Stellenberger vir November is uit!
Stellenberger vir November  is uit!
STELLENBERGER
November 2023

Ons kyk terug en vorentoe


Deur: Ds. René Potgieter
Wanneer die jaar einde se kant toe staan, is ’n mens geneig om terug te kyk op die jaar wat verby is. Ons kyk egter ook vooruit, na die vakansieseisoen en die nuwe jaar wat voorlê. So dit is ’n dubbele proses: terugkyk en vorentoe kyk. Dis baie soos ’n rit met jou motor. Ons het ’n groot voorruit waardeur ons vorentoe kyk en ’n klein truspieël waarin ons kan terugkyk. Die truspieël laat ons sien waar ons vandaan kom, en die voorruit waarheen ons op pad is. Ons het albei nodig, maar in die regte balans: te veel terugkyk kan tot ’n ongeluk lei; te min terugkyk kan veroorsaak dat jy vergeet waar jy vandaan kom. Lees meer . . .

Ons leef mee in Stellenberg-gemeente


Deur: Ds. Marius Breytenbach
Ons gemeente se karakter en identiteit is oor die afgelope 52 jaar deur gelowiges se roeping, gawes, talente en toewyding gevorm. Soos wat mense in die omstandighede van ons land en onmiddellike omgewing meegeleef het, so het die gemeente spontaan in ’n unieke rigting gegroei. Oor etlike jare het dit mense die ruimte gebied om kinders groot te maak, geestelik te groei, vriendskappe te smee en in mekaar se lief en leed te deel en daardeur te ervaar hoe God ons vorm om met betekenis in hierdie wêreld te leef.  Lees meer . . .

Maria, dogter van Evert – sal jou mond laat water

Op Maandag 15 Januarie 2024 open Willi en Ronèl Botha ’n splinternuwe restaurant Maria, dogter van Evert se deure op die kerkterrein.   Tydens die feesmark het hulle ’n opskiet-koffiewinkel op dieselfde perseel bedryf.  Lees meer . . .
Vier Stellenbergers wys hulle staal in nasionale Bybelvasvrakompetisie
Ons is baie trots op die vier Stellenbergers, van links, Ané Bowman, Mieke Fourie, Tian Serfontein en Emma Kriek, almal graad 6-leerders van Laerskool Eversdal, wat tot die finale rondte van die Bybelvasvrakompetisie deurgedring het.  Die Rapportryerbeweging bied jaarliks dié landwye Bybelvasvrakompetisie aan. Lees meer . . .

Lida se bonsais verfraai die kapeldiens

Wanneer ’n mens voor Lida Weich se huis stop, hoef jy nie te wonder wat haar stokperdjie is nie, want haar hele tuin staan stampvol eksotiese bonsaibome.  Sommige, soos ’n olyfboom en ’n kiepersol, se stamme is so dik hulle spog met ’n deursnee van meer as 20 cm.  Lees meer . . .

Getroue gasvrouens lê die tuig neer

Lidmate is oor die afgelope jare heen op Sondagoggende na die eredienste met watertandlekker gebak, geroosterde toebroodjies en vele meer in die markplein bederf.  Die drie gasvrouens, van links Charlene van Zyl, Susan van Zyl en Annemarie Liebenberg, staan ook nie net in die markplein reg met lekkernye nie.  Hulle is al drie ook by die feesmark werksaam.  Lees meer . . .

Feesmark: Ontmoet van ons uitstallers


Leza Coetzee het 16 jaar gelede haar hand aan die maak van kaartjies gewaag en sedertdien nog nooit teruggekyk nie.  Dié tydverdryf is uit nood gebore toe sy haar ma, wat van ’n staatspensioen afhanklik was, finansieel moes ondersteun. Lees meer . . .

Dis nou diensbaarheid

Maggie Rabie, foto links,  is sedert Julie 1984 ’n bekende en meelewende lidmaat van die gemeente.  Tydens die feesmarktyd bied dié oudonderwyseres ook haar hulp as vrywilliger by die mark aan deur daagliks ’n twee-uurlange diensbeurt by die feesmark te doen. Lees meer . . .

