se werkskeppingsprojek.  Die diens geskied onder toesig en bankkaarte word aanvaar.

Viering van die nuwe gemeente-embleem


Op Sondag 3 Maart word die gemeente se nuwe embleem bekend gestel en wil ons dit graag as gemeente saam vier tydens ’n gesamentlike erediens om 09:00 in die kerk, waarby die familie- en meditatiewe diens ook inskakel. Na afloop van die erediens word die oggend met ’n lekker saamkuiergeleentheid afgesluit.  Kategese en die aanddiens gaan soos gewoonlik voort.  Ons doen ’n beroep op lidmate om ’n paar vingerhappies (iets vars, soets of souts) saam te bring sodat ons dit as geloofsgemeenskap na afloop van die diens, saam kan geniet. Indien jy bereid is om eetgoed by te dra, laat weet asb. die kerkkantoor by 021 976 4519, of ontvangs@stellenberg.co.za, of voltooi die vinnige aanlynvorm.  Eetgoed kan voor die erediens in die markplein afgegee word.

Helpers by die teetuin en kafetria

Helpers wat Sondagoggende vanaf 10:00 tot 10:30 by die teetuin behulpsaam kan wees, of met die verkoop van eetgoed in die markplein kan help vanaf 09:45 tot 10:45, word dringend benodig.  Kontak asseblief vir Charlotte by 021 976 4519/charlotte@stellenberg.co.za om jou hulp aan te bied.

Met leedwese

Ons neem afskeid van Willem Kolver (Willie) du Toit (30/06/1936 - 20/2/2024).  Hy was sedert 2003 ’n lidmaat van die gemeente.  Sy gedenkdiens is op  Vrydag 23 Februarie om 11:00 in die kerk.  Ons opregte meegevoel met sy seun en dogter wat hy agterlaat.

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is.  Indien jy bewus is van iemand wat siek of in die hospitaal is, bring dit asseblief onder ds. René Potgieter se aandag by rene@stellenberg.co.za of  079 893 8104.
 - Rudi Liebenberg is onlangs geopereer.
-  Hans Linde het pankreatitis.

- Leon Venter het geval en het bloeding op die brein opgedoen.
- Adri Aldrich kan nie meer stap nie weens rugprobleme.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 4 Maart om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .

Subscribe to our email list.