Lees deur internet, klik hier >>
8 Maart 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Moderamen vergader 4 Maart
Die moderamen se twee-jaarlikse vergadering het op Maandag 4 Maart plaasgevind. Dit was die finale vergadering van die huidige moderamen se termyn en daar is verslag gedoen oor die werksaamhede van die afgelope vier jaar. Met die aanloop na Sinode 2019 het die onderskeie diensgroepvoorsitters aandag geskenk aan die 16 fokusareas soos uiteengesit na die vorige sinodesitting.

Gielie Loubser en Theunis Botha het die tema en logo vir vanjaar se sinode onthul.  Die tema Volg Jesus met Waagmoed  is ’n geloofsverhaal geïnspireer deur Mattheus 8: 18-22 en daag die kerk uit om vanuit broosheid waagmoed aan die dag te lê.  Die daaglikse temas dek verwondering, verootmoediging, vertroue, verbeelding en verbintenis.

’n Volledige moderamenverslag word binnekort vrygestel.
Tafelgesprekke
'n Kers word aangesteek tydens refleksie
Moderatuurslede
Van die lede van die moderatuur op die foto is v.l.n.r. Francois Herselman (skriba), Nelis Janse van Rensburg (voorsitter), Melanie Thirion, Frederick Marais (assessor), Charl Stander (aktuarius) en Frik Bosman. 
 2. #imagine 2019 - hoe gemeentes kan help
"Die #imagine fees was nog altyd 'n wonderlike spanpoging deur gemeentes", skryf Anriëtte de Ridder, PSD vir Jeug en Familiebediening. Vanaf vanjaar moet alle tieners en volwassenes as deel van 'n gemeente of skool die fees bywoon. Gemeentes kan registreer as 'n inskrywingspunt by www.imaginemovement.co.za of vir Maryke by die Jeugkantoor kontak vir meer inligting of om hulp aan te bied met enige van ondergenoemde.
Hulp aan imagine
#imagine
Logo
 3. Sentrum vir Publieke Getuienis
WCEN praat oor komende verkiesings
Die Western Cape Ecumenical Network (WCEN) het verlede week vergader en daar is onder andere ernstig besin oor die komende nasionale verkiesing. Courtney Sampson, hoof van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die Wes-Kaap, was die gasspreker. 'n Saak wat beklemtoon is, is dat 'n "vry en regverdige verkiesing" nie net afhanklik is van die feit dat daar geen oneerlikheid sal wees nie, maar ook geen intimidasie en vrees nie. Die OVK speel tans 'n onmisbare rol, maar ongelukkig is die omvattende kultuur in SA tans nog van so aard dat daar te veel intimidasie, politieke moorde en vrees met verkiesings gepaard gaan. SPG hoop om nader aan die sinode meer inligting oor die verkiesing aan gemeentes te verskaf. Kontak spg@kaapkerk.co.za met navrae.
SPG-byeenkoms
 Johan Beukes (in Harmonie), Desmond Lambrechts (Anglikaanse Kerk) en Courtney Sampson (OVK Wes-Kaap) 
Sinodale byeenkoms vrouelidmate 10 April
Sinodale byeenkoms vir vrouelidmate 10 April -
RSVP by ngkvroue@sun.ac.za voor 2 April
GEMEENTENUUS
40 dae 40 items
1. Lydenstyd inisiatief 
Op NG Helderberg se Facebook-blad verskyn die meegaande uitdaging aan alle gelowiges met Lydenstyd wat op Aswoensdag (6 Maart) begin het: "Die 40 dae vastyd in Lydenstyd behels 'n hertoewyding aan die Here. Dit gaan oor 'n doelbewuste toegespitsheid op God, op sy teenwoordigheid in jou lewe en wêreld. Dit gaan oor 'n nuwe vasberadenheid om op pad met Jesus te wees en vir Hom te leef en 'n verskil te maak in die wêreld". In plaas daarvan om bv. koffie, sosiale media of suiker op te gee (of gepaardgaande daarmee) volg gerus hierdie voorstel en skenk jou sak items aan die hulporganisasie van jou keuse.
2. Jaarlikse dankfees by NG Merweville: bateveiling
Ester Fourie, skriba van die NG Gemeente Merweville, laat weet: "Ons bied weer hierdie jaar 'n bateveiling aan tydens die Dankfees (26-28 April). Indien u naby genoeg is, bring u oorskot en kom verdien kontant of kom koop en ondersteun." Klik hier vir die voorwaardes en om die vorm af te laai. Kontak Kallie le Roux (083 255 6931) of die kerkkantoor (023 501 4061) met  navrae.
Retief Muller
3. Stellenbosse besprekingsgroep
Op Dinsdag 12 Maart ontvang die Stellenbosch Sentraal Studie- en besprekingsgroep vir Retief Müller (Kerkgeskiedenis, Fakulteit Teologie, US). Hy praat oor die verhouding tussen die Anglo Boere-oorlog en die sending. Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal. Kontak Piet Walters by pew@sun.ac.za en klik hier om die kwartaalprogram af te laai.
Uistuurdiens
V.l.n.r. staan Elmar en Nadine du Rand, Steve van der Walt en Annalie en Tobie de Wet tydens die uitstuurdiens van Elmar en Nadine as sendelingpaar na Japan op 3 Maart vanuit George Moedergemeente. Lees hier meer.
PREDIKANTENUUS
Nuwelinge
Duif
2. Pinksterprediker
Ds. JS (Jimmy) de Villiers is beskibaar om Pinksterdienste te hou. Kontak hom gerus op Kleinmond by 028 271 3719 of 073 220 3641.
GEBEDSVERSOEKE
ALGEMEEN
Andreas Nordlander
1. Faculty of  Theology, US - Invitations to public lectures
1.1 Dr Andreas Nordlander
Andreas Nordlander will be doing a public lecture entitled "Teleology, Eco-Criticism, and the Recovery of Contemplation". The lecture will take place on 12 March 2019, 12:30-13:45 in Room 2003 of the Faculty of Theology. Find some biographical information on Dr Nordlander and his research here. 
Invitation to public lecture 19 March
Public lecture by Wolfram Weisse - click for more
Logo
2. Brightstar Lifeskills aangebied
Van 2 tot 4 April fasiliteer Hennie en Amanda Swanepoel hierdie VBO-geakkrediteerde program vir predikante. Maatskaplike werkers kan ook CPD-punte verdien. Die sluitingsdatum is 25 Maart.
Klik hier om meer te lees.

