Lees deur internet, klik hier >>
13 April 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Bloeisels
Deurlopend deur hierdie uitgawe is die bloeisels van GETUIENIS sigbaar.
Want keer op keer is die berigte en stories duidelike tekens van God se nuwe werk deur sy kerk, sy mense.
Soos die bloeisels in Japan simbolies is van die Here se troue pad met Missie Japan, net so in ons eie land. Te midde van die droogte en ander uitdagings. (Romeine 8 getuig van dié nuwe lewe en hoop.)
SINODENUUS
1. NG Kerk Algemene Sinode
Missionaal nie net beskrywend; dis 'n werkwoord!
Die Projekspan vir Missionale Kerkwees het die afgelope week op 11 en 12 April by eMseni in Benoni byeengekom. Hierdie was 'n gesamentlike byeenkoms van al die taakspanne wat deur die Algemene Sinode getaak is met missionale transformasie. Een van die opmerkings wat gemaak is, was dat die woord “missionaal” nie net by 'n bediening gevoeg kan word om dit te verander nie, maar dat die hart en wese van ons praktyke missionaal gerig moet word.
Die Kapenaars wat deel van die subtaakspanne uitmaak, is onder. Klik hier.

Taakspan Missionale Transformasie
Agter v.ln.r. Anriëtte de Ridder, Gielie Loubser, Pieter van der Walt, Johan Steenkamp,
Nioma Venter
Voor v.l.n.r. Marié Britz, Nico Simpson (Bybel-Media), Frederick Marais
Marié Britz
2. Predikantebegeleiding
Stil-retraite vir predikante
Predikantebegeleiding bied vanjaar vir die eerste keer ’n stil-retraite aan vir predikante. Dit sal in die week na Pinkster plaasvind en word deur Marié Britz aangebied by Anathoth, net buite Kuilsrivier. Klik hier vir meer inligting. Meer oor Anathoth is hier.
Emeriti-tee Suid-Kaap
Emeriti-tee Suid-Kaap 30 Mei - klik bo
Logo's
4. Diaconia en CABSA
Kerke, kanale van hoop: opleiding
Suid-Afrika sal nie MIV kan klop en nuwe infeksies kan keer as ons voortgaan met die wyse waarop ons nou MIV hanteer nie.
Daarom wil Diaconia (vir gemeentediakonaat binne die NG en VG Kerk verantwoordelik) predikante deur opleiding bemagtig in die kerk se groot rol in die omdraai van hierdie situasie.
Reis- en akkommodasie vir die opleiding (7-9 Mei EN 4-7 Junie), sowel as die kursusfooi, word deur Diaconia gedek. Lees hier en kry die aansoekvorm by Ria Koen: diaconia@kaapkerk.co.za.
#imagine 5 jaar
5. #imagine 2018
Verrassend anders!

"Ons het 'n wonderlike geseënde naweek beleef waar ons verras is deur die tieners se soeke na roeping en gemeenskap. Die tema 'verrassend anders' of 'surprisingly different' was baie gepas - ons was regtig verras oor hoe daar vanjaar nog meer grense oorgesteek is ten opsigte van ouderdom, ras en klas." - Anriëtte de Ridder.
Lees verder en beleef ook die terugvoer (getuienis!) van tieners na #imagine 2018.

