navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 18 Mei 2025


Johannes 15:1-8: Vrugdraende lote

Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (2)

Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie

Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk 09:00 in die grootsaal

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter 

Deuroffer: Stellenbergmedewerkers. Ons ondersteun sendelinge wat in Suid-Afrika en ook in die buiteland vir die koninkryk van die Here werk.

Sondag 25 Mei | Annibrand-kafee

Ondersteun asseblief op Sondag 25 Mei die Annibrand-kafee wat vanaf 10:00 tot 11:00 wat deur die Annibrand Junior-groepe aangebied word.  
Gee vir Ma ’n ruskansie agter die kospotte en koop vir die hele gesin 'n heerlike middagete by die Annibrand-kafee:
Roti’s: R40 elk
Toasties: R20 elk
Brownies: R10 elk 

Alle lekkergoedpakkies, springmielies en spookasem teen slegs R15 per pakkie. By die lekkergoedwinkel sal daar ook slushies en koeldrank te koop wees.
Alle fondse word vir die tassies-vir-tjokkers-projek aangewend.

Nominasie van kerkraadslid

Daar is tans ’n vakature vir ’n ouderling in die kerkraad en ons nooi graag die gemeente uit om deel te neem aan die nominasieproses.

Ouderlinge ontmoet vier tot vyf keer per jaar met die oog op geloofsonderskeiding en rigtinggewing aan die gemeente en verkose ouderlinge dien ook in die geestelikesorgkommissie wat een keer ’n kwartaal vergader.  Ons versoek dat lidmate ooreenkomstig met hulle gawes, passie en tyd genomineer sal word.

Nominasies van ouderlinge kan voor Maandag 9 Junie in die volgende formaat per e-pos aan anneke@stellenberg.co.za gestuur word. 

- My nominasie is vir ’n ouderling (kerkraad)

- Ek nomineer (naam, van en kontaknommer)

- Motivering vir die nominasie

- Genomineer deur (naam en kontaknommer)

’n Gebed | Tot "Hennetjie"-Jesus


Deur: Ds. Schalk van Wyk
37 “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en dié stenig wat na jou gestuur is! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie." (Matteus 23:37)

Woorde van die wêreld om ons:

Die wêreld het laas Sondag Moedersdag gevier. Dit is nou verby, maar so maklik kry ʼn mens nie met moeders klaar nie. Daar is meer te sê as wat ons toe kwytgeraak het. Ek wou in elk geval nie verlede week die aandag aftrek van die mens-mammas nie. Ek wou hê dat hulle die volle aandag op hulle dag kry. Vandeesweek wil ek jou egter nooi om die moederlikheid van God raak te sien. Hier onder is ʼn kort (onvolledige) lysie: Lees meer . . .

Stellenberg reik uit oor grense heen

Jaarliks, tydens die Junie/Julie-skoolvakansie word Stellenberg-gemeente se visie – oor grense heen – op ’n tasbare manier uitgeleef wanneer ons uitreik na Leeu-Gamka en Calitzdorp in die Karoo. Op ’n uitreik beleef ’n mens hoe jy nader aan God en jou medemens beweeg, ’n verskil in die wêreld maak en voortdurend vernuwe. Ons nooi volwassenes en tieners om betrokke te raak by hierdie jaar se uitreike. Hier is ’n paar maniere waarop jy betrokke kan raak:

 1. Skryf in vir ’n uitreik:
Ons nooi volwassenes, studente en tieners om saam te kom op ’n uitreik. Ons benodig nog spesifiek volwassenes wat bereid is om deel van die Kos spanne van die uitreike te wees. Sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Junie.

Leeu-Gamka: 28 Junie tot 3 Julie: Klik HIER vir aansoekvorm

Calitzdorp: 5 tot 10 Julie: Klik HIER vir aansoekvorm

Aanlyn Bybelskool 

- SESSIE 4 -
Hoe gereeld lees ons die Bybel?  Hoe is die Here vandag besig om ons deur die Bybel van sy teenwoordigheid bewus te maak en ons tot nuwe insig te lei? Hoe onderskei ons tussen verskillende waarhede?

Jy kan op jou eie na die sessies op ons gemeente se YouTube-kanaal luister, of ons webwerf besoek, of dit saam met ’n Bybelstudie- of omgeegroep volg.  Die reeks sal weekliks met ’n nuwe sessie aangevul word.

Tassies vir tjokkers

Annibrand Junior beoog om weer vanjaar alle nuwe graad R-leerders van die Klipheuwel Preprimêreskool met ’n skooltas en skryfbehoeftes toe te rus.  Daar is 30 leerders wat elkeen 'n tassie moet ontvang.  Help ons asseblief om ons doel te bereik deur 'n skooltassie met donasies van R50, R100 of R200 te borg.  Bydraes kan elektronies oorbetaal word na Absa-tjekrekening 928 759 2857, takkode 632005, verwysing 3100/001.  Ons het ’n verskaffer wat 30 eenvormige tassies en skryfbehoeftes aan die leerders sal voorsien. 

