6. Verkiesing van moderatuurslede
6.1 Skriba
Francois Herselman van NG Parow-Panorama, wat die afgelope paar maande hierdie posisie in 'n tydelike hoedanigheid gevul het, is vandag amptelik verkies tot skriba van die Sinode van Wes-Kaapland.
6.2 Addisionele lid
Tydens elke sinodesitting word twee addisionele lede verkies tot die moderatuur. Nadia Marais, predikant by Stellenbosch-Welgelegen, is vanmiddag verkies as die eerste addisionele lid.