Graan SA water
6. Droogte bind mense aan mekaar
Graan SA het onlangs ongeveer 22 000 ton water Wes-Kaap toe gestuur ter ondersteuning van die droogtetoestande in ons streek.
Die wonderlikste van al hierdie ondersteuning en donasies, is hoe dit uitkring en mense aan mekaar bind. Die stories is oneindig en baie van die verhale is nog aan die ontvou.
Een só 'n storie is ’n besending water wat die naweek van 6-8 April Bredasdorp (#imagine) toe is.
Lees gerus hier hoe Diaconia se Nioma Venter (PSD) vertel ...
Inligting oor hulpbronne in die droogte, sowel as oor die sinode se ramphulpfonds, wat deur Diaconia geadministreer word, is hier beskikbaar.
7. Nuwe Getuie/Witness nou beskikbaar
Getuienisaksie se jongste uitgawe van die Getuie/Witness is nou elektronies beskikbaar - klik HIER. Die harde kopie van hierdie sesmaandelikse nuusbrief sal binnekort by skribas beskikbaar wees.
Wat gebeur in iemand se hart wat 'n geharde bendeleier is en dan uiteindelik 'n sokkerbediening op die Kaapse Vlakte (en nou ook in die Drakenstein Gevangenis) gaan begin? Of hoe gebeur dit dat 'n jong meisie in 'n land waar vroue nog nie gelyke regte ervaar nie, as volwasse vrou d.m.v. Stellenbosch haar doktorsgraad verwerf en onlangs vereer is deur haar land se presidentsvrou vir die rol wat sy in vrouebemagtiging daar speel? Dit alles en meer in die nuwe Getuie/Witness.
GetuieWitness
8. Nuwe Geloofsgemeenskappe: vreugdes en uitdagings
Die Taakspan vir Nuwe Geloofsgemeenskapsontwikkeling (NGGO) nooi belangstellendes na 'n spesiale gratis werkswinkel oor die vreugdes en uitdagings van nuwe geloofsgemeenskapsontwikkeling. Dit vind plaas op Vrydag 20 April vanaf 09:30-13:00 by NG Gemeente Durbanville-Bergsig. Kontak Sharon teen 18 April by snaude@sun.ac.za  – klik hier vir die inskrywingsvorm.
Daniël Louw
GEMEENTENUUS
1. Stellenbosch-Welgelegen: Gespreksgeleenthede
Twee Sondagaand-byeenkomste, op 15 en 22 April om 19:00, vind binnekort by die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen plaas. Die gerespekteerde afgetrede professor Daniël Louw sal die gesprekke, met die dood as tema, vanuit ’n pastorale oogpunt lei. Lees hier verder
NG Durbanville: Heinz Winkler
Heinz Winkler by NG Durbanville - klik bo
Greyton 100 jaar
NG Greyton eeufees - klik bo
Andries Cilliers
3. NG Gemeente Sonstraal: Die tweede helfte
Wat is die tweede helfte? Volgens Richard Rohr het ons almal twee groot take in ons lewe; die eerste is gefokus op suksesvolle oorlewing, die soeke na sekuriteit en die skep van ’n fondament; die tweede is die soeke na die inhoud, die betekenis van jou lewe. 
Andries Cilliers bied in die tweede kwartaal op Donderdae ’n kursus aan oor die tweede helfte – veral vir mense wat al verder as halfpad in hul lewens is, of weet dat hulle in die volgende paar maande aftree. Klik hier en bespreek by 021 976 1236 of kommunikasie@sonstraal.org.za 
Gebedsversoeke
Dries Erwee
ALGEMEEN
1. Met leedwese 
A.J.C. (Dries) Erwee
(19. 09. 1939 – 07. 04. 2018)
Ons deel in die hartseer van die Erwee-familie met die heengaan van Dries Erwee, die afgelope jare as pastorale hulp in die Paarl betrokke by Toringkerk en Strooidakkerk (o.a. Huis Vergenoegd en Rusoord). Dr. Erwee was voorheen ook in die destydse Sendingkerk in die bediening, was van 1988 tot 2000 kapelaan by die Departement Korrektiewe Dienste Victor Verster, en het in NG Drakenstein bedien.
Ons bied graag ons opregte simpatie aan sy vrou, Lida, sowel as die res van die familie en vriende.
'n Privaat teraardebestelling vind op Vrydag 13 April (slegs vir familie) plaas, met die lofdiens ook op Vrydag 13 April om 11:00 in die NG Toringkerk, Hoofstraat, Paarl. Dié diens word gelei deur ds. Niekie Marais, voorheen van NG Paarlberg. Lees aangeheg hoe Niekie sy oudklasmaat en ringskollega onthou. Mag die kosbare herinneringe troos bied in die tyd van groot verlies.