Graad 7’s vier ’n belangrike roetemerker op hul geloofsreis

Deur: Ds. Marius Schoombie

Die lewe is ’n reis saam met God. By Stellenberg-gemeente glo ons dat die Here met ons kinders ’n pad stap van vóór die doop, tot ná belydenis (en die res van hul lewens). Op hierdie reis is daar belangrike roetemerkers op hul pad. Die bekende skrywer, Terry Pratchett, som die belangrikheid hiervan uitstekend op: “If you do not know where you come from, then you don’t know where you are, and if you don’t know where you are, then you don’t know where you’re going. And if you don’t know where you’re going, you’re probably going wrong.” Lees meer . . .

Outeniekwa-pelgrimstog – stap nader aan God en nader aan mekaar

Deur: Ds. Marius Schoombie

" Gelukkig is mense  wie se krag in U lê!   Die pelgrimstogte leef in hulle gedagtes”  Psalm 84:6

Ons hele lewe is ’n reis saam met God, nader aan God. In enige verhouding gebeur dit so maklik dat ons verby mekaar begin leef – wanneer die lewe te besig raak, of wanneer ons in gewoonte verval en amper op “autopilot” begin leef. Ons besef dan dat ons die roetine moet breek en weer doelbewus nader aan mekaar moet beweeg.  Lees meer . . .

Ons groet vir Charlotte Schoeman

Ons gaan voortaan die vriendelike glimlag van Charlotte Schoeman by die kerkkantoor se ontvangs baie mis. Charlotte wat sedert November 2022 by die kerkkantoor werksaam is, was verantwoordelik vir ontvangs, die koördinering van VatVyf-funksies, die verhuring van lokale en die verkoop van die nissies. 
Kollegas het Charlotte as ’n raakvatter en hulpvaardige medewerker beleef.  Met haar vriendelike persoonlikheid en bereidwilligheid om oral te help was sy ’n groot aanwins vir die kantoor.    
Sy verlaat ons diens teen die einde van Desember en ons wens haar alle voorspoed met haar nuwe loopbaan toe. 

Kersgroete van ons leraars

Marius Breytenbach

Om die seën te beleef van Oukersaand en Kersdag saam met  familie, is een van die Kersfees-herinneringe wat altyd by my opkom.   Al is ons kinders vandag jong volwassenes, leef die tradisie van Kersvader steeds voort, maar in die plek van die oupas verskyn my dogter deesdae tot groot vermaak van almal.  Lees meer . . .

Konflik tussen Israel en die Palestyne. Watter kant kies jy?


Deur: Ds. Marius Breytenbach
Die voortslepende konfliksituasie tussen Israel en Hamas het wêreldwyd uiteenlopende emosies en reaksies by mense ontlok. Mense is hartseer, kwaad, ontnugter en moedeloos oor ’n situasie wat geen einde ken nie en waarin vergelding hoogty vier. Van regeringsvlak tot by braaivleisvure word oor en weer politieke en godsdienstige debatte gevoer waarin mense opponerende standpunte inneem. Let op hoe in die meeste gevalle sulke gesprekke in ’n dooie frustrasie uitloop omdat niemand sy/haar oortuigings wil bes gee nie. Is dit dan hoe dit is? Dat ons met geen ander opsie gelaat word as om vir of teen 'n kant te kies nie. Die humanitêre krisis wat as gevolg van die konflik ontstaan het, verg egter ’n heeltemal ander gesindheid en respons van ons. Lees meer . . .

Wie is jy?

 
Deur: Rudolph van Schoor
Is jy ’n gedrewe persoon tussen die ouderdom van 29-35? Het jy reeds ’n groot deel van jou loopbaandoelwitte bereik en word jy beskou as ’n toppresteerder in die korporatiewe maatskappy waar jy werk? Midde-in jou suksesvolle loopbaan en lewenstyl, ervaar jy dalk 'n paar uitdagings in die huidige lewensfase waarin jy jou bevind? Lees meer . . .
Subscribe to our email list.