Jy kan hier adverteer
Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Betroubare tuinman beskikbaar: Hy werk tans op Saterdae, maar benodig werk deur die week. Vir verwysing kontak Irmgard Visser by 076 459 9658.
- Oppasser vir kinders: ‘n Tweedejaarstudent by Eduvos, Tygervallei-kampus, is op weeksaande en naweke beskikbaar om kinders op te pas. Sy het ’n passie en liefde vir kinders; is baie betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd en het vorige ervaring as ’n au pair. Kontak: Carla Roux by 066 219 1279/carlaroux606@gmail.com.
- Huishulp beskikbaar: ’n Betroubare en hardwerkende huishulp wat die afgelope vier jaar by ’n gesin gewerk het, soek tans ander werk aangesien die gesin se omstandighede verander het. Vir verdere inligting, kontak Lize-Marie Visagie by 084 711 8079.
- Tuinwoonstel om te huur: Mimi Botha is op soek na ’n eenpersoonwoonstel om te huur. Sy benodig ’n aparte ingang, is bereid om tussen R6 000 en R6 500 per maand huurgeld te betaal en onderneem om die eenheid baie goed op te pas. Sy is ’n nie-roker en gebruik ook nie alkohol nie. Kontak haar by 082 864 5213.
- Deeltydse posisie vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar. Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure. Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.