Louis Jonker - Andrew Murray-Desmond Tutu-prys
2. Andrew Murray-pryswenners 2018
Die 2018-wenners van die pryse en toekennings van die Andrew Murray-prysfonds, is pas aangekondig. Hulle is:
Andrew Murrayprys
André Pretorius – Geloof alleen
Andrew Murray-Desmond Tutu-prys 
Louis Jonker – Defining All-Israel in Chronicles
Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys
Pierre du Plessis – Jesus ruik na mirre en stof
Andrew Murray-FAK-toekenning
Pieter H. van der Westhuizen
Spesiale Andrew Murray-toekenning
Timo Crouse
Die toekennings vind op 25 Mei by Neethlingshof plaas. Lees hier meer. Hartlik geluk aan elke waardige wenner! (Foto regs: Louis Jonker)

3. Fakulteit Teologie (US)
3.1 Prof. Elna Mouton gegroet
Studente, kollegas, vriende en belangstellendes het op 22 Maart ’n dankdiens bygewoon ter viering van prof. Elna Mouton se besonderse bydrae tot die verhaal van Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch. Sy was dekaan van die fakulteit van 2005 tot 2010 - die eerste vroulike dekaan van ’n fakulteit by die US, asook van teologie in Suid-Afrika en het einde 2017 afgetree.
Vir prof. Reggie Nel, dekaan, se spesiale woorde tydens die geleentheid, klik hier.

Proefessore
Proff. Miranda Pillay, Elna Mouton en Nico Koopman
Beyers Naude Sentrum
3.2 Gender Eenheid, Beyers Naudé Sentrum: 
Ons het ook inligting ontvang oor ’n konsultasie en oproep vir referate vir die Gender Unit, Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie se “Reconceiving reproductive health”, wat op 30 en 31 Mei 2018 plaasvind.
Reageer voor 1 Mei met bydraes en registreer voor 21 Mei.
Lees hier.

Logo
3.3 ONTHOU! Winterskool: 5-7 Junie
Fakulteit Teologie herinner aan hierdie belangrike geleentheid, vanjaar van 5-7 Junie op Stellenbosch. Die tema is: "Justice, Reconciliation and Unity: Rediscovering the power of the Gospel".
Lees hier en teken die datum aan – meer inligting is binnekort beskikbaar.

Toga
4. Skenk 'n toga!
Amanda van Niekerk (Teologiese Kweekskool van die NG Kerk in SA) laat weet dat hulle op soek is na togas. Afgetrede of uitgetrede predikante se togas kan baie handig te pas kom vir diegene in ons susterskerke wat afstudeer en nie ’n toga kan bekostig nie. Hulle herstel die togas en besorg dit dan by die regte persone.
As jy binnekort emeriteer, klerekas leegmaak en terselfdertyd ’n kollega kan help, kontak gerus vir Amanda by 021 808 9138 of toerusting@sun.ac.za
CABSA Algemene Jaarvergadering 18 April 2018
CABSA Algemene Jaarvergadering 18 April. Klik bo.
6. Effektiewe kommunikasie = getuienis
As ons suksesvol wil getuig oor God se werk in die wêreld kan ons nie ophou nadink en leer oor effektiewe kommunikasie as deel van daardie getuienis nie. 
Ekerk het ’n nuwe reeks video’s waarin Mynhardt van Pletsen gesels oor ’n paar sleutels vir effektiewe kommunikasie. Die vyf video’s is lekker kort – kry die eerste een onder en klik hier vir die res.

Video
Woodings
7. Getuienis uit Transkei:
God bou self sy koninkryk!