Met leedwese

Ons neem afskeid van Martin Jacobus Slabber (21/06/1948 - 11/05/2025).  Martin was sedert 1992 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Amanda asook sy drie dogters, skoonseuns en vier kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens:  Vrydag 16 Mei om 11:00 in die kerk.

Sop vir Pinkster

Ons bedien graag sop aan lidmate wat die Pinksterdienste bywoon, maar het lidmate se hulp nodig om met die gesellige tradisie voort te gaan. Indien jy bereid is om vanaf 1 tot 5 Junie ’n pot sop vir een van die Pinkstergeleenthede voor te berei en warm by die markplein af te gee, kontak asb. vir Christine by 082 353 9917.

Omgeestoor en kosprojek


Die koue weer is besig om stadig nader te kruip en die vraag na warm wintersklere en komberse gaan eersdaags groter raak.  Skenk asseblief bruikbare wintersklere vir ons omgeestoor.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Niebederfbare kosprodukte vir die gemeente se kosprojek kan ook by die kerkkantoor afgegee word.  Suiker, langlewemelk, koffie, tee, meel, graankos, sopmengsel, konfyt, blikkiesgroente en -vleis asook kookolie is alles produkte wat in kospakkies verpak kan word.    

Skattemark word uitgestel


Neem asseblief kennis dat die Skattemark wat beoog was vir Saterdag 31 Mei word uitgestel tot latere kennisgewing.


VatVyf: ’n Uitnodiging

Hoërskool Stellenberg het ons uitgnooi om ’n musiekkonsert op Dinsdag 20 Mei 2025 om 11:30 gratis by die hoërskool by te woon.   Indien jy graag saam met die kerk se bussie wil ry,  stuur ’n WhatsApp na Charlotte by 081 045 2428.  Die bussie vertrek om 11:00 vanaf die kerk.                                    
 

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 9 Junie 2025 om 09:30 in die markplein. Bring asseblief al die items wat jy gebrei het, saam.  Ons gaan dit aan die uitreikspanne oorhandig.
Vrouebybelstudiegroep
Op 19 Mei sal ds. Schalk van Wyk die Bybelstudie lei.
Tema: Deur die Heilige Gees word ons God se medewerkers in hierdie wêreld.
 
2 l-roomysbakke
Ons benodig 2 l-roomysbakke om sop aan sopkombuise te skenk.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word. 

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Namibië-uitreik

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie  Mangettiduin, waar ag verskillende groeperings van die  Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig: Klere, asook hoede en musse (veral mediumgrootte tot klein), asook koekies en los  lekkers.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In ons omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Huishulp: My huishulp soek werk op Dinsdae.  Haar naam is Elless Dzanjalimodzi.  Sy is 35 jaar oud.  Kontak my, Hanna Theart 076 149 1684 of Elless by 082 440 8399 (slegs vir WhatsApp).

- Vakature beskikbaar: Bornman & Hayward Prokureurs, geleë te Suite 1, Reigerstraat 2, Stellenberg, het ’n voltydse pos beskikbaar vir ’n debiteureklerk met onmiddellike indiensneming. ’n Mededingende markverwante salaris word aangebied. Akkuraatheid is van kardinale belang. Stuur asseblief u volledige CV aan: info@borhay.co.za.


- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 
- Te huur: Aftreeoord  La Vie in Sonstraal Durbanville. Tweeslaapkamereenheid op grondvloer naby eetsaal. Ooplankombuis met sitkamer en badkamer.  Baie netjies.  DStv-pakket asook etes beskikbaar.  Koste: R12 000 per maand en beskikbaar vanaf 1 Junie 2025.  Kontak: Loret Kruger by 082 872 0526 of loret@dck.co.za.

Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Kontak my, Chanelle van Rensburg, vir enige korttermyn versekeringsbehoeftes.  OUTsurance offer ’n wye reeks van versekeringsprodukte/oplossings, wat besigheid, huishoudelik, motor, troeteldier, en nog vele meer dekking aanbied.

My dienste is gemik om u as klient gemak en doeltreffendheid aan te bied, sonder die noodsaaklikheid van ’n oproepsentrum. Ek is dus u as klient se primere kontakpunt en verseker dat alle kommunikasie en dienste spoedig en professioneel sal wees.  Ek is toegewyd om die beste versekeringsoplossings aan te bied wat aan u behoeftes voldoen.
Subscribe to our email list.