3. Raakgelees
3.1 "Ons kinders is stukkend"
In die aanloop na Wêreld Maatskaplike Werkdag op 19 Maart, deel ons hierdie berig en video (links). Die graad van gebrokenheid onder kinders het "100% toegeneem", meen Riana Furniss van Steinthal-kinderhuis bui­te Tulbagh in die Wes-Kaap. Sy het aan Conette le Roux van e-Kerkbode vertel dat net God die gebrokenheid wat sy in haar beroep as maatskaplike werker teëkom, kan genees. Lees hier die volledige berig - waarin ook vertel word hoe lesers se bydrae tot Kerkbode se Kersfonds 'n verskil aan hierdie kinders maak. 
Met erkenning aan e-Kerkbode.

#Seerwees
NUUSBRIEWE
Foto: Aalt Visser
1. Nuus uit Morgenster, Zimbabwe
Susan Murray vertel in haar nuusbrief meer oor die Henry Murray gedenkfonds, die nuwe moderatuur van die RCZ (Reformed Church in Zimbabwe), twee reünies van oud-Masjonalandse sendingpersoneellede en meer. Foto: Aalt Visser

Badisa e-nuusbrief
PUBLIKASIES
Vrede vloei soos 'n rivier
1. Nuut by Bybel-Media
Vrede vloei soos ’n rivier is die lewensverhaal van prof. Daan Cloete, wat in die 1980's waarnemende rektor by die Universiteit van Wes-Kaapland was. Hy skryf oor hierdie tydperk vol drama en opwinding, tragedie en komedie. By nadenke aan sy lewensverloop was hy verbaas om te sien dat hy sy lewe by verskillende riviere deurgebring het, en dat dié riviere gedien het as kontekste vir die verskillende fases van die ontwikkeling van sy lewe. Oor die toekoms, glo hy, het ons genoeg rede om hoopvol te wees. Die rivier wat Suid-Afrika is, moet nou rustig voortvloei sodat die bome langs sy oewers vrugte kan dra en hulle blare vir die land vrede en genesing kan bring.  Die boek is aanlyn beskikbaar.

LiG voorblad
EKOLOGIE
Eko-gemeente
1. As al ons gemeentes maar groen was...
Wat 'n reuseverskil sal dit nie maak as al ons gemeentes groen was nie! Hier is 'n Anglikaanse gemeente wat 'n klompie jaar gelede 'n EKO-gemeente geword het. Dit is die hoop en verwagting van Getuienisaksie dat al die gemeentes van die NG Kerk/VGK EKO-gemeentes sal word. Lees hier en volg asseblief hul voorbeeld!

2. Mors minder, asb.!
Volgens statistiek van die Stad Kaapstad produseer Kapenaars meer as 6000 ton afval per dag. Huishoudelike afval behels tussen 1,5 – 2 kg per persoon per dag.  Smart Living is 'n handige boekie met praktiese wenke hoe om jou huishoudelike gemors te beperk.  

Mors minder
Top tien plastieksondaars
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode
TEN LAASTE
Lied
Neil Büchner en Jandré Viljoen se spesiale verwerking van Flam 229 Sal ons Hom ooit kan vergeet nooi ons om na te dink aan wat Christus vir ons aan die kruis bewerk het en hoe dit ons vrygemaak het, om te lééf.  Ons wens al ons lesers seënwense vir die Lydenstyd toe.

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp



kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.