“Die Woord van God versprei al verder in Transkei en daar is steeds nuwe gelowiges, ten spyte van ons eie swakhede, t.s.v. al die vakante gemeentes en min werkkragte,  en t.s.v. al die woelinge en onrus in ons land. God bou steeds sy koninkryk!”
Lees gerus hoe Christo Wooding (VGK Kokstad) skryf oor hulle ervaring van hierdie bouwerk en seën op die koninkryk in die Transkei deur bekwame kerkrade en die Bybel op slimfone – en ten spyte van familievetes, verdeeldheid en selfs bang dopelinge! Lees hier. Op die foto is Christo saam met sy vrou, Delesté.

8. Sondagjoernaal deel kerk- en geloofsnuus
Sondagjoernaal (Sondagoggende om 07:15 op RSG) is ’n lekker kans om allerlei getuienisse van waar God deur sy kerk in die wêreld werk, te geniet.
Aanbieder Lizelle de Bruin gesels op Sondag 15 April met ou bekendes oor aktuele onderwerpe: Pieter Coertzen (godsdiensvryheid); Jaco Strydom (Echo-bediening); Annette de la Porte (HospiVisie) en Lourens Bosman, algemene bestuurder van die Algemene Sinode, oor “stuur my”. Skakel gerus in en luister saam.

Pieter Coertzen
Pieter Coertzen
Jaco Strydom
Jaco Strydom
Annette de la Porte
Annette de la Porte
Lourens Bosman
Lourens Bosman
Koraalboek
9. Gesoek: Koraalboek van die NG Kerk
Bets Steyn, koster van die NG Gemeente Heidelberg, vra of iemand nie 'n Koraalboek het wat hul bereid is om te skenk of verkoop nie. 
Die persoon wat op soek is hierna is 'n orrelis wat in Switserland woon en daar die NG Psalms en Gesange op die orrel wil begelei. As jy kan help, kontak vir Bets by 027 722 1373 of ngheidelberg@intellect.co.za.

Kerkgebou
10. Raakgelees
10.1 Waarom Amerikaners kerk toe gaan

Gallup het 1500 Amerikaners gevra waarom hulle kerkdienste bywoon. Is dit die goeie musiek of “praise and worship”? Dalk die sosiale aktiwiteite, die uitreike of programme vir tieners en kinders? Die reaksie mag jou verbaas – en weer laat nadink oor wat ons eredienste aan ’n honger wêreld (moet) bied. (Bron: Intellectual Takeout).
Vlag
10.2 Geloofsvryheid ...
In Suid-Afrika het gelowiges die voorreg om vryelik hul geloof te beoefen, as gelowiges te vergader en die geskrifte van hul geloofsoortuiging te koop, lees en versprei. Na wat berig word, het kopers in China wat 'n aanlynweergawe van die Bybel wou koop, onlangs gevind dat dit nie meer moontlik is nie. Soektogte vir die Bybel op China se grootste elektroniese handelsplatforms was onsuksesvol. Dít na China skynbaar ernstige pogings aanwend om hul verhouding met die Vatikaan te vestig en 'n Witskrif gepubliseer is wat die beskerming van geloofsvryheid as beleid van die regerende Kommunistiese Party van China bevestig. Lees die volledige berig hier. (Bron: www.abc.net.au.) 
Kobus Odendaal
10.3 Waarom nog getuies wees?
"Ons ken die woorde: ‘Gaan uit, die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.’ Ook: ‘… julle is getuies van hierdie dinge.’ Wat is die Goeie Nuus vir vandag en waarom nog getuies wees?” Lees hier oor twee ontdekkings wat Kobus Odendaal, Getuienisaksie se diensgroepbestuurder, opgewonde maak in sy nadenke oor getuienis. (Met dank oorgeneem uit die jongste Getuie/Witness).
NUUSBRIEWE
Badisa ENuus
Badisa deel VKO-nuus en meer. Klik bo.
SARK The Outlook
Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se e-nuusbrief. Klik bo.
Bloeisels
2. Missie Japan Nuusflits
Bloeisels van God se genade in Japan
In Missie Japan se jongste nuusflits kyk Stéphan van der Watt met groot dankbaarheid terug oor die afgelope nege jaar sedert hy, Carina en Annlie op 10 April 2009 as sendelinge in Japan aangeland het.
Hy berig ook oor die groot besluit wat die RCJ Ring van Shikoku geneem het om Elmar en Nadine du Rand (foto onder) as sendeling-kandidate goed te keur.
Meer oor 'n baie spesiale gebaar van ondersteuning aan Wes-Kaapse gemeentes te midde van die droogte vanuit een van die RCJ gemeentes volgende week. Elke stukkie deel van die “nuwe bloeisels” van God se hand van genade ook in Japan! Klik hier.

Du Rands
PUBLIKASIES
Pinkster Nuut
1. CLF: Pinkster 2018
"Op weg met die Gees ..."
Die Pinksterreeks vir 2018 ("Op weg met die Gees – van Babel na Jerusalem ... na Kaapstad") saamgestel deur die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis (VDDG) en die Seisoen van Menswaardigheid, is nou op CLF se webwerf beskikbaar. Die reeks fokus op die Heilige Gees se betrokkenheid by God se skepping - veral as die Her-skepper.
Medewerkers is Gustav Claassen, Fay van Eeden, Anton Doyer, Kuzipa Nalwamba, Lydia Juliana-Jones, Nadia Marais, Juanita Greyvenstein, Ernst Conradie, Rachel Mash en David Botha. Kry die reeks in beide Afrikaans en Engels: klik hier.
LiG voorblad
LiG - klik bo
Liedboek
Liedboek van die kerk
Laat ons eet en feesvier
Laat ons eet  ... -  klik bo
Padpredikant
PADPREDIKANT
Soos in vorige eerste uitgawes van die maand, stel ons hier keer weer ’n skrywer bekend wat saamdink oor ons pad as geloofsmense onderweg om God beter te ken en volg. Johan van Rooyen voltooi die viertal skrywers wat vanjaar hierdie rubriek behartig. 
*Padpredikant is 'n sinoniem vir 'n padteken. Soms wys dit die pad, soms dui dit 'n heel nuwe perspektief aan. Mag hierdie bydraes 'n klein kolletjie lig op jou pad skyn, nooit prekerig of beterweterig klink nie, maar liefs lafenis soos padkos onder 'n skaduboom bied.

Saam met Jesus op pad
Saam met Jesus soos Jesus
“Deur die helfte van my bediening as predikant het die vraag by my opgekom of ek vir nog 17 jaar moet doen wat ek die afgelope 17 jaar gedoen het. Dit is nie dat ek dit nie geniet het nie. Dit is net effens uitsigloos, verbeeldingloos en dit dreig aan vasval soos in los sand. Die pad is nog daar, maar die wil en energie baie minder.
Die Here gee toe vir my ’n nuwe droom. Dit het alles te make met kontemplatiewe spiritualiteit.
Nie net die tweede helfte van my bediening nie,  maar die res van my lewe kan hierdeur gekleur word.”
Lees verder.

Johan van Rooyen
Oor die skrywer
Digter, dromer,  tuinier,  gesinsman,  stories en boeke, groen en stadiger is die woorde waarmee Johan van Rooyen (predikant in die Groote Kerk, Kaapstad en voorheen Aliwal-Noord en Cradock) homself sou beskryf.
Johan is op reis saam met Jesus en dink baie oor die vrae wat 'n mens lei na 'n dieper verstaan van dissipelskap - veral in die stad, waar hy besige mense probeer begelei om meer bewustelik met God te lewe.

Swemmer
EKOLOGIE
1. Ekologiese herstel begin hier
Projekspan Ekologie stel die vraag: waar begin die herstel van die mens se verhouding met die natuur?  "Dit begin by die herstel van ons verhouding met ons eie liggaam, want die plek waar ons as mens die naaste aan die natuur is, is in ons eie liggaam." Lees hier meer
Skoene
2. Shoes from ocean plastics!
In 2017, Adidas introduced a new shoe in their Parley Series, which is made from reclaimed and recycled ocean trash.
Each pair of shoes reuses 11 plastic bottles, incorporating the plastic into the laces, heel webbing, heel lining and sock liner covers. After being on the market for almost a year, Adidas has sold its one millionth pair of the eco-friendly shoe. The high sales on the shoe have helped encourage Adidas to dive even deeper into its commitment to sustainability. Read more ... (Photo: Adidas.)
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Vakatures in Kerkbode
e-Kerkbode dui nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn. Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode); klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak en let dan op die inligting regs bo.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 20 April.

Gedrukte Kerkbode
Durbanville
1. NG Durbanville: Medeleraar
In biddende afhanklikheid van die Here nooi NG Gemeente Durbanville gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos as medeleraar in dié gemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad.
Reageer voor 18 Mei en lees hier verder.
Besoek die gemeente se webwerf hier en volg hulle op Facebook hier.

Logo
2. Getuienisaksie: Administratiewe Beampte
Aansoeke vir ’n vakature vir ’n administratiewe beampte in die kantoor van Getuienisaksie in Bellville word voor 26 April ingewag. Die geskikte kandidaat moet onder meer kennis van en aanvoeling vir die kerklike omgewing van veral die VGK Kaapland hê.
Lees aangeheg meer. 

Logo
3.1 Huis Zenobia du Toit:
Ingeskrewe verpleegkundige

Huis Zenobia du Toit in Heidelberg het ’n vakature vir ’n ingeskrewe verpleegkundige om op 1 Mei diens te aanvaar. Lees aangeheg meer oor die diensvoordele en vereistes en reageer voor 20 April.
3.2 Ruyterwacht Senior Sentrum:
Administratiewe beampte (finansies)

Badisa se Ruyterwacht Senior Sentrum het ’n vakature vir ’n administratiewe beampte (finansies) om die boekhouer te assisteer met boekhouding by die sentrum asook met fondsinsamelingsprojekte en om administrasief bystand te verleen. Reageer voor 19 April en lees hier verder.
Louwtjie Louw
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Louwtjie Louw
In gesprekke met dominees oor die bediening het ek gehoor dat nie almal die bediening positief ervaar nie. Vir sommige was dit 'n vreugde, maar vir ander 'n las.
Die verhouding tussen dominee en kerkraad het in elke gesprek ter sprake gekom. Waar 'n kerkraad hulle dominee ondersteun het, het die dominee, ongeag probleme, die bediening positief beleef. Upington se kerkraad het gereeld saam met my na die wil van die Here in sy Woord gesoek en saam met my gebid. Ek is die wêreld ingestuur met die ondersteuning van die kerkraad om te sê wat ons saam gehoor het. Ek het nie alleen gevoel nie. Hulle het my die moed gegee om aan God meer gehoorsaam te wees as aan mense. Die boodskap van die opstanding word in 'n vyandige wêreld verkondig.
'n Dominee het sy/haar kerkraad nodig. Kerkrade maak 'n verskil in die dominees se ervaring van die bediening!

                                                                   - - - - - 
Phillip (Louwtjie) Louw was by Noord-Kaapland se Kommissie vir Bedieningsondersteuning en Mentorskap betrokke. Hy het einde Februarie, na 32 jaar in Upington Moedergemeente, in die Kaap kom aftree. Kontak hom hier.

Herfsblaar
O, Here God, so groot in majesteit!
Ons buig voor U in diep afhanklikheid.
Ontferm U oor ons in goedgunstigheid.
Wees ons genadig, Heer!
O Heer, ons weet in hierdie droogtetyd
net U kan help deur u voorsienigheid.
(Lied 465)
Herfsgroete  
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.